Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1091

13/03/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Die sewende Veldsoirée

Christelientjie, die sonskynfeetjie van die Grootrivier

Skrywer: Riana Scheepers
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780637012775

In die magiese woud van die Grootrivier woon duisende feetjies, elkeen met haar eie spesiale taak. Maar die sonskynfeetjie, Christelientjie, is anders – sy is ’n Downsindroom-feetjie met ’n hart van goud. Sy bring lig en warmte waar sy gaan, en leer die ander bewoners van die woud dat geduld, deursettingsvermoë en vriendelikheid kragtiger is as perfeksie. Toe die trotse Kolonel Wolhuter Wurm haar as "dom" uitskel, wys sy hom dat moed en deernis die ware maatstaf van wysheid is. ’n Warm, humoristiese verhaal oor aanvaarding, diversiteit en die mooi van elke kind se unieke lig.

Jy’s genooi: Veldsoirée 2026, 24–26 Julie

Bespreek nou vir die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 24 tot 26 Julie plaasvind

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."

Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Dit kos slegs R380 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.

Uit die argief

Die LitNet25-skrywersberaad en die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 in ’n aantal kiekies verbeeld

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée (2025)

Die Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad het van 25 tot 27 Julie 2025 plaasgevind in Nxuba, die Karoodorp wat beter bekend is as Cradock. Die ATKV-Skryfskool was weer deel van die geleentheid.

Video-kompetisie: Word LitNet se gesig op sosiale media

Riglyne vir LitNet-video-bydraers

LitNet-gids: Kopiereg rondom multimediavideo’s

Naomi Meyer
Menings

"Indien die gedeelte wat gebruik word, die 'kern' of 'hart' van die oorspronklike werk verteenwoordig, word dit as ’n substansiële deel beskou en is skriftelike toestemming van die kopiereghouer verpligtend. Erkenning van die bron is nie ’n plaasvervanger vir wetlike toestemming nie. As daar twyfel bestaan, moet toestemming altyd verkry word, of daar moet van gelisensieerde kopieregvrye bronne gebruik gemaak word."

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale

Menings

Die Madlanga-kommissie ontbloot die skadustaat

Christo van der Rheede
Seminare en essays

"Wat begin het as ’n ondersoek na politieke inmenging, het nou tot ’n volskaalse ondersoek van senior amptenare in die polisie, munisipaliteite en ander staatsinstellings ontwikkel. Terwyl die Zondo-kommissie op die kaping van staatsbeheerde ondernemings gefokus het, teiken die Madlanga-kommissie die intelligensie- en veiligheidsnetwerke wat veronderstel is om die publiek te beskerm."

Wyngaard Weekliks: Ja of nee dat UWK na Allan Boesak vernoem word?

Heindrich Wyngaard, Danie van Wyk, Christian Martin
Onderhoude

Die vieringe van Allan Boesak se 80ste verjaardag gaan met omstredenheid gepaard. Daar word berig dat die bestuur van die Universiteit van Wes-Kaapland teen ’n naamsverandering besluit het. Dit is nie noodwendig die einde van die debat nie. Heindrich Wyngaard luister na die uiteenlopende menings van Christian Martin, voorsitter van die Oos-Kaapse komitee vir geografiese name, en Danie van Wyk, voorsitter van DAK Netwerk.

Allan Boesak behoort vereer te word, maar hoe – wat is ’n gepaste manier?

Heindrich Wyngaard
Menings

"... Behalwe dat die universiteit intussen aangekondig het dat hulle die voorstel afkeur. Dat hulle Boesak reeds met ’n eredoktorsgraad vereer het, meen die universiteitsbestuur skynbaar, is genoeg bewys dat reeds erkenning gegee is aan sy bydrae tot die struggle en die transformasie van UWK van ’n universiteitsinstelling tot Jakes Gerwel se 'tuiste van die linkses'."

Oor oorlog en vrede: perspektiewe op die Amerikaanse aanvalle op Iran

Theo Neethling
Menings

"Die Amerikaanse aanvalle op Iran illustreer dat internasionale politiek nie slegs ’n spel van strategiese posisionering is nie, maar ook ’n etiese veld waarin die gevolge van óf militêre óf diplomatieke keuses menselewens en die wêreldekonomie raak."

Stemnota: VSA-Israeli-konflik met Iran

Theo Venter
Menings

Gebaseer op onlangse gebeure in 2026, het die VSA, in samewerking met Israel, op 28 Februarie 2026 groot lugaanvalle teen Iran geloods. Verskeie teikens is getref, en dit het tot die dood van die opperleier, ajatolla Ali Khamenei, gelei. Theo Venter neem bestek op.

Munisipale verkiesing: Dink hieroor

Eugene Brink
Seminare en essays

"Die waterkrisis is sekerlik die ernstigste van alle uitdagings. Die land se grootste en belangrikste stad gaan gebuk onder nypende wateronderbrekings."

Plaasaanvalle: tussen werklike vrees en omstrede "feite"

Chris Heymans
Menings

"Maar dit pla dat die verskynsel toenemend in regse internasionale kringe gebruik word as bewys van sogenaamde wit volksmoord. Tussen werklike gevaar, vrees en politieke oordrywing lê ’n meer komplekse werklikheid, wat ek in hierdie reaksie aanraak; hopelik kan ek hiermee bydra tot ’n meer deurdagte benadering tot hierdie vraagstuk."

Taal het nog’ie krag om vi ôs te verras: orie 22ste Johan Combrink-gedenklesing

Paul Kammies
ATKV-Portaal

"Ôs moet leer om huise te maak deu ôs eie tale. Ôs kan later by voorskriftelike denke en sintaksis en reëls uitkom. Maar wat belangrik is, is om te onthou dat ôs taal maak, dat die act van skep vryheid is. Hierdie gedenklesing deu Eigelaar-Meets reminds us dat taal vryheid is, altyd."

Hoëwaardevroue vs hoëwaardemans?

Hans Richardt
SêNet-briewe

"Vroue kan doen wat mans doen. Die jonger geslag vroue wil meer as net ’n lyf en bakkie hê met die bekende trekkerplakker agterop die klap van die bak."

Mené, mené, tekél, ufarsín

Rina Bester
SêNet-briewe

"Niemand weet regtig wie agter die sleutelborde sit nie. Skuilname en KI-gegenereerde profielprentjies verskaf die vermeende bravade aan die giftiges wat so bankrot aan intellek is dat hulle liefs nie in debat tree nie, maar trots gevurkte tonge, die mantel van eenogigheid, dra."

RIV Louise Cilliers (83)

Leana Lategan
Elders gesien

"As akademikus het sy ’n invloedryke en hooggeagte loopbaan gehad, en die waarde van haar navorsing sal moeilik ingeskat kan word. Ook vir die Afrikaanse letterkunde het sy baanbrekerswerk gedoen."

Uitnodiging: FilosofieKafee – Is politieke ideologie ’n sinvolle manier om idees te orden, maar ’n swak manier om mense en gemeenskappe te verstaan?

LitNet
Menings

Alle belangstellendes word uitgenooi na die volgende FilosofieKafee-gesprek op Vrydag 13 Maart in Wellington. Daniël Eloff is die spreker.

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 4 tot 10 Maart 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 4 tot 10 Maart 2026.

Nou op Voertaal

Duurder vliegkaartjies weens brandstofkrisis ruk passasiers se sakke

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Vir ’n gesin van vier wat vir ’n naweek na Durban vlieg, beteken dit honderde rande ekstra, geld wat andersins vir petrol, kruideniersware of skoolfonds gebruik kon gewees het."

Duisende Suid-Afrikaners keer terug huis toe ondanks Trump se vlugtelingaanbod

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Hierdie verskynsel weerspreek die narratief van ’n 'wit volksmoord' wat gereeld in regse Amerikaanse kringe opgeklink het. Waar Trump ’n beeld van vlugtende Afrikaners skep, wys die werklikheid dat baie kies om terug te kom, nie uit vrees nie, maar uit hoop."

April: ’n perfekte storm vir Suid-Afrikaanse verbruikers

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Terwyl die herfsblare in April begin val, sal brandstofpryse en lewenskoste na verwagting die hoogte inskiet, grootliks gedryf deur die eskalerende konflik tussen Iran en Amerika met Israel aan sy kant."

Oos-Kaap kook oor naamsveranderings: DA dien duisende besware in

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die familie van die PAC-stigter Robert Sobukwe sien die eerbetoon as belangrik, hoewel die kleinseun van Sobukwe, Tsepo, erken het dat die teenkanting 'pynlik' is."

Kan jy hoor hoe roep Koringberg?

Maryke Roberts
Reisgogga

"Draai die horlosie nou 103 jaar aan vir die prentjie soos hy nou daar uitsien: ’n Ligtepienk boetiekhotelletjie, Marrian George Lifestyle Hotel & Restaurant – ingerig in die voormalige Wildehurst-wynkelder – ontvang nou gul besoekers."

Georgia O’Keeffe: 40 jaar ná haar dood blom haar nalatenskap steeds

Maryke Roberts
Kunst

"Sy word tereg die 'moeder van Amerikaanse modernisme' genoem – ’n kunstenaar wat nie net haar eie pad gekerf het nie, maar ook geslagte kunstenaars wêreldwyd beïnvloed het."

Brick Lane, bagels, Engelse beesvleis, Londen en ander stories

Stephen Fourie
Reizen

"Brick Lane is nie bloot ’n straat in die ooste van Londen nie. Dis ’n stuk dinamiese geskiedenis van transformasie, migrasie, aanpassing en ’n gees van vasbyt."

Breyten schrijven #30: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Zandra Bezuidenhout

Yves T’Sjoen, Zandra Bezuidenhout
Literatuur

"Die manlike perspektief is veral vir ’n vroulike leser openbarend, veral ten opsigte van die verse se besondere teerheid en intimiteit wat, anders as voorheen in Afrikaans, ongewoon eksplisiet verwoord word."

Leesimpressie: Boeken onder druk door Marita Mathijsen

Erik van den Bergh
Literatuur

"Bundel met negen artikelen over uiteenlopende vormen van censuur in Nederland vanaf de zestiende eeuw. Nadruk ligt op censuur op drukwerk; ook aandacht voor zelfcensuur, censuur op politieke, religieuze of sociale gronden."

Leesimpressie: Hou je stil door Marjolein Visser

Erik van den Bergh
Literatuur

"Beklemmende en inzicht biedende roman over jonge vluchteling uit Mexico die in Nederland probeert te ontkomen aan een drugskartel en zich inzet om zijn nog in Mexico verblijvende zus Aurora te helpen ontsnappen."

Uitnodiging: Samespraak-gesprek met Marni Bonthuys en Marius Swart

Voertaal
Academisch

U word hartlik uitgenooi na die volgende Samespraak-sessie, waar Alwyn Roux en Yves T’Sjoen in gesprek tree met Marius Swart en Marni Bonthuys oor die Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans (TNA), hul navorsing, en die raakpunte tussen die Nederlandstalige taal- en letterkunde in Suid-Afrika en die Lae Lande.

Akademies en skole

Etiese riglyne in praktiese onderwys: praktiese-onderwys-koördineerders se perspektief

Carike Kriel
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Hierdie studie het deontologie as onderliggende raamwerk gebruik, omdat hierdie etiekteorie voorstel dat mense respek vir wette en reëls het, en poog om dit na te kom. Die veronderstelling is dus dat onderwysstudente sal poog om etiek- en gedragskodes te volg, en dus eties sal optree tydens praktiese onderwys."

Nuwe Wiskunde met LitNet-video: Graad 10: kwadratiese getalpatrone, kenmerke en vrae

Lee-Ann Langeveld
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 10 en verstaan jy nie kwadratiese getalpatrone nie? Kyk hier: Lee-Ann Langeveld verduidelik alles vir jou in hierdie splinternuwe Wiskundevideo!

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Afrikaans Huistaal: Graad 9-vraestelle en memoranda, eerste kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

As jy in graad 9 is, weet jy hoe belangrik jou selfoon vir jou is. LitNet het goeie nuus! Daar is oefenvoorbeelde wat oor selfone handel in hierdie gratis Afrikaans Huistaal-toetse en memoranda deur Eugene van der Westhuizen. Laai die toetse sommer nou af!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Klik hier vir nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Boeke en skrywers

Boekevat met Deborah: Die vuur huil en Lessons from my father

Deborah Steinmair
Boekrubrieke

Deborah Steinmair skryf oor ’n koorsdroom en ’n hellevaart – en oor hoe Suid-Afrikaners hul pa’s onthou.

Om ná verlies wéér te kies: ’n resensie van Madelie Human se Ter wille van

Jannes Erasmus
Resensies

"Geloof en godsdiens word gebruik as deel van die karakters se soeke na sin. Dit is iets wat LUCA konsekwent regkry: geloof wat geïntegreer word sonder om voorskriftelik te raak. Dit bly deel van menswees, nie ’n oplossing of die antwoord op alles nie."

"Ek dink ek het liefdesverhale saam met melk ingekry!" – Elsa Winckler

Cliffordene Norton, Elsa Winckler
Skrywersonderhoude

"Ek glo in die liefde. Ek glo elke vrou verdien haar gelukkig-vir-altyd, so dis vir my maklik om daaroor te skryf."

"’n Tikkie fantasie" – Marilé (Alta) Cloete

Cliffordene Norton, Alta Cloete
Skrywersonderhoude

"Mense dink iets wat maklik lees is noodwendig maklik om te skryf. Ek dink wanneer iets maklik lees, is dit juis omdat die skrywer baie moeite daarmee gedoen het."

Arbeidsgenot se miniboekefees

Izak de Vries
Boeke en skrywers

"CJ Langenhoven sou geglimlag het as hy op 28 Februarie 2026 weer in die tuin van Arbeidsgenot kon rondloop, of vanuit die ruimte daarna sou kon afkyk. Daar was mense wat onder bome op stoele gesit en lees het en talle ander wat tou gestaan het om kaartjies te koop vir die KKNK wat op 28 Maart 2026 begin."

Zubayr Charles se Haram is ’n waarskuwing aan almal, gelowig of nie: ’n lesersindruk

Izak de Vries
Lesersindrukke

"Hierdie roman rig ’n baie onderduimse waarskuwing: As jy dink die storie raak glad nie jóú lewe of jóú regte nie, verstaan jy duidelik nie die einde nie."

Patrick Petersen (1951–1997)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

Patrick Petersen het in 1996 gesê: "Maar in ’n tyd soos hierdie waar Afrikaans gemarginaliseer word, het ons elke skrywer in Afrikaans nodig sodat ons mekaar aan die skoenrieme kan optrek om Afrikaanse skryfwerk te laat gedy."

Invitation: Amazwi’s Literature, Heritage, Ecology Conference

LitNet
Books and writers

Amazwi is hosting its annual Literature, Heritage, Ecology Conference on 25 and 26 March 2026.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 7 tot 13 Maart 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

The heart is a muscle: ’n filmresensie

Leon van Nierop
Film

"Selde is die Kaapse Vlakte uit so ’n verantwoordelike, onderspeelde perspektief uitgebeeld. Selfs wanneer alles rondom ’n pa en sy seun verkrummel en vergaan, en wanhoop intree, bly die liefde die belangrikste en helende oplossing. Dit vorm ’n liefdesgom."

An Iliad ondersoek die oorlog binne elkeen van ons

Dianne Du Toit Albertze
Teater

"Dit is egter eers wanneer Achilles en Hector teen mekaar te staan kom, swaard teen swaard, mens teen mens, dat die storie boor tot in jou binneste. Dan ontmoet ons die harte, die ware wraak en ontnugterendste weerkaatsings van die mensdom."

Toorkombuis: Wanneer ’n koek die kroon dra

Karen Hart
Kos en wyn

"Ek noem dit ook my towerkoek." Karen Hart skryf oor haar appel-dadel-en-okkerneut-koek.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees en EasyEquities vat weer hande vir ’n groter belegging in die kunste

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

EasyEquities is nou ’n platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees en dit behels ’n aantal nuwe projekte om welvaart toeganklik in die kunste te maak deur onder andere werkskepping en beleggings.

Persverklaring: Spier belê nog 3 jaar as platinumborg van die Toyota Stellenbosch Woordfees

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die internasionaal gerekende Spier-wynlandgoed sit hul platinumborgskap aan die Toyota Stellenbosch Woordfees met nog drie jaar voort.

Persverklaring: Luna Paige se drie nuwe enkelsnitte, nasionale toer en optredes by KKNK en Suidoosterfees

LitNet
Musiek

Luna Paige het nog ’n paar laaste vertonings in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap voor haar eerste toer van die jaar by KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) tot ’n einde kom.

Uitnodiging na AW Groenewald se kunsuitstalling – en ’n skrywe oor sy wêreld van verbeelding en rus

Jeanne Hugo
Kuns

"In 2021 het ek, kunskurator en galery-eienaar van Hugo Modern & Kontemporêr in Welgemoed, op ’n handvol skilderye in ’n privaat versameling afgekom. Ek was onmiddellik betower deur die werk: ’n onmiskenbare tegniese vaardigheid, ’n unieke kleurpalet, en ’n stil, droomagtige wêreld wat soos ’n geheime Suid-Afrikaanse visioen voel."

Nuwe skryfwerk

Reënkoningin

Nato Zondagh
Fiksie

"Die Reënkoningin was verlig dat haar plan gewerk het en haar lewe nie langer in gevaar was nie. En daarom sit sy sereen en gelukkig op ’n rots in helder sonskyn, met haar visonderlyf in kolkende water, met haar pêrelwit gesig en lang wit hare wat in die wind waaier."

 

Strandtoneel

Eduan Naudé
Poësie

"Die woorde in my kop kom land
saam met die meeue op Hartenbos se strand"

No. 9-trein

Jess Grace
Poësie

"Wag vir my op die stasie,
daar in die Strand.

Ek is op pad."

Fynbosfluweel

Johanna Nel
Poësie

"Mag môredou jou sag toevou,
in bergstil, silwergroen –
fynbosfluweel."

My saak

Anoniem
Poësie

"dat daardie dag
vashaak
soos ’n plaat"

Rymstories: "Die Rolbosman"

Etienne van Heerden
Nuwe skryfwerk

"Die wind deur die rolbos sing ’n droewe psalm
Die lyk roer in sy kerkpak lig ’n bleek handpalm"

Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

Untitled Document