LitNet-blokraai: Religiestudies

  • 0

Religiestudies is die studie van religie as universele menslike verskynsel en van religieë wat in  ’n verskeidenheid kulture voorgekom het. Religie en religieë word bestudeer sonder om enige religie voor te staan of om teen enige religie te diskrimineer, of dit nou in teorie, of in die praktyk geskied, en sonder om aanhang van enige bepaalde religie te bevorder. Religiestudie lei tot die erkenning van insig in en waardering vir ’n verskeidenheid religieë binne ’n gemeenskaplike mensdom, binne die konteks van ’n burgerlike begrip van die religie en met die oogmerk om religieuse geletterdheid te ontwikkel.

Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.

Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief, tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon; koppel die rekenaar aan ’n dataprojektor of slimbord vir die klaskamer.

Die PDF-weergawe kan jy uitdruk.

Hier is die antwoordstel.

As jy leidrade soek, loer hier.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top