Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1071

10/10/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: Toyota Stellenbosch Woordfees – neem deel!

Malema: Money. Power. Patronage.

Authors: Micah Reddy and Pauli van Wyk
Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624090823

This is not a biography of Julius Malema. It is the story of his money. Over the past two decades, Malema has leveraged his growing political clout to bankroll his party and amass a personal fortune. In this revealing book, investigative journalists Micah Reddy and Pauli van Wyk follow the money, demonstrating how Malema built his fiefdom.

Toyota Stellenbosch Woordfees: 11–19 Oktober 2025

Ek is nie Danie: ’n onderhoud met Nico Scheepers en Albert Pretorius

Naomi Meyer, Nico Scheepers, Albert Pretorius
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Ek dink werklik Danie [Marais] se gedigte is so blerrie roerend en mooi en toeganklik en dat ons ’n ervaring daarrondom skep wat meer is as net ’n tradisionele toneelstuk of ’n musiekvertoning of ’n poësievoordragprogram."

Woorde open wêrelde: ’n onderhoud met Fiona van Kerwel

Naomi Meyer, Fiona van Kerwel
Toyota Stellenbosch Woordfees

"WOW poog om elke geleentheid wat ons vir leerders skep, in ’n geleentheid van leer deur prettige, opvoedkundige aktiwiteite te omskep."

Tussen hier en daar: ’n onderhoud met Lize Beekman

Yolanda du Toit, Lize Beekman
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Die vooruitsig van dié drie begaafde musikante saam met my op die verhoog is ’n groot bederf. Hoe meer musikante saam met jou op die verhoog is, hoe duurder is dit om ’n produksie op die planke te sit."

Boek jouself in by Veldhospitaal

Maryke Roberts, Debbie Ellis
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Op die oomblik is die kunslandskap grotendeels ’n woestyn. Die kunstenaars moet stap oor die sandduine sonder enige water en aan die einde van die reis kry hulle een groot applous. En dan word hulle teruggestuur om dit weer te doen."

In gesprek met drie van die akteurs in Woordedief

Naomi Meyer, Kerscha Titus, Mia van der Merwe, Eldon van der Merwe
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Woordedief is ’n gesinsvriendelike produksie, alhoewel dit op kinders gemik is. Daar is humor waarby beide oud en jonk aanklank vind. Dis definitief ’n moet-sien by vanjaar se Woordfees."

’n Onderhoud met violis Veronica Bell

Naomi Meyer, Veronica Bell
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Dis my begeerte dat mense nie onveranderd van ons konserte af sal wegstap nie!"

Mel vertel, Portchie paint!: ’n onderhoud met Mel die Storieverteller

Yolanda du Toit, Mel die Storieverteller
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Portchie laat my vreeslik op my gemak voel. Sy lag is so lekker hard en uit sy maag en wanneer iemand so lag, dan weet jy dit gaan ’n goeie konsert wees."

Maak boerseep met Canettevallei

Yolanda du Toit
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Ingrid [de Waal] voel baie sterk oor ons kulturele erfenis en hou van boerseep as deel van ons erfenis. Daar is nie gereeld seepmaakwerkswinkels nie, so hierdie is ’n gulde geleentheid en uniek vir die Toyota Stellenbosch Woordfees."

Menopouse: gedeelde ervaring, ligter reis: ’n onderhoud met Amelia van Zyl en Renscha van den Berg

Yolanda du Toit, Amelia van Zyl, Renscha van den Berg
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Dit is ’n groot passie vir my dat vroue verstaan wat in hulle lyf en kop gebeur. Ek hoop dat vroue met mekaar daaroor sal gesels oor boekklubkuiers en koffietafels en selfs by die werk."

Persverklaring: Wit, swart & volkleur serenades – Kruger & Tutu saam met die SA Jeugkoor

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die opkomende akoestiese duo Kruger & Tutu betree die verhoog saam met die amptelike Suid-Afrikaanse Jeugkoor as deel van hierdie jaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.

Press release: SboNdaba Dance returns home with In search of our humanity

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

After a triumphant national tour, SboNdaba Dance returns to the Western Cape with its acclaimed production In search of our humanity. This homecoming performance at the Toyota Stellenbosch Woordfees offers local audiences a rare chance to experience the company’s powerful artistry and storytelling. Praised for its striking choreography and evocative soundscapes, the production showcases the raw physicality of SboNdaba’s dancers.

Leefstyl

Om die sterflikheid van blomme en mense

Luna Paige
LitNet25-skrywersberaad

"Dit is hoekom ek leen by literatuur. Dit maak vir my sin. Hoe ek dit doen kan ek slegs verduidelik deur my liedjies te deel. Hiermee dan ’n paar voorbeelde."

’n Pandok se liefde: ’n teaterresensie

Jerome Coetzee
Teater

"Hierdie produksie is vir die randfigure van die samelewing – selfs ’n spieël vir my eie lewe. ... As iemand wat grootgeword het in ’n wendy op die Kaapse Vlakte, sal ek die Departement van Onderwys aanraai om te belê in hierdie teaterstuk."

The hovering deur Petronel Baard en Louisa-Punt Fouché laat ’n mens asemhaal

Riku Lätti
Musiek

"Die werk is maklik een van die mees paradoksale werke om te beskryf in die sin dat dit minimalisties kompleks is. Dis meervlakkig en bekruip die sintuie vanuit vele oorde, dog die skoonheid lê in die soomlose eenvoud daarvan."

Pareltjes uit Amsterdam: Dana Lixenberg se uitstalling De Wallen

Johan Allers
Leefstyl

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy Dana Lixenberg se uitstalling De Wallen oor Amsterdam se rooiligbuurt.

Spier se Routes of sound bekoor

Maryke Roberts
Musiek

"Routes of sound is die afgelope naweek vir slegs vier vertonings by Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch aangebied. Ses musikante speel sonder orkes, sonder fênsie klank, sonder kolligte en rook. Eerlik en rou, soms só sag dat jy moet inleun om te hoor. Wiegend, peinsend en helend."

My indrukke van Embeth Davidtz se Don’t let’s go to the dogs tonight

Albert Maritz
SêNet-briewe

"Maar Embeth gee vir die kyker die geskenk – deur Bobo se oë, insigte in lig en donker, maar uiteindelik, in daai boheemse klompie sekondes, van hoop."

Zalman in Pakistan

Zalman Davis
Reis

"Karachi is nie vir die first-time traveller nie. Hierdie plek is rou. Hier’s geen fasade nie."

Persverklaring: ATKV-Sêr 2025, magnetiese wenners bekroon!

LitNet
ATKV-Portaal

Nasionale sêrmentors Frieda van den Heever en Francois van der Merwe moes vanjaar hul kreatiewe kompas aanskakel om die wenners van die 2025 ATKV-Sêrkompetisie aan te wys te danke aan jong talentvolle sêrgroepe wat die verhoog laat vlamvat het met hul magnetiese energie en kragtige klankgolwe.

Uit die argief

Feesvoggies uit die taalkaraf

Zandra Bezuidenhout
OpStage (OuLitNet, 2004)

"Die Woordfees het vir almal plek.
Vingerlekker, goed gebek;
Wie praat hom, en wie sing hom
sappiger as jy en ek?
Die Woordfees is die proelokaal
vir jongwyn uit die soetste taal."

Akademies en skole

’n Bibliografiese bestekopname van Afrikaanse misdaadfiksie wat in die tydperk 2013–2022 uitgegee is

Neil van Heerden
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Genre kom ter sprake, aangesien daar noodwendig ’n terminologiese keuse uitgeoefen moes word – in hierdie geval word misdaadfiksie as oorkoepelende superordinaat beskou met inbegrip van speur- en spanningsfiksie."

Die ontstaan en ontwikkeling van die amicus domini-teorie in die Filemonbriefnavorsing

Francois Tolmie
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Volgens hierdie teorie was Onesimus, Filemon se slaaf, nie ’n fugitivus (voortvlugtige slaaf) nie, maar het hy doelbewus na Paulus gegaan in die hoop dat Paulus as ’n vriend van sy eienaar namens hom met Filemon sou onderhandel."

Kollig op akademikus André Duvenhage: Suid-Afrikaanse politiek

André Duvenhage
SteedsDink

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels André Duvenhage oor sy akademiese loopbaan en Suid-Afrikaanse politiek.

SteedsDink met LitNet Akademies: André Duvenhage oor sy akademiese navorsing

André Duvenhage
SteedsDink

In hierdie video gesels André Duvenhage oor onder meer politieke paradigmas, die dinamika van politieke mag en die hedendaagse Suid-Afrikaanse politiek.

Kollig op akademikus Ilze Grobbelaar-du Plessis: Gestremdheidsreg

Ilze Grobbelaar-du Plessis
SteedsDink

In hierdie video gesels Ilze Grobbelaar-du Plessis oor haar akademiese loopbaan, die leefwêrelde van persone met gestremdhede en die belang van Afrikaanse vakterminologie.

SteedsDink met LitNet Akademies: Ilze Grobbelaar-du Plessis oor haar akademiese navorsing

Ilze Grobbelaar-du Plessis
SteedsDink

In hierdie video gesels Ilze Grobbelaar-du Plessis oor die Konvensie oor die Regte van Persone met Gestremdhede en Suid-Afrikaanse reg, en die Konsepwetsontwerp van die Regshervormingskommissie.

Uitnodiging: 54ste JBM Hertzog-gedenklesing

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die 54ste JBM Hertzog-gedenklesing vind op 22 Oktober in Pretoria plaas. Suléne Pilon, voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie, is die gasspreker. Die lesing sal ook regstreeks op die SA Akademie se YouTube-kanaal beskikbaar wees.

Uitnodiging: Paneelgesprek oor kreatiewe skryfkunde

LitNet
Akademies en skole

Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch nooi jou uit na Nathan Trantraal, Antjie Krog, Joan Hambidge en Gaireyah Fredericks se paneelgesprek oor kreatiewe skryfkunde by Stias in Stellenbosch.

NW-skoleverrykingsartikel: Die storie van magnetisme – van towerklippe tot kwantumspin

Koos Holtzhausen
Skole

"Elke elektron besit ’n eienskap genaamd spin. Dit beteken nie dat die elektron letterlik rondtol nie, maar dit tree op asof dit ’n klein magneet met ’n noord- en suidpool is."

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Menings

Politieke onsekerheid in die Suid-Afrikaanse politiek: ’n "politieke Rubicon" (?) en die pad vorentoe

André Duvenhage
Menings

"Waar die ANC in 2004 69,69% van die nasionale steun getrek het, het dit tydens 2019 tot 57,5% gedaal en in 2024 tot so laag as net onder 40%. Onlangse meningspeilings (tussen Maart en Julie 2025) van beide die SAIRR en die DA beklemtoon dat die party se steun nog verder kan daal, tot selfs onder 30%. [...] Soos wat die 2024-verkiesing gestaan het in die teken van fundamentele verandering, beloof die 2026/7- plaaslike verkiesing om ’n soortgelyke impak, maar net op ’n ander politieke vlak, te hê. Dit mag selfs die einde van ANC-hegemonie op hierdie vlak beteken."

Kan jy nou makliker afgelê word?

Freek Robinson, Pieter Human
Onderhoude

Op 4 September 2025 het ’n nuwe kode in werking getree wat met ontslag en afleggings verband hou. Freek Robinson het met Pieter Human, ’n kenner op die gebied van afleggings, gesels. Wat het verander en sal ’n werkgewer voortaan makliker van werknemers ontslae kan raak?

Gedagtes oor rubriekmaak

Heindrich Wyngaard
Seminare en essays

"Dié stukkie geskiedenis word as inleiding gebruik vir hierdie vooraf artikel oor ’n paneelgesprek oor 'Rubrieke, kommentaar [en] skryf oor gemeenskappe', wat komende Saterdag op die tweede dag van die 5de Swart Afrikaanse Skrywersimposium by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasvind."

’n Huldeblyk aan my pa: Wilhelm Johann Jordaan

Margarethe Booysen
In memoriam

"Toe ons groet sodat hy na die operasiesaal geneem kan word, het ons vir mekaar gesê: 'L’chaim.' Op die lewe."

7 Oktober 2025: ’n brief aan prinses Charlene van Monaco

Jannie Pretorius
SêNet-briewe

"Die hede is al wat ons het en, in my geval, sit ek tans in ’n heerlike wiegstoel wat ek self gemaak het."

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 1 tot 7 Oktober 2025

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 1 tot 7 Oktober 2025.

Nou op Voertaal

Die eerste Afrikaanse diktee en ’n spookskip se koloniale skadu

Jean Oosthuizen
SASNEV

"’n Taaltradisie uit Nederland het nuwe lewe in Suid-Afrika gekry toe die diktee op Saterdag 4 Oktober 2025 deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in samewerking met die Nederlandse Taalunie aangebied is vir graad 10- en 11-leerders. Hierdie spellingkompetisie is geskoei op die beroemde Groot Dictee der Nederlandse Taal, wat sedert 1990 ’n kulturele instelling in Nederland en Vlaandere is."

Parlement hoor skokkende getuienis oor beweerde politieke inmenging in polisie

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Mkhwanazi het selfs parlementslede, soos Fadiel Adams van die ANC en Dianne Kohler Barnard van die DA, beskuldig van nalatigheid."

De Lille by openbare beskermer aangekla oor beweerde magsmisbruik

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die kern van die klag spruit uit die raad se poging om die uitvoerende hoof van SA Toerisme, Nombulelo Guliwe, te skors nadat die ouditeur-generaal bevind het dat sy verantwoordelik was vir die vermorsing van R4,1 miljoen aan belastingbetalersgeld."

ANC se nuwe ekonomiese plan met skeptisisme begroet

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die algemene sentimente onder kritici is dat die plan se sukses sal afhang van die regering se vermoë om dit werklik te implementeer, iets wat in die verlede ontbreek het."

Hofbesluit oor ouerskapverlof kan lei tot domino-effek op familieregte

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die uitspraak het verreikende implikasies. Dit daag nie net geslagsnorme uit nie, maar kan ook ander aspekte van familiereg beïnvloed."

Japan is dekor- en ontwerphemel

Maryke Roberts
Kunst

"Japannese ontwerp is wêreldwyd bekend vir sy estetiese eenvoud, funksionele elegansie en diep kulturele betekenis. Met wortels wat terugstrek na antieke tradisies, het Japannese ontwerp ontwikkel en wêreldwye tendense beïnvloed, terwyl dit ’n sterk verbintenis met sy historiese en kulturele erfenis behou."

Boeke en skrywers

Deel jou lesersindruk met LitNet!

LitNet
Lesersindrukke

In die tyd van die Toyota Stellenbosch Woordfees, waarvan die tema vanjaar "deel" is, nooi LitNet lesers opnuut uit om hulle lesersindrukke met medelesers te deel. Skryf vir ons as jy ’n boek geniet het – en beslis ook as jy kritiek oor ’n boek wil uitspreek. Skryf oor ’n boek wat jou ongemaklik gemaak het. Skryf oor ’n boek wat jy nie kon neersit nie. Skryf oor ’n boek wat jy gelees het terwyl jy gewoonlik tyd op die sosiale media sou deurbring. Skryf oor ’n boek wat jy herontdek het. Dit hoef glad nie ’n nuwe boek te wees nie, en dit moenie ’n boek wees wat van ’n uitgewer af ontvang is nie.

Boykie vir Afrika deur Pieter de Poortere: ’n lesersindruk

Izak de Vries
Lesersindrukke

"Vir De Poortere is geen heilige objek veilig nie; links en regs word ewe hardhandig met karwatse getakel. Dis gruwelik genotvol om jou daarin te verkneukel."

Sluitstuk deur Johann Rossouw: ’n persoonlike lesersindruk

Estelle Kruger
Lesersindrukke

"Viva, Karel Schoeman!"

Die katartiese metode deur Jaco Fouché ’n klein boek met ’n reuse impak

Deborah Steinmair
Resensies

"Dis eerder soos ’n doring in jou voet waarteen jy kort-kort aandruk om daardie lekker jeukerige pyn te ervaar. Dit bly jou by soos ’n belediging. Die onwaarskynlike heldin, Tronelle, word dae lank die metgesel van jou denke."

Cliff-hanger: Life is ’n biets deur Faeed Amardien

Cliffordene Norton
Boekrubrieke

"Ek dink elke leser moet hierdie boek lees. Ek wil nie oordeel uitspreek nie, maar ek dink die haweloses word steeds beoordeel – en hierdie boek laat jou in hul spore stap."

Koos du Plessis (1945–1984)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek is ’n doodgewone ou, ek het niks om oor myself te sê nie. My liedjies praat van my." Lees meer oor die lewe en werk van Koos du Plessis.

Kaapsehoop-Natsteennaweek van nostalgie

Carla van der Spuy
Boeke en skrywers

"Luidrugtig en uitbundig. Dis hoe die joernaliste, oudjoernaliste en skrywers gedurende die Natsteennaweek op die skone Kaapsehoop gekuier het."

Almasi: A new era in African theatre?

Philani A Nyoni
Books and writers

"It was a pleasant reminder that there is an entire world out there that believes in African stories enough to give us two weeks to hammer out our plots and characters, vivify our paper worlds and bring them fully to life."

Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2026

LitNet
Boeke en skrywers

Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die negende toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs.

Persverklaring: PEN Afrikaans kondig nuwe bestuur aan

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

PEN Afrikaans kondig graag aan dat ’n nuwe bestuur, insluitend ’n nuwe voorsitter en ondervoorsitter, op 8 Oktober tydens die organisasie se algemene jaarvergadering verkies is.

Persverklaring: Rachelle Greeff: Paul Roux Skryfskool, Bloemfontein

LitNet
Slypskole

Boeke tiek al jou boksies, dis hoekom jy ’n leeswurm is – van ander mense se stories. Terwyl jou eie al dwingender aandring op ’n eie stem. Daarom is Rachelle Greeff se Vrystaatse eetkamertafel, gelaai met skryfdisse, die plek vir jou.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 4 tot 10 Oktober 2025

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Nuwe skryfwerk

Tot dan

Maritha Broschk
Poësie

"Ek sal jou liefhê tot sterre inplof na blinde gapings,
’n vlamwit meteoriet die nag ontwapen"

Die kwilt

Carlie Schiel
Poësie

"Gemeet, weer gemeet
met oop oë
gesny
saamgestik
tot blok vir blok die meesterstuk ontvou."

Was gewees

Driekie Grobler
Poësie

"Eendag in hierdie tyd
sal ons moet besin en besluit
waar ons die laaste
skof gaan slyt ..."

The stars

Salomé Borngräber
New writing

"They could tell us of legends
of times long past
Of love, life and laughter
echoed in a universe vast ..."

Collage – Drie Koppen

Nato Zondagh
Poësie

"wie sou dit doen?
so laat ek raai:
rooijakkals de vos
’n vaalboskat ... en toe gevlug?"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2025 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved