|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 822
22/10/2020
|
Krities Afrikaans
|
Die heelal op my tong
Skrywer: Anoeschka von Meck
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781485904106
Elkeen het ’n heelal in hul mond. Keuses wat jou wentelbaan van uur tot uur bepaal.
Willemien is keelvol vir dik wees. En bang wees vir kaas en vir inkopies doen. Hoe kan ’n mens so verwyderd van jouself wees dat jy van buite liederlik obees is, maar in jou kop sing jy vry en kaal op ’n krans? Sy wonder waar kom die rondomskrik van haar lyf vandaan terwyl sy en haar sus in die vretende hitte van die Richtersveld ’n kluis in ’n winkeltrollie sleep. Willemien is vasbeslote om dit oor ’n afgrond te boender. |
 |
|
 |
Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier
Melt Myburgh, Johann van Loggerenberg
Onderhoude
"Ek moet byvoeg dat die effek van staatskaping die klimaat vir korrupsie geweldig aangewakker het. Skielik was ons krimineleregstelsel en die SAID gebreek en was daar geen ware bedreiging vir skelms nie, en dit het hulle net meer aangespoor."
|
 |
Ramaphosa – wolf in skaapbaadjie, of skaap in wolfspajamas?
Hans Pienaar
Menings
"Plaasmoorde gaan nie prioriteit kry nie; 76 000 lede van die Weermag gaan nie 'employed' word soos tydens die huidige ramptoestand om plase te beskerm nie, al stel Ramaphosa dit in dieselfde brief dat plaasmoorde ’n bedreiging vir voedselsekerheid is."
|
 |
Is skrywers dan nie kunstenaars nie?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"En skrywers? Blykbaar beskou die regering nie skrywers as kunstenaars nie. Geen definisie van kunstenaars soos wat in die plan voorgehou word, sluit skrywers in nie."
|
 |
Wonderwerke te koop
Nini Bennett
Rubrieke
"Adrenalien is ’n kragtige pynstiller. Dit verklaar waarom sommige mense met pyn ná ’n 'genesing' vir ’n rukkie pynvry is – charismatiese opsweping en ekstase speel ’n groot rol. En intussen duur hierdie roekelose 'genesings' voort – goedgelowige slagoffers wat charismatiese bedieninge se donasies in sessyfergetalle in NGO’s laat inrol, belastingvry."
|
 |
Hier is die foutlyn in die DA
Jason Lloyd
Rubrieke
"Kom ons veronderstel dit is waar dat die DA nie omgee om steun te verloor nie. Hoekom sou Ngwenya so iets sê? Want geen ervare politikus sou so iets in die openbaar sê nie. Dit is politieke selfmoord."
|
 |
Rachmaninoff en Hongaarse lanterns
Deborah Steinmair
Rubrieke
"Later het ons uitmekaargedryf, maar ek onthou haar altyd op ’n agtermiddag in Potchefstroom in die lente: In a dream of Hungarian lanterns / In the mist of some sweet afternoon."
|
 |
"Wij die gerefformeerde Leedematen" in die nege Vetrivierartikels van 1837
Piet Strauss
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
"Die Vetrivierreëlings was ’n verdere trappie in die republikeinse tradisie van die Boere van die 19de eeu. Twee koersbepalers kom in die artikels voor, naamlik ’n Christelike of gereformeerde lewensoriëntasie en ’n volksdemokratiese inslag: ’n volksdemokrasie wat hom verbind aan reg en geregtigheid vir almal."
|
 |
Graad 6: Wiskunde – deling van heelgetalle
Wilhelm du Toit
Notas, toetse en vraestelle
"Daar is 5 appels in ’n mandjie. Deel dit met 5 kinders sodat 1 appel in die mandjie oorbly." Wilhelm du Toit help jou, as graad 6-leerder, om hierdie kopkrapper en ander deelsomme onder die knie te kry. Laai ’n vraestel en memo gratis hier af.
|
 |
Graad 11: Trigonometrietoets en -memo
Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 11 en wil jy driehoeksmeting voor die einde van die jaar bemeester? LitNet bied gratis hulp! Laai 'n oefenvraestel en -memo hier af.
|
 |
Pauline Vijverberg schrijft roman over een verdwenen Van Gogh
Ingrid Glorie
Interviews
"Net als haar twee laatste romans, Het suikervogeltje en Onder de vlinderboom, speelt De achtste zonnebloemen zich af onder Nederlandse migranten in Zuid-Afrika. Dit keer is een centrale rol weggelegd voor Cor, de jongere broer van Vincent van Gogh. Maar Cor is niet het enige interessante personage in de roman."
|
 |
Bekende letterkundige in Afrikaans-Nederlands sterf
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Ampie Coetzee, wat ’n persoonlike vriend en tydgenoot was van Breyten Breytenbach, was ook ’n taalstryder en vurige vegter teen sensuur. Hy was ’n stigterslid van die Breytenbach Sentrum in Wellington en eretrusteelid van die sentrum."
|
 |
Broedertwis in NG Kerk na "lafhartige verraad"
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Een van die kerk se mees uitgesproke teenstanders van gayverbintenisse, Chris van Wyk, beskuldig sy medebroers in die kerk van lafhartige verraad omdat hulle hom glo in die steek gelaat het."
|
 |
Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Rudi MR Venter
Willie Burger, Rudi MR Venter
Boeke en skrywers
In hierdie aflewering van Boeke met Burger praat Rudi MR Venter met Willie Burger oor boekstudies – en al die dissiplines waarmee dit skakel: uitgewers, skrywers, kultuursosioloë en argivarisse. Wat behels hierdie vakgebied en wat is die belang daarvan?
|
 |
Waar onthou begin deur Connie Luyt: ’n resensie
Maryke Roberts
Resensies
"Die boek het my ure se leesgenot verskaf. Ek wou dit nie afjaag nie, resensie of te not. Ek hou van die gereelde verwysing na die veertjies wat sy langs die pad optel, en aan die einde van die boek waar sy noem van die houertjie waarin haar vereversameling is, besef jy die simboliek én uit hoeveel veertjies ons almal se ondervindinge saamgestel is."
|
 |
Hoop, heling & harmonie – dink nuut oor siekte en genesing deur Malcolm de Roubaix: ’n resensie
Dawie van Velden
Resensies
"Om aan ’n pasiënt te sê: 'Jy makeer niks nie', los nie sy probleem op nie. Hy is dalk bang dat die spanningshoofpyn die gevolg is van ’n breingewas, want sy vader het ook hoofpyn gehad wat later gediagnoseer was as ’n kwaadaardige gewas. Hierdie mense benodig dus gerusstelling deur ’n bekwame huisarts wat vertroud is met die omstandighede van sy pasiënte."
|
 |
The pink line: Journeys across the world’s queer frontiers by Mark Gevisser: a review
Shaun de Waal
Books and writers
"The pink line is always very readable, despite its density of content. His account of the twisting political issues is masterly, while the individual and collective stories he narrates and probes give human faces to issues often disputed in abstractly political and 'moral' terms. People’s lives are at stake."
|
 |
MM Walters (1929–2020)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Soos met die satire is die politiek altyd tydgebonde. Maar wat nié is nie, is die mens en sy angste en sy vrese." MM Walters se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
|
 |
Persvrystelling | Literaal Episode 2: Distopiese verhale
LAPA Uitgewers
PRH/LAPA-Uitgewersportaal
Verken saam met ons ’n distopiese wêreld wat Fanie Viljoen in sy splinternuwe boek, Offers vir die vlieë, aan ons openbaar. Ons vind uit hoekom dit so gewild is onder jong volwassenes, hoe dit in die Lae Lande lyk en wat ’n skrywer inspireer om ’n boek te skryf waar die toekoms onbekend en ongewens lyk.
|
 |
UJ-boekpryse-2020: prysoorhandigings en videogesprekke met die wenners
LitNet
Boeke en skrywers
Weens veiligheidsmaatreëls en ongewone omstandighede rondom COVID-19 is besluit om die 2020-UJ-boekprysoorhandigings vanjaar aanlyn te laat plaasvind. Hier is ’n video-opname van ’n verwelkoming deur Karen de Wet, ’n gesprek tussen Amanda Lourens en Ruan Kemp, gevolg deur ’n gesprek tussen Frederick Botha en Etienne van Heerden.
|
 |
Afrikaanse wetenskapfiksierolprent Wesens binnekort in teaters
Marli van Eeden, Derick Muller
Onderhoude
Die rolprent speel af op ’n plaas in die Karoo in 1967, waar ’n vreemde voorwerp geland het en vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensiediens-agente vervolgens onder streng geheimhouding ondersoek instel. Wat volg, is ’n raaiselfilm wat jou tot op die laaste oomblik boei. Die skrywer en regisseur Derick Muller vertel meer. Wesens is landwyd van 23 Oktober af in teaters te sien.
|
 |
Tribuo-fonds: Nuwe fonds help kunste ná pandemie
Marli van Eeden, Cornelia Faasen
Onderhoude
"Kunstenaars wil nie bakhand staan nie, en ons grootste prioriteit is om nou vir kunstenaars en tegnici werk te skep, terwyl ons in gedagte hou dat daar ’n groot nood is. Die volgende siklus open op 1 November en die aansoekvorm sal ook op ons webblad beskikbaar wees."
|
 |
ATKV-Woordveertjies 2020: Toekenning vir Leesbevordering
ATKV
ATKV-Portaal
"Die Toekenning vir Leesbevordering gaan vanjaar aan die Uyavula Lees- en Skryfprojek. Die projek bedien kleuters tot 13-jarige kinders in Macassar, Chris Nissen Park en Onverwacht (wat die gemeenskappe van Nomzamo, Zola en Lwandle bedien) deur middel van leesklubs en voorleesgeleenthede in Grondslagfase-klasse of vir individuele kinders. Tydens 2019 het 119 vrywilligers ongeveer 2 093 kinders bereik in vyf skole, 52 klasse en vier leesklubs."
|
 |
Spoor
Carina Stander
Poësie
LitNet is 21 jaar oud. Gedagtig aan dié mylpaal het die webjoernaal, met die ondersteuning van die Hiemstra Trust, digters genader om verse vir ons te skryf. Lees Carina Stander se gedig hier.
|
 |
Leë beloftes
Loretta Szikra
Poësie
"Maar, net soos die wind gekom het
het sy haar rug weer gedraai
om wolke vol beloftes
die dorre randjies in te waai"
|
 |
Liewe Moeder
Christo Meyer
Poësie
"Toe ek hoor my jongste dogte
het oorie tou getrap
was my heel eeste gedagte
om vi djou te bel
en te vitel"
|
 |
Eerste somerreën
Driekie Grobler
Poësie
"noudat die eerste somerreën geval het
wil ek vrybreek uit hierdie beknelling
om welriekend in geur en kleur
opnuut baldadig te kan blom"
|
 |
Tussen vinne en vlerke
Louis du Plessis
Poësie
"Weet die swerms wat
hoog bokant draai
dat die visse verborge
in hierdie baai
elke drif, elke traan
deel en verstaan?"
|
 |
Transformasie
Sunelle Geyer
Poësie
"Die roos het vanself
op my planeet verrys
en al is die wêreld toegerank
was hierdie kwaai ene
na my verwys"
|
 |
Eendag, vandag
Jerome Coetzee
Poësie
"Jy word deur die dag geloer,
die mens is verbygaande.
Die diepte van die pot eindig by die
laaste honger kind se geskreeu."
|
 |
Koeksisterliefde
Driekie Grobler
Poësie
"ons lewe
lê saamgevleg
oor baie jare heen
geknie, gebrei, gely
deur ongenadige lewensloop"
|
 |
Circles in the sand
Annemien Bauermeister
New writing
"Where do you come from, little one
from the soil that births stone and cement
endlessly perfect control
souls searching for meaning."
|
 |
Ampie Coetzee: die Sestiger van die literêre kritiek
Steward van Wyk
In memoriam
"Ampie Coetzee was ’n Sestiger. Wat sy tydgenote en skrywersvriende Breyten Breytenbach, John Miles, André P Brink en vele ander vir die letterkunde gedoen het, het hy vir die literêre kritiek gedoen."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|