|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 794
09/04/2020
|
Krities Afrikaans
|
A childhood made up:
Living with my mother’s madness
Author: Brent Meersman
Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624089391
Brent Meersman’s memoir of a humble yet eccentric upbringing in a Milnerton, Cape Town flat in the 1970s and 1980s reads as a stirring eulogy to his schizophrenic mother, yet also as a vivid snapshot in time. |
 |
|
 |
Dag 11: Kwarantynketting – "Aanhou beweeg en geraas maak" deur Debbie Loots
Debbie Loots
Kwarantynketting
"Die voëls baljaar al vroeg vandag. Hulle dobber in die lug rond, sweef sorgeloos en luidkeels heen en weer deur die mistigheid, gaan behoorlik tekere asof die stad aan hulle behoort. Vandag gaan ek en my dogter prente uitsny vir collages en musiek speel. Aanhou beweeg en geraas maak, net soos die voëls."
|
 |
Dag 12: Kwarantynketting – "Die bome behoort nie aan jou nie" deur Wilna Adriaanse
Wilna Adriaanse
Kwarantynketting
"Na sewe jaar is ek hartstogtelik lief vir Botswana, maar op daardie Sondagaand wou ek in Suid-Afrika wees. ’n Land waarna ek dikwels met groot hartseer en wanhoop vanaf hierdie kant van die grens kyk, maar ook ’n plek waar die mense my soms mateloos trots maak. Die komplekse land wat vir ewig onder my vel sal lê."
|
 |
COVID-19: Die advokateberoep en die groot wegsluit
Izak Smuts
Seminare en essays
"Die eenvoudige gevolg sal wees dat tensy finansiële steun betyds beskikbaar gestel word, of die howe vinnig weer behoorlik fungeer, advokate se inkomste aansienlik gaan krimp of heeltemal gaan opdroog. Kollegas vertel reeds hoe talle prokureurs hulle kantore gesluit het sonder om gelde wat agterstallig sou word aan die einde van April te betaal ..."
|
 |
COVID-19: Huiswerkers in onrustige tye
Ena Jansen
Seminare en essays
"Wanneer Suid-Afrikaners van onrus praat, is die veronderstelling immers byna vanselfsprekend dat dit polities van aard sal wees. Maar hoe het ons moeilikheid en onrus nie die afgelope tien dae verander nie!"
|
 |
Koorsstilpunt
Gerard Scholtz
Menings
"Een nag vaar ek die Styx halfpad oor. My 'still point' breek aan. Tussen oorvaar en die stil oomblik voor omdraai. Tussen die lig wat nog brand net voor jy dit afskakel. Tussen hoe stil dit kan word as jy ophou asemhaal en weer begin. Daardie oomblik tussen die dans en geen dans nie."
|
 |
Hoekom ek nie meer koronagetalle volg nie
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Ons kan kies om te onthou dat ons almal in uncharted territory is, en dat ons daarom soveel meer bedagsaam teenoor mekaar moet wees. Meer belangrik, ons het nodig om met meer kindness teenoor onsself op te tree."
|
 |
God en ons brose planeet
Pieter GR de Villiers, Johan Buitendag
Onderhoude
"’n Teologie van die natuur – of dan ’n ekoteologie – wil ook nie net etiek wees nie, met ander woorde bloot iets soos ’n 'red die renoster'-veldtog nie."
|
 |
Stephen Bantu Biko: A thought leader gone far too soon
Phil Ndlela
Opinion
"In a post-apartheid South Africa bedevilled by a paucity and deficit of value-based and selfless leadership, with leadership that uses its struggle credentials for self-enrichment, one wonders how Biko would have reacted."
|
 |
Hoender en Moeder Perske – die prag van Xhosaname
Koos Oosthuysen, Bertie Neethling
Onderhoude
Koos Oosthuysen, wat die Bybelvertaling in Xhosa gekoördineer het, gesels met Bertie Neethling oor sy LitNet Akademies-artikel "Persoonsnaamgewing onder die Xhosasprekendes van Suid-Afrika".
|
 |
Hüzün
Hoffie Albertyn
Menings
"Die tradisie kom uit die Sufi-mistisisme en bied ’n meer positiewe en medelydende begrip van die woord, en van die ruimte of plek van verlies en droefheid in ons lewens. Ons hüzün is nie heeltemal dieselfde nie, maar resoneer verbasend diep met ons Kapenaars. Die pragtige ou Groote Kerk-gebou met sy ryke geskiedenis en die ou slawelosie reg langsaan met sy tragiese geskiedenis."
|
 |
Mediaverklaring: Wenners van die 2020-UJ-pryse
LitNet
Boeke en skrywers
Dit is met groot genoeë dat die vakgroep Afrikaans in die Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek aan die Universiteit van Johannesburg, hiermee die wenners van die 2020-UJ-pryse bekend maak.
|
 |
Joan Hambidge (1956–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Dig is ’n vertaalproses van die onbewuste wat alles berg, wat orals aanwesig en nêrens sigbaar is nie, dog uitkom in ’n gedig. Soms melancholies, soms woedend." Lees Joan Hambidge se bygewerkte skrywersprofiel.
|
 |
Skrywersonderhoud: André le Roux oor Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?
Remona Voges, André le Roux
Skrywersonderhoude
"Wanneer ouers sê nee, ek het nie my kind so grootgemaak nie, ek kén my kind, is hulle na alle waarskynlikheid reg. Maar hulle ken hul kind soos hy by die huis is, nie soos hy tussen sy maats is nie. Die kind by die huis en die een op die speelgrond is nie dieselfde kind nie."
|
 |
Lockdown: The corona chronicles – an interview with Melinda Ferguson
Naomi Meyer, Melinda Ferguson
Books and writers
"No. I don’t think we are ever going to go back to the 'unconscious normal' we were in just a few weeks ago. I think that after lockdown, the world and South Africa will, in many ways, be in pieces; in many ways, the systems we knew will be broken, and we will all have to readjust and start again."
|
 |
Resensie: Bloedsteen deur Irna van Zyl
Maryke Roberts
Resensies
"Oor die algemeen is dit ’n lekkerleesboek: Die skrywer se jare as joernalis het haar skryfwerk ’n heerlike diepte en ritme gegee wat jou die boek nie kan laat neersit nie."
|
 |
Die ** in **-la-lá
Crito
Blogs
"En as jy dan sy resensies van ernstiger literatuur in herinnering roep, verstaan jy dat dit gaan oor uiteenlopende kante van die Afrikaanse lektuur."
|
 |
Nuut by LAPA: e-boeke in April 2020
LitNet
LAPA Uitgewersportaal
LAPA skep ’n liefde vir lees in die tyd van COVID-19 ... Ons weet jy kan nie tans papierboeke koop nie. Maar ons het e-boeke!
|
 |
LAPA: Die belang van boeke vir kinders
Christien Neser
LAPA Uitgewersportaal
"Niks is vir ’n kind meer kosbaar as hul ouers se tyd nie. So lees ’n boek saam! Dis ’n belegging in jou kind se toekoms."
|
 |
Ons wag op die nuwe wêreld
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Terwyl ons op die virus wag, is daar ritse aanbiedings om die dooie tyd om te kry, dikwels rolprente met clichétonele van mense wat in doodsangs wag vir die gevaar om die hoek: Tom Cruise vir die tentakels van die invallers uit die ruimte in The war of the worlds; Sigourney Weaver vir die tandewerk van die monster in Alien. Ons wag op die virus om haar uit te woed voor ons weer normaal kan word. Daarna gaan die wêreld verander, word ons belowe."
|
 |
Grendel maar vas – inperking kan nog lank duur
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Wetenskaplikes en ekonome is in ’n debat gewikkel oor die vraag wat die meeste lewens gaan kos as gevolg van die koronavirus: ’n ekonomiese ramp as die landwye inperking ná 21 dae verleng word, of ’n gesondheidsramp indien die inperking te gou opgehef word."
|
 |
Strenger optrede gevra teen minister wat regulasies oortree het
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die minister van kommunikasie, telekommunikasie en posdienste, Stella Ndabeni-Abrahams, wat deur president Cyril Ramaphosa op twee maande spesiale verlof geplaas is omdat sy die regulasies tydens die staat van inperking oortree het, kan dalk ook strafregtelik vervolg word."
|
 |
Bruidspaar tronk toe pleks van wittebrood
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die pastoor wat hulle in die huwelik sou bevestig het, is saam met die paartjie en omtrent 50 gaste in hegtenis geneem. Videomateriaal van die bruid in haar spierwit bruidsuitrusting en haar voornemende bruidegom wat onseremonieel in ’n vangwa geprop word, het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei."
|
 |
Skuldgevoelens oor my voorreg
Cliffordene Norton
Meningen
"Ek weet swaarkry is nie ’n kompetisie nie, dat ek en baie ander soos ek ook deur hierdie epidemie beïnvloed word. Maar die skaal weeg nie gelyk nie en ek kry nie die skuldgevoelens afgeskud nie."
|
 |
Bong Joon Ho: genie sonder grense
Leon van Nierop
Film
"Bong Joon Ho se vorige rolprente openbaar ’n sluimerende uitsonderlike aanslag wat as ’n voorspel en vingeroefeninge dien tot die meesterlike Parasite."
|
 |
Reisskets: Die kleur van jou vet
Helena Opperman
Reis
"En so kruis ons paaie – twee verdwaalde mense en ’n vasberade ma-skilpad. Sy steur haar min aan ons, maar ons onthou haar jare later nog met verwondering."
|
 |
Woordtrofees-wenners 2020
LitNet
Toyota US Woordfees
Die wenners van die 2020-Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks via Facebook live stream bekendgemaak. Hier is al die wenners.
|
 |
Film review: Crip camp: a disability revolution
Reney Warrington
Film
"If you are serious about treating the COVID-19 lockdown as a time for regrouping, for getting back to what is important, then grow a spine and start with this film."
|
 |
Fonds ter ondersteuning van die Pierneefteater in Pretoria
Jannie du Toit
Teater
"Op hierdie oomblik sal fondse benodig word om virtuele konserte te reël en aan die publiek beskikbaar te stel, om die gees van die Pierneefteater lewend te hou, en om gereed te wees vir daardie oomblik wanneer die teater weer volledig aktief word."
|
 |
SA Akademie kondig wenner van Jan H Maraisprys 2020 aan
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die Jan H Marais-prys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies van hoë gehalte in Afrikaans word vanjaar toegeken aan die regsgeleerde Jean Sonnekus van Johannesburg.
|
 |
To fly a mockingbird
Morné du Preez
Poetry
"hold out thy hand so they could rest,
the night would die, the endless sky."
|
 |
Tyd
Marius Coetzee
Poësie
"tyd fnuik ons
tyd swem in woordstrome
tyd is ’n krummel wat ’n brood geword het"
|
 |
Muiter aan boord RMS Exempli Gratia
Henning Janse van Vuuren
Fiksie
"'We have to turn this ship around,' het die uitvoerende hoof met presiese panache tydens een van vele werksessies benadruk en die skip se nuwe koers geolie uitgestippel. Net daar, tóé, aan die begin van die tweede termyn, het ’n opgewondenheid in die personeelkamer posgevat. Dit het selfs begin reën ‒ ’n gewisse teken van ’n koersvaste, voorspoedige reis."
|
 |
Rus sag, Conrad Sidego
Christo van der Rheede
In memoriam
"Dankie, mater, vir dit wat jy in my en soveel ander se lewens beteken het. Die Afrikaanse gemeenskap is soveel armer, maar jou nalatenskap sal bly voortleef."
|
 |
Persverklaring: Alex van Houwelingen is oorlede
LAPA Uitgewers
In memoriam
"Van Houwelingen is veral bekend vir sy puik kinderboekillustrasies, maar hy was ’n kommunikasiespesialis wat prente gebruik het om moeilike konsepte op ’n maklike manier aan die breë publiek te verduidelik."
|
 |
Elders gesien: Grendeldag 8
Jean Oosthuizen
Elders gesien
"Ek weet nie hoe om vandag te beskryf nie. Dit het eerie gevoel. Weird. Soort van somber. Surrealisties en asof ek myself in ’n apokaliptiese rolprent bevind. Die winkelsentrum het ’n totale gedaanteverwisseling ondergaan sedert my laaste besoek."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|