Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1116

03/09/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Die Wilde Weste

Die meisie met die groen jas

Skrywer: Annelie Ferreira
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780637012119

’n Jaar nadat die De Wits uit Suid-Afrika na Engeland getrek het, sukkel Ahmed nog om sy voete te vind. Die skoolhoof se seun is mislik met hom, en hy sukkel om die Britse meisies te verstaan. Sy nuwe skaduwerk by die museum gee hom darem hoop vir ’n sosiale lewe met meer aksie as ’n trapsuutjies wat van tak verwissel. Maar dis net daar waar die moeilikheid begin. Dit kan tog nie hy wees wat die brand gestig het nie? Maar hoe kan hy sy onskuld bewys in ’n vreemde land wanneer getuienis teen hom bly opstapel? En wie is die beeldskone maar vreemde meisie met die groen jas? Soos Ahmed vergeefs spartel om uit die moeilikheid te bly, word die geheimsinnige meisie die spil waarom sy lewe draai.

Boeke en skrywers

KI en die uitgewersbedryf: The Good, the Bad and the Ugly

Annie Olivier
LitNet-skrywersberaad

"In hierdie Western is alle Indiane nie noodwendig sleg en alle cowboys goed nie."

Handcrafting a book in a time of AI: SnowPal soccer by Lisa Maria Burgess – a reader’s review

Izak de Vries
Books and writers

"What is unique, though, is that each of the delightful pictures throughout the book has been handstitched in a form of embroidery known as appliqué."

Skermslim deur Estée Cockroft en Christine van Aardt: ’n resensie

Anschen Conradie
Resensies

"Die olifant in die vertrek was egter die jonger kind – want gebruikers word inderdaad al hoe jonger."

Salt in the snow by Sahra Noor: a book review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"Overall, it is a deeply affecting, accessible and significant debut memoir, with particular strength in its evocation of Somali family life, displacement, intergenerational memory and the complicated relationship between cultural inheritance and individual freedom."

Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Die seun met die swaeltjie is ’n besonderse verhaal waarin geloof en deursettingsvermoë seëvier in die konteks van ’n gebroke samelewing. Tumelo en Fumane dien as simbole van hoop in ’n land waarin gemeenskappe en gesinne daagliks verskeie uitdagings moet trotseer."

Murder in Orania deur Onyeka Nwelue: ’n resensie

Anschen Conradie
Resensies

"Die parallelle tussen Zuko en die Bybelse Dawid is opvallend; beide is onwaarskynlike helde wat die herstel van ’n wanbalans, eerder as koelbloedige wraak, begeer."

Silas en die ysbeer op Tafelberg: ’n onderhoud met Annie Klopper en Zandré Coetzer

Naomi Meyer, Annie Klopper, Zandré Coetzer
Onderhoude

"Silas woon saam met sy ma en sy ouma aan die voet van Tafelberg. Elke dag stuur sy ouma hom Droomland toe met wonderlike verhale. Eendag is Ouma skielik weg. Silas droom dat Toemaar die donker man Ouma diep in Droomland in gevat het, en besluit om haar daar te gaan soek. Dis waar die avontuur begin, maar definitief nie waar dit eindig nie."

Translating Swiss theatre in apartheid South Africa deur Paula Fourie: ’n gesprek met haar suster

Elsje Fourie, Paula Fourie
Skrywersonderhoude

"Ek vertel in dié boek ook ’n staaltjie uit ons kinderjare: hoe ek op agtjarige ouderdom ... na die plaaslike Weense Volksschule aan die oorskuif was sonder dat ek Duits kon praat, en ontdek het dat die woorde vir 'olifant' in al drie tale amper dieselfde was. Daaruit het ek geleer dat taal nie net ’n plek vir verskil is nie, maar ook van gemeenskaplikheid – beide werklik, in ’n gedeelde woordeskat, en iets denkbeeldigs, in die gevoel van geborgenheid wat sulke raakpunte skep."

In gesprek met Stephan van Staden oor sy bundel Digters is stigters: ’n honderd en enkele gedigte

Izak de Vries, Stephan van Staden
Skrywersonderhoude

"My hoofdoel met die wye publikasie van die bundel is dat die breë publiek dit sal geniet as ’n feesviering van ander digters en hul gedigte."

Die ATKV se Boekmakietie op Despatch

Izak de Vries
Boeke en skrywers

"Op Saterdag 22 Augustus 2026 het die ATKV se takke in Despatch ’n Boekmakietie gehou."

Jannes Erasmus het met Annemarie van der Walt oor die Kaapsehoop Boekenaweek gesels.

Jannes Erasmus, Annemarie van der Walt
Boeke en skrywers

"Die mense wat die Boekenaweek bywoon, is merendeels eende uit dieselfde dam en ek het volle vertroue in hulle om te 'boek' en te kuier."

Sophia Kapp (1965–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ons geniet skryfwerk as iets daarin ons siel aanraak, en dit raak ons siel as dit met ’n deel van ons praat wat ons gedink het niemand van weet of verstaan nie."

Gunsteling deur Keith Juluka: ’n lesersindruk

Anschen Conradie
Lesersindrukke

"Juluka span die voordele van die 21ste eeu ten volle in om te verseker dat die alfabet, die basis van geletterdheid, op ’n prettige en relevante wyse aangebied word."

Wat lê opgesluit in nommers? ’n Lesersindruk van Elsabé Welman se Verdagte 504

Ronnie van Jaarsveld
Lesersindrukke

"Verdagte 504 herinner my daaraan dat getalle soms meer as ’n mens se plek in ’n ry of ’n dossier aandui. Agter 504 skuil ’n man wie se lewe verander het, wie se moontlikhede nog nie uitgeput is nie en wat weer na vaste grond soek."

Net na die storm deur An-Mari do Carmo: ’n lesersindruk

Anschen Conradie
Lesersindrukke

"Die roman is ’n avontuurlike oorlewingsverhaal wat die interne moontlikhede tot konflikoplossing op die spits dryf nadat die moontlikheid van eksterne probleemoplossing onder die vloedwaters verdwyn het."

Verdagte 504 deur Elsabé Welman: ’n lesersindruk

Etienne Lombard
Lesersindrukke

"Verdagte 504 lees maklik en is deurgaans boeiend. Die verhaal laat ’n mens met ’n goeie gevoel, naamlik dat die goeie sal seëvier oor die kwaad, mits ’n mens self goed bly."

Persverklaring: Kortlyste vir Afrikaanse resensiepryse bekend

LitNet
Boeke en skrywers

Met dié pryse, wat vir Afrikaanse fiksie- en niefiksieresensies onderskeidelik toegeken word, word erkenning gegee aan uitnemende skryfwerk oor Afrikaanse boeke in 2025.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 29 Augustus tot 3 September 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

Kan ’n bot die Hertzogprys wen?

Jean Oosthuizen
Kunsmatige intelligensie (2023)

"Wat sal gebeur as kinders KI gebruik om vir hulle kreatiewe opstelle en gediggies en dinge te skryf? Ek dink dit is die meer onmiddellike probleem waarmee ons sit. Die eerlikheid van jonger skrywers en kinders. Dit sal dalk nog ’n rukkie (’n paar jaar?) neem voordat ons uitgewers en beoordelaars van groot toekennings gefnuik kan word."

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 26 Augustus tot 1 September 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 26 Augustus tot 1 September 2026.

Teken aan: Etienne van Heerden Veldsoirée 2027: 23 tot 25 Julie

Veldsoirée 2026: videoflitse

Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée deur Izak de Vries se lens

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Ons maak in 2027 weer so. Teken solank 23 tot 25 Julie 2027 in julle dagboeke aan. Ek sal daar wees!"

Menings

Municipal elections 2026: Do judges too often become the referees of local democracy, governance and elections?

Chris Heymans
Opinion

"Why are coalition agreements increasingly being interpreted and resolved by judges, rather than through political exchange and resolutions? Why do procurement decisions often end in court, rather than in securing better services as part of sound local governance?"

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Die afgang van Frankryk en die Weste (2): Oor Alain Finkielkraut se Le cœur lourd

Johann Rossouw
Seminare en essays

"In die eerste opstel in hierdie reeks van drie oor die afgang van Frankryk en die Weste is stilgestaan by die blik wat die veertigjarige konserwatiewe populistiese joernalis Alexandre Devecchio as 'wit zef' van die Franse voorstede op dié kwessie bied. In hierdie tweede van drie opstelle val die kollig op ’n heel andersoortige figuur se siening van dieselfde tema, naamlik die linkse Joods-Franse filosoof, Alain Finkielkraut (1949–)."

Kyk in die spieël en staan dan op

Cornelius Henn
SêNet-briewe

"Want ons behoort nie aan die skerm, die algoritme, die spieël of onsself nie. Ons behoort aan ons lewende Skepper."

God praat ekstertaal

Margaret Cordier-Biermann
SêNet-briewe

"Saterdagoggend het ’n ekster by my huis ingevlieg en ’n gebed beantwoord."

Dieselfde boog, die regte mikpunt: Oor die verskuiwing van ’n verwysingspunt en dít wat die ontmaskering oorleef

Margaret Cordier-Biermann
SêNet-briewe

"Die oog wat ontmasker, word al skerper geslyp en doen mettertyd met die nuwe landskap presies wat hy met die ou een gedoen het."

Nou op Voertaal

ANC in yslike dilemma ná spertyd by OVK nie nagekom word nie

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die OVK het egter Dinsdag ’n skerp teenstrydige verklaring uitgereik. Die kommissie het by implikasie die ANC se weergawe volledig verwerp."

Ramaphosa se "Stalingrad-strategie" kry nuwe hupstoot

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Dit kom ondanks ’n regsopinie van die parlement se Konstitusionele en Regsdiensafdeling dat daar geen werklike botsing van belange of regsbeginsels is waarom Madonsela nie in die posisie aangestel kan word nie."

Stof wil nie gaan lê ná omstrede Bokke-verbyvlug nie

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die swartbokse het gepraat. Nou moet die SACAA besluit presies wat hulle sê."

Wantrouemosie teen Didiza trek helder skeidslyn tussen progressiewe koukus en RNE-partye

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Analities is die uitslag betekenisvol. Die RNE-partye het, ondanks interne spanning en kritiek op Didiza, institusionele kontinuïteit bo simboliese konfrontasie gekies."

Glashouers is daardie "gloeilampoomblik" vir wynmakers

Maryke Roberts
Culinair

"WineGlobe is beskikbaar in groottes van 25 liter, 60 liter, 115 liter, 220 liter en 400 liter. Dit word van borosilikaatglas gemaak, wat die sterkste en mees weerstandbiedende glas beskikbaar is."

Breyten schrijven #48: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters. Conversatie met Johann Lodewyk Marais

Yves T’Sjoen, Johann Lodewyk Marais
Literatuur

"As Westerling, gedrenk in ’n revolusionêre gees, kon Breytenbach die vinger op die komende wendings in Afrika lê."

Leesimpressie: Wachten op mijn arrestatie in de nacht door Tahir Humut Izgil

Erik van den Bergh
Literatuur

"De Oeigoerse dichter Izgil beschrijft indringend en glashelder hoe de cultuur van zijn land vernietigd wordt en hoe onwaarschijnlijk weinig ruimte er resteert voor autonoom denken en doen."

Leesimpressie: Ook mijn Holocaust door Maurits de Bruijn

Erik van den Bergh
Literatuur

"Goed geschreven verslag over de bewustwording van het familieverleden en de doorwerking van oorlogservaringen bij de in een gereformeerd milieu opgevoede joodse schrijver."

Akademies en skole

Persverklaring: Algemene Simposium 2026 fokus op KI

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Bywoning is gratis. Referate word in persoon by die SA Akademie in Pretoria aangebied. Virtuele bywoning is wel moontlik op versoek.

Natuurwetenskappe: Graad 9-vraestel en memorandum, derde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 9 en behandel julle hierdie kwartaal elektrisiteit en stroombane in Natuurwetenskappe? Laai Rita Engelbrecht se gratis toets en memorandum hier af. As jy goed voorbereid is, sal jou punte jou op ’n positiewe manier skok!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Hier is nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici te vinde.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."

Leefstyl

kykNET Silwerskermfees 2026: Silwerskermfees verweef eerlike, raakpraterrealisme met verhale van hoop

Maryke Roberts
kykNET Portaal

"Die 14de kykNET Silwerskermfees is pas aangebied en bied jaarliks ’n ryk en uiteenlopende keuse van films wat die diepte van plaaslike storievertelling weerspieël."

Motorrepubliek: Die motor ná die motor

Braam Peens
Motors

"Volkswagen en Toyota se grootste bedreiging is dus nie die Chinese motor vandag nie, maar die een wat vandag ontwerp word vir môre."

Rooilug by die Barney Simon Markteater in Johannesburg: ’n onderhoud met Jefferson J Dirks-Korkee

Naomi Meyer, Jefferson J Dirks-Korkee
Teater

"[W]anneer jy die storie vertel, and you feel and see how the audience goes with you on that journey, dan voel alles die moeite werd. Soos in Nigerië waar die mense gesê het they have never been to South Africa, but when they watched the show, they could smell the soil of Willowmore. En soos in Bloem toe ’n man vir my kom sê dat when he watched the show he forgave his dad, and his dad already died a couple of years ago. Nou: Dit maak dat ek altyd stories wil vertel, altyd teater wil doen, teater wat saak maak."

Persverklaring: Beendere dra boodskap van lewe in unieke ABO-kunsuitstalling

LitNet
Kuns

Haar kunswerke word op dierebene uitgesny en geskilder – ’n unieke kunsvorm wat op besonderse wyse aansluit by die historiese betekenis en emosionele atmosfeer van die Senotaafsaal.

Nuwe skryfwerk

Die spook van Noupoort

Nato Zondagh
Fiksie

"Raap bou ’n skuur bo-oor die fondasies van die winkel. Die vroutjie sit intussen die goue ponde in ’n kakie sak wat sy toewerk en onder die grond wegsteek."

Afwesigheid van Koop brood

Marquen Carstens
Fiksie

"Sommige mense bly in jou bloed.
En sommige mense bly net stil
My pa bly by die see."

Enkeling

Anzé Bezuidenhout
Poësie

"tog bly jy steeds die enkeling
wat oor die onbekende treur"

Afrikaans, ek is verlief op jou

Ilana Retief
Poësie

"Dit is die taal waarin my pa my ma gevra het om te trou."

For Marita Brink

Heidi Henning
New writing

"She is that slant nodding voice
In the night when the ghosts haunt"

Gekrok

Edna Tolmay
Poësie

"'Lyk of daar ’n paar letters van sy ABC weg is.'
'Nee man. Al die letters is daar.'
'Hy is net effens gekrok.'"

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved