Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1123

22/10/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: KI: Katastrofe of geleentheid?

Roelf Meyer: ’n Politieke memoires

Skrywers: Anneliese Burgess en Roelf Meyer
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624097051

’n Aangrypende blik op die verloop van die oorgangstyd. In kernmomente was dit Roelf se spesiale verhouding met Cyril Ramaphosa wat die knoop deurhaak. Hy vertel oor hul band, wat 30 jaar later ’n rol gespeel het in sy aanstelling as ambassadeur in Amerika, en beantwoord die vraag: Wat verg dit om skynbaar onversoenbare partye te laat saamwerk?

Menings

Mini-seminar on AI: AI-generated writing

Mphuthumi Ntabeni
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"In my own opinion, the task before writers, then, is not simply to keep machines out of literature, but to preserve the human responsibilities that literature demands, whether or not machines have become part of the process."

KI-miniseminaar: Kunsmatige intelligensie as uitwissingsbedreiging?

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Dit is tans Oktober 2026. Kokotajlo ea (2025) skets hierna ’n prentjie waar ’n denkbeeldige KI-maatskappy genaamd OpenBrain ’n reeks KI-modelle met die naam Agent ontwikkel. ... Rakende hierdie opsomming, skryf Gibney: 'The set-up is science fiction but, for some, the concern is genuine.'"

Voorwaarts mars, March and March

Danie van Wyk
Menings

"Die beweging stel dit duidelik dat hulle visier op onwettige immigrasie is en nie immigrante nie. Hulle vra vir optrede teen ongedokumenteerde asielsoekers. Human Rights Watch en verskeie menseregteaktiviste is van mening dat hierdie oproepe van March and March xenofobiese aanvalle kan vererger deur hul optredes. Die regering sal met aanvaarbare beleide vorendag moet kom rakende vreemdelinge wat die land onwettig binnestroom."

Die Tien Gebooie vanuit ’n taalhandelingsperspektief

Gert van Jaarsveld
Menings

"Op die keper beskou is die Tien Gebooie, soos ons dit elke Sondag hoor, wel bindende direktiewe, maar die volle konsekwensies van die oortreding van die gebooie word nie eksplisiet aangedui nie. Sonder ’n breër bybelse konteks kan nie bepaal word hoe die bedoelde perlokusie en werklike perlokusie op mekaar afgestem is nie."

Tussen sekerheid en onsekerheid. ’n Gesprek tussen Willie Jonker en NP Van Wyk Louw

Chris van der Merwe
Seminare en essays

"Ek wil hier ’n gesprek tot stand bring tussen die twee denkers – eers vir Jonker laat praat oor Louw en oor sy (Jonker se) Christelike siening van kuns; dan ’n weerwoord aan Louw gee gegrond op sy geskrifte; en ten slotte kry Jonker die laaste woord in."

Uit die argief

Is ons in ons moer in met KI?

Sidney Gilroy
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence (Februarie 2026)

"Dit is nodig om menslike kreatiwiteit te beloon. Dit is nodig dat Afrikaanse kreatiewe entrepreneurs beskerm word. As ons regering dit nie gaan doen nie, is dit in die hande van die skrywers, digters, sangers, akteurs en visuele kunstenaars om die oorlogdrom te slaan."

Nou op Voertaal

SASNEV-borrel: Dit bruis en borrel in Afrikaans en Nederlands by Toyota Stellenbosch Woordfees 2026

Maryke Roberts
SASNEV

"Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere- (SASNEV-) borrelgeleentheid is ’n jaarlikse geleentheid om kultuurbande tussen Suid-Afrikaners, Nederlanders en Vlaminge te versterk, maar gaste kon vanjaar ook twee nuwe hooggeplaastes beter leer ken: Cornelieke Keizer, die nuwe konsul-generaal van die Koninkryk van die Nederlande in Kaapstad, en Peter ter Horst, die intredende voorsitter van Zuid-Afrikahuis Amsterdam."

Tweede diktee vir Afrikaans tydens Toyota Stellenbosch Woordfees 2026 gehou

Maryke Roberts
SASNEV

Die diktee – ’n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in samewerking met die Nederlandse Taalunie, Wes-Kaapse Onderwysdepartement en Penguin Random House en LAPA Uitgewers – het die Week van het Nederlands amptelik afgeskop. Die kompetisie is gemik op graad 10-, 11- en 12-leerders van verskeie skole in die Wes-Kaap. Vier uit die agt onderwysdistrikte was by die dikteefinaal teenwoordig en agt skole het deelgeneem. Maryke Roberts vertel meer.

Jongerenprojek 2026: ’n verslag

DJ Cloete
Cultuur

"Van die Boland tot Windhoek, van Bloemfontein tot Potchefstroom en van die Kaap tot Gauteng – die Jongerenprojekprogram het verseker dat 11 deelnemers, saam met twee begeleiers, uit België en Nederland op ’n besondere reis deur Suid-Afrika en Namibië geneem word. … Die Jongerenprojek (JP) is ’n akademiese en kulturele uitwisselingsprogram wat ’n groep 'jongeren' uit die Lae Lande en Suider-Afrika byeenbring."

Culinair: Erfeniskos neem hande by Heirloom

Maryke Roberts
Culinair

"Die Engelse woord heirloom verwys na ’n erfstuk; iets van waarde wat gekoester en van geslag tot geslag oorgedra word."

Leesimpressie: Lázár door Nelio Biedermann

Erik van den Bergh
Literatuur

"Boeiende roman van 21-jarige Zwitserse schrijver over de ondergang van een adellijke Hongaarse familie tegen de achtergrond van oorlog en revolutie. Met vaart verteld."

Leesimpressie: Intermezzo door Sally Rooney

Erik van den Bergh
Literatuur

"Pakkende roman over familieverhoudingen en relatiepatronen, met hoofdrollen voor twee nogal verschillende broers: Peter, advocaat in Dublin, dertiger en Ivan, professioneel tweeëntwintigjarige schaker."

Vals bomdreigement by King Phalo: Skuldiges kan tot 30 jaar tronkstraf kry

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die vliegtuig is onder bewaking geplaas as deel van standaardsekuriteitsprotokolle, nadat al 184 passasiers aan boord veilig ontruim is."

Minstens 10 bekende Suid-Afrikaners tans agter tralies ná borgtog geweier of hangende is

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Terwyl al hierdie sake nog in die ondersoek- of vroeë hofstadium is en niemand nog skuldig bevind is nie, bly die feit dat soveel prominente name tegelykertyd sonder borgtog in aanhouding sit, ’n opvallende kenmerk van die huidige regs- en misdaadlandskap in Suid-Afrika."

DA loop voor in Johannesburg, behou voorsprong in Kaapstad

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die uitslae dui op ’n moontlike verskuiwing in die politieke magsbalans in die land se groot metro’s, waar die ANC toenemend steun aan opposisiepartye afstaan."

ANC wen hofstryd; miljoene stembriewe moet herdruk word

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die kommissie het nie ’n presiese bedrag vir die ekstra koste bekendgemaak nie, maar het gewaarsku dat die finansiële verlies aansienlik sal wees. Die geld wat reeds aan die oorspronklike drukwerk bestee is, kan nie teruggekry word nie."

Persbericht: Uitslag "Taalspel leen uit Afrikaans 2026"

Voertaal
Over taal

Het doel van het Taalspel is om de aandacht te vestigen op het Afrikaans als geschikte bron voor nieuwe of (eventueel) te hernoemen Nederlandse woorden (bijvoorbeeld bij gebruik van een Engels woord).

Uitnodiging: Boekvoorstelling van Twee overzijden (Universiteit Gent)

Voertaal
Literatuur

Twee overzijden brengt stemmen, verhalen en perspectieven uit Zuid-Afrika, Nederland en Vlaanderen samen. Tijdens de boekvoorstelling gaat Yves T’Sjoen dieper in op de bijzondere wisselwerking tussen Afrikaanse en Nederlandstalige literatuur en op wat er ontstaat wanneer talen, culturen en verhalen elkaar ontmoeten.

Akademies en skole

Openbaregesondheidsoptrede en wetenskaplike navorsing: Wie is navorser Glenda Elisabeth Gray?

Mercia Coetzee
Akademies en skole

"Haar besondere bydrae lê in die manier waarop sy wetenskaplike navorsing met praktiese openbaregesondheidsoptrede, aktivisme en die ontwikkeling van Afrika se navorsingskapasiteit verbind het." LitNet Akademies se nuwe maandelikse reeks deur Mercia Coetzee stel gegradeerde navorsers en hul navorsing van hoogstaande gehalte aan LitNet-lesers bekend. ’n Lys met Afrikaanse vakterme, in hierdie geval byvoorbeeld nevirapien en perinataal, word by elke bydrae verskaf.

Geslagsgelykheid, algehele boedelskeiding en die regterlike herverdelingsdiskresie met egskeiding: die dilemma van huweliksboedelbeplanning vir voornemende gades wat boedelskeiding verkies en die vraag of die gebruik van trusts nog relevant is

Marita Carnelley, Henk Kloppers
LitNet Akademies (Regte)

"Hierdie herverdelingsdiskresie, vervat in artikel 7(3) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979, is nie op alle huwelike van toepassing nie, maar slegs in gevalle waar die hof dit billik en regverdig ag en slegs in gevalle waar die armer gade, gewoonlik die vrou, direk of indirek bygedra het tot die groei van die ander gade se boedel."

Die erediens as die hart van geloofsvorming: ’n liturgies-teologiese ondersoek na die ooreenstemming tussen die NG Kerk se teologiese uitgangspunte en haar sakramentele praktyk

Dieter de Bruin
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Die gevolgtrekking is dat die herstel van die verenigde inlywingsritueel, wat doop, bevestiging en Eucharistie onmiddellik verbind, logies uit die navorsers se eie uitgangspunte volg. Hierdie gevolgtrekking impliseer ook die herposisionering van die nagmaal as weeklikse sentrum van die erediens, met volledige insluiting van alle ouderdomsgroepe in die voortgaande geloofsvorming van die gemeente."

Eerste oproep om bydraes: Neerlandistiek in beweging

LitNet
Akademies en skole

Die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek nooi u hartlik uit om referaat- en paneelvoorstelle vir ons 12de internasionale kongres in te dien. Die kongres vind van Dinsdag 29 Junie tot Donderdag 1 Julie 2027 te Stellenbosch plaas.

Afrikaans Huistaal: Graad 4-vraestel en memorandum, vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 4 en skryf jy amper Afrikaans Huistaal-eksamen? Hier is gratis oefenvraestelle en memoranda deur Eugene van der Westhuizen om jou met jou voorbereiding te help. Een van die stories handel oor Ouma se pantoffels!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Hier is nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici te vinde.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."

Boeke en skrywers

Boekevat met Deborah: EasyEquities Skrywersfees 2026

Deborah Steinmair
Boekrubrieke

"As jy wil weet dat dit wel is met die siel van Afrikaanse lettere, moes jy die Toyota Stellenbosch Woordfees se EasyEquities Skrywersfees bygewoon het."

Cliff-hanger: Die dogters van Casalina deur Rina Cilliers: ’n resensie

Cliffordene Norton
Boekrubrieke

"Dit was die tweede ding van hierdie boek wat my getref het: Die werklikheid word eerlik weergegee."

Die fluisteraar deur Jacolet van den Berg: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Sy lewe verander oornag wanneer hy teen sy sin na Uganda moet reis om as fluisteraar die uitwissing van die woude en plantegroei teen te werk."

Kanniedood deur Irna van Zyl: ’n resensie

Johan Botha
Resensies

"Daar is misdade wat ’n mens verwag: moord, roof, dwelms, korrupsie. En dan is daar misdade wat jou verras omdat jy nie eens besef het dat dit bestaan nie. Kanniedood deur Irna van Zyl behoort tot laasgenoemde kategorie. Hier word die Klein Karoo se skaars en kosbare vetplante die slagoffers van ’n meedoënlose internasionale sindikaat, en skielik kyk ’n mens met ander oë na daardie klein plantjies wat so onskuldig tussen die klippe groei."

In ’n sprokie verweef deur Rina Cilliers: ’n resensie

Louise Viljoen (JBay)
Resensies

"Lesers wat van plaasstories hou, sal In ’n sprokie verweef veral geniet. Dit is ’n mooi liefdesverhaal waarin die held en heldin se toenemende aangetrokkenheid teenoor mekaar smaakvol aangebied word."

How to stop being a naai: Mphuthumi Ntabeni interviews Mia Arderne

Mphuthumi Ntabeni, Mia Arderne
Books and writers

Mphuthumi Ntabeni talks to Arderne about the inspiration behind the novel, her writing process and how she deals with family and friends who might feel that their stories could just have slipped into these pages. Then Arderne deftly turns the tables and starts asking the questions.

Olive Schreiner is not finished with us

Clarissa Venter
Books and writers

"For a woman who died in 1920, Olive Schreiner is having quite a year."

Oor die dood van die boek, en die boekhandel

André Krüger
SêNet-briewe

"Maar nou lui die doodsklokke. Dis nie dat daar nie meer boeke gedruk kan word nie, dis dat mense nie meer boeke lees nie, en daarom is daar minder boeke en uitgewers."

Persverklaring: Uitgewers uitgenooi om boeke voor te lê vir die 2027 Netwerk24 kykNET-Rapportpryse

LitNet
Boeke en skrywers

Die pryse het ’n letterkundige grondslag. Die sameroeper wil nie graag deelname beperk nie, maar versoek uitgewers vriendelik om goeie oordeel aan die dag te lê by die voorlegging van boeke in die verskillende kategorieë.

Persverklaring: Inskrywings vir die ATKV-Kinderboektoekennings ingewag

LitNet
ATKV-Portaal

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die boeke wat vir die Kinderboektoekennings in aanmerking kom, word deur kinders beoordeel.

Uitnodiging: Daniel Hugo in sy eie woorde

LitNet
Boeke en skrywers

Die bekroonde digter, skrywer en vertaler Daniel Hugo, gaan in November Kaapstad se unieke Museum van Honde besoek. Hy gaan oor Vers & kapittel III gesels en gedigte uit sy bundel Kategismus voorlees.

Invitation: Road to the ballot

LitNet
Books and writers

Three leading South African journalists unpack the state of the nation and what it means for us.

Persverklaring en uitnodiging: die Ken Forrester The Bookshelf Events-geleentheid nommer 5

LitNet
Boeke en skrywers

Sluit gerus aan by die Wine Lounge by Ken Forrester Wines waar Dominique Botha met boekmens Jonathan Amid in gesprek sal wees oor haar skryfwerk en veral oor haar nuwe publikasie, Die huilende bruid en ander versinsels, wat ook vertaal is.

Invitation: Celebratory Seminar – Soweto’s Theatre of Resistance 1984–1994

LitNet
Books and writers

Unisa’s Department of Afrikaans and Theory of Literature is hosting a seminar to celebrate the publication of the book Soweto’s Theatre of Resistance 1984–1994, by Andile Xaba.

Call for abstracts: Literature Heritage Ecology Conference: Indigenous knowledge systems for a new era of enlightenment

LitNet
Books and writers

The ninth AMAZWI Literature Heritage Ecology Conference: Indigenous knowledge systems for a new era of enlightenment will explore the potential of IKS to resolve current social-ecological crises.

Persverklaring en boekbekendstellingsuitnodiging: Koning Mohlomi, seun van Monyane deur SM Guma

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van hierdie boek – uit Sotho vertaal deur Chris Swanepoel – op Saterdag 31 Oktober 2026 in Somerset-Wes.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 16 tot 22 Oktober 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Dit ontwikkel tot ’n oop, inklusiewe en grootskaalse viering van die uitvoerende en visuele kunste

Maryke Roberts
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Van intense drama en fisieke teater tot jubelende verjaardagkonserte en eksperimentele kuns, het die feesgangers oor nege dae heen deel geword van ’n lewendige gesprek waarin beide tradisie en vernuwing gevier is."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n Baie kort Woord(fees)-oorsig

François Verster
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Ons is nou armgatpensionarisse, maar ek wou darem een item kies om by te woon. Die keuse het op die Fiksiefees geval. ’n Lang sessie wat van 9:30 tot 12:30 sou loop."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Mense en boeke en dinge en ’n paar kiekies om dit te bewys

Izak de Vries
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Om ’n paar dae lank by die Toyota Stellenbosch Woordfees rond te hang, is altyd lekker. Ek deel graag van my herinneringe."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Langtafel vol kunstelike feestelikheid

Maryke Roberts
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Meer as 500 gaste het onder die liggies uit die bome om tafels gekuier, wat gekreun het onder die heerlike Mediterreense kos van sjef Mynhardt Joubert."

Gedagtes oor Aardklop 2026

Cliffordene Norton
Aardklop

"Dit is ’n sterk aar van hoop vir Suid-Afrika se werkloosheidsyfer."

Persverklaring: WAT spog met drie beskermpersone

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Dit kos R100 om ’n woord te borg en R5 000 om dit eksklusief te koop, dan behoort daardie woord net aan jou. Boonop word jy ingeskryf vir ’n gelukkige prystrekking van R25 000 geborg deur Sanlam.

Persverklaring: Eben Cruywagen se laaste radiodramaverwerking bring Stinkhout met groot Afrikaanse sterre na RSG

LitNet
Leefstyl

Stinkhout bring van die mees legendariese, sowel as die mees opwindende nuwer, name in Afrikaanse drama saam: Frank Opperman, Wilhelm van der Walt, Conradie van Heerden, De Klerk Oelofse en Lochner de Kock.

Teken aan: Etienne van Heerden Veldsoirée 2027: 23 tot 25 Julie

Veldsoirée 2026: videoflitse

Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée deur Izak de Vries se lens

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Ons maak in 2027 weer so. Teken solank 23 tot 25 Julie 2027 in julle dagboeke aan. Ek sal daar wees!"

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 14 tot 20 Oktober 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 14 tot 20 Oktober 2026.

Nuwe skryfwerk

The Williamson turn: a play by Janine Maske

Janine Maske
Drama

"The action takes place on the deck of an ocean liner during an overcast, windy evening, circa 2025. The weather is inclement and, as such, creates a sense of foreboding. Dim deck lights provide illumination, and several cabin lights are on." Janine Maske shares a dark drama text with LitNet’s readers.

Sin maak

Carlie Schiel
Poësie

"ek laat jou gis
in my"

Your hair, your crown

Jasmine Arnolds
New writing

"because darling you
and your big, puffy, curly afro and braids
were meant to take up space"

Die rebellie

Neo Mehlomakulu
Poësie

"Hulle mettie lang kennebakke wat Sondae innie kerk voor almal belowe dat hulle julle nog sal straight bid.
Hulle mettie spoilt-brat-willie-werker-kinders wat saans julle se drome try vrek bid"

Kaapse surfer

Hannes Stander
Poësie

"Daar was ’n surfer in die Kaap
Wat met sy perde surf én slaap"

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved