Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1095

10/04/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Jan Rabie

Rooikappie

Skrywer: De Wet Hugo
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798185387

Betree die betowerende wêreld van sprokiesverhale met hierdie interaktiewe hervertelling van Rooikappie! Die opwiptonele en flappe in hierdie klassieke storie sal kinders se verbeelding aangryp en hul nuuskierigheid prikkel. Rooikappie loop deur die woud om ’n mandjie lekkernye vir haar ouma te neem. Maar langs die pad ontmoet sy ’n geheimsinnige wolf met glinsterende oë en skerp tande, en by Ouma se huisie is alles nie pluis nie ...

Boeke en skrywers

Jan Rabie (1920–2001)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"[M]ens hoef nooit terug te gaan nie; niks wat goed geleef is, gaan ooit weer verlore nie. Die rivier van my jeug haal nog asem in die kronkels van my drome; die getye van daardie liefde stu nog steeds deur my skryfwerk, onverloorbaar myne."

Boekevat met Deborah: Brief op veertigduisend voet deur Tom Dreyer en Wilde vere deur Hendie Grobbelaar

Deborah Steinmair
Boekrubrieke

"Hy sien die multiversum in ’n sweetdruppel, maar die heel treffendste is momente tussen mense ..." En: "Dis altyd fassinerend om te lees van mense vir wie die dobbelsteen nie so mooi geval het nie, wat voortbeur teen die aanslae van die lewe ..." Lees hoe Deborah Steinmair hierdie bundel en hierdie boek takseer.

Parlementpraatjies deur Pieter Mulder: ’n resensie

Jan-Jan Joubert
Resensies

"Hierdie boek, wat ontstaan het uit gewilde radiopraatjies op RSG, is ’n liefdestaak wat met ’n ligte hand geskryf is en mens met ’n ligter gemoed laat. Dit strek die skrywer tot eer en is beslis die aankoop werd vir enigeen wat in die parlement belangstel."

Biltong en Dior – avonture van ’n Afrikaanse Fransman deur Louis Jansen van Vuuren: ’n resensie

Kerneels Breytenbach
Resensies

"Maar dis wanneer hy afwyk van die oorbekende tradisies dat die resepte in die boek vir my op sy lekkerste is."

Falls the shadow by Mike Nicol: a book review

Riley Herbert-Henry
Books and writers

"From that shocking opening, he builds a propulsive crime novel that asks, 'Who polices the police?'"

Stinkhout deur Philip Rademeyer: ’n resensie

Jannes Erasmus
Resensies

"Onder die uitgestrekte takke van ’n stinkhoutboom kom twee mans weer bymekaar, asof die jare tussen hulle net vir ’n enkele oomblik weer teruggehaal kan word. Die boom staan daar met onmenslike geduld, beskermer oor die grond wat meer onthou as wat enigeen van die twee mans hardop kan sê. Hier, in hierdie boom se skadu, probeer Gert en Louw weer taal vind vir mekaar, ná nege jaar se afwesigheid en ’n leeftyd se versluierings."

Cliff-hanger: Sterre is vir altyd deur Sophia Kapp: ’n resensie

Cliffordene Norton
Boekrubrieke

"Sterre is vir altyd voel asof Sophia ’n eenvoudige liefdesverhaal wou skryf. Maar Janie en Max is komplekse karakters wat iets meer – en diepers – wou hê en verdien het."

Hoe die Franse dit regkry dat kinders lees – en wat Suid-Afrika dalk miskyk

Marion Erskine
Kinderboeke

"Lees moet eers toeganklik voel voordat dit ’n gewoonte kan word. Kinders moet sukses ervaar. Hulle moet voel: Ek kan dit doen."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2026

LitNet
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persverklaring: Kortlyste van die SA Akademie se literêre pryse bekend

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die vier kortlyste vir die 2026-inskrywings is pas aangekondig en weerspieël die rykdom en diversiteit van kontemporêre Afrikaanse skryfwerk.

Persverklaring: 2026 se ATKV-Woordveertjies

LitNet
ATKV-Portaal

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 1 Junie 2026.

Persverklaring: Reinet Nagtegaal-teksprys 2026 – wenners bekend

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die wenners van die gesogte Reinet Nagtegaal-teksprys vir 2026 is bekend.

Persverklaring: Nanette van Rooyen wen die Sandy Schoeman-prys

LitNet
Boeke en skrywers

Nanette van Rooyen wen die Sandy Schoeman-prys met haar kortverhaal "Die fluistertaal van blomme" waarin emosie, simboliek en taal meesterlik gekombineer word om te wys hoe dit voel om iemand stadig te verloor en tog steeds lief te hê.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 3 tot 10 April 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

Die NALN-tydkapsule: Jan Rabie – Rondom 21

Leana Lategan
Menings (2019)

Reis saam met die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein terug in die tyd. Leana Lategan gaan tweeweekliks interessante, waardevolle en soms byna vergete argief-items met LitNet-lesers deel. Jan Rabie is eerste aan die beurt, maar nuwe ontdekkings wag: Langenhoven se houtsneewerk; ’n handvol kinderboeke uit boekrakke van vergange jare; dalk die valstande van Erich Mayer, of die Rococo-meubels van Nancy de Villiers ... Wie weet?

Video-uitnodiging: Veldsoirée 2026 | 24–26 Julie | Nxuba/Cradock

Video-uitnodiging: Veldsoirée 2026 (24–26 Julie, Nxuba/Cradock)

Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube

Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat te wagte is. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée". Al die gesprekke is gratis. Maak seker jy bespreek vroegtydig verblyf. Meer besonderhede in die video.

Veldsoirée-deelnemers: Volgende week volg nog

Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Dit kos slegs R380 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.

Menings

Wyngaard Weekliks: Die DA se leierskapstryd is aan die gebeur.

Heindrich Wyngaard, Pieter Mulder, Jan-Jan Joubert, Jason Lloyd
LitNetKanaal op YouTube

Die DA kies tans ’n federale leier. Heindrich Wyngaard gesels met die politieke kommentators Pieter Mulder, Jan-Jan Joubert en Jason Lloyd.

Western fear and its discontents

Mphuthumi Ntabeni
Opinion

"This essay concerns itself with a recurring structure in Western historical consciousness: the production of fear as a precondition for domination. Fear, in this tradition, is rarely spontaneous. It is cultivated, narrativised and subsequently moralised until it acquires the character of providence."

Nie net boere nie, maar álle Suid-Afrikaners moet nou ’n plan maak teen die "brandstofprysoorlog"

Heindrich Wyngaard
Menings

"Essop wys daarop dat die verlaging in die brandstofheffing in elk geval slegs ’n korttermynoptrede deur die regering is. Hy voorsien nie dat dit langer as twee maande behoue sal bly nie – juis omdat, soos Roodt waarsku, die verlaging in die brandstofheffing te duur kan raak vir die staat."

Die kerk was nog nooit volmaak nie, en tog …

Jannie van der Westhuizen
Menings

"Daar is vandag ’n sensitiwiteit vir individuele behoeftes en voorkeure, en die kerk is baie meer akkommoderend. Daar is ’n baie groter bewustheid vir mense in nood. Tog huiwer die kerk soms om standpunt oor kritieke aspekte in te neem. Dalk is dit om niemand aanstoot te gee nie."

Oor denke

Heindrich Wyngaard
Menings

Heindrich Wyngaard neem bestek op ná ’n videogesprek met die toekomskundige Morné Mostert en die politieke wetenskaplike Alida Kok oor die vraag: "Hoe dink Suid-Afrikaners oor dit wat rondom ons aangaan?"

On artificial intelligence, simulated worlds, humans and God: a conversation with ChatGPT

Frederik de Jager
SêNet-briewe

"If our universe is a simulation, its creators must know more than the simulated agents, particularly about the origin and structure of the system."

Kunstenaars se plek in die samelewing

Sidney Gilroy
Elders gesien

"In tye van groot onsekerheid, onreg en sosiale wanorde is dit skrywers, skilders, beeldhouers, digters en dramaturge se taak om te onthou."

Persverklaring: "Gekarring aan geskiedenis ’n aanval op historiese waarheid" sê die FAK

LitNet
Skole

Só sê Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, in ’n sterk bewoorde verklaring oor die voorgestelde wysigings aan die Geskiedeniskurrikulum wat deur Siviwe Gwarube, minister van onderwys, in die Staatskoerant gepubliseer is.

Invitation and press release: Inaugural WP & Olive Schreiner Memorial Lecture

LitNet
English

You are invited to the inaugural WP & Olive Schreiner Memorial Lecture on 14 April 2026 at the University of Cape Town.

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 1 tot 7 April 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 1 tot 7 April 2026.

Nou op Voertaal

Die spook van Phala Phala gaan weer by Ramaphosa loop

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Nou, ses jaar ná die inbraak en meer as ’n jaar ná die hofaansoek, staan die land voor ’n deurslaggewende oomblik. Die EFF het maande lank druk toegepas."

Parlement se etiekreëls onder skoot oor "ontsnaproetes" vir LP’s

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Hierdie probleem is nie uniek aan die parlement nie. ’n Onlangse parlementêre komitee het ook gewaarsku dat staatsamptenare dikwels dissiplinêre prosesse ontduik deur hul poste te verlaat voordat sake afgehandel word, iets wat as 'onaanvaarbaar' bestempel is."

Oë vandag veral op nuwe Amerikaanse ambassadeur wanneer hy sy geloofsbriewe aan Ramaphosa oorhandig

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Hoewel afgevaardigdes van lande soos Kuba en verskeie Afrika-nasies volgens ’n verklaring van die presidensie teenwoordig sal wees, sal Bozell waarskynlik die kollig steel."

ANC in beroering oor EFF-aanstelling in Gauteng se provinsiale kabinet

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Met Dunga nou aan die stuur van Gauteng se tesourie beheer die EFF ’n begroting van sowat R179 miljard. Dit is ’n enorme magsoorname wat die EFF se invloed in die provinsie dramaties vergroot."

Groen oase in die hartjie van ou Parys berus op hergebruik en tweede kanse

Maryke Roberts
Reisgogga

"Selfs die gebruikte koffiemoer word nie weggegooi nie, maar gebruik as kompos vir die sampioene wat op die perseel gekweek word en 7,2 ton afval word hier in kompos verwerk, vertel die barista toe ek ons koffies gaan bestel."

Gebaretaal in België en Suid-Afrika: Gedagtes van iemand wat ’n tolk wou word

Hermione le Roux-Ellis
Taaldiscussie

"Dit klink dalk ambisieus, maar ek wil nie die meisie wat ’n tolk wou word, teleurstel nie. Sy wil steeds alles weet van Gebaretaal af."

’n Gesprek met die gesprekvoerder #2: Yves T’Sjoen oor sy belangstelling in Breyten Breytenbach

Izak de Vries, Yves T’Sjoen
Literatuur

"Geen taal is 'zuiver' – de gedachte alleen al klinkt akelig. Tegenover het puritanisme en het discours van de zuiverheid – zoals ten tijde van apartheid – plaatste Breytenbach de meerstemmigheid, de creolisering, het volk als een 'bastervolk', de taal als een 'bastertaal'."

Leesimpressie: Brieven uit Ter Apel door Marjolein Visser

Erik van den Bergh
Literatuur

"Sympathiek project. Bundel verhalen en gedichten van 17 asielzoekers, vooral vrouwen en kinderen, in de asielopvang in Ter Apel. Sommige teksten anoniem."

Leesimpressie: Dood en levend door Zadie Smith

Erik van den Bergh
Literatuur

"Bundel met dertig zeer gevarieerde en veelomvattende teksten waarvan een deel zeer boeiend is. Veelal scherpe analyses gepubliceerd of uitgesproken in de periode 2018–2025."

Akademies en skole

COVID-19 as draaipunt vir die ontwikkeling van ’n konseptuele strategiese rampbestuursplan vir die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel

Chris-Mari Le Hanie, Hennie Steyn, Julia Correia
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die bevindinge dui daarop dat COVID-19 bestaande ongelykhede binne die onderwyssektor verdiep het, veral in lae-hulpbron-omgewings waar toegang tot digitale infrastruktuur beperk was."

Wiskunde met LitNet-video: Graad 8-eksponentwette, gemengde oefening

Lee-Ann Langeveld
Notas, toetse en vraestelle

Die prentjie van die hofgebou wys vir jou hier is wette betrokke. Daar’s kwadrate, daar’s deelsomme wat verhef word tot die mag 3 ... wat gaan aan? As jy in graad 8 is, en jy wonder oor allerhande ingewikkelde Wiskundesomme en -konsepte vanjaar, gaan Lee-Ann Langeveld se video jou sommer baie help. Kyk hier!

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Klik hier vir nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Leefstyl

Die klein oomblikke wat die KKNK nog 30 jaar gaan laat gedy

Nadine Petrick
KKNK

"Dit vat 'balls of steel', hope vertroue in die mensdom en waarskynlik ook ’n groot skeut kinderlike geloof van mense soos Hugo Theart, Saartjie Botha, Alexa Strachan en Jana Hattingh om die ondankbare taak van 'feesdirekteur' op hulle CV’s te wil skryf."

Was dit die laaste KKNK-fees ooit?

Koos Kombuis
KKNK

"En ons was toe ook daar, ja, by daardie eerste fees. Ek was toe nog nie getroud nie."

Die KKNK se kuns, en meer, in my truspieëltjie

Izak de Vries
KKNK

"Tyd is altyd ’n kwessie by so ’n fees. Ten spyte van die tyd wat ek aan die kuns afgestaan het, en die moeite om talle uitstalruimtes te gaan besoek, het ek nie eens alles gesien nie."

Spoel: Laat die nostalgie oor jou spoel met dié 2026 KKNK Karoo Kaarte-produksie

Maryke Roberts, Neil Coppen
KKNK

"Dit het ons ook die geleentheid gegee om na die politieke geskiedenis van fotografie in Oudtshoorn te kyk, wat natuurlik baie algemeen is met Saamstaan en mense soos Derek Jackson en hierdie ongelooflike figure wat betrokke was by daardie beweging van daardie koerant. Dit het hulle dikwels amper hul lewens gekos om foto's te neem van onwettige gebeure of wat deur die polisie verbied is. En natuurlik was daar in daardie dae film en die magie van die donkerkamer."

Boklied en Verwelkingslied by die KKNK

Izak de Vries
KKNK

"Die uiteinde is dat ek ná die tyd dankbaar was vir puik teater, puik akteurs en ’n grootse Afrikaanse letterkunde. Ek gee nie voor ek het alles verstaan nie, maar dis ook goed. Ek het die voorreg gehad om dit te erváár."

Actress-resensie: Niemand het genoeg hande om al die balle in die lug te hou nie

Maryke Roberts
Teater

"As jy al ooit gevoel het dat die lewe ’n wipplankrit is tussen verskillende rolle – vrou, ma, dogter en beroepsvrou – is die musiekdramakomedie Actress presies die medisyne wat jy nodig het."

Die appel – klik, kyk en word verlei om die mense van Iran te leer ken

Izak de Vries
Film

"Daar word besonderse kunsfilms gemaak in Iran en sou ons Iran se ménse kon leer ken deur hul kuns, sal ons minder maklik val vir die snert van valse leiers."

Jamestown Street Market 2026 in Stellenbosch: an interview

Naomi Meyer, Leighton September
Lifestyle and entertainment

"All of our vendors are residents of Jamestown, and we are incredibly proud of our talent within the community – from Shirley September’s well-known tripe and trotters (pens-en-pootjies) curry, to Julian Meyer’s very delicious cakes and Lorraine Cupido’s gevlegde koesisters (braided doughnuts)."

Persverklaring: Jakes Gerwel-gesprekke die intellektuele hart van Suidoosterfees

LitNet
Suidoosterfees

Die Suidoosterfees vind vanjaar van 29 April tot 3 Mei in Kaapstad plaas. Met Tuiste as die feestema, bied die Jakes Gerwel-gesprekke weer ’n tuiskomplek aan ons voorste skrywers, denkers, joernaliste en uitgewers.

Press release: Meeting Murphy at the Masque in Cape Town

LitNet
Lifestyle and entertainment

Set on a remote hiking trail, Meeting Murphy follows a middle-aged man who comes face to face with his teenage bully. What unfolds is a gripping, darkly funny confrontation that interrogates masculinity, memory, and the lasting scars of schoolyard cruelty, while challenging easy narratives of victim and perpetrator, revenge and reconciliation and nature versus nurture.

Nuwe skryfwerk

Tindervlinder

Hannes Stander
Poësie

"Ans, nou ’n internetikoon,
word met miljoene likes beloon"

Akkedis

Jeanne Henning Els
Poësie

"ons speel
die een
sien nie
die ander nie"

Die ongelowige

Willem Adriaan van Zyl
Poësie

"Wanneer die Vader
Die vleeslike tempel sloop
Bly oor: Liefde, Geloof en Hoop"

Donderdag op Rooihuiskraal

Jacques Boshoff
Poësie

"Môre is ’n sekerheid,
soos ’n kantelende son."

Dusk

Heidi Henning
New writing

"Comfort in consistency,
Regular, measured,
Unchanged"

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

Untitled Document