Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1037

13/02/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Vlugtelinge?

Wilma Stockenström: Met my wysvingertop

Redakteur: Ronel Foster
Uitgewer: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en Protea Boekhuis
ISBN: 9781485316022

Wilma Stockenström is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise. Sy is een van weinig skrywers wat ’n Hertzogprys in twee afsonderlike kategorieë kon losslaan. Sy wen dit in 1977 vir poësie en in 1991 vir fiksie. Hierdie huldigingsbundel is die 17de in die reeks van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.

Menings

Wat sê Bettina? Ope brief aan Afrikaner-vlugtelinge op pad na Daddy Trump toe

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Hoekom, dink julle, is Steve en Kallie en daai span nie al lankal Amerika toe om hulle heil daar te soek nie? Kom ek help julle. ... Hulle weet die gras is net groener daar waar die mis die dikste gesmeer is, en hulle weet waar hulle die mis gestrooi het."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Oor Trump en Suid-Afrika

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Dat dele van die ANC-leierskap vandag aanvoer dat die Solidariteit Beweging ’n eensydige beeld van die land aan die buiteland voorhou, is verstaanbaar – en bedenklik – dog wat saak maak, is om die ANC na die onderhandelingstafel te dwing vir ’n bedeling wat nie langer berus op die koloniale taktiek van verdeel en heers nie, maar wat die land se potensiaal deur binnelandse samewerking sal ontsluit."

Trump se uitvoerende bevel en die Onteieningswet: Wat nou?

Freek Robinson, Johann Kotzé
Onderhoude

Fokus op landbou in Suid-Afrika, nie politiek, ideologie en etnisiteit nie, benadruk Johann Kotzé (hoof- uitvoerende beampte van Agri SA). Daar moet eerder lig gewerp word op die rol van Agoa, ’n inklusiewe landbousektor en die volhoubare produsering van voedsel.

Agterstories: Eiendomsregte is endogeen

Johan Fourie
Rubrieke

"Daarom is dit onwaarskynlik dat die tipe grondhervorming wat Mlungisi nodig het van die regering sal kom. Groot spronge in tegnologie en infrastruktuur is nodig om vraag na nuwe grondregte te skep. Ware verandering verg die ontwrigting wat innovasie bring, om tradisionele gesag met moderne landbou te belyn."

Brief aan Afrikaners

Jared Pudney
SêNet-briewe

"Maar die direkte aanbod van die Amerikaanse regering is tans aan Afrikaners. Ek moedig jou aan, as jy ’n gelowige in Christus is, om die aanbod te aanvaar!"

Die einde van die Amerikaanse republiek?

Rèné Eloff
Menings

"Die verhaal van die Amerikaanse revolusie het vir Arendt paradigmaties geword van hoe politieke gesag 'geskep' kon word binne ’n tydvak waarin tradisionele vorme van gesag soos tradisie en religie hulle houvas op mense begin verloor het."

South Africa – and the world at large – will feel the impact of Trump’s climate change denial

Chris Heymans
Opinion

"By withdrawing the United States (US) from the global Paris Agreement, Trump is defying multilateral climate resilience cooperation, at a time when global average temperatures already exceed a critical 1,5°C warming threshold, and severe weather events are becoming more regular."

The folly of a South Korean nuclear weapon

Eben Coetzee
Opinion

"Throughout the Cold War, and through to today, the credibility of nuclear deterrence was and is attached to all manner and sorts of things: the personalities of leaders, their rationality, the regime type, and whether leaders believe in the doctrine of nuclear deterrence."

Wat sê Bettina? Staatsrede 2025: meesterklas in diplomasie

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Dit voel asof met elke keuse wat president Ramaphosa gemaak het, hy homself en ons land voorhou as die teenvoeter vir alles wat verkeerd gaan in die VSA, alles sonder om een keer direk na hulle te verwys."

Op dees aarde: ’n Asteroïed wat bots met die aarde?

Elsabé Brits
Rubrieke

"Onlangs is daar aangekondig dat ’n asteroïed wat in Desember ontdek is, ’n kans van groter as 1% het om op 22 Desember 2032 met die aarde te bots. Wat beteken dit presies en hoe moet ons dié rotse wat oorblyfsels van die vroeë vorming van die sonnestelsel is, verstaan?"

Impact of US funding cuts "hardly" a blow to SA arts and culture

Ismail Mahomed
Seen elsewhere

"For the arts and culture sector, Trump’s executive order might leave a small dent, but it is nothing that a good amount of panel-beating between South African and US institutions/organisations that hold shared values cannot navigate."

Uit die argief

Afrikaanssprekende emigrante: verliese en verwagtinge

Maria Marchetti-Mercer, Louw Roos
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) (2013)

"Uiteindelik kan ’n mens redeneer dat die uitdaging vir wit Afrikaanssprekende emigrante mag lê in die vind van ’n balans tussen die rou oor wat hulle verloor het en wat agtergebly het en die kanse wat geskep word in die nuwe samelewing."

Ver in die wêreld, saamgestel deur Frederik de Jager: verpligte leesstof vir voornemende emigrante

Marni Bonthuys
Resensies (2023)

"Maklik is emigrasie gewis nóóit nie. Dít is dan presies wat hierdie bundel so knap maak: Dit benader ’n komplekse gesprek genuanseerd en bewus van die voor- en nadele ter sprake."

LitNet Akademies Weerdink: Om ’n transnasionale grootouer te word (waar wetenskap en kuns ontmoet)

Sulette Ferreira
Seminare en essays (2022)

"Die emigrasie van individue en gesinne is vandag baie Suid-Afrikaners se werklikheid. Heelwat jong mense soek na groener weivelde elders in die wêreld. Hierdie groot verandering eis ’n tol op die emigrante én diegene wat in Suid-Afrika agterbly."

Revisiting the end of the world: an interview on language identity and displacement

Naomi Meyer, Andries Coetzee, Nick Henriksen
Interviews (2019)

"Humans have participated in mass migrations since the earliest dawn of human society. ... Understanding how the Patagonian Afrikaans community has negotiated its identity and its relation to place is, therefore, a very current topic, and can be of value to the understanding of current migrant communities."

Nou op Voertaal

Europa is skepties oor Trump se vlugtelingstatus aan Afrikaners

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Sommige Europese regerings en nieregeringsorganisasies beskou die besluit as onregverdig en diskriminerend, veral in die lig van die feit dat die Afrikanergemeenskap in die Suid-Afrikaanse konteks nog steeds as een van die ekonomies meer bevoorregte groepe gesien word."

Trump se uitvoerende bevele polariseer Suid-Afrikaners

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die stigting doen ook ’n beroep op die leierskap van die VSA om breër te konsulteer met ’n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse instellings om ’n dieper insig te verkry in die ekonomiese, politieke, kulturele en sosiale samestelling en kompleksiteit van Suid-Afrikaanse samelewings."

Paleisrevolusie tussen Zuma en sy dogter in MK-party

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Zuma se dogter, wat geen ooghare vir Shivambu het nie, het verskeie skerp twiets oor hom op X geplaas. Sy meen hy is nutteloos en die ergste ding wat met die party gebeur het."

Amerika gee Suid-Afrika nóg ’n dwarsklap in die gesig

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die wet waaroor Trump so te kere gaan, is soortgelyk aan onteieningwetgewing in Amerikaanse deelstate, naamlik die sogenaamde eminente domein, waar regerings die mag het om private eiendom vir openbare gebruik te neem, soos vir paaie en brûe."

Number one cities and everywhere else

Alex J Coyne
Meningen

"How large is the divide between cities? What all is being swept under the carpet while famous world cities are grabbing most of the attention?"

Leesimpressie: Vanaf vannacht slaap ik op het dak door Jens Christian Grøndahl

Erik van den Bergh
Literatuur

"Het levensverhaal van een man op 25-jarige leeftijd, gevolgd door zijn ervaringen als 62-jarige. Nadruk in het verhaal ligt op seksueel grensoverschrijdend gedrag en bedrog."

Leesimpressie: Achtervolgd door de staatsmafia door Bill Browder

Erik van den Bergh
Literatuur

"Verbazingwekkende verhalen over bizarre ervaringen met grootschalige corruptie, intimidatie en misdaad vooral in de financiële en juridische sectoren."

Trust the legehness: In gesprek met Anna Verloren van Themaat

Izak de Vries, Anna Verloren van Themaat
Film

"Daar is baie oomblikke waar ek wou opgee, want dit is moeilik, frustrerend en duur. Maar dit is ’n obsessie, ’n roeping – iets wat ek eenvoudig nie kan los nie."

Maria Doyle Kennedy, as tannie Maria, is terug met nog kosraad

Annette Havenga
Film

"Recipes for love and murder is gebaseer op die skrywer Sally Andrew se uiters gewilde tannie Maria-reeks. Dié karakter is ’n kosskrywer en troostante wat in ’n moordondersoek gewikkel raak saam met haar beste vriendin en kollega, die joernalis Jessie."

Akademies en skole

Die bevordering van kritiesetaalbewustheidsonderrig in die Afrikaansklaskamer

Nadine Fouché-Karsten, Elize Vos
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Kritiese taalbewustheid bied die voordeel vir leerders om selfbesinning, agentskap en sosiale geregtigheid in die klaskamer te ontwikkel. Dit is boonop gekoppel aan die ontwikkeling van leerders se kritiese denkvaardighede, wat hulle in staat stel om taalhandelinge en uitings in werklike kontekste, soos vergestalt in tekste, te ontleed, interpreteer en evalueer."

’n Ondersoek na faktore wat wiskundeprestasie in toppresterende sekondêre skole deurlopend bevorder

Hendri Theron
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die bevindings dui daarop dat die gehalte van die wiskunde-onderwysers, die leeromgewing waarin die leerders onderrig ontvang, en die leierskorps as die vernaamste faktore beskou kan word vir dié skole se sukses in wiskunde-onderrig [...] Verder is die bevindings nie beperk tot wiskunde nie, maar kan dit ook op ander vakke van toepassing wees."

SteedsDink met LitNet Akademies: Elzahne Simeon De Jager oor haar akademiese navorsing

Elzahne Simeon De Jager
SteedsDink

In hierdie video gesels Elzahne Simeon De Jager oor onder meer kinderregte, voorbereiding van kinders vir die hof en haar huidige navorsing. Sy lewer ook kommentaar oor die gebrek aan hulpbronne vir maatskaplike werkers. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Elzahne Simeon De Jager: kindersorgbeskerming en ’n straatkindersprogram

Elzahne Simeon De Jager
SteedsDink

In hierdie video gesels Elzahne Simeon De Jager oor haar nagraadse studies en navorsing en wat maatskaplike werk in Suid-Afrika behels.

’n Wenslysie vir onderwys in Suid-Afrika: Alana Bailey soek na oplossings

Alana Bailey
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Dit sal wonderlik wees as Suid-Afrikaanse onderwys kan wegbeweeg van die oorbeklemtoning van akademiese prestasie, wat nie vir alle leerders moontlik is of bevrediging gee nie, en reeds op skoolvlak meer praktiese onderrig kan bied sodat iemand na twaalf of dertien jaar op die skoolbanke direk ’n eie besigheid kan bedryf of ’n spesialisloopbaan kan begin."

LitNet-insetsel op Radio 786 se Barakat-program: LitNet se Skole-afdeling (LitNet Akademies)

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede
Akademies en skole

In hierdie LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Menán van Heerden oor LitNet se Skole-afdeling, komende naweek se SPAR Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo, en LitNet se ope uitnodiging aan onderwysers.

Lewenswetenskappe: Predator of prooi? Die mierleeu se plek in die ekosisteem

Rouxlyn Botha
Skole

Rouxlyn Botha het ’n meestersgraad in Omgewingswetenskap cum laude behaal. Sy is passievol oor die natuur. Sy het al vir LitNet ’n paar Lewenswetenskappe-artikels geskryf. Hierdie artikel is spesifiek toegespits op die werk wat graad 8’s wat die KABV volg, in die skool behandel.

Graad 8: Wiskunde, kwartaal 1 – vraestel 1 en memorandum

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy vanjaar in die hoërskool en is dit amper tyd vir jou eerste Wiskundetoets? As jy hierdie gratis oefenvraestel en memorandum wat Lee-Ann Langeveld spesiaal vir LitNet opgestel het, aflaai, gaan jy die toets net so baie soos al jou nuwe vriende geniet en boonop goeie punte behaal!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Boeke en skrywers

Die katartiese metode deur Jaco Fouché: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

"Tronelle van Huysen, die hoofkarakter in Die katartiese metode, word op 30 met skisofrenie gediagnoseer. Ná ontstellende gebeure word sy uit haar gesinslewe, werk, familie- en vriendekring geruk. ... Fouché skryf dikwels oor soortgelyke karakters, randfigure, ’n faktor wat sy werk onneersitbaar maak. Niemand wil tog oor vaal karakters lees nie."

Ontvoer deur Constant van der Merwe: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

"Dit voel vir my asof al sy lewenservaring die inhoud van die boek net soveel meer diepte gee. Hy skryf met selfvertroue, gee sy karakters persoonlikheid, en die storielyn is fyn en slim. Dis amper asof jy na ’n lekker reeks op jou gunstelingstroomdienste kyk, so visueel is sy skryfstyl."

Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom: ’n resensie

Barend van der Merwe
Resensies

"Capitec se toetrede tot die wêreld van die Suid-Afrikaanse bankwese sou uiteindelik die ander kommersiële banke dwing om hulle eie benaderinge drasties te hersien, of om al meer uit te sak en besigheid te verloor."

Lucky bastard by Anthony Akerman: a review

Alan Kirkaldy
Books and writers

"I felt it important to present an alternative version to the highly readable one he so strongly portrays. We are all different and our experiences of, and reactions to, similar circumstances can differ widely. That said, this is probably the best book that I have read in a long time."

Ontvoer: ’n onderhoud met Constant van der Merwe

Annette Havenga, Constant van der Merwe
Skrywersonderhoude

Constant van der Merwe gesels met Annette Havenga: "'Die storie moet my gryp; dit moet ’n verloop hê, iets om oor te wonder. Ek moet wil weet wat gaan gebeur,' verduidelik hy. 'Fancy skryf help nie as jy nie die leser se aandag vang nie. Lang beskrywings irriteer ’n mens as die storie nie vorder nie.'"

Kaalvoet sielsgedagtes: ’n onderhoud met Milanie Vosloo

Louise Viljoen (JBay), Milanie Vosloo
Skrywersonderhoude

Milanie Vosloo gesels met Louise Viljoen van Jeffreysbaai: "Dagstukboeke het ’n spesiale, baie persoonlike en spesifieke plek in mense se harte. Dis nie net ’n middel tot ’n doel nie. Mense lees dit oor en oor en jaar na jaar en vind – soos hulle deur hul eie reis leef – moed, krag, troos en raad."

Kom saam: ’n onderhoud met Sonja Goldberg oor haar dagstukkieboeke

Louise Viljoen (JBay), Sonja Goldberg
Skrywersonderhoude

"Omdat die dagstukkieboek ’n kort opsomming van ’n onderwerp is wat toegelig word met ’n Bybelvers, is hierdie dan ’n ideale medium om mense (oud en jonk) by die Bybel uit te bring."

Kinderboeke: Terug skool toe met lekkerleesboeke

Magdel Vorster
Kinderboeke

"Vir eers, aan die begin van die skooljaar, moet daar egter gemik word na en baklei word vir … ’n positiewe verhouding met boeke en lees."

Die nuwe taalargitektuur

Crito (Kerneels Breytenbach)
Boekrubrieke

"Die tendens onder resensente is die afgelope klompie jare om positief te skryf oor boeke. Resensente gee ’n reaksie op inhoud, maar selde kritiek soos dit in die sestigs en sewentigs in resensies aangewend is."

Veertig jaar later: die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium

Hein Willemse
Seminare en essays

"Navorsing word deurlopend oor dié skrywers en die daaropvolgende geslagte skrywers gedoen, terwyl strominge soos swart feministiese of queerskryfwerk waarvan daar 40 jaar gelede nouliks sprake was, deesdae toenemend aandag kry." Die Departement Afrikaans en Neerlandistiek aan die Universiteit van Wes-Kaapland reël van 9 tot 11 Oktober 2025 die vyfde Sas-byeenkoms.

Joha van Dyk (1997–2025)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek wou ’n jong skrywer wees; ek wou vroeg begin juis omdat ek nog so baie stories het om te vertel ... " Joha van Dyk is op 2 Februarie 2025 oorlede. Lees meer oor haar lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Cliff-hanger: Joha van Dyk het haar siel in haar woorde vasgeskryf

Cliffordene Norton
Boekrubrieke

"Sy is so jonk, wat kon sy nie bereik het nie. Ek het my kop geskud. Sy het reeds baie bereik. Sy was iemand wie se potensiaal reeds gestalte gevind het."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Kaylene Plaatjies

Braam Peens, Kaylene Plaatjies
Boeke en skrywers

Hierdie onderhoud met Kaylene Plaatjies is die sewentiende en laaste aflewering oor ons biblioteke.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2025

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persverklaring: Breyten Breytenbach se lewe en werk op 23 Februarie 2025 by die Breytenbach Sentrum in Wellington gevier

LitNet
Boeke en skrywers

Die Sentrum kan op Sondag 23 Februarie 2025 vanaf 14:00 besoek word. Gaste kan ’n besonderse #altydbreyten-uitstalling in die galerye besigtig, en ook die boekwinkel en digterstuin besoek. Die amptelike program vind van 18:00 tot 20:00 plaas.

Uitnodiging: Breyten Breytenbach: woordenaar, woordnar – ’n persoonlike blik deur Francis Galloway by NALN op 13 Maart 2025

LitNet
Boeke en skrywers

Kom kuier saam by NALN in Bloemfontein op 13 Maart 2025. Francis Galloway spesialiseer in navorsing oor die loopbaan van Breyten Breytenbach as skrywer en openbare figuur. Sy is ook die samesteller van die huldigingsbundel, in die reeks van die SAAWK, Breyten Breytenbach: woordenaar, woordnar, wat te koop aangebied sal word tydens dié gespreksgeleentheid.

Press release: Announcement of the winner of the Philida Literary Award in 2025

LitNet
Books and writers

On the tenth anniversary of André Brink’s death (6 February), we pay tribute to his life and work and announce that the Philida Literary Award, established in his memory in 2020, goes to Hedley Twidle and is awarded to him for an oeuvre of literary excellence.

Press release: Open Book Festival and Book Lounge present Youth Fest 2025

LitNet
Books and writers

Open Book Festival announces its third annual Youth Festival, building on the momentum of previous years to create an even more dynamic celebration of youth literature and creativity. Youth Fest 2025 will run from 19 to 26 March 2025 and promises to bring together established and emerging voices in children’s and young adult literature, fostering a love of reading and writing among young people across Cape Town.

Press release: Otto Foundation announces winners of the inaugural Children’s Book Award

LitNet
Books and writers

What makes The Otto Foundation’s book prize unique is that young readers play an active role in selecting the winning titles. Following a nomination process held last year, the shortlisted titles were included in the Otto Foundation’s annual Reading Relay, which is hosted every year among six schools in the District Six area in Cape Town.

Leefstyl

Skermgreep: The brutalist – ’n filmresensie

Leon van Nierop
Film

"Soos There will be blood (2007) sal hierdie rolprent uiteindelik uitstaan as ’n baken in die Amerikaanse rolprentbedryf wat deesdae, veral met superheldfilms, al hoe meer vervlak. ’n Bobaas film."

An unromantic comedy: a theatre review

Paul Kammies
Lifestyle and entertainment

"What this team accomplishes is the practice of engagement; everyone in the theatre was laughing, commenting, gasping – An unromantic comedy is, at its centre, loaded with comedy. Taking a look at the inner narratives of the play, I am posed questions that have my eyebrow muscle in a flex."

I can buy myself flowers: Die waarhede van vrouwees met komedie én deernis omarm

Maryke Roberts
Teater

"Dis ’n lekker manier om te besef jy is nie alleen in jou stryd as middeljarige vrou nie; jy kan ’n verskil in ander se lewens maak as jy jouself reg inspan, en geen gebeurtenis in jou lewe is noodwendig die einde nie – dis dikwels ’n nuwe begin."

Toorkombuis: Karen se bleddie lekker steak

Karen Hart
Kos en wyn

"Ek kon kwalik aan iets anders dink toe die sjef daardie wonderlike stuk vleis daar uit die hittige oond haal. Dis in die oond gebraai, kon jy sien, en nie oor die oop vuur van steakrestaurante nie. En dit het gedrup van die botter. Daardie hemelse stuk vleis land toe in die asblik ... danksy Mislike Miranda."

Uitnodiging: Kom kuier en fliek saam met Katinka Heyns op 15 Februarie by die FAK Kaap-kantoor

LitNet
Leefstyl

Die FAK onthou Dalene Matthee en huldig haar groot Afrikaanse literêre nalatenskap en nooi ons FAK-lede, vriende en belangstellendes uit na ’n praatjie deur Katinka Heyns, gevolg deur die buitelugvertoning van hierdie film. Kom luister hoe sy vertel van haar ontmoetings met Dalene Matthee en die maak van Fiela se kind die rolprent.

Persverklaring: Spaar met Suidoosterfees se Valentynsweek-promosie

LitNet
Suidoosterfees

Wees ons Valentyn en deel jou liefde met Suidoosterfees! Koop tydens Valentynsweek, 10 tot 14 Februarie, twee kaartjies vir enige van die feesproduksies in hierdie persverklaring en kry 50% afslag op die tweede kaartjie.

Persverklaring: Kyk! Brendan Peyper is terug

LitNet
Musiek

"Kyk" bring vars klanke en diep lirieke wat ons kans gee om Brendan Peyper nog beter te leer ken. Die nuwe enkelsnit en video van "Kyk" is nou beskikbaar op die platform van jou keuse.

Nuwe skryfwerk

Laterwater

Piet Bergh
Fiksiekompetisies

"Dalk het hy al die tekens van die veld, die weer, die wind vergeet. Hy dink dit is wat gebeur het."

Moordstraat

Mary-Ann Keyser
Fiksiekompetisies

"Toe begin ek oor die straat te skryf, bloot omdat ek nie ’n sent op my naam het nie ..."

Piromaan

Carla Botha
Poësie

"... vlamme wat lank gelede
’n liefdesmetafoor was voor die as."

Dance of bloodied feet

JMT Labuschagne
New writing

"bred barefoot
to stagger over the shards
of yesteryear’s looking glass"

Meer as net 'n woord

Yuwinn Kraukamp
Poësie

"... eendag gaan jy die sterlig weer ontmoet
En tot dan, sit ek langs jou in dié wagkamer."

As dit donker word

Johan van der Merwe
Poësie

"as dit donker word
breek skadu’s los
uit meubelstukke"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved