Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1103

05/06/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Ommeswaai oor KI-verklikkers

Die Serwiër

Skrywer: Carel van der Merwe
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795803239

’n Serwiese geheime agent wat ’n dwelmsindikaat ondersoek, word koelbloedig vermoor in Kaapstad se berugte nagklubdistrik. Die polisie was hulle hande – dit was ’n gewone straatroof; die skuldiges is onbekend. Die Serwiese geheime diens, ’n organisasie met ’n reputasie vir vergelding, aanvaar dit nie; hulle stuur die gedugte majoor Viktor Vesić na Suid-Afrika om ondersoek in te stel. Sy speurwerk lei hom na onverwagse plekke, en dan raak dit persoonlik. Nou word die spoor ’n bloedspoor.

Menings

Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid

Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence

"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."

Wyngaard Weekliks: "Ek het baie by Helen Zille geleer," sê Geordin Hill-Lewis. Om Suid-Afrika sterker te maak is sy groot missie.

Heindrich Wyngaard, Geordin Hill-Lewis
Onderhoude

Die nuutverkose leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, praat met Heindrich oor hoe sy ouers se egskeiding hom as mens gevorm het, hoe baie hy by Helen Zille geleer het, sy verhouding met pres Cyril Ramaphosa, en waarom hy alles in die stryd gaan werp om van Suid-Afrika ’n sterker land te help maak.

Wyngaard Weekliks: Regstelling is nodig, maar moet dit op grond van ras wees? 

Heindrich Wyngaard, Glen Snyman
Onderhoude

Glen Snyman van People Against Race Classification, wat veg vir die kriminalisering van die term "Coloured", sê aan Heindrich waarom hy glo regstelling het steeds ’n plek in die normalisering van die Suid-Afrikaanse samelewing. Hy stem egter nie saam dat ras noodwendig die maatstaf daarvoor moet wees nie.

Regstelling is belangrik, maar ras behoort nie die maatstaf te wees nie

Heindrich Wyngaard
Menings

"Maar daar is ’n ander gróót verlies, voeg hy by, wat nie alte gereeld genoem word in hierdie soort gesprekke nie – en waarvoor hy mense nie eintlik sien baklei nie. Dit is die verlies aan identiteit."

Jou dienskontrak en aftreeouderdom: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Judith Geldenhuys, Jacques Nieuwoudt
Onderhoude

Weens baie faktore, veral finansiële oorwegings, tree baie mense later af as in die verlede. Vir sommige mense is "aftrede" nie eens meer deel van hul woordeskat nie. Maar hoe gemaak as jou werk se dienskontrak bepaal dat jy slegs tot op ’n sekere ouderdom mag werk voordat jy verplig word om af te tree? Jacques Nieuwoudt en Judith Geldenhuys praat oor hul onlangs verskene LitNet Akademies (Regte)-vonnisbespreking: die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging.

Akademies en skole

Afrikaans Huistaal: Graad 1-vraestel en memo, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is ’n gratis Afrikaans Huistaal-vraestel en memorandum deur Tharina Joubert; dis spesiaal vir graad 1-leerders wat nog hul voete in die grootskool vind.

Afrikaans Huistaal: Graad 8-vraestel en memorandum, eerste en tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 8 en het jy geweet jou ouers het grootgeword met televisiestelle wat nie slim-TV’s was nie? Jy kan wel 'n slim graad 8-leerder wees en vir jou Afrikaans Huistaal-vraestel voorberei met die hulp van Eugene van der Westhuizen se gratis vraestel en memorandum. (Daar is in die vraestel voorbeeldvrae wat onder andere oor televisiestories handel.)

Wiskunde: Graad 11-vraestel en memorandum, vraestel een, kwartaal twee

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help om vir die eerste vraestel voor te berei. Laai dit hier af.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Hier is nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici te vinde.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Nou op Voertaal

Suid-Afrikaners se protesaksies en geweld teen "ongedokumenteerde" buitelanders laat vrot politici met moord wegkom

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Die Suid-Afrikaanse bevolking behoort eerder meer druk op hul politieke verteenwoordigers op plaaslike-, provinsiale- en nasionaleregeringsvlak te plaas om beter diens aan hulle te lewer en om hul verkiesingsbeloftes gestand te doen."

Immigrasiekrisis: Ramaphosa beloof harde optrede terwyl spanning styg

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Politieke ontleders meen die regering bevind hom in ’n uiters moeilike posisie. Aan die een kant eis miljoene werklose Suid-Afrikaners sterker optrede teen onwettige immigrasie. Aan die ander kant moet die regering waak daarteen om ’n klimaat te skep waarin vreemdelingehaat en geweld verder posvat."

Duitsland help Krugerwildtuin op pad na groenenergierevolusie

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Groot sonkragvelde sal waar moontlik buite die sig van toeriste geplaas word om die estetiese waarde van die landskap te behou."

Die parlement se wiele rol om Ramaphosa in ’n staat van beskuldiging te plaas

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die verkiesing van die voorsitter het vinnig in ’n ideologiese magstryd ontaard. Gana is deur Mikateko Mahlaule van die ANC benoem, en sy nominasie is gesekondeer deur George Michalakis van die DA."

Geen EFF weer nie: Zille trek ferm streep vir Johannesburg-koalisie

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Of hierdie benadering gaan werk, sal grootliks afhang van die verkiesingsuitslag en of ander partye bereid is om op grond van beginsels eerder as posisies saam te werk. Die komende maande gaan kritiek wees vir Johannesburg se politieke toekoms."

Going the distance: Ivory Coast museum finds new lease on life at 45

Clifford Roberts
Cultuur

"Many teens might consider this ancient history, but intriguingly, places such as the costume museum have resurged in recent years."

Breyten schrijven #37: Postumiteiten voor Breyten. In gesprek met Sandra Saayman

Yves T’Sjoen, Sandra Saayman
Literatuur

"Breytenbach’s texts stay with the students. And they often write very good analyses of his work, because there is nothing 'comfortable' about it and they really need to think about what they are writing."

In gesprek met Earl Basson oor sy wisseldosentskap aan die Universiteit van Leiden

Alwyn Roux, Earl Basson
Over taal

"Die studente het lewendige besprekings gehad, byvoorbeeld oor die Standaardtaal-ideologie in die skoolkonteks. Dit het hulle toegelaat om na te dink oor hulle eie taalideologieë en dit waarmee hulle grootgeword het. Dit het tot 'n interessante gesprek oor Straattaal in Nederland gelei."

In gesprek met Alison Stander oor haar wisseldosentskap aan die Universiteit van Leiden

Alwyn Roux, Alison Stander
Over taal

"Dit was ook vir my besonder waardevol om te sien hoe taal mense bymekaar kan bring ondanks verskillende agtergronde en kontekste. Die ervaring het my herinner aan hoe belangrik akademiese uitruil is – nie net vir navorsing nie, maar ook vir wedersydse begrip, kulturele gesprek en die bou van langtermynsamewerking tussen instellings en studente."

Leesimpressie: Grenzend aan liefde door Karin Amatmoekrim

Erik van den Bergh
Literatuur

"Zoektocht naar mogelijkheden om de Nederlandse samenleving daadwerkelijk samen leven te laten worden, met persoonlijke herinneringen en ervaringen."

Leesimpressie: Vrouwen in duistere tijden door Alicja Gescinska

Erik van den Bergh
Literatuur

"Portretten van tien vrouwen, waarbij zowel hun leven als hun denken helder en bondig samengevat wordt."

Boeke en skrywers

Boekevat met Deborah: Steierwerk deur Johan Myburg – ’n resensie

Deborah Steinmair
Boekrubrieke

"Hierdie bundel met sy netjiese, gestroopte uitleg en korterige verse bevat ’n heelal en kan soos ’n heilige skrif weer en weer opgeneem word ter verheldering."

PenAfrican: Taiwan Travelogue by Yáng Shuāng-zǐ – a book review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"In many ways, this is not merely a historical novel about Taiwan under Japanese rule, but a novel about every colonised society where the coloniser arrives convinced of their own sophistication while remaining blind to the humanity standing beside them."

Dood en lewe loop hand aan hand: Marjan Setrapi en Lieke Marsman is oorlede, ure uitmekaar.

Izak de Vries
Boeke en skrywers

"Wanneer lewe en dood mekaar in die oë kyk, kan ons soms net seker maak dat die saamstap na die einde mooi kan wees."

Waterman deur Herman Wasserman: ’n resensie

Nini Bennett-Moll
Resensies

"Waterman is ’n prikkelende debuut wat bewys dat joernalistieke helderheid en poëtiese diepgang mekaar nie uitsluit nie, maar inderdaad aanvul." 

Van Oekraïne tot Iran deur Evert Buurman: Reis is meer as net ontdekking en verkenning

Maryke Roberts
Resensies

"Dis ’n heerlike leunstoelervaring en kan in klein dosisse op ’n slag geniet word; of as jou reisvoete jeuk, alles na mekaar."

Derick van der Walt (1958–2022)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Wanneer daar ’n storie in my kop is, bereik dit ’n stadium waar die dam breek en waar ek letterlik fisiek ongemaklik begin voel en nie van die skryfproses kan afskakel nie. Vir die skrywery gebruik ek g’n plan of skema nie. Ek duik net in."

Joe Mynhardt laat stories leef

Stefaans Coetzee, Joe Mynhardt
Boeke en skrywers

"Toe ek die volgende oggend wakker word, was dit net e-mails en boodskappe. Skielik praat Rolling Stone en die New York Times met ons."

"Exactly where I’m supposed to be": an interview with Rushdiyah Narker

Cliffordene Norton, Rushdiyah Narker
Books and writers

"You have to create intrigue and curiosity pretty quickly for a reader to want to finish the story."

Kortliks met Stefaans: Reels-leesstof en Power

Stefaans Coetzee
Boeke en skrywers

"Kortverhale is soos Instagram-reels. As jy die een geniet het, wil jy die volgende een beleef."

Die reus uit die bos deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk

André du Pisani
Lesersindrukke

"Die reus uit die bos het my half ironies herinner aan twee betekenisvolle Suid-Afrikaanse skrywers se werk wat deur enkele kritici as 'rassisties' bestempel is: die profetiese epos Raka van NP Van Wyk Louw wat in 1941 verskyn het, en meer onlangs, John Maxwell Coetzee se Waiting for the barbarians."

Uitnodiging: Gerald Groenewald (UJ) se gesprek "Die grootste van ons volk: MER, MT Steyn en Afrikaanse taalnasionalisme"

LitNet
Boeke en skrywers

Hiermee ’n vriendelike uitnodiging na Gerald Groenewald (UJ) se gesprek, “Die grootste van ons volk: MER, MT Steyn en Afrikaanse taalnasionalisme”, op Woensdag 10 Junie 2026 om 18:00 by NALN.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 30 Mei tot 5 Junie 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

Miniseminaar: Die Vierde Nywerheidsrevolusie

LitNet
Seminare en essays (2020)

In Januarie 2020 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in samewerking met die ATKV en Solidariteit Navorsingsinstituut, ’n simposium oor die Vierde Nywerheidsrevolusie aangebied. Deelnemers het besin oor die impak daarvan op ’n verskeidenheid terreine.

Kunsmatige intelligensie

Handré Brand
Seminare en essays (2020)

"Masjienleer en robotika kan tradisionele oorlogvoering soos ons dit tans verstaan, sowel as alle ander fasette van die lewe en die mensdom totaal in ’n ander dimensie plaas. Tot waar strek KI-beheer en -perke?"

Veldsoirée 2026: Al die gesprekke is GRATIS

Voorlopige program van die 2026 Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Alle gesprekke is GRATIS. Bespreek vroegtydig verblyf.

Video-uitnodiging: Veldsoirée

Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube

Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat jy te wagte kan wees. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée".

Bespreek nou vir die Veldsoirée

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."

Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Dit kos slegs R380 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.

Uit die argief: Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée (2025)

Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was.

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 27 Mei tot 2 Junie 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 27 Mei tot 2 Junie 2026.

Leefstyl

Suidoosterfees 2026: Kom fietna saam Mareldia

Keith Oliver Lewis
Suidoosterfees

"Nes die bundel, wat beide die Eugène Marais-prys ennie UJ-debuutprys gewen het, issie toneelstuk oek geskryf in Kaaps en Cape Muslim Vernacular."

Persverklaring: US WOW bied landwye Telfees aan om syfervaardighede by leerders te bevorder

LitNet
Skole

Danksy die ondersteuning van die Millennium Trust word die WOW Telfees vanjaar op kring-, distriks- en provinsiale vlak in ál nege provinsies van Suid-Afrika aangebied.

Momentum Aardklop stel sy program bekend

LitNet
Aardklop

Die fees vind vanjaar van 29 September tot 4 Oktober oudergewoonte in Potchefstroom plaas. Dit is steeds die grootste en mees diverse kunstefees in die noorde van die land, en poog soos altyd om ook aan hierdie gemeenskappe blootstelling te gee aan van Suid-Afrika se beste kuns in al sy vorme.

Nuwe skryfwerk

Stof in my oë

Johan van der Merwe
Poësie

"tussen die gerammel
wat my nooit gepla het nie
maar vanoggend
is hier ’n fout"

Golwend vry

Sanette Scheepers
Poësie

"my skuimende liefde
my vrywees sein
my hierwees sprei"

vonnis

Fanie de Villiers
Poësie

"ongenaakbaar pervers
is die liefde gepers
tot frummelvrug"

Geniebottel

Pieter Strauss
Poësie

"Hy maak die venster
oop en nooi die wind binne,
omdat dit
waai."

’n Spietkop op puntdiens

Marius Smit
Poësie

"Sy dans op puntdiens is ’n plesier,
word afgewissel volgens gier.
En as sy bewegings soos karate lyk,
het hy waarskynlik kung fu gekyk."

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

Untitled Document