Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 832

13/01/2021


  Krities Afrikaans

LitNet: Vaksiene?

Fresh off the press

40 years of iconic food


Author:
 Dorah Sitole
Publisher: NB Publishers
ISBN: 9780798180054

"Each chapter features various stages of Dorah’s fascinating life, with recipes to match: traditional African, Township, Pan-African and Western."

Menings

Waarom ’n entstof jou lewe kan red, maar nie jou DNS kan verander nie

Awie Badenhorst, Izak de Vries
Onderhoude

"Entstowwe, of vaksiene, om die wetenskaplike naam te gebruik, word gewoonlik vervaardig wanneer ’n verswakte weergawe van die virus wat die siektes veroorsaak, in ’n persoon ingespuit word om ’n immuunreaksie te ontlok. Die persoon se eie immuunstelsel vervaardig dan teenliggaampies teen die virus."

Reguit met Robinson: A Zoom interview with Glenda Gray

Freek Robinson, Glenda Gray
Interviews

What went wrong in South Africa? Freek Robinson interviews paediatrician and president of the Medical Research Council, Glenda Gray.

COVID-19: Die kliniese bestuurder van ’n 200-bed-veldhospitaal vertel

Elma de Vries, Izak de Vries
Onderhoude

"Dis ’n vreemde virus hierdie. Met gewone griep sal net 1–2% mense hospitaaltoelating benodig, so 98% kan tuis aansterk. Met COVID-19 is dit anders, met omtrent 14% wat ernstig siek word en tot 5% wat krities siek word en intensiewe sorg mag benodig."

Sophia Oliphant gesels oor haar ervaring met COVID-19

Sophia Oliphant, Izak de Vries
Onderhoude

"Die dood is ’n onderwerp wat nou onvermydelik is. Die mense in my gemeenskap begin nou meer bewus word van die dodelikheid van die virus. Ons is verslae en verlate as die dood intree."

Sê nou ôs lies stories vi ôs kinners tydens die pandemic?

Tasneem Daniels
Menings

"As usual is ek mos innerlik proud om meer Muslim coloured stories vannie Cape Flats te sien op ôs boekrakke, en ek’s evens happier dat ôs klein kinners kan van dit benefit! ... Ek kan nie genoeg sê hoe moeg ek is om stories soes Boet en Saartjie ... virrie kinners te leer nie – dis high time vir iets nuuts! Soe obviously hettie onderwyser in my baie excited geraak virrie launch van Faizel en die sterre, en ek hoep dat hierie boek baie vê na ôse communities gaan travel."

Staatsgreeppoging in Amerika: pateties maar belangrik

Jan-Jan Joubert
Menings

"Navorsing toon dit is families wat al geslagte lank in die land is en dikwels redelik min akademiese opleiding het, en wat stadigaan relatief armer word namate die ekonomie oorskakel van industriële vervaardiging na ’n globale kennis-ekonomie, en ’n vloedgolf immigrante die land binnekom."

US Konvokasie 2020: Ons kan nie oor taalsake saamwerk sonder basiese vertroue nie

Frederik Rudolph van Dyk
Universiteitseminaar | University Seminar

"Uit die staanspoor moet ons aanvaar dat daar om geldige geskiedkundige redes wantroue jeens Afrikaans se wit voorstanders bestaan ... Wat Afrikaanse leiers nou te doen staan, is om geskiedkundige pyn enersyds te verstaan, maar andersyds te besef dat ons mekaar se heel basiese doelwit – om Afrikaans ’n proaktiewe plek in hoër onderrig en leer te gee – moet vertrou."

Van rotstekeninge tot joernaalterapie

Petra van Tonder
Boeke en skrywers

"Die afleiding kan gemaak word dat die versugting van mense om hul belewenisse en gedagtes op iets konkreets neer te pen, as’t ware ingekerf is in die mens se DNS."

Sy naam was Poenskop

Koos Kombuis
Menings

"In standerd 9 was daar so baie sekerhede. Neil Diamond was cool. Moffies het hel toe gegaan. Moenie gedigte skryf nie, dis weird. Moenie dans nie, dit kan lei tot seks."

My reis met blokkiesraaisels

Estelle Kruger
Menings

"Nog ’n voordeel is dat blokkiesraaisels ander kognitiewe funksies soos intuïsie en kreatiwiteit bevorder, omdat die oplos (en skep) van raaisels beide hierdie breinvaardighede gebruik wanneer ’n mens gereeld moet raai en soek vir alternatiewe."

Die vreemde taal Engels

Anna-Marie le Roux
SêNet-briewe

"My oog het na haar dosent by die onderwyserstafel gedwaal wat vir haar punte vir haar les moes gee. Hy het ewe kalm opgestaan, sy besittings bymekaar gemaak en die klaskamer ewe bedaard verlaat. Sonder om ’n woord te sê. Sy punte sou seker luider as enige woorde spreek."

'n Brief vir Ben du Toit

Talbot Sadler
SêNet-briewe

"Ben maak baie van die prentjie op die buiteblad van sy boek. Dit is vir hom simbolies van bevryding (van formele godsdiens en tradisionele geloof?) en van baie nuwe moontlikhede wat dit vir hom open. Op my maak die prentjie presies die teenoorgestelde indruk. Dis ’n toneel van verlatenheid."

Gespierde Afrikaans-voorstel: "Kamerakerk"

Dawie Ludick
SêNet-briewe

"Met die uitsending van preke en dienste weens die sluiting van kerkgeboue, het ek na my uitsending begin verwys as 'kamerakerk'."

Raad gevra: Hoe motiveer ek my kinders om te leer?

Karen van der Merwe
SêNet-briewe

"Hulle het heelwat kursusse gedoen hoe om te leer – watter breinkant, hoe om te leer, ens. Maar donkie wil nie drink nie!"

Akademies en skole

LitNet Akademies stel Bennie Linde aan as Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-redakteur

LitNet
Akademies en skole

Bennie Linde is LitNet Akademies se nuwe Ekonomiese en Bestuurswetenskappe-redakteur.

Nou op Voertaal

Het slavernijverleden is deel van het verleden van álle Amsterdammers

Ingrid Glorie
Literatuur

"Met De slavernij in Oost en West ligt er nu een wetenschappelijk onderbouwd, toegankelijk geschreven boek over het Amsterdamse slavernijverleden ... Het is immers de bedoeling dat 'alle' Amsterdammers plus geïnteresseerden van buiten de stad van de bevindingen kunnen kennisnemen."

Amsterdam, Kaapstad en die COVID-19-pandemie

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Wanneer hierdie pandemie sélf eendag ter ruste gelê is en ons landsgrense weer vir besoekers oopgestel word, sal Amsterdammers en Kapenaars ’n rustige, dog indringende, gesprek kan hê oor wat laasgenoemde by eersgenoemde kan leer oor hoe om die stad se eie 'sporen van het slavernijverleden' meer sigbaar te maak."

Godsdiens en die teleskoop

Hans Pienaar
Nuusvinke

"Die gevolg is die grootskeepse vergrype van godsdienste, wat mense medepligtig aan moord maak deur ’n hoofregter te laat praat van entstowwe wat DNS verander, of te laat verkondig die virus is ’n sekulêre komplot deur Bill Gates en dat hy hulle lewens nog meer gaan beheer as wat sy rekenaars reeds doen."

Regering gekap oor "irrasionele" maatreëls

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Politieke opposisiepartye en nieregeringsorganisasies het skepties reageer op die aankondiging dat die regering die inperkingsperiode as gevolg van die pandemie tot minstens 15 Februarie 2021 verleng."

Nog regsaksies teen regering as gevolg van COVID-19

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Volgens Connie Mulder, hoof van die Solidariteit-navorsingsinstituut, kan Suid-Afrika nie die nasionalisering van entstowwe toelaat nie. Hy sê die staat het ’n geskiedenis van mislukkings en Suid-Afrika kan allermins nog ’n mislukking tydens hierdie krisis bekostig."

Parlement hou minister verantwoordelik vir gesloer met COVID-19-entstof

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Tydens ’n onlangse vergadering het die Minister aangekondig dat Suid-Afrika nog dié maand een miljoen dosisse entstof uit Indië gaan kry. Gesondheidswerkers sal voor in die tou wees om die entstof te ontvang wanneer dit toegedien word, het Mkhize gesê. Daar is ongeveer 1,25 miljoen gesondheidswerkers in Suid-Afrika."

Bheki Cele slaan weer toe op strande

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die Minister van Polisie se besoeke, wat uiteenlopende reaksies onder Suid-Afrikaners uitgelok het, vorm deel van sy roetine-ondersoek om te verseker dat inwoners aan die Wes-Kaap die vlak 3-inperkingsregulasies wat ’n verbod op strande geplaas het, nakom."

’n Derde van alle Suid-Afrikaners oorleef op toelaes

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Vir talle huishoudings is dit nou die enigste bron van inkomste en vervang dit alle vorme van salarisse. Die DA sê in ’n verklaring hoewel die party die uitbetaling van toelaes ondersteun, is werkskepping van kardinale belang vir die land se ekonomie."

Een leven met Ivan Pillay

Ingrid Glorie
Actueel

In The unlikely Mr Rogue weerlegt journalist Evelien Groenink de geruchten over haar man Ivan Pillay, voormalig topambtenaar bij SARS, de Zuid-Afrikaanse belastingdienst. In een land waar een corrupte president en zijn trawanten de dienst uitmaken, is opkomen voor de waarheid een heldendaad.

Breedekloof bekoor die reisiger

Izak de Vries
Reizen

"Die vallei is beeldskoon, dus skep selfs daardie kosbare oomblikke wanneer ’n mens wag vir die kos om voorberei te word, ’n geleentheid om stil te word en jou eie batterye te laai."

Wellington

Maryke Roberts
Reizen

Daar is vele goeie dinge wat jy aan die Bolandse dorp Wellington kan toeskryf: dis die plek waar die gevierde skrywer Breyten Breytenbach as kind gewoon het. Dis die geboorteplek van Piet Retief en generaal JBM Hertzog; dit spog met ’n hele klomp Kaaps-Hollandse huisies en was een van Suid-Afrika se wamakersentrums, skryf Maryke Roberts.

Die Sederberg is goed vir die siel

Izak de Vries
Reizen

"’n Mens hoef nie ryk te wees om die Sederberg te geniet nie, maar beplanning is noodsaaklik."

Uit die argief: Ontvanger van PC Hooft-prys, Alfred Schaffer, ’n digter werksaam in die gebied tussen Afrikaans en Nederlands

Willem de Vries, Alfred Schaffer
Actueel

Die gesiene Nederlandse digter Alfred Schaffer wat in Suid-Afrika woon en werk, is die ontvanger van die PC Hooft-prys in 2021 vir sy poësieoeuvre. Willem de Vries het met hom gesels.

In memoriam

Leon Strydom, jy was een van die laastes: ’n ouwêreldse kunsconnoisseur

Clare Menck
In memoriam

"Jy was een van die laastes: ’n ouwêreldse kunsconnoisseur, en een van die laaste oorblywendes wat nog huisbesoeke onderneem het. Watter voorreg, in die konteks van ons wêreldwye mensevermydende sosiale tendense tans."

Leon Strydom (1944–2021) – ’n klein huldiging

Bernard Odendaal
In memoriam

"Eers toe ek in 1990 as dosent in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan my alma mater begin werk het, kon ek agterkom watter waardevolle verstewiging die doseer- en studieleierswerk wat hy en sy vakgenote verrig het, vir die kritiese bestudering van tekste op mý vakgebied ingehou het."

Leon Strydom: Fynproewer, hengelaar, letterkundige en kunsleier tot die einde

Nelia Richter
In memoriam

"Hy was ’n afgeronde, belese en bekroonde akademikus en digter, maar dit was veral vir sy werk as kunskenner dat hy bekendheid verwerf en talle rigtinggewende kunstenaars ’n platform gegee het."

Jan van der Merwe weens COVID-19 oorlede

Annelien Diedericks
In memoriam

Jan van der Merwe, antropoloog, kultuurhistorikus, skrywer en fotograaf, is op 4 Januarie 2021 weens COVID-19 oorlede.

Gus Ferguson: Old poets never die, they simply decompose

Finuala Dowling
In memoriam

"Gus’s totem, the snail, holds the key to a less well-known aspect of his make-up. He was a closet scientist; for him, science had a beauty and patterning that made it mystical."

Boeke en skrywers

Fanie Olivier resenseer Die meeste sterre is lankal dood deur Johann de Lange

Fanie Olivier
Resensies

"In die gedigte wat in hierdie bundel opgeneem is, wys Johann de Lange weer watter voortreflike versmaker hy is. Hy demonstreer hoe hy binne ’n baie ou tradisie skryf, maar dit terselfdertyd kan manipuleer, daarmee speel en dit vernuwe."

Dik Dun Thick Thin deur Nataniël: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

"In ’n tyd van inperking en sosiale-afstand-houding en handreiniger is hierdie jou kans om ’n bietjie teater in jou eie gemakstoel te geniet."

Bethel se berg deur Maretha Maartens, ’n resensie

Estelle Kruger
Resensies

"Dis die onstuimige tagtigerjare. Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ’n Kombi. Hulle leef ’n nomadiese bestaan en bly net vir ’n kort ruk in een dorp voor hulle na ’n volgende beweeg. Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek. Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is."

Papierblomme deur Helena Hugo: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Dit is ’n boek vol swaarkry en ontnugtering, wat die storie ’n sekere oortuigingskrag gee."

Anton Goosen – Liedjieboer deur Hanlie Retief: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Wees gewaarsku: Dit is ’n boek wat jy waarskynlik met moeite gaan neersit. Dit is asof jy vir Goosen self hoor soos wat jy deur die blaaie vaar."

’n Geheelbeeld op die oeuvrebydrae van die digter Johann Lodewyk Marais ten opsigte van natuurpoësie en ekokritiese poësie

Zelda Mans
Lesersindrukke

"Marais vervul ’n integrale rol in die Afrikaanse literatuur met sy intelligente en emosionele kommentaar op die omgewing en die gebruik daarvan."

Skoon wasgoed: Die verhaal van die verhaal van Oscar Pistorius

Frederik de Jager
Boeke en skrywers

"Deur wat sedertdien gebeur het, het hierdie narratief ’n storie binne ’n groter, algeheel somber storie geword. Ons boek het ingebed geword in wat ander boeke ná die moord vertel het. Dit was soos die skitterende kern van ’n swart ster, ’n gravitasiekolk waarvandaan geen lig ontsnap nie."

JC Kannemeyer (1939–2011)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Afrikaans beleef ’n tydelike terugslag. Ons kry seer. Ons sal seker nog seerder kry. Maar daar is in dié taal soveel geestelike energie werksaam, dis nie deur politici of ’n regering afskryfbaar nie. Daar moet ’n kentering kom." Lees oor JC Kannemeyer se lewe en werk.

Persverklaring: Aantal jeuginskrywings in die AVBOB Poësiekompetisie skiet die hoogte in

LitNet
Skryfkompetisies

’n Rekordgetal inskrywings is ontvang in die vierde jaarlikse AVBOB Poësiekompetisie wat van 1 Augustus tot 30 November 2020 aangebied is. Dit vertel ’n gerusstellende verhaal oor die siel van Suid-Afrika.

Leefstyl

#opdielug met Crystal-Donna Roberts

Robyn van de Rhede, Crystal-Donna Roberts
Onderhoude

Die aktrise Crystal-Donna Roberts, bekend vir onder andere die film Krotoa en die telenovela Arendsvlei, is een van vier skrywers wat gekies is vir die Jakes Gerwel Stigting en NB-Uitgewers se mentorskapprogram vir opkomende skrywers in 2021. Robyn van de Rhede gesels met haar.

#opdielug met Brumelda Bell

Robyn van de Rhede, Brumelda Bell
Onderhoude

Robyn van de Rhede gesels met die rymkletser en liriekskrywer van Montagu, Brumelda Bell. Brumelda was ’n semifinalis in die 2019-Suidoosterfees se Talentsoektog. Sy was ook in 2020 deel van die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskapprogram vir jong liriekskrywers, waar Frazer Barry van Tribal Echo die mentor was.

Wys my jou waarheid met Lidia: ’n onderhoud met Werner Wessels

Lidia Rauch, Werner Wessels
Onderhoude

In haar tweede maandelikse podsending gesels Lidia Rauch met Werner Wessels, die kreatiewe konsultant vir Mej Suid-Afrika.

Reis in die tyd van die korona: onder vreemde hande

Helena Opperman
Reis

"Pyn is ’n gelykmaker. Ons mag verskillend treur, maar in die binnekant lê seerkry ewe diep."

Filmresensie: Mank

Leon van Nierop
Film

"Mank, nou op Netflix, is ’n rolprent van verlore kanse."

Filmresensie: Toorbos

Analize Viljoen
Film

"Dis ’n film wat die moeite werd is om te sien, juis oor die harde werk en denke wat daar ingegaan het, wat duidelik blyk."

Mediaverklaring: Kraakvars kykgenot in Januarie – VIA is in hoogste rat!

LitNet
TV

Daar is splinternuwe inhoud in Januarie!

Mediaverklaring: Skryf in vir Die groenste vingers

LitNet
kykNET Portaal

“Dit is soos ’n kookkompetisie, maar met blomme!” Só beskryf Philip Nolte, die skepper van die nuwe kykNET-realiteitsprogram, Die groenste vingers, hierdie nuwe program.

Mediaverklaring: kykNET se hoogtepunte in Januarie 2021

LitNet
kykNET Portaal

Dis die amptelike begin van 2021 en kykNET skop dit met vele hoogtepunte af. Dis vermaak!

Nuwe skryfwerk

Mondig: 21st key

Nathan Trantraal
Poësie

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Nathan Trantraal se gedig hier.

Mondig: Kladboek

Eunice Basson
Poësie

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Eunice Basson se gedig hier.

Mondig: mondig

Gilbert Gibson
Poësie

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Gilbert Gibson se gedig hier.

Die anderkantskemeruur

Caren Kearley
Poësie

"Dis hierdie uur
wat mens laat terugblaai
die heel laaste daguur
en wonder of jou dieptesoeke
ooit wortels kon skiet"

Wene

Louis du Plessis
Poësie

"Of klop die hart van die stad eers in my
as dié blitsbesoeker, wat snuffel op straat,
sy kits-kos, kits-pos, kits-eer los
eietydse vertoonsug agterlaat"

Jeug op Majuba

Jurgens David Christie
Poësie

"met die kleinste voete
die grootste hart
klim die jonges bergop
tot die kruin daarvan geplat"

Scherzo

Anna-Marie le Roux
Fiksie

"Alim wys ons daarop dat dit tradisie is om die huise met beeldhouwerke en simboolryke muurskilderye te versier. Ek is dadelik opgewonde en wil sommer terstond so ’n besonderse huis koop."

Elders gesien

Elders gesien: Hoe gaan ons hierdie kollektiewe trauma vorentoe hanteer?

Trisa Hugo
Elders gesien

"Ons samelewing is ontredder, ontwortel, niks maak sin nie. Mense kry swaar en elkeen hanteer dit soos hy kan. As mense die werklikheid regtig in die gesig gaan moet kyk na hierdie fase van ontkenning, wat dan? Hoe gaan hulle staande bly?"

Elders gesien: My tuintjie het nie genoeg blomme nie

Errieda du Toit
Elders gesien

"Ek gaan pluk ’n marigold vir elkeen wat ek ken wat nie eers een week van 2021 gegun is nie, maar my tuintjie het nie genoeg blomme nie."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

[email protected]

021 886 5169


© 2021 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved