|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 825
13/11/2020
|
Krities Afrikaans
|
Skepsel
Skrywer: Willem Anker
Uitgewer: Queillerie
ISBN:
9780795802171
"Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip." |
 |
|
 |
Die donker hart van Brackenfell
Koos Kombuis
Seminare en essays
"Gister het ek vir die eerste keer in my lewe ’n kar gejumpstart met kabels. Op my eentjie. Ek hou van Brackenfell. Ek hou van die mense van Brackenfell."
|
 |
Nostalgie
Johann Rossouw
Seminare en essays
"Wat besinnende nostalgie egter nie kan doen nie, is om die verliese van die verlede ongedaan te maak. Want dit is, soos die titel van die tweede album van een van Afrikaans se groot eietydse meesters van besinnende nostalgie, Gert Vlok Nel, sê: Onherroeplik."
|
 |
Johann Beukes: Afrikaans die soepelste taal vir filosofie
Melt Myburgh, Johann Beukes
Onderhoude
"Afrikaans is vir my so mooi, want dit het met grammatikale oorbodighede weggedoen. Juis daarom werk die taal so goed in en vir filosofie, waar gestroopte formulering wesenlik belangrik is in meervoudige stellinge."
|
 |
’n Besinning oor nierassigheid, identiteit en die DA
Frederik Rudolph van Dyk
Menings
"Die DA sal dwaas wees om die sosiale element van maatskaplik-ekonomiese opheffing ook met ’n maatstaf van kleur-irrelevansie te hanteer. Vir duisende Suid-Afrikaners lê ’n groot deel van hul menswaardigheid in die regstelling van ’n verlede wat hul menswees op grond van hul etniese herkoms afgetakel het."
|
 |
Grendelgenades
Renata Schoeman
Seminare en essays
"COVID-19 en alles daaromheen het ons lewens transformeer – en het die potensiaal om ons te transformeer."
|
 |
Hoe gemaak met TV-ego’s?
Freek Robinson
Menings
"Die groot vraag is of dit moontlik is om volkome objektief te wees. En die antwoord is natuurlik 'Nee'. Die beste wat ’n joernalis kan doen, is om te probeer."
|
 |
VSA-verkiesing 2020: Doodsake
Rita Barnard
Seminare en essays
"Met Biden se oorwinning ... kan meer mense weer asemhaal, gedagtes ’n bietjie laat swewe, minder bekommerd voel oor watter vulgêre spoggery, onnoselheid, krasheid, gemeenheid, of aanslag op demokratiese grondreëls ons daagliks gaan tref."
|
 |
VSA-verkiesing 2020: Wie ook al wen, gaan verloor
Jaco Kirsten
Seminare en essays
"Waar Trump hom egter onderskei het – en selfs sy mees geharde vyande moet dit erken – is die feit hy die meeste van sy groot verkiesingsbeloftes nagekom het. Beginnende by die ekonomie."
|
 |
Skepsel deur Willem Anker: ’n resensie
Hans Pienaar
Resensies
"Wat ook aanklank by jou vind, is die onuitgesproke ontsag vir die groeiende omvang van die kennis wat die mens aan die uitspeel is, oor haarself en haar skepsels, en ook oor die ultrakomplekse syn. Dis die ander betekenis van die titel ..."
|
 |
Een woord
Crito
Blogs
"Een woord is genoeg om ’n resensie wat ’n boek aanprys, in ’n heeltemal ander sleutel te plaas. Dít is wat gebeur met Jean Meiring se bespreking van Donkerdrif, Deon Meyer se jongste Bennie Griessel-roman. (Rapport Boeke)"
|
 |
ATKV-Woordveertjiewenner Dina Botha: ’n gesprek
Izak de Vries, Dina Botha
Skrywersonderhoude
"My uitgewer het al ’n manuskrip teruggestuur omdat sy nie op die held verlief kon raak nie. Daar het jy dit. Almal moet op die held verlief raak. Van skrywer tot leser."
|
 |
23-jarige student Joha van Dyk se debuutroman landswyd gepubliseer
Marli van Eeden, Joha van Dyk
Skrywersonderhoude
"Ek het op ’n punt gekom in my derde jaar op universiteit waar ek net besef het, 'Wel, ek wou nog altyd ’n skrywer wees; hoe lank wil ek nou nog wag voordat ek kanse begin waag en my manuskripte instuur vir publikasie?'"
|
 |
Pharos-blokraaiwoordeboeke: ’n onderhoud vir blokraaiselliefhebbers
Naomi Meyer, Annemie Stoman
Skrywersonderhoude
"Elke blokraaigeesdriftige sal vir jou kan vertel van frustrasie. ... Dit was die vernaamste rede vir die skryf van Blokraai-antwoorde. Die geheim is om eers jou kennis te toets en wanneer jy op die punt is waar jy hande in die lug gooi, die boek as hulpmiddel in te span."
|
 |
Press release: #ReadingAfrica #OokInAfrikaans
LitNet
Books and writers
#ReadingAfrica week is an annual event for all publishing companies, readers and authors who want to share their love for African literature, #OokInAfrikaans.
|
 |
Vonnisbespreking: BTW-toedeling van dienste gelewer aan nie-inwoners
Marlene Botes
LitNet Akademies (Regte)
"Die doel van die BTW-wet is nie dat ’n nie-inwoner, wat nie die finale verbruiker van goed in Suid-Afrika is, ’n BTW-koste moet oploop nie. Daarbenewens vereis die struktuur van die BTW-wet nie dat ’n BTW-koste moet ontstaan waar produkte weggegee word om goed, wat ingevolge ’n belasbare lewering verkoop gaan word, te bemark nie."
|
 |
In retrospek: Nagedink oor die Ou Testament (1979–2019)
Fanie Snyman
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
"Indien die vertaalde Bybels nie geïnspireer was nie, is die konsekwensie doodgewoon dat die kerk vir eeue sonder ’n geïnspireerde Bybel was. Soms is ’n teks ook so korrup dat enige poging tot ’n vertaling eintlik ’n verleentheidsvertaling is, omdat die Hebreeuse teks baie moeilik sin maak."
|
 |
Persverklaring: Jan H Maraisprys – Voorstelle vir 2021 word ingewag
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Maraisprys vir 2021. Die doel van die prys is om erkenning te gee vir ’n uitstaande lewenslange bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal. Nominasies sluit op 31 Januarie 2021.
|
 |
Graad 6-wiskunde: Omtrek, oppervlakte en volume
Wilhelm du Toit
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 6 en moet jy nou haastig jou wiskunde voor die eksamen hersien? Laai ’n gratis oefenvraestel af om jou te help. Klik ook op die skakel na die memo om dit gratis in PDF-formaat af te laai.
|
 |
Ramaphosa, ras en die apartheidspoke wat tot ruste moet kom
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Ramaphosa het dus goeie rede gehad om in sy antwoord op die vraag oor rasseverdeeldheid verder te benadruk dat die regering daarop ingestel is om die materiële ongelykheid tussen wit en swart Suid-Afrikaners te verminder."
|
 |
Francis Galloway se teks oor Breyten Breytenbach vir die publiek beskikbaar
Francis Galloway, Izak de Vries
Interviews
"Of die boek nog tersaaklike aangeleenthede aanspreek in ’n era waarin Afrikaans (en witheid) onder druk staan? Ek glo wel mens moet weet waar jy vandaan kom (die hoofstroomgeskiedenis asook die alternatiewe narratief daaromheen) om jou eie pad vorentoe te vind. Dis soos om eers die klassieke kitaar te begryp sodat jy kan improviseer en vernuwe."
|
 |
Ons Perspektief – A virtual exhibition by Vrystaat Kunstefees 2020
Marli van Eeden, BrotherTill, Frazer Barry, HemelBesem, Yoma
Interviews
Ons Perspektief is ’n samewerkingsprojek van die Nederlandse kuns/hip-hop-kollektief BrotherTill en verskeie Afrika-rymkletskunstenaars. Hulle vermeng musikale style en agtergronde om werk te skep wat nie net musikale genres nie, maar ook grense tussen dissiplines, lande en kulture transendeer.
|
 |
Die naam is Biden, James Biden
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Biden was visepresident onder Obama, die president wat die meeste aanvalle deur hommeltuie op Amerika se vyande geloods het."
|
 |
DA kry slae in tussenverkiesings
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die politieke kommentator Piet Croukamp het op Twitter gesê die DA is vooraf gewaarsku hulle gaan steun verloor, maar diegene wat hulle gewaarsku het, is afgemaak as dom, onkundig, eendimensioneel en nog meer."
|
 |
Vonke spat by Kaapse skool oor ras
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die onderonsie waartydens die vuiste gebal is en selfs skote geklap het, het gevolg nadat die indruk vermoedelik geskep is dat die Hoërskool Brackenfell ’n matriekafskeid gereël het waarheen slegs wit kinders genooi is."
|
 |
’n Podsending met Frazer Barry
Robyn van de Rhede, Frazer Barry
Onderhoude
Robyn van de Rhede gesels met Frazer Barry, voorsanger van Tribal Echo Band, oor sy werk en sy betrokkenheid by die Vrystaat Kunstefees 2020, die Suidoosterfees 2020, asook die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskap-program vir opkomende liriekskrywers en sangers, waar Frazer as mentor opgetree het.
|
 |
Nuut by LAPA in November
LAPA Uitgewers
PRH/LAPA-Uitgewersportaal
LAPA het splinternuwe boeke en daar is iets vir almal.
|
 |
LAPA-Jeugromankompetisie 2021
LAPA Uitgewers
PRH/LAPA-Uitgewersportaal
Die kompetisie se prysgeld beloop R50 000. Die wenner kry R25 000 en twee naaswenners kry elk R12 500. Die manuskripte op die kortlys staan ook ’n kans om gepubliseer te word.
|
 |
Piekniek en pret met Kersvader in die Boland
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Om die druk op hom te verlig, het Kersvader besluit om solank vooraf ’n paar geskenke uit te deel tydens ’n piekniek by die pragtige Afrikaanse Taalmonument op Saterdag 19 Desember 2020 – ’n aand wat ook ten bate van ’n goeie doel geskied.
|
 |
Kommadagga essay: Music and my father
Zubayr Charles
Opinion
"My father and I go for months without speaking to each other. This ongoing cycle usually starts after he says something crude and vulgar, mixed with colourful language, and I’m left thinking about why I forgave him for his prior transgression."
|
 |
Om ons beeld te soen
Charl-Pierre Naudé
Poësie
LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Charl-Pierre Naudé se gedig hier.
|
 |
Waar die aarde treur
Loretta Szikra
Poësie
"Ek wil die nag se skoonheid
en towerkrag beleef;
aanskou hoe sy die sterre
in haar kobaltkleed inweef"
|
 |
Trein na êrens
Susanne Pretorius
Poësie
"as haredos en jas se punt
te woes in vier windrigtings lê
is dit die beste om stil te staan
dat die wêreld verby kan gaan"
|
 |
Lewe
Jana Claase
Poësie
"Jy kan nie die DJ se playlist kies nie;
maar jy kan wel kies
hoe jy op al sy verskillende liedjies dans"
|
 |
Kruis
Leona Conradie
Poësie
"Of is dit maar net ’n manier om die spoke van die verlede weg te hou?
Of dalk alles wat onheilig is op hul plek te hou?"
|
 |
Ek onthou
Eldine Gous
Poësie
"Ek onthou
Onthou hoe jou sweterige hande in myne vou
Die krag in daai samesyn was ’n herinnering dat jy daar sal wees;
Vir altyd"
|
 |
Rou
Leona Conradie
Poësie
"Glad nie wat jy verwag het nie, is dit?
Dat jou doodsnik nou in my hart sou sit?"
|
 |
Erupsie
Driekie Grobler
Poësie
"klippies in my skoen
wat nerwe skuur
laat klein jakkalsies toe
om die wingerd te verniel"
|
 |
Die kenmerke van illusie
Morné du Preez
Poësie
"die dag se wolkies wat oor die bloutes koets
’n hunkerhart wat polsend soek,
na die vryheid van jeug"
|
 |
Darkness
Eldine Gous
Poësie
"In haar teenwoordigheid is ek op my gemak,
want dit is ’n plek waar die meeste mense
hulself nooit wil bevind"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|