Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1115

27/08/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou twaalfde taal

Waar die teerpad ophou

Skrywer: Jean Cooper
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624096641

’n Eerlike en aangrypende reisverhaal waarin Jean Cooper en sy vriend De Witt vir drie maande op twee motorfietse deur Afrika ry – van Pretoria tot in Spanje. Wat begin as ’n avontuur vol opgewondenheid, word vinnig ’n veel dieper reis: ’n deurkruising van landskappe, geskiedenis, gevaar, vriendskap, identiteit en innerlike worsteling.

Menings

Suid-Afrikaanse Gebaretaal is nou eindelik wel een van 12 amptelike tale

Theodorus du Plessis
Seminare en essays

"Maak seker dat die geleenthede wat deur wetgewing geskep word, ten volle benut word. Dit vereis ’n taalbewuste gemeenskap wat tot aksie oorgaan en dinge gedoen kry."

Skoleseminaar: Skooltoelatingsvereistes vra vir diepgaande besinning

Michael le Cordeur
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

Die botsing tussen die portefeuljekomitee vir basiese onderwys en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) oor toelatingsbeleide plaas dié kwessie opnuut onder die soeklig. Michael le Cordeur het die wet herbesoek en lewer verslag.

Waarom kies jongmense steeds Afrikaans? ’n Ommietafelgesprek oor taal, drome en ’n loopbaan

Jean Oosthuizen
ATKV-Portaal

"Die vraag is dus nie net of Afrikaans ’n toekoms het nie. Die interessanter vraag is wie daardie toekoms gaan maak. As die gesprek by Middelvlei enigiets bewys het, is dit dat daar steeds jongmense is wat bereid is om hul hand op te steek vir Afrikaans en daarin te wil werk."

Springmielies: Werk sag met ons, liewe leser

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"Aangename kennis, liewe leser. Ek is ’n tweedehandse boek. Ek gaan nie my titel verklap nie; dit kon enige iets gewees het. Kom ons sê eerder dat ek instaan vir talle ander tweedehandse boeke; dat ek, as versamelnaam, namens ons boekspesie praat."

Agterstories: Die ekonomie in jou DNS

Johan Fourie
Rubrieke

"Skink vir jou ’n glas melk. Of jou liggaam dit kan hanteer en of jy oor ’n paar uur krul van die pyn, word grootliks bepaal deur ’n ekonomiese besluit wat jou voorouers sowat sesduisend jaar gelede geneem het."

Op dees aarde: Die kinders van 2100 is reeds gebore

Elsabé Brits
Rubrieke

"Land- en seeoppervlaktemperature wat rekords oortref, hitte, droogte, brande en vloede is in Julie en vroeg Augustus aangeteken. Die klimaatskrisis is lank reeds al so ’n realiteit, dit kan nie meer kopskuddend ontken word nie. Maar daar is ’n boodskap vir elkeen van ons. Wie gaan die aarde van 2100 by ons erf?"

Agterstories: Die silwerdraad

Johan Fourie
Rubrieke

"Vir geslagte lank het Romeinse keisers die silwerinhoud van hul munte verminder. ... Tog het Romeinse kopers daarmee bly betaal en verkopers het dit bly aanvaar. Lank nadat die silwer feitlik uit die munt verdwyn het, het gewone mense steeds die munt se waarde vertrou. Waarom?"

Poetry and decay: South Africa House in London

David Willers
Opinion

"Let us hope that South Africa House, like Parliament in Cape Town, is rapidly repaired and reverts once more to being a worthy and respected place, under whose roof many more indabas of benefit to Britain and South Africa can take place on authentic mutual terms."

’n Tribute aan Mogamat Alexander

Tasneem Daniels
In memoriam

"Lo en behold was daai exactly wat Mogamat Alexander vi my gewies’t, ’n heritage champion of note."

St Lucia en die legende van die Kruger-miljoene

Cornelius Henn
SêNet-briewe

"St Lucia se stories is dit werd om onthou en vertel te word. Ek hoop daar kan eendag ’n bron wees waarin al die verhale van St Lucia se legendes, nes die Kruger-miljoene-mite, openlik en waardig gedeel kan word."

Uit die argief

Taalverwerwing vir studente met gehoorverlies: ’n gevallestudie

Marthie de Waal, Elbie Adendorff
LitNet Akademies (Opvoedkunde) (2020)

"Wanneer daar studente met gehoorverlies in ’n klas is, is duidelike spraak sowel as kontekstuele leidrade van uiterste belang vir verstandhouding onder die studente. Dit is veral belangrik indien die studente met gehoorverlies nie van ’n tolk gebruik maak nie en eerder spraaklees."

Die verampteliking van Suid-Afrikaanse Gebaretaal – diversiteitstokenisme as taalbeplanning?

Theodorus du Plessis
Seminare en essays (2024)

"Wat taalverwerwingsbeplanning of taal-in-die-onderwys-beplanning betref, blyk dit dat die histories gemarginaliseerde inheemse tale (HGIT’s) slegs tot graad 3 as onderrigmedia aangewend word. In die geval van Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) is dit onseker – volgens die onderwysdepartement was daar in 2021 slegs ses huistaal-SAGT-skole waar ons waarskynlik kan aanneem dat SAGT as voertaal gebruik is."

’n Gebaretaalwoordeboek

Freek Robinson, Cobus van Deventer
Onderhoude (2023)

Hoekom is daar verskillende dialekte in Suid-Afrikaanse Gebaretaal? Waarom beteken dieselfde gebare een ding as die spreker glimlag en iets anders as die spreker frons? Hoekom sukkel dowe mense soms om gewone skrif te lees – hulle kan mos sien?

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 19 tot 25 Augustus 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 19 tot 25 Augustus 2026.

Teken aan: Etienne van Heerden Veldsoirée 2027: 23 tot 25 Julie

Veldsoirée 2026: videoflitse

Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoirée 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden

Die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée deur Izak de Vries se lens

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Ons maak in 2027 weer so. Teken solank 23 tot 25 Julie 2027 in julle dagboeke aan. Ek sal daar wees!"

Akademies en skole

Kollig op Kanja van der Merwe: Tolkopleiding en tolkaanleerstrategieë

Kanja van der Merwe
SteedsDink

In hierdie video gesels LitNet Akademies-navorser Kanja van der Merwe oor haar agtergrond en navorsingsveld.

SteedsDink met LitNet Akademies: Kanja van der Merwe oor tolking

Kanja van der Merwe
SteedsDink

In hierdie video gesels LitNet Akademies-navorser Kanja van der Merwe oor onder meer tolking en KI, en die verband tussen navorsing en die praktyk.

Die Landbank se sekwestrasie- en likwidasieverrigtinge teen boere en hul sake-entiteite ingevolge sessie-ooreenkomste: die bewering en bewys van locus standi in iudicio

Neels Swanepoel
LitNet Akademies (Regte)

"Die risiko van prosedurele ongeregtigheid word verder verhoog waar dringendheid aangevoer word en bevele toegestaan word op grond van beëdigde verklarings wat nie deur kruisondervraging of mondelinge getuienis vir waarheid, betroubaarheid en geloofwaardigheid getoets is nie."

Strategiese mededinging tussen die VSA, China en Rusland in Afrika: ’n teoretiese ontleding

Fanie Herman
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die teorieë wat in die ondersoek gebruik word, is realisme, liberalisme, konstruktivisme en kritiese teorie. ... Strategiese belange manifesteer in veiligheidsamewerking, infrastruktuurontwikkeling, handel, hulpbronverkryging, diplomatieke betrokkenheid en militêre vennootskappe."

Wêrelde wat tot stand vertel word: Narratiewe konstruksie en die etiek van representasie in Die wêreld van Charlie Oeng

Willie Burger
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Fiksie bied nie direkte toegang tot die wêreld van die ander nie, maar skep die moontlikheid van ’n begrip van die ander (’n ander mens of die verlede) wat bewus bly van die voorlopige en bemiddelde aard van interpretasie."

Persverklaring: 25ste Studentesimposium in die Natuurwetenskappe

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die jaarlikse Studentesimposium in die Natuurwetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns word in Oktober in Pretoria aangebied. Die simposium is op alle natuurwetenskaplike vakgebiede gerig en bied aan nagraadse studente die geleentheid om hul navorsingsresultate in ’n interdissiplinêre omgewing in Afrikaans aan te bied.

Skoleverrykingsartikel: Kompos en herwinning

Rouxlyn Botha
Skole

Doen jou kind hierdie kwartaal ’n navorsingstaak oor kompos en herwinning? Hierdie artikel deur Rouxlyn Botha sal jou kind kan help met navorsingsmateriaal!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Hier is nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici te vinde.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."

Boeke en skrywers

Heil die Leser! Natuurkundige boeke en die tasbare bewaring van kennis

Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke

"Hierdie boeke speel met ’n fyn balans. Hulle is toeganklik genoeg vir die beginner wat net ’n blom of voël wil herken, maar kompleks genoeg vir die kenner wat die agtergrond wil verken – die biologie, geskiedenis, konserveringstatus, etimologie, ensovoort. Die fotografie is helder en kleurvol; die teks toeganklik en warm."

PenAfrican: Before we hit the ground by Selali Fiamanya

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"Before we hit the ground by Selali Fiamanya is a literary novel about migration, grief, memory, belonging and return. The narrative opens with a Ghanaian family in Scotland packing up a house after the death of their son, Elom. Rather than using bereavement as melodrama, Fiamanya presents grief as something embedded in ordinary life routines – the wiping of kitchen tiles, packing Tupperware, preserving photographs and deciding what belongs in storage, memory and the bin. The emotional restraint is one of the novel’s greatest strengths."

Cliff-hanger: Net na die storm deur An-Mari do Carmo

Cliffordene Norton
Boekrubrieke

"Net na die storm is ’n lekkerleesstorie wat jy en jou kind in een sitting kan lees."

Bostaal – taal binne ’n taal deur Kriek van der Merwe: ’n resensie

Abel Esterhuyse
Resensies

"Taal speel ’n sentrale rol in die aard en wese van weermagte. Die institusionele en burokratiese aard van weermagte is ’n belangrike realiteit in die wyse waarop daar binne militêre konteks gekommunikeer word."

A better future is worth fighting for: Zeenit Saban-Jacobs speaks with David Mann about her new poetry collection, Palestinofication

David Mann, Zeenit Saban-Jacobs
Books and writers

"Palestinofication is for everyone, even those who wholeheartedly disagree with my position. I hope those in support find comfort, and I hope those who are neutral become enlightened."

Candyfloss, a graphic novel by Jaco Jacobs: an interview with illustrator Stephen Wallace

Naomi Meyer, Stephen Wallace
Books and writers

"You want to add to the overall story, rather than just show exactly what is being described in the text. One of the main differences with the graphic novel is that you have more room for nuance. A moment can be expanded over a number of panels. We can work through a thought or a feeling with the characters in real time."

PEN Afrikaans-gesprekke – waarna uitgewers op soek is: ’n onderhoud met Miemie du Plessis

Naomi Meyer, Miemie du Plessis
PEN Afrikaans

"Gaan lees dan soveel kinder- of jeugboeke as wat jy kan wat vir daardie teikengroep geskryf is, veral dié wat in die laaste ongeveer twee dekades uitgegee is. Ek praat nie van 10 boeke nie; ek praat van 100, 200."

Die wonderwerk van Morné se lied deur Yolandie: ’n lesersindruk

Carla van der Spuy
Lesersindrukke

"Yolandie (net bekend op haar voornaam), sangeres en bekende omroeper by die aanlyn radiostasie Vaal Stereo, se nuwe boek,  Die wonderwerk van Morné se lied, gaan wat hierdie leser betref, oor beide skryf- en musiekterapie."

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 22 tot 28 Augustus 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Nou op Voertaal

ANC en DA bots oor "spioenasie" by manifesbekendstelling – spanning bou op voor November-verkiesing

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Baie kommentators, insluitend veldtogvoerders, het daarop gewys dat ernstige veldtogte juis hul teenstanders bestudeer, net soos sportspanne opponente se wedstryde ontleed."

ANC oorweeg "megastad": Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni onder een dak

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Dit is ’n langtermyngesprek wat eers ná 4 November ernstig op die tafel sal kom. Tog kom dit op ’n tydstip wanneer die ANC desperaat probeer om die wegblystemme terug te wen en die narratief te skep dat koalisies, en nie die party self nie, verantwoordelik is vir die verval van Gauteng se stede."

ANC loods "Masakhe"-manifes in Diepsloot en beloof beter plaaslike regering

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Met minder as drie maande tot die verkiesing op 4 November is die stryd om die 257 munisipaliteite nou amptelik aan die gang. Die ANC probeer met sy 'Masakhe'-boodskap vertroue herwin ná jare van diensleweringsklagtes en finansiële krisisse in plaaslike regering. Of kiesers hierdie beloftes sal aanvaar, sal eers by die stembusse duidelik word."

Leefstyl

Why I did not like Nolan’s version of The Odyssey

Izak de Vries
Film

"I am keen to explain where Nolan’s reading of the story went wrong, for hopefully his movie will lead to a renewed reading of the Greek myths."

Toorkombuis: Gebak uit ’n warm vrouehart

Karen Hart
Kos en wyn

"Ofélia is al 28 jaar gelede op die ouderdom van 74 dood, maar haar warm hart inspireer my steeds. Jy proe daardie deernis ook in haar resepte."

In gesprek met Luna Paige oor haar nuwe album, Die reisigers, en ’n landswye toer

Izak de Vries, Luna Paige
Musiek

"Dit was vir my hartroerend, en by tye selfs emosioneel. Dit het wel aan my beaam dat my eerlike vertellinge, my rou weergee van my eie ervaring in die musiek, iewers ’n hartsnaar pluk en tot mense spreek. Ek het besef dat die temas wat ek aanraak, werklik universeel is, dat my lewensreis nie uniek is nie."

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2026 – hier is die finaliste

LitNet
ATKV-Portaal

Die wenners sal in September op die ATKV se Facebook-blad bekendgemaak word.

Persverklaring: Taalgenoot-Ruk en Rym 2026-semifinaliste is bekend

LitNet
ATKV-Portaal

"In die vierde jaar van die kompetisie het die diversiteit van die inskrywings my weer getref – ons het inskrywings vanuit alle hoeke van die land en in verskeie genres ontvang. Ruk en Rym is regtig ’n platform soos geen ander nie wat plek maak vir hierdie soort authentic expression."

Persverklaring: ATKV-Crescendo-kunstenaars maak skoonskip by Afri-Indie-toekennings

LitNet
ATKV-Portaal

ATKV-Crescendo het vandeesweek behoorlik rede om fees te vier nadat al vier Crescendo-kunstenaars wat vir die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings genomineer is, met toekennings huis toe gegaan het. Die glansryke geleentheid het Dinsdagaand by die AfriForum-teater in Pretoria plaasgevind.

Persverklaring: Theo Kleynhans vier die lewe met ’n uitsonderlike uitstalling

LitNet
Kuns

Al die werke op die uitstalling sal te koop wees en die fondse sal vir Theo se palliatiewe versorging aangewend word.

Nuwe skryfwerk

Stamboom, die koppie en altyd God

Fiona Aploon
Poësie

"Stemloos in die worsteling
van die harde weerkaatsing van geluide."

Ek stap deur tyd na altyd

Johan van der Merwe
Poësie

"ek en jy is gebore
om te sterf
as tyd opgebruik is."

Desktop-digter

Jacques Boshoff
Poësie

"Woolworths-woorde
keurig verpak
in ’n Shoprite-sak"

Hoop is ’n kers wat bly brand

Sandra Skinner
Fiksie

"Die kersie kos twee euro. Die kerspit vlam, flikker en brand dan stil. Sy kyk op haar horlosie. Hulle opereer al ongeveer sewe uur lank op haar kleinseun."

Die voëls van die gode

Edna Tolmay
Fiksie

"Die voëls kom steeds. Elke dag dieselfde tyd.
Eers een kraai. Dan twee. Dan ’n klein groep wat soos swart gedagtes op die klip en die lae takke gaan sit."

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved