|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 823
30/10/2020
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Die eksamenspook loop! |
Jou geldsake
Skrywer: Theo Vorster
Uitgewer: Tafelberg
ISBN:
9780624091394
"Wat nou? Hoe hou ek kop in sulke onseker tye? In Jou geldsake gee Theo Vorster riglyne oor hoe om rasionele langtermynbesluite in moeilike omstandighede te neem." |
 |
|
 |
Ouers, loop die eksamenspook?
LitNet
Skole
Eksamen skryf is helaas nie ’n toeskouersport nie. Hoe meer jy oefen, hoe makliker word dit. Daar is geen beter manier om te oefen vir ’n eksamen as om eksamen te skryf nie. Daarom plaas LitNet gereeld nuwe vraestelle, memorandums en oefeninge op ons skoleportaal.
|
 |
Graad 7 Afrikaans Huistaal: Vraestel 1, 2 en 3
Eugene van der Westhuizen
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 7 en moet jy jou Afrikaans nou blitsig onder die knie kry voor die eindeksamen? LitNet kan jou help met hierdie gratis oefenvraestelle en memorandums.
|
 |
Die dominium of eiendomsreg van ’n bestorwe boedel op die oomblik van die erflater se dood
Juanita Jamneck
LitNet Akademies (Regte)
"Soos [...] aangedui, neem die eksekuteur wel die verpligtinge van die eienaar van die bestorwe boedel oor, maar verkry nie terselfdertyd die regte nie. Hy word dus nie eienaar nie, terwyl, as die boedel as sodanig as eienaar beskou word, verkry die boedel as regsentiteit sui generis-regte en -verpligtinge, word universele opvolger en word in die uitvoering van die verpligtinge deur die eksekuteur verteenwoordig."
|
 |
Wonings as multidimensionele bates: die rol van informele agterplaasverhuring vanuit ’n beplanningsperspektief
Louis Lategan, Juaneé Cilliers, Niké S Jacobs
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
"Wat beplanning betref, is dit noodsaaklik dat die informele-agterplaasverhuring-sektor as ’n prioriteit beskou word in stadsbeplanningskemas, ruimtelike-ontwikkelingsraamwerke en ander infrastruktuur-meesterplanne. So kan beperkende stelsels en regulasies, soos sonering, heroorweeg word om voorsiening te maak vir gemengde gebruike, tweede wooneenhede en hoër digthede."
|
 |
Die dualistiese benadering tot arbeidsverhoudinge in die hedendaagse Suid-Afrika: ’n Sisteemteoretiese perspektief
Bennie Linde
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
"Politieke ideologiese verwysings na ’n arbeidsverhoudingebenadering in Suid-Afrika wat geassosieer word met staatskorporatisme, insluitend totale gelykheid en radikale verandering van privaat eienaarskap, is nie in die huidige sisteem haalbaar nie. Dit is deel van die normatiewe verwagtinge van groepe geassosieer met arbeidsbelange, eerder as beleidsrealiteite, veral in die privaat sektor."
|
 |
 |
Senekal
Johann Rossouw
Menings
"Sharpeville. Soweto. Boipatong. Marikana. En nou, Senekal. Miskien, eendag, word Senekal die naam van een van daardie dae waarop ons, die mense van die middelgrond, daar in die middel begin saamstaan het, tot oplaas ook die swart-en-wit wêreld kleur gekry het. Hier in die middel, waar die skakerings altyd meer is as met die eerste oogopslag, en waar ons altyd meer is as net die dele van die geheel."
|
 |
Stakings en protesaksie in die Suid-Afrikaanse demokrasie
Chris Nelson
Seminare en essays
Chris Nelson skryf oor die Suid-Afrikaanse demokrasie wat gekenmerk word deur en gebuk gaan onder stakings en burgerlike protesaksie, onder andere die protesaksies in Senekal, met al die emosie en polarisering wat daarmee gepaard gaan.
|
 |
Taxi’s en busse en treine
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Maar die disfunksionele openbare vervoerstelsel wat nou bestaan, is nie apartheid se skuld nie. Treine wat nie betyds is nie, kan nie ná ’n kwarteeu nog voor apartheid se deur gelê word nie. Taxi’s wat alles vernietig in hul gejaag na wins, is nie apartheid se skuld nie. Paaie en infrastruktuur wat nie herstel word nie, is nie nou nog apartheid se skuld nie."
|
 |
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Frans Cronje
Freek Robinson, Frans Cronje
Onderhoude
Meer werksgeleenthede is in die eerste ses maande van die jaar in Suid-Afrika verwoes as wat in 10 jaar geskep is. Sal pres Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan die situasie kan beredder? Freek Robinson gesels met Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, oor die vooruitsigte.
|
 |
#OnsKanSaam
Lidia Rauch
Menings
"Ons kan nie so ’n program met soveel wonderlike geleenthede bekendstel en net na onsself omsien nie. Alle Suid-Afrikaners verdien beter."
|
 |
Mbali Ntuli gaan nie die DA se leier word nie, maar …
Jason Lloyd
Menings
"Die dinamiese jong politikus Mbali Ntuli (32) van KwaZulu-Natal sal na alle waarskynlikheid nie die DA-leier word nie omdat – soos sy dit onlangs gestel het – 'die DA nie die vermoë het om die verbeelding van Suid-Afrikaners, veral voorheen benadeeldes, aan te gryp nie'. Ntuli en John Steenhuisen, waarnemende DA-leier, is kandidate vir die pos van DA-leier."
|
 |
Cannabis legislation to bring new highs and lows
Giséle Lavita
Opinion
"The cannabis draft bill seeks to address new possession rules for cannabis users in their private places, as well as rules regarding cultivation of the plant. The cannabis draft bill sets out prescribed quantities for personal use of cannabis, as well as for cultivation purposes."
|
 |
Literaal, episode 2: Distopiese fiksie
Literaal
Literatuur
In hierdie episode kom distopiese fiksie onder die loep en daar word gevra of hedendaagse jongmense vergelyk kan word met generasie Nix.
|
 |
"We love life on a bike"
Cliffordene Norton, Anne-Mieke Martyn
Reizen
"Mostly, we were completely blown away by how the Dutch treat their disabled and elderly. As a society, they are very advanced in their mindset. Inclusion, acceptance and tolerance levels are high here."
|
 |
Want daar is g’n "klein" of "groot" sonde in staatskaping nie
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Suid-Afrika se voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, se voorstel vir amnestie vir sogenaamde ondergeskiktes ten einde die 'groot visse' vas te trek, is uiteindelik ’n gedagte wat vasgeval is in die maalstroom van ’n denkskool wat glo dat daar 'klein sonde' en 'groot sonde' in die pleeg van korrupsie en staatskaping is."
|
 |
DA klim in bokskryt oor Afrikaans by US
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die universiteit volstaan met hulle standpunt dat daar geen onbehoorlike gedrag deur De Villiers of regter Cameron was nie."
|
 |
DA weer in beheer van die Jakarandastad
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die DA is voorlopig weer in beheer van die Jakarandastad nadat die party hom tot die hof gewend het omdat die Gautengse regering die Tshwane Metroraad vroeër vanjaar ontbind en onder administrasie geplaas het."
|
 |
Drie vroue en ’n meisie deur Hans du Plessis: ’n lesersindruk
Alexander S Mickel
Lesersindrukke
"Elke keer wanneer ek die boek weer opgetel het, is ek weer direk in die storie in verplaas. Dit mag dalk vreemd klink, maar soms het dit gedurende die lees vir my gevoel asof my gesig met stof bedek is, al het ek op my rusbank gesit en gelees."
|
 |
Regulating religion: State governance of religious institutions in South Africa deur Helena van Coller
Wim Dreyer
Lesersindrukke
"Van Coller bespreek die rol van godsdiens in die gemeenskap, die verhouding tussen godsdiensinstellings en staatsinstellings, onderwys, finansiële bestuur, die huwelik, die verhouding werkgewer/werknemer en algemene bestuursbeginsels. Dit maak die boek besonder relevant ten opsigte van die praktyk en die uitdagings waarvoor kerke en ander godsdienstige instellings te staan kom."
|
 |
Inter-review: And wrote my story anyway by Barbara Boswell
Cliffordene Norton, Barbara Boswell
Books and writers
"I would want their curiosity to be piqued with regard to black women’s literary and political contributions to this country. It would also be lovely if black women and girls were encouraged to write their own stories."
|
 |
Jeanne Goosen (1938–2020)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Om te skryf is soos om te droom terwyl jy wakker is. Dis soos om te toor."
|
 |
Filmresensie: Wesens
Leon van Nierop
Film
"Ontsnap die grendelgreep van hoe Amerika jou geleer het films behoort te lyk, en gee jou oor aan een van die mees ongewone en onverwagse, erbarmlike ervarings van die jaar."
|
 |
Trooskos
Karen Hart
Kos en wyn
"In die kombuis beteken deernis vir my net een ding: trooskos. En vir my is trooskos op sy beste ’n bak doodgewone macaroni-en-kaas."
|
 |
Die groot gatslag
Jacques le Roux
Reis
"Die keuse is vir ons gemaak en die tafel is gedek vir ’n nag teen die pad in die middel van Tanzanië. Ons spreek sommer vroeg af met die man wat hom op my hakke kom tuismaak het om ons walinzi, oftewel sekuriteitswag, vir die nag te wees."
|
 |
Kurt Darren verjaag COVID met ’n vuurtjie
Izak de Vries, Kurt Darren
Musiek
"Die grendeltyd het ons nog eens laat besef hoeveel ons almal mekaar nodig het; net om te kan gesels en saamlag is deel van ons menswees. Die liedjie laat jou uitsien na die goeie tye wat voorlê."
|
 |
Francois van Coke vir die Suidoosterfees-inryteater
Izak de Vries, Francois van Coke
Suidoosterfees
"Ek is ’n fan van saamwerk; ek leer baie by die mense met wie ek collab, nie net oor musiek nie, maar ook baie oor persoonlikhede; musiek is vir my ’n spansport."
|
 |
Persvrystelling: Suidoosterfees-inryteater
LitNet
Suidoosterfees
Die Suidoosterfees en Atlantic Studios laat die klassieke inryteater herleef. Van 4 tot 15 November 2020 word feesproduksies in ’n splinternuwe baadjie geklee, en kan groter gehore vanuit die gemak en veiligheid van hul motors na feesaanbiedings op die silwerskerm kyk.
|
 |
Persvrystelling: NATi Jong Sterre (Suidoosterfees-inryteater 2020)
LitNet
Suidoosterfees
Opkomende kunstenaars word deur dié uitnemende ontwikkelingsprojek bygestaan om hul voete in die teaterbedryf te vind. Die bekwame mentors, Amy Jeptha en Rafiek Mammon, het die talentvolle jongelinge gehelp om hul tekste af te rond en vir die verhoog te verwerk.
|
 |
Vir Ampie
Elske Miles
In memoriam
Elske Miles bring hulde aan Ampie Coetzee.
|
 |
Gerrit Schoonhoven: Hofnar en filosoof
Schalk Schoombie
In memoriam
"My aanvanklike indrukke van Gerrit Schoonhoven was waarskynlik verbasing: Wie is dié snaakse man? Is hy ’n grapjas of ’n intellektueel? Dit blyk hy was beide. Een ontmoeting was genoeg om hom altyd te onthou."
|
 |
Omgedop
Daniel Hugo
Poësie
LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Daniel Hugo s’n hier.
|
 |
Brendin Horner
Stanley Cierenberg
Poësie
"Die tamboekiegrasse wieg stadig heen en weer in die wind,
net soos mense wat staan en rou oor
die dood van ’n geliefde."
|
 |
Villanelle-skildery
Desmond Gird
Poësie
"ek wou die doek eers spierwit hou
as ek dink aan jou lewe eerbaar, rein;
my lief, ek skilder ’n gedig net vir jou"
|
 |
drie-eenheid
Jannie Pretorius
Poësie
"ubuntu is lief vir duur karre
patronaat moet hulle gaan haal
tender verduister die geld
wat die armes moes betaal"
|
 |
As bikers brood breek
Azette Wiesner
Poësie
"Jy sien, Pa, as bikers brood breek
los hulle nie krummels op die vloer nie.
Nee, hulle laat val genoeg vir dié wat honger is vir vriendskap"
|
 |
Ode aan ’n plaaswerker
Coen Groenkloof
Poësie
"vol van hoop
jou hand en hart
vir brood
by ons
kom ruil het ..."
|
 |
Jakarandastad
Driekie Grobler
Poësie
"noudat die eerste somerreën
die aardkors deurweek het
die dorre winterdoodsheid
kom balsem het"
|
 |
Pop
Amanda Greeff
Poësie
"sy kom huil by my
sy het in ’n wynvat verval
sy sê dat sy so useless voel"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|