|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1099
08/05/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Waar die natuur jou naam onthou |
 |
|
Skrywer: Frederick Botha
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485316121
’n Debuutbundel met kortverhale waarin ’n jong, wit, gay Afrikanerman sy ervaring van seksualiteit, geloof, familiebande, vriendskap, outeurskap en die sosiale werklikheid waarin hy hom bevind, ondersoek.
|  |
|
 |
Komvandaan: Waar die natuur jou naam onthou (Suidoosterfees 2026)
Dominique Botha
Suidoosterfees
"Die woord 'komvandaan' het my dadelik herinner aan ’n gesprek met ’n ou skrywersvriend wat in die buiteland gewoon het, oorspronklik as banneling maar later as ontheemde." Dominique Botha het op 30 April 2026 die Suidoosterfees se kunsuitstalling geopen. Die tema van die fees se kunsprogram vanjaar was "Komvandaan: Waar die natuur jou naam onthou". Carin Bester is die fees se kunskurator.
|
 |
Suidoosterfees 2026: Moslemafrikaans gevier in Ek en jy, tot laat toe
Izak de Vries
Suidoosterfees
"Gebruik ons dus die stuk, so netjies gedoen in Moslemafrikaans, as ’n leë raam waarin ons, as die gehoor, moet kyk, word die vrae ook aan ons gevra: Sien jy dalk jouself in die raam? Is dit nodig dat jy en jou onsigbare selfbeeld mekaar tot laat toe in die oë kyk?"
|
 |
Variasies op ’n tema: ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Variasies op ’n tema wys vir ’n week by uitgesoekte teaters in Suid-Afrika (8 tot 14 Mei) om te kwalifiseer vir ’n Suid-Afrikaanse Oscar-benoeming. Dit is ’n ervaring vir deurwinterde, geduldige rolprentgangers wat unieke rolprentbeelde waardeer en as ander mense uit die teater wil stap."
|
 |
Gebakte pere op RSG: ’n radiodramaresensie
Leon van Nierop
Leefstyl
"Kortom: Die skrywer moet besluit presies wat sy met die komedie wil sê en of dit maar net as ’n sitkom aangebied word. Wat probeer die bekroonde komedie eintlik by die luisteraar tuisbring in plaas van blote vermaak?"
|
Veldsoirée 2026: Al die gesprekke is GRATIS |
 |
Video-uitnodiging: Veldsoirée
Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube
Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat jy te wagte kan wees. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée". |
 |
Bespreek nou vir die Veldsoirée
Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée
"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."
|
Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée |
 |
Haram by Zubayr Charles: a review
Paul Kammies
Books and writers
"Haram is not just about the tension of authenticity, but, moreover, about the limits of sin and redemption. Charles writes about the way in which shame silences and stifles the other."
|
 |
The house of doors by Tan Twan Eng: a review
Mphuthumi Ntabeni
Books and writers
"What you are left with, finally, is an accumulation of atmosphere: lives conducted partly in the open and partly in concealment; stories moving across continents and decades; a writer who converts experience into fiction; and a woman who must inhabit the afterlife of that transformation."
|
 |
Elize Parker in gesprek met Alwyn Roux oor Weerskyn
Elize Parker, Alwyn Roux
Skrywersonderhoude
"Die projek om weer skyn aan die dinge te gee, is nie sommer maar net ’n tydverdryf nie. Dit is ’n manier van dink oor die wêreld en daardie wêreld weer te gee op papier sodat dit opnuut kan resoneer in die leser se leefwêreld, wat op hulle beurt weer geïnspireer word deur ’n woord, versreël, gedig of digbundel."
|
 |
Ses dinge djy’t byrie Kaaps Woriboek launch gemiss
Tasneem Daniels
Boeke en skrywers
"Hierie chapel byrie Castle of Good Hope het omtrent gebuzz op Donderdag 23 April 2026 virrie launch vannie langve’wagte, ee’ste ooit drietalige Kaaps Woriboek, geskep dee Quentin Williams vannie Universiteit van die Wes-Kaap (UWK). Omtrent 100 Kaapse ve’teenwoordigers en gebruikers vannie Kaapse taal in education, academics, kuns, media, heritage en community spaces was daa ommie launch te commemorate ennie taal, wat nou in coded form is, te celebrate."
|
 |
Dalene Matthee-boekefees 2026: ’n onderhoud met Darryl David
Naomi Meyer, Darryl David
Feeste
"Ons is egter stilweg vol vertroue oor die Dalene Matthee Boekefees, want dit bied die suiwerste vorm van literêre toerisme in Suid-Afrika. Benewens Olive Schreiner, watter ander skrywer het ’n monument wat aan haar opgedra is?"
|
 |
Henriette Grové (1922–2009)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"My belangstelling in menslike verhoudinge en die wyse waarop mense praat, het tot my belangstelling vir dramas aanleiding gegee. Die daaglikse gesinslewe is so vol dramatiese gegewens dat ek al my stof daaruit kan put."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2026
LitNet
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Celeste Slabber-Loriston se Die speletjie: ’n lesersindruk
Jannes Erasmus
Lesersindrukke
"Die besonderhede is onskuldig: ’n deur wat nie oopgemaak mag word nie, ’n standbeeld wat jou dophou en ’n gasvrou wie se vriendelikheid iets wegsteek. Die spanning lê in hierdie opstapeling van onverklaarde dinge. Elke toneel skuif die grond effens onder Talia se voete."
|
 |
The great storybook heist by Kristien Potgieter: a reader’s review
Sumaya Adams
Books and writers
"What truly stood out, though, is just how inclusive this story is. It celebrates diversity in such a natural and beautiful way. It opens the door for important conversations, and teaches children from an early age that we all experience the world differently, and that’s okay."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Epistemiese verwagtinge en werklikhede by aandeelprysopbrengste
Abie Bouwer, Eben Maré
LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
"Twee kernvrae word gestel: Eerstens, indien aandeelpryse suiwer op beskikbare inligting gebaseer is, hoe behoort die statistiese eienskappe van opbrengsverdelings te lyk? Tweedens, indien empiriese aandeelprysopbrengste hiervan afwyk, wat impliseer dit oor die onderliggende dinamika?"
|
 |
Wiskunde: Graad 4-vraestel en memorandum, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy in graad 4 is en nie altyd hou van deel nie, is daar goeie nuus. Met Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel sal jy prettige deelsomme leer en sommer ook kan voorberei vir jou eerste groot Wiskunde-eksamen in die laerskool.
|
 |
Wiskunde: Graad 5-vraestel en memorandum, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 5 en het julle hierdie kwartaal in Wiskunde patrone met vuurhoutjies gebou? Daar is voorbeelde hiervan in hierdie gratis oefenvraestel deur Wilhelm du Toit. Laai dit af en berei voor vir jou eksamen hierdie kwartaal!
|
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
KI-miniseminaar: KI en die karakter van oorlog
Abel Esterhuyse
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
"En soos nou weer bewys in beide die oorloë in Oekraïne en Iran, sal KI nie vergoed vir die koste van impulsiewe menslike besluite nie; en daar bestaan nie so iets soos ’n vinnige oorlog nie."
|
 |
Wyngaard Weekliks: Wanneer die media in die beskuldigdebank staan
Heindrich Wyngaard, Johannes Froneman, Nathan Geffen
Onderhoude
Die bewerings van bedrog waarby ’n prominente Sondagkoerant-redakteur betrek word, is die vertrekpunt van hierdie Wyngaard Weekliks-gesprek. Ook die onlangse skietery by die Withuiskorrespondentevereniging se galadinee kom ter sprake. Gespreksleier Heindrich Wyngaard se gaste is die mediakenner Johannes Froneman en Nathan Geffen van die GroundUp-nuusplatform.
|
 |
Mimi Coertse – ’n herinnering
Philip de Vos
In memoriam
"En ja, Mimi die mens was ondeund en snaaks en het nooit voorgegee of gespog of vertel hoe bekend sy oorsee en nou hier in Suid-Afrika was nie."
|
 |
Demokrasie onder beleg: Slegs 17% van Suid-Afrikaners tevrede met huidige stelsel
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die RGN-navorsing dien as ’n belangrike barometer vir openbare sentiment. Dit toon dat Suid-Afrikaners nog waarde heg aan vrye spraak en regverdige verkiesings, maar toenemend twyfel of die stelsel hul belange dien. Defend Our Democracy, ’n breë alliansie van organisasies en burgers, beplan om sulke gesprekke voort te sit en burgers te mobiliseer."
|
 |
Wiele aan die rol vir 4 November se plaaslike verkiesing
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Met die datum vir Suid-Afrika se volgende plaaslikeregeringverkiesings nou amptelik vasgestel op Woensdag 4 November 2026 skuif die politieke fokus skerp na wat in die komende maande as ’n bepalende toets vir dienslewering, hervorming en koalisiepolitiek beskou word."
|
 |
Gyrfalcon
Salomé Borngräber
New writing
"daring the shimmery beams to a race
as he finds solace in this barren place."
|
 |
Die hawemuur
Johan van der Merwe
Poësie
"Ons staar na die see
sonder ’n woord,
want alles
is reeds gesê."
|
 |
Seemeeu
Carlie Schiel
Poësie
"tot die Wil haar elders
heen laat beur."
|
 |
Die swart hond het nie ’n naam nie
Tania Colyn
Poësie
"Die swart hond lek die trane van my wange af
sy staan met afwagting en swaai haar stert
buite daardie deur van jou herinnering."
|
 |
Droogte
Anton van Rensburg
Poësie
"As God in sy toorn hulle witwarm brand,
knak klein koppies krakerig af na die sand."
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|