Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1076

14/11/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Afrikaner, Afrikaan, Afrikaans

30 minute: Suid-Afrikaanse lugbraaierkookboek

Skrywer: Louisa Holst
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184991

Topverkoper Louisa Holst is terug met nog ’n treffer propvol watertandgeregte, wat in ’n japtrap in jou lugbraaier gemaak kan word. Geniet smullekker biryani-hoenderslaai, pikante stokvis-en-jalapeño-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding? Ontspan – onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding – alles kant en klaar in net 30 minute.

Menings

Afrikaner, Afrikaan, Afrikaans

Danie van Wyk
Seminare en essays

"Dit is geen geheim nie dat bruin mense die mees diverse en gemengde groep in die land is met wortels wat tot diep in Afrikanerbloedlyne strek – en dit kan nie ontken word nie. Ons het meer gemeen met die (wit) Afrikaner as wat ons van mekaar verskil. Ons deel dieselfde taal, dieselfde godsdiens, kultuur en tot ’n groot mate tradisies. Afgesien van hierdie feite en raakpunte, pas ons nie binne die definisie van wat of wie ’n Afrikaner is nie."

Die mediosfeer

Bernard Odendaal
LitNet25-skrywersberaad

Hierdie lesing is op Saterdag 26 Julie 2025 te Cradock/Nxuba gelewer tydens die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad. In sy bydrae som Bernard Odendaal ’n veel langer LitNet Akademies-artikel op wat in 2024 gepubliseer is.

Agterstories: ’n Troon vir almal

Johan Fourie
Rubrieke

"Sowat twee uit elke vyf mense leef steeds sonder veilige sanitasie, met die gevolg dat kindersterftes steeds drasties van land tot land verskil. Juis daarom stel die World Toilet Organisation op 19 November 2001 World Toilet Day in – om toilette te vier en bewusmaking te skep van die miljoene mense wat nog altyd sonder veilige rioolstelsels leef. Om te verstaan hoekom sanitasie só ’n verskil maak, moet ons kyk hoe mense deur die eeue hul afval bestuur en wat gebeur wanneer hulle dit regkry."

Trump, die G20 en Suid-Afrika: enkele notas oor Suid-Afrika se afnemende buitelandse aansien

Theo Neethling
Seminare en essays

"Trump se harde opmerkings oor Suid-Afrika is dalk onwelkom, maar dit hou ons ’n ongemaklike waarheid voor: Die land se wêreldposisie is nie meer wat dit was nie."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Om vir eens iemand te wees – oor onlangse studenteprotes in die hartland

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Onlangse studenteprotes het verskillende vorme aan verskillende universiteite aangeneem, terwyl die protes aan Fort Hare-universiteit en die Universiteit van die Vrystaat stellig die meeste aandag getrek het weens die vlakke van geweld en saakbeskadiging – veral op die Alice-kampus van Fort Hare en die QwaQwa-kampus van die UV."

Hier kom die aliens ... of dalk nie?

Koos Kombuis
Menings

"Ek praat van 3I/ATLAS, die voorwerp wat onlangs in ons sterrestelsel gearriveer het van iewers in die buitenste ruimte, en nou sterk op pad is om in Desember rakelings verby die aarde te beweeg."

Dinkskrum: Passie behoort meer te tel as kwalifikasies, ervaring en vaardighede in die aanstelling van kabinetministers

Jason Lloyd
Rubrieke

"Die onlangse kabinetskommeling deur president Cyril Ramaphosa wat geïnisieer is deur die Demokratiese Alliansie se leier John Steenhuisen, of liewer dié party se Federale Uitvoerende Komitee, maak nie vir my sin nie, omdat dit nie gedryf is deur die onderskeie ministers se passie vir hul ministeriële posisies nie."

Die Lasarus-effek: Solomon Tshekisho (Sol) Plaatje (1876–1932)

Jannie Pretorius
Visueel

"Ek wil fokus op die dagboek wat Sol Plaatje, ’n intellektueel, joernalis, taalkundige, politikus en skrywer, tydens die beleg van Mafeking in die Anglo-Boereoorlog bygehou het."

Die Lasarus-effek: Tant Miem Rothmann (MER): (1875–1975)

Jannie Pretorius
Visueel

"Omdat MER se bemoeienis met die Afrikaanse saak dekades voor my politieke en literêre bewuswording gebeur het, het ek haar meesal deur Hennie Aucamp leer ken. Sy was vir Hennie ’n belangrike rigtinggewer."

Uit die argief

Neville Alexander (22 Oktober 1936 – 27 Augustus 2012)

Hein Willemse
In memoriam (2012)

"Dit was ’n voorreg om Neville Alexander te ken. Sy afkeer van vertoon, sy medemenslikheid, sy ewigdurende stryd om gewone mense se potensiaal bloot te lê en sy beginselvaste antirassigheid is navolgenswaardig."

Gewildste plasings op LitNet

Gewildste plasings op LitNet: 5 tot 11 November 2025

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 5 tot 11 November 2025.

Akademies en skole

Kritieke suksesfaktore van duikondernemings: ’n vergelykende studie

Lindie (Engelina) du Plessis
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"Skubaduiktoerisme kan bewaringsveldtogte positief beïnvloed, inkomste genereer en plaaslike gemeenskappe ondersteun; daarom is dit belangrik om te verstaan hoe hierdie entrepreneurs funksioneer, netwerke vorm en finansieel lewensvatbaar bly."

Die gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) om taalonderrig in Engels te verbeter: ’n gevallestudie

Rushaad White, Hanlie Dippenaar, André Steenkamp
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Ons evalueer die impak van IKT op onderwyserpedagogiek en taalonderrig binne voorgeskrewe raamwerke, insluitend die TPEIK-raamwerk en VVVH-model. Die ondersoek is tersaaklik, aangesien dit die belyning tussen tegnologie, pedagogiek en kurrikulumvereistes in ’n postpandemiese konteks ondersoek."

SteedsDink met LitNet Akademies: Inge Engelbrecht oor haar akademiese navorsing

Inge Engelbrecht
SteedsDink

In hierdie video gesels Inge Engelbrecht oor onder meer die koortjie, musiek-erfenis op Genadendal, haar PhD wat deels in Kaaps geskryf is, en Suid-Afrika se diverse stemme en klanke. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Inge Engelbrecht: die koortjie

Inge Engelbrecht
SteedsDink

In hierdie video gesels Inge Engelbrecht oor haar navorsing oor die koortjie, KI en musiek, en haar werksaamhede by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap.

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 8 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Hier’s ’n gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld om jou werk mee te oefen.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Lynette du Plessis oor Kinderlê, die drama

Dianne Albertze, Lynette du Plessis
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Die Woordfees-week het so vinnig viby my oë gegaan dat alles maar nou ees inskop en dat ek voel ek’t iets geaccomplish wat ek nooit gedink het ek sou doen nie – om te act." 

Liefde by die Dam, Huisgenoot se verhoog en Skouspel: Wat alles in 25 jaar kan gebeur

Ilza Roggeband
Musiek

"Terug na Liefde by die Dam. Pierre Greeff, Jana de Beer en die res van die span van 200, baie dankie vir ’n heuglike dag van musiek en plesier. Julle mag maar."

Toorkombuis: Brand dit skoon – gnocchi met geskroeide botter en salie

Karen Hart
Kos en wyn

"Die krui self het soveel gesondheidsvoordele en jy kan so ’n ekstra paar jaar by jou leeftyd voeg deur dit mildelik in jou kos te gebruik. Een van my gunstelingmaniere om salie te 'brand' is in geskroeide botter oor sagte gnocchi-kussinkies."

Pareltjes uit Amsterdam: Het Scheepvaartmuseum in Amsterdam

Johan Allers
Leefstyl

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy Het Scheepvaartmuseum in Amsterdam.

Skermgreep: Frankenstein: ’n resensie

Leon van Nierop
Film

"Frankenstein in Guillermo del Toro se veilige hande is ongetwyfeld die mees sorgsame en briljante weergawe van Mary Shelley se onsterflike roman van meer as 200 jaar gelede."

’n Skielike wind op ons troudag

Amory Oosthuizen
Leefstyl

"Toe die kapeldeure oopgaan, is daar ’n skielike wind wat my sluier afgepluk het. Ek gee een groot gil van skrik en bars toe uit van die lag. My ma hol agterna om dit te vang."

Ons troue was ’n plaastroue

Lara Vermeulen
Leefstyl

"My familie kuier, natuurlik met voggies in die hand, altyd ’n hond uit ’n bos met enige samekoms."

My troudag

Amanda le Roux
Leefstyl

"Wat nou? Ons kan tog nie met ’n trekker inry dorp toe nie!"

Toyota Stellenbosch Woordfees-persverklaring: Woordtrofees-wenners vir 2025 bekend

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die wenners van die Woordtrofees vir 2025 is op 13 November tydens ’n toekenningsgeleentheid in die US Konservatorium op Stellenbosch bekroon.

Persverklaring: Suidooster is 10: "Shukran, my darling" vir ’n dekade van drama, deernis en dapperheid

LitNet
Leefstyl

Op 16 November vanjaar vier een van Suid-Afrika se gewildste en baanbrekersepies ’n volle tien jaar van topgehaltevermaak op die kassie. Wie sou destyds kon raai dat die karakters van hierdie sepie wat so eg Kaaps is, so ongelooflik diep in kykers se harte sou kruip?

Persverklaring: RSG Radioteater se Desembersterre deur Helena Hugo

LitNet
Leefstyl

Desembersterre deur Helena Hugo, met Lizelle Pike, Dihan Keun, Botha Enslin, Mia‑Anne O’Kennedy, Sean Brebnor en Rian Terblanche in die rolverdeling en Estel de Beer as regisseur, is op 13 November op RSG uitgesaai en is nou as potgooi en op Spotify beskikbaar.

Persverklaring: Kwena Music gee met vennoot- en borgskap groot hupstoot aan Crescendo se gesogte mentorskapprogram

LitNet
ATKV-Portaal

Met net minder as twee maande oor word aspirantliedjieskrywers nou aangemoedig om hul oorspronklike liedjies in te skryf vir oorweging vir deelname aan die ATKV-Crescendo-mentorskapprogram 2026.

Nou op Voertaal

Wêreld se oë op Johannesburg tydens G20-beraad

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die belangrikste temas sluit in ekonomiese herstel ná die pandemie, finansiering vir klimaatsaksie en voedselsekerheid, digitale gelykheid, en die verbetering van Afrika se kredietgraderings. Organisasies soos TrustAfrica en burgerlike netwerke neem deel aan voorafvergaderings wat daarop gemik is om burgerlike stemme te laat hoor."

Geweld op Kaapse Vlakte eis bykans 30 lewens in 72 uur

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Inwoners voel in die steek gelaat deur die polisie, wat selde teenwoordig is, en gemeenskappe word gyselaars in hul eie huise."

Zuma se MK-lede word kanonvoer in Rusland se oorlog met Oekraïne

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die sage het sosialemediaverontwaardiging ontketen, met gebruikers wat beide werkloosheid en politieke manipulasie blameer. MK-woordvoerder Nhlamulo Ndhlela het ontwykend reageer op die media se navrae."

Die politieke jagseisoen begin met ’n enkele hoëprofieloorloper

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Maar sy voete het skaars grond gevat toe hy ná die naweek van oorsee af terugkeer, toe word hy gekonfronteer met Delport-hulle se onverwagse oorlopery."

Gevangenes se ontsnapping laat vrae oor veiligheid in tronke en selle opvlam

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Met gemeenskappe in die Wes-Kaap wat reeds onder hoë misdaadvlakke gebuk gaan, sê waarnemers dat selfs kortstondige ontsnappings die gevoel van onveiligheid versterk."

Various milestones celebrated at Stellenbosch’s Meerlust Wine Estate

Maryke Roberts
Culinair

"Meerlust Wine Estate – in the heart of the Stellenbosch wine district – has many reasons to celebrate in 2025: It has been producing estate wine for half a century, the Rubicon red Bordeaux blend celebrates its 45th anniversary, and a new book has just been released on the history of the farm."

Leesimpressie: Mijn langste boektournee door Oksana Zaboezjko

Erik van den Bergh
Literatuur

"Zeer betrokken mix van persoonlijke ervaringen en historische beschouwingen waarbij niets heel blijft van het Rusland van Poetin."

Leesimpressie: Schervenstad door Hanan Faour

Erik van den Bergh
Literatuur

"Aansprekende debuutroman van Hanan Faour over leven in verschillende culturen. Een grote explosie in de haven van Beiroet noodzaakt Nadine om haar tweelingbroer, Isaac, en haar vader in Libanon op te zoeken."

Boeke en skrywers

Deon Meyer (1958–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Leef doelbewus, versamel ervarings en emosies en stories en mense en karakters. Gaan sit dan en skryf. Moenie vir mense vertel jy wil, of sal, of gaan nog eendag skryf nie. Doen dit." Lees meer oor Deon Meyer se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Moordsake met die meesters: ’n resensie van Deon Meyer se Skorpio

Stefaans Coetzee
Resensies

"Buiten vir hulle skerp humor, is die twee kapteins duidelik herkenbaar."

Dinge wat ons kan doen om boeke te bemark

Stefaans Coetzee, Izak de Vries
LitNet25-skrywersberaad

"Moderne oorlogvoering span tegnologie in om met die druk van ’n knoppie grootskaalse verwoesting te saai. Die skaam IT-tegnikus word selfs in spesmagte se operasies ingespan om oorwinning te verseker en lewensverlies te beperk. Hoekom nie dieselfde beginsels in die boekwêreld toepas nie?"

KI en die toekoms van literêre vertaling: hulpmiddel of bedreiging?

Jean Oosthuizen
Kunsmatige intelligensie

"KI kan sinne bou, maar dit verstaan nie stilte nie. Dit kan metafore oordra, maar nie melancholie nie."

Where have all the playwrights gone?

Rory Riordan
Books and writers

"And yet, of the 122 Nobel laureates in literature from 1901 to date, only 15, or 12%, are playwrights. Many, many more are the writers of fiction and novels. And at literary festival after literary festival here in South Africa, there are novelists galore and only occasionally the odd playwright."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2025

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Resensie van Eben Etzebeth se biografie Ten slotte

Michael Green (pseudoniem: RR Ryger)
Resensies

"Meer as ’n duisend belangstellendes het in Oktober by die N1-winkelsentrum in Kaapstad opgedaag toe hy sy boek bekendgestel het."

Flesh by David Szalay has won the Booker Prize 2025: a book review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"Beneath its quiet surfaces, Szalay’s novel probes the cultural unease of our time – the exhaustion of liberal optimism, the backlash angst against 'wokeness' and the waning of faith in collective redemption."

PenAfrican: Weeping becomes a river by Siphokazi Jonas: a book review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"It is not often that a volume of poetry captures the public imagination in South Africa. Yet, Siphokazi Jonas’s Weeping becomes a river has done just that. This is an unlikely and heartening success in a literary landscape where poetry is often treated as the private language of a select few. One wonders, inevitably, about the reasons behind this resonance."

Persverklaring: Ingrid Jonker kom eindelik huis toe

LitNet
Boeke en skrywers

Uiteindelik het SASNEV die inisiatief oorgeneem, die onderhandelinge afgerond en danksy ’n bereidwillige skenker die veilige vervoer van dié argief befonds.

I urgently need a copy of op weg na ku

Hans-Gerd Schwandt
SêNet-briewe

"I urgently need a copy of op weg na ku, but unfortunately it’s out of print. Could anyone help me?"

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 3 tot 14 November 2025

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Nuwe skryfwerk

Die rommelkrapper

Stefaans Coetzee
Fiksie

"Kyk net hoe slim is hy. Hy weet die vrou het twee kinders, want daar is weekliks 14 joghurtbakkies. Die een kind moet ’n dogtertjie wees, want hy het eenkeer ’n pop met ’n af kop in een van die sakke gekry."

Kleintryn

Mercia Coetzee
Fiksie

"Hy staan versigtig op, steun swaar op sy kierie, omdat dit soms moeiliker is om te verstaan as om te wonder. Hy sal die verstaan in sy eie kop hou, besluit hy, want oor sekere dinge praat mens net met jouself."

Uit die aarde

Ansie Nel
Poësie

"maar jy o mens is tog so broos,
moet huil en wag vir voeding.
vir klere, reiniging.
ja, mens, jy is totaal weerloos."

Onweer

Jeanne Henning Els
Poësie

"dis die
weerloos wees
wat jou hart bewolk laat"

Die perdeblom

Herman Cronje
Poësie

"Ek kyk na die klein seuntjie
en fluister glimlaggend sag:
'Alles gaan oukei wees.'"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2025 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved