|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1007
04/07/2024
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Skrywer: Albert Blake
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485315315
Die teregstelling van Jopie Fourie was nog altyd ’n emosionele en sensitiewe onderwerp in Afrikaner-geskiedenis. In hierdie biografie werp Albert Blake nuwe lig op die lewe en dood van hierdie omstrede figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Vir baie Afrikaners het sy dood hom tot onsterflike heldestatus verhef. Maar daar was nog nooit eenstemmigheid oor die Fourie-tragedie in Afrikaner-geledere nie, en die gebeure en ’n vertolking daarvan is maar nog ’n verhaal van verdeelde Afrikaner-lojaliteite en -beskouings.
|  |
|
 |
’n Ope brief aan die nuwe minister van basiese onderwys
Michael le Cordeur
Akademies en skole
"Liewe Minister, u aanstelling binne die regering van nasionale eenheid (RNE) is ’n belangrike oomblik in ons land se demokrasie. Vir die eerste keer sal die Departement van Basiese Onderwys bestuur word deur iemand wat nie van die ANC is nie. Dit bied die ideale geleentheid om onderwys in ons land te hernu en herbedink, wat nodig is."
|
 |
Vyf waarnemings oor die Suid-Afrikaanse manlikheid-in-krisis-verskynsel
Susann Louw
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Die term manlikheid-in-krisis verwys na mans wat onsekerheid of onstabiliteit ervaar, of ’n verandering ten opsigte van hulle magsposisies beleef (Connell 2018; Viljoen 2008). Ook hou dit verband met die dikwels onbereikbare ideale waaraan mans hulself meet en waarvolgens die samelewing hulle beoordeel."
|
 |
Taalkommissie-lesing 1: Die begin van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS)
Jana Luther
Seminare en essays
Om ’n taal formeel as skryftaal te kodifiseer, is ’n komplekse proses wat nóú verweef is met die politieke en sosiale leefwêreld van die taal se sprekers. Oor die afgelope eeu het die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die taak gehad om Afrikaans as skryftaal te help vestig. Hier is ’n video deur Jana Luther wat meer agtergrond oor die begin van die AWS verskaf.
|
 |
Die navigasiepraktyke van leerders uit arm, landelike gebiede
Jerome Joorst
LitNet Akademies (Opvoedkunde) (2017)
"Swak akademiese prestasie deur leerders uit arm, landelike gebiede, tesame met berigte in die populêre media, posisioneer dikwels sodanige leerders as onbevoeg in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel. Agter hierdie veralgemening skuil egter ’n grootliks onverkende wêreld."
|
 |
Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling
Johan Anker
LitNet Akademies (Opvoedkunde) (2020)
"Die doel van hierdie artikel is om uit te brei oor die onderskeid maar ook moontlike integrasie van en kombinasie tussen twee akademiesegeletterdheidsbenaderings wat ’n rol kan speel in die verbetering van die leesbegripagterstand van Suid-Afrikaanse leerders op skool."
|
 |
Die RNE-kabinet is gevorm; wat nou?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Ek stel nie in politiek belang nie, maar as Gayton McKenzie my sou vra om op sy adviserende raad te dien, dan sou ek nie nee sê nie. Dit het tyd geword dat ons kuns en kultuur meer ernstig bejeën. Ons het met die pandemie gesien dat dít is wat ons staande gehou het."
|
 |
SAPD: Hoe droewig is die prentjie?
Freek Robinson, Lizette Lancaster
Onderhoude
Freek Robinson gesels met Lizette Lancaster (Instituut vir Veiligheidstudies) oor die publiek se verlies aan vertroue in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
|
 |
Afrikaanse koerante het lank gelei en mislei, nou is dit tyd vir vorentoe kyk
Johannes Froneman
Menings
"Sonder die bydrae van die Afrikaanse koerante sou Afrikaans as taal nie gegroei het soos wat wel gebeur het nie. As kampvegter vir Afrikaans op vele terreine was die koerante se rol onmeetlik. Dink aan die vestiging van moedertaalonderrig, Afrikaanse universiteite en die uitbou van die taal se woordeskat en segsvermoë."
|
 |
Die boek wat nooit verskyn het nie
Hennie van Deventer
Menings
"Die Burger en Die Volksblad het albei ’n lang geskiedenis as amptelike mondstukke en bondgenote van die Nasionale Party. Die Beeld, Rapport en Beeld se bande was losser, maar was tog in mindere of meerdere mate in dieselfde dampkring."
|
 |
Ons gesondheidskwaal
Hercules Boshoff
Menings
"Die 19de-eeuse filosoof Friedrich Nietzsche het gesê dat die godin van die toekoms gesondheid sal wees. Sy voorspelling was onthutsend akkuraat."
|
 |
Barakat-program: ’n onderhoud met Marlene le Roux en Tasneem Daniels
Menán van Heerden, Marlene le Roux, Tasneem Daniels, Robyn van de Rhede, Fatima Allie
Onderhoude
LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Die maandelikse LitNet-insetsel is deel van die Barakat-program. In dié LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede en Menán van Heerden met Marlene le Roux, Artscape se uitvoerende hoof. Fatima Allie gesels met dramaturg en draaiboekskrywer Tasneem Daniels.
|
 |
Gee die agbare minister Gayton McKenzie ’n kans om homself te bewys
Danie van Wyk
Elders gesien
"Daar sal nie weer belaglike pogings wees soos om die grootste vlag in Suid-Afrika in Pretoria teen groot onkoste op te rig of om die Afrikaanse Taalmonument se naam te verander nie. Ook sal hy Afrikaans as ’n inheemse taal erken en as ’n Afrikaanssprekende sy stem laat hoor teen die marginalisering van die taal."
|
ATKV-skryfskool in Cradock |
LitNet se Kommadagga-slypskool |
 |
Suid-Afrika se nuwe kabinet bars uit sy nate
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die nuwe kabinet sal gesamentlik meer as R1 miljard jaarliks kos aan voordele en byvoordele, met meer as R180 miljoen wat aan salarisse van ministers en adjunkministers alleen toegewys word."
|
 |
Ramaphosa nooi Biden Suid-Afrika toe
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Diplomate het gesê dit beteken baie dat Biden die gebaar gemaak het om Ramaphosa te bel in ’n tyd waar hy tuis onder groot druk verkeer in ’n baie moeilike herverkiesingsveldtog."
|
 |
Jong sjef oortref in die vlaktes
Maryke Roberts
Culinair
"As jy my sou vertel dat ek in die middel van die mooie savannavelde van die Waterberge dié innovasie met kos sou kon ervaar, het ek jou beslis nie geglo voor my besoek aan die Kingfisher Villa in Mabula-natuurreservaat nie!"
|
 |
Where have all the board games gone?
Alex J Coyne
Cultuur
"A house with books will, almost always, also have fair access to at least a handful of classic board games – but what happens when books and music are switching to digital formats?"
|
 |
Sankind lees die wind: ’n onderhoud met Wendy Maartens
Louise Viljoen (JBay), Wendy Maartens
Skrywersonderhoude
"Sankind lees die wind is ’n bundel kortverhale gebaseer op tradisionele Sanstories. Dit is oorspronklik neergepen deur Gideon Retief von Wielligh, broerskind van Voortrekkerleier Piet Retief en eertydse landmeter-generaal van die ZAR. Wendy Maartens het dit pas vir kinders verwerk."
|
 |
Ek sal vir jou veg: ’n onderhoud met Cliffordene Norton
Naomi Meyer, Cliffordene Norton
Skrywersonderhoude
"In my skryfpassie voel dit asof ek deur die storie gekies word. My karakters daag op, sit my neer en maak dat ek hul stories vertel. Dit klink dalk passief, maar ek sien elke idee: dié wat gepubliseer word en dié wat ek nooit vir ander wys nie, wat my gekies het om dit te vertel. Ek leer so baie uit die skryfproses en waardeer die magic daarin."
|
 |
EB Grosskopf (1888–1949)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
Ernst Grosskopf het bekendheid as skrywer verwerf met sy kortverhale, maar veral met sy klassieke jeugverhaal Patrys-hulle, wat op sy eie jeugherinneringe gegrond was.
|
 |
Kortliks met Stefaans: 1 Julie 2024
Stefaans Coetzee
Lesersindrukke
"Hierdie skrywe is nie resensies nie – dit is ’n in-die-hand-stop, asof ek jou in Bargain Books raakloop en sê: 'Lees dit!'"
|
 |
Die beweging van bloed deur Pieter Stoffberg: ’n lesersindruk
Stefaans Coetzee
Lesersindrukke
"Om die galgtou nog stywer om die leser se nek te draai, herwin Everhard sy geheue soos die storie ontvou. Robert Ludlum het reeds met sy ikoniese Jason Bourne-reeks bewys hoe effektief geheueverlies spanning opbou."
|
 |
Press release | AVBOB Poetry: The art of being surprised
LitNet
Books and writers
This month, the AVBOB Poetry Project asked the award-winning South African poet Caitlin Stobie to reflect on what aspiring poets can do to channel more surprising, richly imagined words. Read the three creative writing tips Caitlin shared and notice how your experience of writing is transformed when you apply them to your own practice.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
The Schreiner Karoo Writers Festival 2024
Izak de Vries
Lifestyle and entertainment
"The bulk of the festival was held in Mark Street, a picturesque street with old nagmaalhuisies that have been bought up and restored. At the end of the street sits the Victoria Hotel, a stately venue with warm interiors to welcome travellers and conference-goers."
|
 |
Rupert Museum: Ope uitnodiging aan die publiek
Menán van Heerden, Eliz-Marié Schoonbee
Kuns
Die Rupert Museum nooi kunstenaars en skeppendes van enige kreatiewe bedryf, platform en beroep uit om oorspronklike kuns te skep. Meer spesifiek: kunswerke met een van die museum se uitstallings wat as inspirasie dien.
|
 |
Persverklaring: Nog ’n episode van Een keer om die son
LitNet
kykNET Portaal
Een keer om die son vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Maar dan tref ’n tragedie die familie wat tergende vrae opwerp, en alles verander oornag. Een keer om die son wys op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar wees.
|
 |
Persverklaring: Vyftiende Klein Karoo Klassique om die draai
LitNet
Musiek
Van ’n spesiaal saamgestelde kamerorkes en immergewilde koor, tot kwartette, trio’s, duette en hope ander musikale verrassings: Dít alles en meer wag op liefhebbers van klassieke musiek, kuns, kos en wyn by die 15de Klein Karoo Klassique, wat van Vrydag 9 tot Sondag 11 Augustus 2024 op Oudtshoorn aangebied word.
|
 |
Reënerige four o’ clocks
Neo Mehlomakulu
Poësie
"hier sit ek nou en dink aan jou.
nie aan jou gespattery wat sonder waarskuwing was nie,
maar aan al daai tye wat djy oorgeslaap het,
en dit snaaks genoeg elke keer oppie kop four o’ clock sonder waarskuwing gereën het."
|
 |
Vlietende jare
Michelle van Graan
Poësie
"herinneringe is sprinkelgenade.
kry my daar by ons waterval"
|
 |
'n Karakterstudie
JMT Labuschagne
Poësie
"Ek het jou in my outobiografie
as ’n soort hoofkarakter geskep,
maar jy het my noukeurig gelees"
|
 |
Meer as genoeg
Marius Nigrini
Poësie
"lank vóórdat smarte tussen lelies rusplek vind
en lank vóórdat die brandende kool geblus word
sal die werklikheid agter deure gestalte verkry"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|