Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 842

25/03/2021


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou taalboete

Pasverskyn

Nootvat. Kwashaal. Stapel


Skrywer:
 Bernard Odendaal
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624092278

In sy eerste bundel sedert hy in 2007 met Onbedoelde land gedebuteer het, besin Bernard Odendaal oor woordkuns, Afrikaans en die voortbestaan daarvan; gedenk hy die heerlikheid én verganklikheid van die mens, die natuur en die liefde; registreer hy maatskaplike verwording. ’n Verlore jeugwêreld en vriende word onthou; daar word gedink aan kinders wat in diaspora verkeer. Stemminge, toonaarde en digvorme wissel mekaar af.

Menings

’n Taalbom bars al weer in Stellenbosch

Mercy Kannemeyer
Universiteitseminaar | University Seminar

"Taal is sentraal tot wie ons is."

Uit die argief: Video en onderhoud – "Die ander kant" van die US-taaldebat

Mercy Kannemeyer, Naomi Bruwer
Universiteitseminaar | University Seminar

"Ek voel wel dat daar onderskeid getref moet word tussen wanneer mense veg teen Afrikaans die taal en Afrikaans die kultuur en geskiedenis wat onderdrukkend is, want die geveg teen Afrikaans lyk vir my baie keer na ’n geveg teen die gesig van Afrikaans, wat hoofsaaklik wit is as gevolg van apartheid. Dit word nie altyd duidelik wat ’n groot rol bruin en swart mense binne Afrikaans gespeel het en nog steeds speel nie."

Onverskilligheid of malligheid? Ons hoef nie een sektor van die gemeenskap te ontmagtig om die ander te bemagtig nie.

Mvula Yoyo
Universiteitseminaar | University Seminar

"Hoe help dit die student van Khayelitsha dat Trompie Toerien van Genadendal nie meer wiskunde in Afrikaans kan leer nie? Die groot vraag sentreer rondom watter voordeel daar is vir die Xhosasprekende studente as daar nie meer kursusse in Afrikaans aangebied word nie. Die vraag wat ons onsself behoort te vra is hoe ons daartoe kan bydra dat hierdie studente wel in Xhosa kan studeer."

US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig

Frazer Barry
Universiteitseminaar | University Seminar

Afrikaans is die beste voorbeeld en rigtingwyser van hoe om ’n taal akademies tot op die hoogste vlak te neem. My grootste bekommernis is dat die ander inheemse tale in Suid-Afrika uiteindelik ook die prys gaan betaal indien Afrikaans nie meer toegelaat kan word in daardie ruimtes nie.

US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel

Ingrid Jones
Universiteitseminaar | University Seminar

"Ons weet wie die voorlopers, die sleutelbordaktiviste, bewakers, saamlopers, vryers, verdagmakers, puriste, nuwelinge, taal-toi-toiers, ens is. Iemand moet die kinders ’n geskiedenisles gee."

US-taaldebat 2021: Taal op Maties ‒ Vir moedertaalonderrig of vir volk en vaderland?

Ingrid Heÿdenrÿch
Universiteitseminaar | University Seminar

"My vraag is: Wat is hierdie waardes, norme en kulturele identiteit? Wie se voorouers? Is dit nie juis nodig vir die Afrikaanssprekende om sy taal en sy waardes nie meer te skoei op dié van sy voorouers nie? Om sy taal te sien, soos wat Breytenbach dit stel, 'as kompos. Om wéér in ander vorme te kan bind.'"

Is jou ouma ook ’n donkie?

Menán van Heerden
Menings

"Jou oumagrootjie, wat skoolgaan in Graaff-Reinet, staan in die klaskamer se verre hoek met ’n bordjie wat om haar nek hang. Dit lui: 'I am a donkey, I spoke Dutch.' Sy is betrap dat sy Afrikaans op die skoolterrein gepraat het."

Persvrystelling: Ope brief aan die US-senaat

LitNet
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

"Hierdie senaatsbesluit het historiese implikasies. Hoor ons. Dit voel asof julle dit tot nou toe nie gedoen het nie."

Persverklaring: Uitnodiging om kommentaar te lewer op eerste konsep van hersiene Taalbeleid (2016)

LitNet
Universiteitseminaar | University Seminar

Die Universiteit Stellenbosch (US) nooi belangstellendes uit om kommentaar te lewer op die eerste konsep van ’n hersiene Taalbeleid. Die US se Taalbeleid (2016) word gedurende 2021 hersien as deel van die hersieningsiklus van elke vyf jaar soos wat in dié beleid voorgeskryf word.

Uit die argief: Die klassifikasie van Afrikaans

Ernst Kotzé
Menings

Is Afrikaans ’n inheemse taal? Ernst Kotzé stel ondersoek in.

Uit die argief (2006): Etlike gedagtes oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika na Apartheid

Neville Alexander
Menings

"Die inheemse Afrikatale van Suid-Afrika, waarby ek Afrikaans insluit, moet markwaarde kry en/of behou."

Elders gesien: #Menseregtedag, eis jou taalregte op

William Sezoe
Elders gesien

"Ons het ’n keuse – ons hoef nie deel te wees van ’n herkolonialiseringsproses nie. Die antwoord lê dus in ons tonge. Maak jou stem dik en help verseker dat ons inheemse tale voortleef!"

Reguit met Robinson: A Zoom interview with Mike van Graan

Freek Robinson, Mike van Graan
Interviews

Where are the millions? Freek Robinson interviews playwright and activist Mike van Graan from the Sustaining Theatre and Dance (STAND) Foundation and the Theatre and Dance Alliance.

’n Lewenslange affaire met woorde

Jan Badenhorst
Menings

"Om twee maal in ’n leeftyd met Madiba blad te skud moes stellig ’n hoogtepunt in enige joernalis se loopbaan gewees het. Maar om in daardie selfde leeftyd ook prinses Grace van Monaco se sagte, warm hand in joune te geneem het en boonop ook nog deur Haar Majesteit die Koninginmoeder gevaarlik naby vir ’n foto toegegimlag te word, grens aan die magiese."

Wat jou skoene verklap

Nini Bennett
Rubrieke

"So, wat verklap jou skoenkeuse van jóú persoonlikheid?"

Hoe meet mens ’n jaar?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Dis nou die middel van Maart. ’n Jaar gelede hierdie tyd was die eerste COVID-19-gevalle al aangeteken in Suid-Afrika."

Transgender: keuse of genetika?

Liné Loff, Ockie Vermeulen
Onderhoude

"Hoekom sou ons dit wou beheer of manipuleer, en waar trek mens die streep? Sou jy wou beheer uitoefen oor die kleur van jou kind se oë?"

Die mooiste geluid in die wêreld

Jacques le Roux
Menings

"Trek ’n slag jou waterstewels aan, vat ’n flitslig en gaan vir ’n wandeling in ’n poel of dammetjie. Dit verg baie geduld, en as jy stil genoeg is, val die eer jou dalk te beurt."

Daar’s ’n Zoeloe in my ateljee

Freek Robinson
Menings

"Wat moes ek anders gedoen het in die omstandighede? Ek was honderde kilometer weg van die toneel en kon nie persoonlik tussenbeide tree nie. Daar was niemand anders wat kon help nie – net die kameraman, wat natuurlik nie redaksioneel betrokke kon raak nie. Niks kan jou voorberei vir ’n hoogs onvoorspelbare situasie soos dié nie."

DP Botha, Wellington se donkie, vier sy 96ste verjaarsdag

Raymond van Diemel
Menings

"'Wellington se donkie wat met Hendrik Verwoerd swaarde gekruis het.' Hierdie botsing gee ’n dramatiese blik op DP se roeping as evangelis, teenstander van apartheid en kampvegter vir menseregte."

Nou op Voertaal

Suid-Afrika bekend onder Nederlandse parlementslede

Heinrich Matthee
In het nieuws

"Gebeure in Suid-Afrika sal nooit die hooffokus wees van Nederlandse beleid oor buitelandse sake nie. Die bedreigings vir die regstaat, klein groepe, eiendomsreg en menseregte in Suid-Afrika raak egter die belange van tienduisende burgers van Nederland in Suid-Afrika."

Nederland maakt opnieuw een zwaai naar rechts

Ingrid Glorie
Actueel

"Opvallend is natuurlijk in de eerste plaats dat de conservatief-liberale VVD van premier Mark Rutte zijn positie nog heeft weten te versterken."

Persbericht: Wie was ik van Alfred Schaffer bekroond met Herman de Coninckprijs 2021

Voertaal
Actueel

De bundel Wie was ik van Alfred Schaffer is op zondag 21 maart, Wereld Poëziedag, tijdens een feestelijke digitale matinee bekroond met de Herman de Coninckprijs 2021.

Persbericht: Astrid H Roemer krijgt Prijs der Nederlandse Letteren 2021

Voertaal
Taalunie

Astrid H Roemer is de eerste auteur uit Suriname die bekroond wordt met de Prijs der Nederlandse Letteren. In haar werk spelen thema’s als migratie, seksuele oriëntatie, racisme en emancipatie een grote rol.

Persbericht: Online Najaarscursussen literair vertalen Afrikaans-Nederlands

Voertaal
Kalender

Komend najaar organiseert het Expertisecentrum Literair Vertalen (ELV) verschillende onlinecursussen, waaronder twee cursussen literair vertalen: voor vertalers uit het Afrikaans in het Nederlands en voor vertalers uit het Nederlands in het Afrikaans. De Online Najaarscursussen literair vertalen Afrikaans-Nederlands zijn bedoeld voor vertalers die aan het begin van hun professionele loopbaan staan en serieus van plan zijn om daadwerkelijk de komende jaren als literair vertaler aan de slag te gaan.

Spanning laai op oor Afrikaans by US

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Daar is ook groot ongelukkigheid omdat Afrikaans nie as ’n inheemse taal beskou word nie. Volgens die eerste konsep van die nuwe taalbeleid verwys die term 'inheemse tale' na tale waarvan die erfenis in Afrika wortel en wat tot die Suid-Bantoe-taalfamilie behoort (met 'Bantoe' in die suiwer taalkundige betekenis)."

Nuwe beleid teiken Afrikaanse onderrig by skole

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Afrikaans word nou ook by skole as onderrigtaal geteiken omdat nuwe voorgestelde wetgewing dit moeiliker gaan maak om voorkeur te gee aan leerders wat kies om in hul moedertaal onderrig te word. So sê die vakbond Solidariteit in hulle kommentaar op die konseptoelatingsbeleid vir openbare skole."

Ramaphosa moet volgende maand aan Zondo verduidelik

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Daar word reeds lank gegis tot watter mate hy vermoedelik bewus was van wat in die regering aangaan terwyl hy nommer twee was. Daar word gevra hoe dit moontlik is dat hy nie daarvan kennis gedra het terwyl hy deel van die ANC se binnekring was nie."

Inwoners en howe gryp in terwyl munisipaliteite landwyd ineenstort

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Suid-Afrikaners is keelvol om op te dok vir munisipale dienste wat nie gelewer word nie. Belastingbetalers wend hulle in al hoe groter getalle suksesvol tot die howe om te eis dat dienste gelewer word of neem self die beheer oor hulle dorpe se infrastruktuur oor."

Akademies en skole

’n Ondersoek na ouerondersteuning aan primêreskoolleerders in skryfvaardighede en -aktiwiteite in lae-inkomstegesinne

Bernie Plaatjies
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Vanweë hul beperkte kennis van skryfaktiwiteite asook hul eie beperkte geletterdheidsvaardighede, vind laaggeskoolde ouers dit moeilik om doeltreffende ondersteuning te bied. In tandem hiermee speel werksomstandighede ook ’n rol. Werksomstandighede veroorsaak dat sommige ouers nie genoeg tyd het om ondersteuning te bied nie."

Gespierde Afrikaans

LitNet
Akademies en skole

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.

LitNet-blokraai: Die paashaas en die paaseiers

Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle

Paasfees word oor twee weke wêreldwyd gevier. Alle Christene ken die oorsprong van dié wonderlike fees, maar hoe pas die paashaas en paaseiers hierby in? Klik hier vir ’n ondersoek na die paashaas en die eiers in sy mandjie. Dié artikel verskaf ook leidrade wat sal help om die blokraai in te vul.

LitNet-blokraai: Religiestudies

Estelle Kruger, Marianne Strydom
Notas, toetse en vraestelle

Religiestudie lei tot die erkenning van insig in en waardering vir ’n verskeidenheid religieë binne ’n gemeenskaplike mensdom. Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Boeke en skrywers

Kortlyste: 2021 se UJ-pryse

LitNet
Boeke en skrywers

Drie romans, ’n digbundel en ’n versdrama ding mee om die 2021-UJ-prys. Die kortlys vir dié prys sowel as dié vir die 2021-UJ-debuutprys is pas aangekondig.

NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021: Kortlysonderhoud – Louis Krüger

Naomi Meyer, Louis Krüger
Skrywersonderhoude

"Jy vergeet nooit die dag, die oomblik, wanneer jou karakters uit die donkerte te voorskyn kom nie."

Harry Kalmer se In ’n land sonder voëls nou in Nederlands

Melt Myburgh
Skrywersonderhoude

Harry Kalmer, wat in Julie 2019 oorlede is, se laaste roman, In ’n land sonder voëls, is nou in Nederlands vertaal en word op 25 Maart aanlyn bekendgestel. Melt Myburgh het met mense wat by Harry en die vertaling van die boek betrokke was, oor dié spesiale gebeurtenis gesels.

’n Bespreking van Eben Venter se Wolf, wolf met verwysing na die titel, ruimtes en sosiopolitieke kommentaar

Zelda Mans
Boeke en skrywers

"Xenofobie en rassigheid in die nuwe Suid-Afrika kom onder die loep as deel van die sosiopolitieke kommentaar wat Venter op die postapartheidsbestel lewer. Die gevolgtrekking kan egter gemaak word dat die teks uiteindelik aan die leser behoort."

The rabbit hole deur Mike Nicol, ’n resensie

Karl Kemp
Resensies

"Eerstens, en vir my van kernbelang, is die aangrypende milieu wat Nicol vir ons skets. Dis ’n nuwe Suid-Afrika dié, ’n moderne een wat nie die 20ste eeu noodwendig met hom rondsleep nie."

Donkerdrif deur Deon Meyer, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Oor die storielyn is al wat ek verder bereid is om te sê dat daar omtrent halfpad deur die boek, iets gebeur wat totaal onverwags is, maar wat mens so prikkel dat jy eenvoudig nie meer die boek wil neersit nie."

The lie of 1652: A decolonised history of land deur Patric Tariq Mellet – ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Om die verlede sinvol te verpak, en om redelik breë konsensus te verkry oor hoekom ons die verlede bestudeer, is die twee grootste uitdagings van die historikus. Sonder om die filosofie deeglik deur te trap, skaar ek my in hoofsaak by die uitgangspunt dat dit die taak is van die historikus om die verlede te verduidelik en te verklaar."

Storiekaros deur Wendy Maartens, goeie stories om te kan lees

Anke Theron
Resensies

"Sy bring nie net legendes en diereverhale bymekaar nie, maar ’n hele biblioteek van verhale, rympies en selfs speletjies. Dit sal beslis in hierdie buitengewone tye die jongspan se verbeelding aangryp."

Skadukant deur Rika Cloete: ’n FMR-resensie

Riette Rust
Resensies

"Skadukant is ’n spanningsvolle roman vol intrige en wendings. Wanneer die skuldige eindelik vasgetrek word, raak die sielkunde agter die wreedhede éérs boeiend."

Middernag deur Sidney Gilroy: ’n FMR-resensie

Riette Rust
Resensies

"Alles in hierdie misdaadroman werk. Nie net die spanningslyn en die karakters nie, maar ook die perspektiefwisseling, die beskrywing van die milieu, die intrige én die navorsing oor onder meer psigopatie en patologiese prosedures."

Piet van Rooyen (1953–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Die essensie van skryf is die eenwording van die skrywer met sy karakters en lesers, daar waar hy homself verloor in die ritme van die dans waarmee hy hom in die geselskap van ander besig hou."

Uit NALN se argief: Ena Jansen se eerste onderhoud met Elisabeth Eybers

Annelien Diedericks
Boeke en skrywers

"Ter viering van Ena Jansen (geb. 18 Maart 1951) se sewentigste verjaardag vandag, bied die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) dié getranskribeerde artikel van Jansen se heel eerste onderhoud met Elisabeth Eybers, destyds ter viering van Eybers se 60ste verjaardag."

Geprikkel

Crito
Blogs

"Hoekom dit so swoel in die Crito-skedel gaan, is oor daardie resensie wat Annelise Erasmus verlede Maandag in Boeke24 geplaas het oor Lyfskap, ’n bundel erotiese kortverhale wat deur Sophia Kapp en Leonie van Rensburg saamgestel is.."

Persverklaring: Winterskool, met skryfkompetisie vir opkomende skrywers

LitNet
Slypskole

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit bied op drie opeenvolgende Saterdae in Junie 2021 (5, 12 en 19 Junie) ’n aanlyn Winterskool vir opkomende skrywers aan.

Leefstyl

Ricardo Peach: Daar gaan ’n man verby, hy groet

Marius Coetzee
Menings

"Hy het die insig gehad om die bestaande argetipes van die vorige fees in stand te hou, maar terselfdertyd emmers toegevoegde waarde te laat neerreën op die status quo van die Vrystaatse kultuurlandskap."

kykNET Fiëstas Awards: An interview with Bob Martin

Naomi Meyer, Bob Martin
kykNET Portaal

"My eternal thanks for kykNET’s very generous Legende Fiësta award ..."

Persverklaring: Maak Paasfees ’n kosfees met Woolies en Minki

LitNet
TV

Minki roep in dié kosprogram die hulp in van drie uiteenlopende sjefs wanneer sy en haar gesin die langpad vat vir ’n naweek weg.

Persverklaring: Suidoosterfees se Jong Sterre skitter

LitNet
Suidoosterfees

Die NATi Jong Sterre-projek is een van die Suidoosterfees se vlagskipinisiatiewe en word ondersteun deur NATi, die Jakes Gerwel Stigting en Kunstekaap. Deelnemers aan die projek deurloop ’n intensiewe slypskool waartydens hulle dramatekste afgerond en gereedgemaak word vir die Suidoosterfees-verhoog. Die slypskool, onder leiding van ervare teatermakers, vind tydens ’n skrywersresidensie van drie weke by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-Huis in Somerset-Oos plaas.

Nuwe skryfwerk

hou

Bernard Odendaal
Poësie

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Bernard Odendaal se bydrae hier.

beëindig

Margaret Cordier
Poësie

"brand dan as tot as
in vergifnisvure"

die herfs van 2020

Christo Meyer
Poësie

"die herfs van 2020
was maar net die begin
van ons stryd om Covid-19
vir altyd te oorwin"

Jou palet

Anzé Bezuidenhout
Poësie

"die felheid van jou ware kleure
het die prentjie in my kop ruïneer
legkaartstukke laat verbrokkel
– uitmekaar geskeur"

Leestyd: ’n mamma antwoord haar dogtertjie

Ronel de Goede
Poësie

"Wat word van die rooietjies
as hulle eendag doodgaan?
Hulle gaan vir ewig lewe."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

[email protected]

021 886 5169


© 2021 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved