|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1046
17/04/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Afrikaans en die SABC |
 |
|
Skrywer: Louis Esterhuizen
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781067234546
Klaarte is die bekroonde digter Louis Esterhuizen se twaalfde digbundel en bevat merendeels lewensbeskoulike, besinnende verse oor die liefde tussen twee ouerwordende persone, maar ook aktualiteitsverse oor die geskiedenis, ekologie en die digkuns self. Verrassend is die eerlike dog sardoniese wyse waarmee daar soms gekyk word na nypende kwessies soos veroudering, siekte en politiese omwentelinge te midde van die verse met ’n sterk deurlopende narratiewe lyn. |  |
|
 |
Wil die SAUK Afrikaans regtig vermoor?
Jean Oosthuizen
Menings
"Vir ’n gemeenskap wat reeds die kansellasie van geliefde programme soos 7de Laan en Pasella betreur, voel hierdie insident soos nog ’n teken van ’n sistematiese afskaling van Afrikaans deur die openbare uitsaaier. Ondanks die SAUK se herhaalde versekerings dat Afrikaanse nuus ’n prioriteit is, bly kykers skepties. Dit word gevoed deur jare se persepsies van marginalisering en ’n gebrek aan deursigtigheid."
|
 |
RNE-kollig: ANC, DA en VF Plus
Freek Robinson, Corné Mulder
Onderhoude
Die jongste peiling van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) het plaasgevind te midde van die begrotingstwis binne die RNE. In dié peiling is die ANC vir die eerste keer as die populêrste party onttroon. Freek Robinson gesels met VF Plus-leier Corné Mulder oor die huidige en breër politieke landskap.
|
 |
Onderwys se begrotingsprioriteite
Michael le Cordeur
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Daarom sou ek as ’n eerste prioriteit finaal wegdoen met puttoilette. Ons durf nie toelaat dat nóg ’n Michael Komape in ’n puttoilet sterf nie." |
 |
Springmielies: Oor kuberboelies en keyboard warriors
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Voel hierdie afknouers skielik magtig, of skuil daar ’n dormante boelie in sommige mense wat tot uiting kom wanneer die baasspeler die leiding met sy kwetsende aanmerkings neem? Kollektiewe kuberboeliery neig na tropgedrag. Nou is die vraag: Hoe lyk die (tipiese) profiel van ’n volwasse kuberafknouer?"
|
 |
Die grafiese roman en edusemiotiek in taalverwerwing: ’n onderhoud met Cornelia van der Berg
Jannike Bergh, Cornelia van der Berg
Onderhoude
"In plaas daarvan dat onderwysers net feite of waardes aan leerders oordra, help edusemiotiek leerders om krities te dink oor wat hulle sien, hoor en lees, en om die dieper betekenisse daaragter te verstaan. Dit maak leerders bewus van die rol wat kulturele en sosiale invloede speel in dit wat as 'reg' of 'verkeerd' beskou word. Edusemiotiek leer jou nie net wat om te dink nie, maar hoe om oor betekenis te dink."
|
 |
Godgegewe opdrag of misplaaste welsyn?
Elkarien Fourie
Menings
"Op ’n winderige herfsdag in 1980 tel ek en my man Tienie ’n briefie op ’n klein enkelvelleltjie papier tussen die murasies van ’n sendingstasie in Zimbabwe op. ... Die sendelinge aan wie hul gelowige vriendin in Engeland dié geselsbriefie gerig het, het ’n paar jaar tevore slagoffers geword van ’n vlaag van vergelding teen hul koloniale regering soos elders in Afrika."
|
 |
Sandra Antrobus of Cradock: a tribute
Julienne du Toit, Chris Marais
In memoriam
"The restored streetscape of Die Tuishuise and Victoria Manor Hotel is Cradock’s most recognisable tourism and heritage asset, along with the Great Fish River, the Mountain Zebra National Park and the gorgeous Moederkerk. It would never have happened without the love and passion of a local farming couple, Sandra and her husband Michael."
|
 |
South Africa’s greatest hotelier has checked out
Darryl David
In memoriam
"And having stayed in every Tuishuis in Market Street, I can tell you that no one – absolutely no one – could make a weathered old carpet look like a work of art on those sparkling Oregon pine floors as Sandra could."
|
 |
Uitnodiging: FilosofieKafee – Die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram: mites en waarhede
LitNet
Menings
Tot vandag toe bly Suid-Afrika die enigste land ter wêreld wat vrywilliglik van kernwapens wat op plaaslike bodem geproduseer is, ontslae geraak het. Was dit ’n wyse besluit, gegewe die hernieude spanning en onsekerheid wat tans weer op internasionale vlak heers? Alle belangstellendes word uitgenooi na die FilosofieKafee-gesprek op Vrydagaand 2 Mei in Wellington. Lydia von Wielligh-Steyn is die spreker.
|
 |
Afrikaans en die SABC
Wannie Carstens
Elders gesien (2024)
"Die berig oor die verskuif van die Afrikaanse nuus op SABC 2 [na SABC 3] dui vir my op ’n verandering in gesindheid aan die kant van die SAUK-bestuur: dat Afrikaans nie meer van waarde vir die SAUK is nie. Terugvoer van SAUK-woordvoerders op hierdie verskuiwing is nie oortuigend nie." |
 |
Foeta Krige, die joernalis wat geweier het om ’n skoothond te word: ’n onderhoud
Jean Oosthuizen, Foeta Krige
Onderhoude (2019)
"Na 37 jaar in die joernalistiek het die veteraanjoernalis Foeta Krige onlangs afgetree as uitvoerende regisseur van RSG se nuusaktualiteitprogramme Monitor en Spektrum. In 2016 het hy en sewe ander SAUK-joernaliste internasionaal bekend geword as die SABC8 toe hulle in opstand gekom het teen die diktatoriale optrede van sekere SAUK-base onder leiding van Hlaudi Motsoeneng en ander skoothonde van die Zuma-regering."
|
 |
7de Laan: ’n fenomeen, of jy nou daarvan hou of nie
Reney Warrington
TV-mening (2023)
"Ten slotte, of jy nou hoofmeisie is van die 7de Laan Daily Gossip-groep, en of jy nou al heel week gal braak oor die simpel sepie wat lankal moes geëindig het, 7de Laan se nalatenskap is onmiskenbaar."
|
 |
SAUK en Fokus
Freek Robinson
Menings (2024)
"Die verwydering van Fokus is tragies. Dis ’n program wat ’n wesenlike bydrae gelewer het tot groter skakeling en begrip. Ons het meer dialoog met mekaar nodig, nie minder nie. So ek hoop ’n nuwe program kan geskep word om dialoog te bevorder – in Afrikaans en dalk saam met ander tale. [Hiermee] gee ek ’n bietjie agtergrond wat kan help om die SAUK beter te verstaan."
|
 |
Leesimpressie: Hete bliksem, vreemde smetten door Sietse van der Hoek
Erik van den Bergh
Literatuur
"Een breed uitwaaierende geschiedenis van de gereformeerde familie Vanderveen van Duits-Gronings-Drentse afkomst die 125 jaar geleden in Assen een warenhuis opzette. Het verhaal wordt gelardeerd met geschiedenissen van migrantenfamilies: Moluks, Indisch, Surinaams, Turks, Servisch, Spaans en Marokkaans."
|
 |
The crossroads in South Africa’s language gap
Alex J Coyne
Over taal
"Whichever language you choose to learn, you’ll find similar teachers and programmes for all 12 languages. If learning from shows and movies is your choice instead, head to a streaming platform for local series, or download subtitles for movies from websites like OpenSubtitles.com."
|
 |
Generation Z
Alex J Coyne
Cultuur
"Generation Z is said to be determined and self-reliant, knowing what they want and finding ways to achieve it – though this quality is sometimes seen as arrogance or entitlement by older generations."
|
 |
Sal Ramaphosa Trump se ego kan streel?
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Grasie is weliswaar nie noodwendig die vaardigheidstel wat in die tyd van Trump benodig word om 'diplomatieke' sukses te behaal nie; gedienstigheid sal dalk meer vrugte dra."
|
 |
Suid-Afrika wil handel uitbrei namate spanning met VSA toeneem
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die spanning tussen Suid-Afrika en Amerika wek groot kommer oor ekonomiese en sosiale implikasies, met gemengde menings wat wissel van steun vir Ramaphosa se standvastigheid tot frustrasie oor Trump se koers en sy oordrywing van die situasie in Suid-Afrika."
|
 |
Persbericht: Het Zuid-Afrikahuis heeft een nieuwe directeur
Voertaal
Zuid-Afrikahuis
Voor het eerst mag het Zuid-Afrikahuis een Zuid-Afrikaanse verwelkomen als directeur. Vanaf 1 juni 2025 komt Susan Coetzee-Van Rooy het team van het Zuid-Afrikahuis versterken. Ze is een ervaren hoogleraar en leidinggevende aan de Noordwes-Universiteit (NWU) van Zuid-Afrika. Hier heeft ze verschillende functies als waarnemend decaan, adjunct-decaan onderzoek en institutionele directeur vervuld.
|
 |
Persbericht – VECTIS lanceert taalspel: "Leen uit het Afrikaans"
Voertaal
Over taal
In dit nieuwe taalspel gaan we op zoek naar treffende, beeldende Afrikaanse woorden als alternatief voor een bestaand ("minder mooi") Nederlands woord: dit Afrikaanse woord wil je symbolisch aanbieden aan de Nederlandse taal. Het taalspel is dan ook bedoeld om mensen te laten nadenken en genieten van Afrikaanse woorden. Het spel staat open voor iedereen: jong en oud, Nederlandstalig, Afrikaanstalig of anderstalig.
|
Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad |
 |
Herbesin: Ryker in diversiteit
Bettina Wyngaard
LitNet25-skrywersberaad
"Ons, want my bruin Afrikaanse bas is net so afhanklik van welwillendheid teenoor my moedertaal as enigeen anders. Ons, want my komplekse verhouding met Afrikaans en Afrikaanssprekendes ten spyt, is ek lief vir my taal en wil ek sien dat sy floreer."
|
 |
Argiewe: Bêre of brand in die digitale era?
Lizabé Lambrechts
LitNet25-skrywersberaad
"As KI een van die primêre maniere word waarop argiewe georganiseer word, moet daar gesorg word dat alle stemme gelyk behandel word, en dat historiese materiaal nie uitgewis of vervorm word nie."
|
ATKV-Skryfskool by die Etienne van Heerden Veldsoirée in Nxuba/Cradock |
 |
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
|
 |
Heil die Leser!: Narratiewe medisyne
Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke
Nini Bennett-Moll skryf oor Die hart het geheime deur Malene Breytenbach: "Sy skryf die goudaar van ware liefde raak"; en oor Uit rou gebore: Na die verlies van ’n lewensmaat deur Elisma van Zyl: "’n liriese verkenning van die blywende krag van liefde te midde van ondenkbare verlies".
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Maart 2025
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Kortliks met Stefaans: 11 April 2025
Stefaans Coetzee
Boeke en skrywers
"Voor ek my kom kry, het ek verlief geraak op die korter kuns. In Afrikaans is die kunsvorm ’n bedreigde spesie. Goeie bundels is skaars. Selfs ervare skrywers pak dit selde aan. Jy moet amper ’n kortverhaalspesialis wees om deesdae ’n bundel te kan publiseer."
|
 |
Die Satyrica van Petronius, vertaal deur WJ Henderson: ’n lesersindruk
Cas Vos
Lesersindrukke
"’n Omdigting (vertaling) in die eie taal is soos soetvye op die tong. Die Satyrica kry in Afrikaans ’n eie lewe, ritme en stukrag. Elke taal bied ’n ander opvatting van kennis en dus van die wêreld. Daarom verwelkom nuwe metafore die Latynse vertaling by die Afrikaanse hawe."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Graad 9: Afrikaans Huistaal-hersieningsvraestel (begrip, taal en opsomming), tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 9 en voel jy bietjie soos ’n springbok wat sy spring verloor het as jy aan die tweede kwartaal se eksamen dink? LitNet kan help. Laai hierdie gratis Afrikaans Huistaal-vraestel deur Zelda Brits af en toets jou kennis aan die hand van oefenvoorbeelde, soos onder andere ’n leesstuk oor ’n springbok wat sy spring verloor het. Jy sal sommer bokspring van blydskap as jy jou punte aan die einde van die kwartaal sien!
|
 |
Wiskunde: Graad 10-vraestel 1 en memo, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en kan jy die woord "sin" in ’n sin gebruik? Moenie vrees nie; LitNet kan jou help om vir trigonometrie voor te berei. As jy hierdie gratis oefenvraestelle deur Lee-Ann Langeveld aflaai om jou werk te oefen en vas te lê, sal jy sien: Om vraestelle uit te werk voor jou eksamen, is baie sin-vol.
|
 |
KKNK: ’n Begin deur David Eldridge, vertaal deur Nico Scheepers
Izak de Vries
KKNK
"Die stuk se naam is ’n Begin, maar dis nie noodwendig die soort begin wat ’n gewone romcom in gedagte sou hê nie. Sien ons die begin van iets wat langer kan duur, of aanskou ons die begin van iets wat redelik ondramaties ten einde sou loop?"
|
 |
Henk Serfontein by die KKNK
Izak de Vries
KKNK
"Die plante is dan nuwe lewe, kinders dus, wat voortgebring word deur die aarde. Hulle word kaal geskets, die wortels ontdaan van enige grond, soos ’n mens soms babafoto’s sien."
|
 |
Skermgreep: Niggies – ’n TV-resensie
Leon van Nierop
TV
"Die kyker is selde bewus van spoggerige regie. Net ’n intense, skerp waarnemingsvermoë wat naatloos by die kultuur en styl inpas en die storie doodgewoon met buitengewone impak vertel. Elkeen se ware kleure kom na vore, en terselfdertyd lewer die reeks ook kommentaar op Afrikanerskap, en om iemand te soek om te blameer."
|
 |
Toorkombuis: My wingerd word herfs in rosyne
Karen Hart
Kos en wyn
"Luigi’s se brood was byna oordadig uitgerys en die sagte wit van die brood deurspek met blinkvet rosyne, uitgeswel in die warm deeg, wat stroopsoet in jou mond ontplof het."
|
 |
Persverklaring: Komedie by Suidoosterfees bring lekkerlag-terapie teen die lewe se sorge
LitNet
Suidoosterfees
Die komedie-afdeling van die Suidoosterfeesprogram is propvol hoogtepunte. Die Joe Barber-span is terug op die verhoog om hul 25ste bestaansjaar in die bedryf te vier. Marc Lottering, Marianne Thamm, Mavis vannie Lavis en Aunty Cheryl gaan gehore laat kraai van plesier, en Cathy Specific maak haar buiging vir die eerste keer by die Suidoosterfees.
|
 |
Persverklaring: Die stories van Afrikaans: Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans
LitNet
kykNET Portaal
Die nuwe dokumentêre reeks Die stories van Afrikaans, wat op Sondag 27 April op kykNET begin, vier en verken al die uitlopende aspekte van die Afrikaanse taal in agt boeiende episodes. Met ryk argiefmateriaal en meer as honderd gesaghebbende stemme sny dié reeks die spore van die fassinerende ware verhale van die karakters, botsings, liefdes en langpaaie wat die taal deur vier eeue gebrei het en aan die Afrika-grond bind.
|
 |
Saamskryf
Braam van der Vyver
Fiksiekompetisies
"Ek het haar op die internet ontmoet. Nie op een van daardie webwerwe waar jy mooi mense kan ontmoet net om later uit te vind dat die meisiemens met wie jy so lekker intiem gesels eintlik die bure se dogter is nie. Nee, ek het haar tydens ’n skryfkursus op een van daardie aanlyn kunstefeeste ontmoet."
|
 |
Op die punt van haar tong
Sidney Gilroy
Fiksiekompetisies
"Ses maande na sy aankoms in Die Kaap van Goeie Hoop koop Heindrick Seitz vir hom ’n vrou. ’n Nodige belegging, skat hy, vir die lewe anderkant die Breederivier en die Swartberge wat op hom wag."
|
 |
Paulus, Gary, Teboho
Amos van der Westhuizen
Fiksiekompetisies
"Hy vrek van die koue. Balle-soek in Julie is nie grappies nie. Die vroeë skemer van die wintersaand is op hom."
|
 |
Ouma Gesie kom weer
Jan Vermeulen
Fiksiekompetisies
"'Is nie.' Hy beur hom verder weg met sy hande. 'Oupa Hendrik het vir Ouma Gesie op die stasie gaan haal, maar toe het sy eintlik vir hóm kom haal. Hulle is saam weg met die stoomtrein. Maar sy sê sy gaan weer kom.'"
|
 |
Vlugteling
Gert van der Westhuizen
Poësie
"hardloop maar
ons gee die gemoorde iPhone 14 vir mekaar"
|
 |
Behoort
Reinet de Waal
Poësie
"Ek bid vir jou ’n hond wat jou hand sal lek
wanneer jy eensaam voel en ongeliefd"
|
 |
Ouderdom
Louise van Eeden
Poësie
"Wat vreet aan jou weet
Totdat jy alles vergeet."
|
 |
Graf
Karin Walker
Poësie
"sien die grawe skep en gooi
ruik die aarde klont vir klont"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|