Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1122

15/10/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou universiteit van die toekoms

Tobie

Skrywer: Chris Vorster
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485315995

In hierdie biografie (met outobiografiese neigings) gesels Tobie Cronjé in eenvoud – alhoewel soms diep filosofies – oor sy menswees en loopbaan. Verskillende onderhoude met Tobie oor die afgelope vier jaar is geredigeer deur sy vriend Chris Vorster om Tobie so ver moontlik – veral as hy gesels oor sy kinderjare – direk aan te haal. Hier en daar voeg Vorster konteks by deur medeakteurs en vriende of familie se wyshede, maar die inhoud en geselstrant is ten volle Tobias Jurgens Cronjé!

Menings

Die universiteit van die toekoms kan nie wag nie

Rianne van Vuuren
Universiteitseminaar | University Seminar

"Wanneer ’n gegradueerde uiteindelik voor ’n pasiënt, ’n kliënt, ’n gemeenskap of ’n moeilike openbare besluit staan, sal die netheid van die universiteit se KI-beleid min beteken. Wat sal tel, is of daardie persoon verstaan, kan oordeel en verantwoordelik kan optree."

Om Hobhouse te onthou – 100 jaar later

Elsabé Brits
Rubrieke

"Dit was haar verslag met praktiese aanbevelings vir die verbeterings wat gedoen kan word om die konsentrasiekampe leefbaar te maak, aan die minister van oorlog, St John Brodrick, wat regstreeks gelei het tot die totstandkoming van die Vrouekommissie."

Kritieke minerale en infrastruktuur as sekuriteitskwessies in Afrika

Fanie Herman
Menings

"Hierdie inligtingstuk voer aan dat mededinging tans nie net gaan oor wie die minerale ontgin nie, maar oor watter rolspelers die vervoer-, verwerkings- en datanetwerke beheer wat die minerale aan die wêreld voorsien. Mededinging tussen dié rolspelers bied Afrikastate ’n groter mate van strategiese voordeel en onderhandelingsmag."

PEN Afrikaans se jaarlikse lesing oor uitdrukkingsvryheid en die reg om die ongemaklike vraag te vra

Lourensa Eckard
LitNet-skrywersberaad

"Wat is die eerste ding wat gebeur wanneer mense ophou om aansprake op waarheid te bevraagteken? Nie wanneer hulle ophou om die waarheid te ken nie. Wanneer hulle ophou om vrae te vra."

Theo Kleynhans: ’n beer van ’n mens

Ilza Roggeband
In memoriam

"Hy was ’n kunstenaar wat met kwas én klei kon werk. Hy was ’n dramaturg en resensent. ’n Mentor vir nie net mense in die kunste nie, maar vir enigeen met wie hy sy wye kennis en empatie kon deel."

Goudveld Hoërskool se eerstespankaptein onthou Theo Kleynhans

Bertus Human
SêNet-briewe

"En wie sien ek te styf langs my bruinoognooi sit? Die einste Kuifie Kleynhans met sy aansteeklike gelag en fyn handgebare. So gaan hy mal met sy geselsie, vriendelik soos kan kom, ’n regte don’t care-houding."

’n Matriekvriend van Goudveld Hoërskool onthou Theo Kleynhans

Gerhard Kruger
SêNet-briewe

"Dit moes baie moeilik en dapper gewees het vir hom, nie net oor sy oortuigings nie, maar omdat hy as ’n Gimmie gesien is."

Theo Kleynhans: Ons kon saam deur trane lag vir die (soms absurde) lewe

Karen van Loggerenberg
SêNet-briewe

"Ons het gedigte en persoonlike geheime met mekaar gedeel, en het ook eerste liefdes en teleurstelling sonder enige oordeel ontrafel."

Elders gesien: Linda Rode, ’n vrou wat nooit haar eie basuin geblaas het nie

Kerneels Breytenbach
In memoriam

"Linda Rode se naam was die stempel van gehalte en goeie oordeel. Male sonder tal het sy gedien op beoordelaarspanele van literêre pryse en mens oortuig met haar ewewigtige siening en groot begrip vir die dinge waarmee skrywers besig is."

Ek onthou Vaatjie

Koos Kombuis
Menings

"En, soos ek gesê het, soms ook oor meer gewigtige onderwerpe: Is daar ’n hemel? Gaan mense regtig vir ewig hel toe? Moet mens regtig wag tot jy getroud is voor jy die Groot Daad doen?"

Uit die argief

Die toekoms van die universiteit in ’n KI-wêreld: ’n onderhoud met Johan Fourie

Naomi Meyer, Johan Fourie
Universiteitseminaar | University Seminar (2025)

"Ek voorspel dat ons binne ’n paar maande daar sal wees waar ons gaan sukkel om te onderskei tussen ’n middelmatige proefskrif deur ’n werklike student geskryf en een wat met behulp van kunsmatige intelligensie geskryf is."

Leefstyl

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Ons is nog hier, ’n sielkundige toutrek tussen lig en donker

Yolanda Saayman
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Soos die toneelstuk vorder, verander die ruimte, die tekort aan water en kos en die karakters self. Hulle begin deur speletjies te speel om hulself af te lei en hul angs te verlig."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Gut health

Elizna Swanepoel
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Na die insiggewende, energieke gesprek en kosdemonstrasie verstaan ’n mens die waarde van volksvreemde kossoorte soos kombucha en kimchi. Die beste van alles: Jy kan dit self maak!"

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: Wessel Pretorius Ont-dek steeds teater

Christiaan J de Swardt, Wessel Pretorius
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Goeie komedie is ’n haarbreedte van tragedie af. Om ’n sin vir die absurde te hê, moet jy hartseer intiem ken. Die meeste spelers wat komedie kan speel, kan deur ’n drama draf. Die teenoorgestelde is nie altyd waar nie."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2026: ’n onderhoud met Frank Opperman en Margit Meyer-Rödenbeck oor Eerste vir alles

Christiaan J de Swardt, Margit Meyer-Rödenbeck, Frank Opperman
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Hulle dreig glo al 25 jaar lank om iets saam te doen, maar kon net nog nooit daarby uitkom nie. Albei was té bedrywig met hul onderskeie loopbane."

Motorrepubliek: ’n Ry-indruk van die Toyota Hilux 2.8 GD-6 4x4 Legend 6AT MHEV

Braam Peens
Motors

"Die bakkiemark het wegbeweeg van suiwer werkesels na dubbeldoel-leefstylvoertuie, en Toyota kon dit dus met groter gemoedsoortuiging waag om die Hilux se kulturele verwagting effens te skei van sy meganiese identiteit."

Akademies en skole

Meer as net ’n fees: generasies, taal en verbondenheid in die Afrikaanse feeskultuur

Martinette Kruger
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"Die bevindinge toon betekenisvolle verskille tussen generasies ten opsigte van kulturele verbondenheid, taalbevestiging, nostalgie, waardering vir die kunste, gedragslojaliteit en bestedingsgedrag. Ouer generasies het beduidend sterker vlakke van kulturele verbondenheid, feeslojaliteit en ekonomiese bydrae as jonger kohorte gerapporteer."

Die kuns van ontvlugting na Innibos: reismotivering en waardetoekenning oor generasies heen

Adam Viljoen
LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)

"Die navorsingsvraag lê klem op hoe feesbywoning begryp kan word binne ’n omgewing waar gedeelde kulturele betekenis ’n kernrol speel, terwyl besoekers se lewensfases en sosiale raamwerke terselfdertyd tot verfyning in belewenis en waardetoekenning aanleiding kan gee."

Om op Mars te woon

Amanda du Preez
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die vraag na wat dit beteken om te woon (wohnen) word aan die hand van Martin Heidegger se besinning oor woning gedoen en ook deur die begrip woning uit te bou na die viervoud (das Geviert)."

Spoeg, spin en oorleef: Nuwe navorser Ruan Booysen vertel oor spoegspinnekoppe

Ruan Booysen
Akademies en skole

Ruan Booysen vertel meer oor Suider-Afrika se spoegspinnekopdiversiteit. LitNet Akademies se nuwe reeks met Mercia Coetzee as projekleier stel nuwe navorsers en hul interessante navorsing aan LitNet-lesers bekend. ’n Lys met Afrikaanse vakterme, soos karapaks en apikale, word by elke bydrae verskaf.

Kuns en kennis: Wie is navorser en woordkunstenaar Willem Boshoff?

Mercia Coetzee
Akademies en skole

"Boshoff beskou kunswerke nie bloot as estetiese objekte nie, maar eerder as vorme van navorsing. Die uitstalling van ’n kunswerk is volgens hom die artistieke ekwivalent van ’n gepubliseerde akademiese artikel: Albei stel nuwe kennis aan die publiek beskikbaar." LitNet Akademies se nuwe maandelikse reeks deur Mercia Coetzee stel gegradeerde navorsers en hul navorsing van hoogstaande gehalte aan LitNet-lesers bekend. ’n Lys met Afrikaanse vakterme word by elke bydrae verskaf.

Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing

LitNet
Akademies en skole

Die DJ Opperman-gedenklesing by STIAS kan in persoon bygewoon word, of via MS Teams.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Hier is nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici te vinde.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 7 tot 13 Oktober 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 7 tot 13 Oktober 2026.

Teken aan: Etienne van Heerden Veldsoirée 2027: 23 tot 25 Julie

Veldsoirée 2026: videoflitse

Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée deur Izak de Vries se lens

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Ons maak in 2027 weer so. Teken solank 23 tot 25 Julie 2027 in julle dagboeke aan. Ek sal daar wees!"

Boeke en skrywers

Boekevat met Deborah: Blinde kol deur Martin Steyn en Seil deur Morné Dieperink

Deborah Steinmair
Boekrubrieke

"Dis hedendaags, naby aan die huis en iets waarmee lesers kan identifiseer. Wie was nog nooit eensaam en het verstote en ongeliefd gevoel nie? Wie het nog nooit gevoel iets afgrysliks wat gebeur het, was hulle skuld nie?"

Van "tosselvin" tot Metamorfose: Peter Constantine in gesprek met Ilse van Staden

Peter Constantine, Ilse van Staden
Skrywersonderhoude

"Metamorfose se opdrag is beide ’n hartsaak en ’n leidraad. Marcella de Boom was my ma: my mentor, my grootste aanhanger, my beste vriendin. My medeboomliefhebber. Sy het dikwels bome geteken of geskilder; haar Noord-Sotho-naam het beteken “die een wat alleen in die bos loop”. De Boom was haar nooiensvan, dus kan ek darem daarop aanspraak maak dat ek ’n halwe boom is. Is dit voldoende leidraad en verklapping?"

Barrett se ruimtereis deur Chareldine van der Merwe bekendgestel

Marzahn Botha, Chareldine van der Merwe
Skrywersonderhoude

"Ons wil nie net hê kinders moet die woorde op ’n bladsy kan lees nie. Ons wil hê hulle moet verstaan wat hulle lees, dit geniet en uiteindelik self na boeke begin gryp. Dit is hoe ’n mens ’n lewenslange liefde vir lees kweek."

Erla-Mari Diedericks (1960’s–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Liefdesverhale verskaf iets wat die wêreld en sy mense nog altyd nodig gehad het om te kan oorleef: hoop. Dit bied ontvlugting, dit laat jou weer droom, maar veral laat dit jou hoop."

On Donica Merhazion’s Born at the end of the world: a gift from the grave of history

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"That is a gift from the grave of history, not the promise that the dead can be restored, or that the past can be made innocent, but the knowledge that their lives need not end with them. Someone can still bear witness."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2026

PEN Afrikaans
Boeke en skrywers

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Uitnodiging: Geloof in God is poësie deur Danie van Zyl

LitNet
Boeke en skrywers

Turksvy Publikasies en die Ampieteater nooi u na die bekendstelling van Geloof in God is poësie deur Danie van Zyl.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 10 tot 15 Oktober 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Nou op Voertaal

Inwoners van Graaff-Reinet in die war: Woon hulle nou in Graaff-Reinet of Robert Sobukwe Town?

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die boodskappe wat die ronde doen, het ook beweer dat AfriForum se hersieningsaansoek in die Hooggeregshof in Pretoria 'gewen' is. McKenzie se kantoor het dit as onwaar bestempel."

Teenstrydige berigte oor Zuma se gesondheid laat die land gons

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die teenstrydige berigte het nie net Zuma se gesondheid in die kollig geplaas nie, maar ook die spanning tussen politieke kommunikasie, mediadekking en die reg op privaatheid blootgelê."

Regering waarsku skerp teen aanlyn aanhitsing tot geweld te midde van migrasiespanning

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die regering het ’n sterk waarskuwing uitgereik teen die gebruik van sosiale media om geweld teen buitelanders aan te hits of waninligting te versprei."

Die produk van ander se barmhartigheid: sjef Jason McKinney se globale kulinêre pelgrimsreis

Maryke Roberts
Culinair

"As daar een kulinêre les is wat Jason oor die wêreld heen geleer het, is dit dat die beste kos eenvoudig is – maar dat eenvoudig nie 'maklik' beteken nie."

Alfred Schaffer se nuwe boek, Overdrive, het pas verskyn

Andries Visagie
Literatuur

"Alfred Schaffer is pas aangestel tot die leerstoel in kreatiewe skryfkuns in die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch. In sy nuwe hoedanigheid spring hy weg met ’n bibliofiele publikasie, Overdrive."

Leesimpressie: De ontdekking van Holland door Jan Brokken

Erik van den Bergh
Literatuur

"Boeiende lectuur over Hotel Spaander in Volendam waar vanaf 1881 meer dan 1400 kunstenaars uit de hele wereld verbleven. Gebaseerd op rijke hoeveelheid bronnen aangevuld met persoonlijke ervaringen en associaties, die soms toegevoegde waarde hebben."

Nuwe skryfwerk

Wit ink

Jannie Meyer
Poësie

"Ek vermoed dis ek
wie se stutte en kabels gebreek is"

Tot hier

Chris Bierman
Poësie

"Veertig jaar gelede
het ek tot by Jimmy
se huis gegaan."

Vrouehart

Kristy-Ann Kotzé
Poësie

"Selfs al is ek oorlaai met werk
en my liggaam smag na rus
hart-hou-aan-klop"

Long Drop Kock

Hannes Stander
Poësie

"Long Drop Kock ry Kakamas-Wes
se nagwa vol 'oh, what a mess'"

Josef

Edna Tolmay
Poësie

"Josef was die laaste van ’n werpsel.
Oortrek met vlooie.
Vel en been, met hare wat in alle windrigtings gestaan het."

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved