|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
Nuusbrief 1026
14/11/2024
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Bela – net die begin
|
 |
Authors: Clarke H Scholtz and Hennie de Klerk
Publisher: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485311294
Biology, ecological importance and diversity of southern African insects documents the stories of southern African insects in over 800 pages, with 3 200 beautiful photographs illustrating the rich morphological diversity and biological attributes of the insect species of the region. We emphasise their environmental importance as ecosystem service providers, and narrate, highlight, and illustrate many of the interesting, often remarkable, aspects of their life histories and behaviour, a first for insects of this region.
|  |
|
 |
Agterstories: ’n Ekonomiese teorie oor Afrikaans
Johan Fourie
Rubrieke
"Vir baie van ons is Afrikaans dalk die taal van ons hart, maar die realiteit is, om dit te behou vir ons kinders se kinders wat wag, gaan dit ook die taal van ons spaarvarkie moet word. Bela is maar net die begin."
|
 |
Bela-optog: ’n onderhoud met Michael le Cordeur
Naomi Meyer, Michael le Cordeur
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Die keuse van die kleur oranje stuur bepaald ’n boodskap uit, maar as die ANC ’n optog hou, dra almal swart, groen en geel. Solank almal besef Afrikaans behoort nie net aan ’n bepaalde groep nie, maar aan almal wat die taal praat."
|
 |
Oranje het hierdie week ’n slegte naam gekry
Izak de Vries
Elders gesien
"Daar was baie, baie goeie redes om Bela te bevraagteken, maar 5 November sal onthou word as die dag toe die oranje golf Afrikaans finaal uit ons skole gedryf het."
|
 |
Die verhaal van ’n taal
Jurie Taljaard
Elders gesien
"Maar verbeelde besittings word nie maklik afgestaan nie. En hulle maak van hom ’n prostituut van ’n groep se drome van ossewalaers. Die forum en sy vakbond en sy voorsanger maak asof hulle omgee vir hom. Hulle vertel van landboufakulteite gebaseer op die Orania-model, hulle hou optogte in oranje geklee."
|
 |
Nag van die Zombies
Koos Kombuis
Menings
"Meteens is daar ’n nuwe vlaag regsgesindheid losgelaat op die planeet, wat gaan veroorsaak dat rubriekskrywers oornag hulle deuntjies verander en wat gaan maak dat al die Steve Hofmeyr-fans weer uit die kas uit donner, soos wat reeds verlede week gebeur het toe regsgesinde Afrikaners die Bela-protes gekaap het en in effek van voor af weer die stem van redelikheid, die nuanses van volwasse protes en die gee en neem van idees vertroebel en doodgesmoor het in ’n magtige nuwe oranje spookasem van etniese mobilisasie."
|
 |
Is daar ’n nuwe wêreldorde op pad?
Freek Robinson, Anthoni van Nieuwkerk
Onderhoude
Gaan Donald Trump die VSA onttrek uit die demokratiese instellings soos die Verenigde Nasies en Navo? Gaan hy wel invoertariewe verhoog en so inflasie verder opjaag? Wat gaan Elon Musk in die Amerikaanse parlement doen? Gaan Trump vir Poetin ondersteun, of juis nie? Wat hou ’n insulêre VSA vir Afrika in?
|
 |
The Taliban’s new laws: Is this Shariah?
Moegammad Tahier Kara
Opinion
"By stripping people of their individuality and freedom, the Taliban’s interpretation of Shariah robs Afghan men and women of the respect and agency they are afforded in Islam. True Shariah fosters an environment of moral integrity, where both men and women are encouraged to respect, support, and uplift each other – values that stand in stark contrast to the Taliban’s narrow, authoritarian vision."
|
 |
Dinkskrum: Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern
Jason Lloyd
Rubrieke
"Gerwel se deurlopende tema in sy rubrieke was hoe ons die openbare gesprek met en oor mekaar voer. Hy het altyd in sy rubrieke beklemtoon: 'Die wyse waarop ons van en met mekaar praat, is tekenend van en vormend vir die patrone van saamleef in hierdie veranderende samelewing wat homself in soveel opsigte nog moet vind en definieer.'"
|
 |
Onder Hans se skrywershand
Heindrich Wyngaard
In memoriam
"Nou is dit by die drie dekades later en soveel van ons skryfmentors van destyds het ons reeds ontval. Hans (vir wie ek altyd Prof Hans genoem het) is die mees onlangse, en voor hom onder andere Abraham H de Vries. Afsonderlike rolle het hulle spesifiek in my eie ontwikkeling as ’n skrywer gespeel – die een as die aanbieder van ’n eerste skryfskool wat ek bygewoon het, iets waaraan ek hom kon herinner toe ons mekaar laas by die Etienne van Heerden Veldsoirée einde September vanjaar in Nxuba gesien het; die ander my Afrikaans-dosent gedurende my joernalistiekstudies, maar verenig in die skryflesse wat ek by hulle geleer het."
|
 |
Pathisa Nyathi: A library that did not burn down
Philani A Nyoni
In memoriam
"In the writer’s ink lies the elixir to immortality. What’s done is done; the battle has been lost and won. While the breath is gone, the words still shine. The library lives on; it did not burn down."
|
 |
Bela-wet: Op ’n heuwel daar ver
Heindrich Wyngaard
Menings (2024)
"En dit is wat gelei het daartoe dat die land Dinsdagoggend ’n oranje-gekleurde, eietydse Groot Trek (opmars, saamtrek) uit die uithoeke van die land, op ’n heuwel met ’n uitsig oor die hoofsetel van die RNE, gade geslaan het."
|
 |
SteedsDink met LitNet Akademies: Michael le Cordeur oor sy akademiese navorsing
Michael le Cordeur
SteedsDink (2024)
In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Michael le Cordeur oor sy navorsingsfokus, naamlik moedertaalonderrig, leesbegrip en taal en identiteit (Kaaps). Hy lewer kommentaar oor die Bela-wet, asook die uitdagings van kunsmatige intelligensie. Adam Small se bydrae, bemagtiging deur Afrikaans, die toekoms van Afrikaans en die belang van kritiese denke en kreatiwiteit word ook onder die loep geneem.
|
 |
Witness to power deur Mathews Phosa: ’n resensie
Bettina Wyngaard
Resensies
"Hier het ons die geleentheid om ’n kykie in die binnewerke van die man agter die naam te kry, in sy eie woorde en uit sy eie perspektief. Maar terselfdertyd trek hy ook op besonderse wyse die gordyn weg sodat ons kan sien hoe die organisasie waaraan hy sy lewe gewy het, werk."
|
 |
Die gestaltes wat in ons aanwesig is deur Frik de Beer: ’n resensie
Annemarié van Niekerk
Resensies
"Omdat my eie boek, Onder ’n bloedrooi hemel, ook onder andere oor so ’n reis gaan; omdat ek ongeveer dieselfde generasie as De Beer is, ons albei binne konserwatiewe Afrikanergesinne grootgeword het, ons albei jare lank in die akademie gewerk het en ons bevraagtekening van die 'gestaltes wat in ons aanwesig is' konflik met ons pa’s veroorsaak het, het sy boek my geïnteresseer."
|
 |
Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n lesersindruk
Izak de Vries
Lesersindrukke
"Quinn en haar maats vlek ’n sleg ding oop, maar sal die onnies hulle steun? Dalk sal die bloedjong, vroulike Engelsonderwyser nog help, maar sal die skoolhoof hom steur aan hulle? Gaan hy die stinkryk pa’s van die stinkryk seuns ter wille wees?"
|
 |
Laat vrugte deur Johan Cloete: ’n onderhoud
Danneline Ramsden, Johan Cloete
Skrywersonderhoude
"Kweek ’n liefde vir lees. Lees wyd. Verbreed jou kennis. Neem waar, ervaar. Neem op die pen. Begin by die bekende en reis voort."
|
 |
Naam van dier dorp deur Gielie Hoffmann: ’n onderhoud
Jannike Bergh, Gielie Hoffmann
Skrywersonderhoude
"Sosiale media het my vangnet geword – hetsy in die oomblik of later as ek notas uit my joernaal gaan verwerk het. Daar is ’n driftigheid in my skryfwerk op sosiale media wat soms verlore gaan as ek agter my rekenaar inskuif 'om te gaan skryf'." Gielie Hoffmann gesels met Jannike Bergh oor sy boek, Naam van dier dorp, wat op 16 November in Pretoria bekendgestel word.
|
 |
PenAfrican: Gompo Book and Cultural Festival 2025
Mphuthumi Ntabeni
Books and writers
"Advocate Tembeka Ngcukaitobi and I, as writers who hail from the Eastern Cape, have had the dream of reckoning with the literary history of the Eastern Cape for as long as we have known each other. When, last year, there were celebrations of 200 years of Xhosa in the written word, we thought it an opportune moment to put the idea into action. The Gompo Book and Cultural Festival to be held in East London on 21 to 23 March 2025 is the tentative first step towards accomplishing this goal."
|
 |
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Shaleen Koopman
Braam Peens, Shaleen Koopman
Onderhoude
"Met meer boekklubs kan jy ook meer uitreikaksies aan alle ouderdomsgroepe lewer." Hierdie onderhoud met Shaleen Koopman is die elfde aflewering oor ons biblioteke.
|
 |
Hans du Plessis (1945–2024)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Afrikaans gaan nêrens anders heen as waarheen ons dit vat nie. Ons moet produkte skep wat só goed is dat mense agter ons aanloop." Hans du Plessis se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2024
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Persverklaring: Sentrumbestuurder gesoek, Breytenbach Sentrum
LitNet
Boeke en skrywers
Die Breytenbach Sentrum in Wellington soek tans ’n sentrumbestuurder. Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudings handhaaf, op alle vlakke kan kommunikeer, gemotiveerd wees, en onafhanklik en op eie inisiatief kan werk.
|
 |
Press release: AVBOB Poetry – Weaving a spell of words
LitNet
Books and writers
Maneo Mohale is a poet, feminist writer and editor whose debut collection Everything is a deathly flower (uHlanga, 2019) won the 2020 Glenna Luschei Prize for African Poetry. Read their extraordinary list poem here and be reminded of poetry’s roots in song, magic and ritual. The annual AVBOB Poetry Competition remains open until midnight on 30 November 2024.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Een week later
Trui Moerkerke
Meningen
"Vorige week won Donald Trump de verkiezingen. Niet met een aardverschuiving, maar wel duidelijk. Als Amerikaanse Permanent Resident (ik heb een Green Card) heeft de verkiezingsstrijd me natuurlijk beziggehouden, soms zelfs wakker gehouden, hoewel ik niet mag stemmen."
|
 |
Het SA rede om te hoop op ’n vrolike feesgety?
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Hierdie skuif deur Ramaphosa dra egter ook vrugte of bied 'oorlewingsuurstof' aan sy party, want die DA- en ander RNE-ministers van ander partye se ingesteldheid tot doelgerigte dienslewering en letterlik ’n gehaas na resultate oplewer, gee ’n besonderse indruk van sy regering as ’n effektiewe, werkende een. Dit moet in sy guns tel."
|
 |
Kommer oor persvryheid in Mosambiek ná betogings oor verkiesingsuitslag
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die Mosambiekse afdeling van die streekspersvryheidsliggaam MISA het sy ernstige kommer uitgespreek oor die uitsetting uit Mosambiek van twee Portugese joernaliste wat verslag gedoen het oor die huidige vlaag betogings teen die voorlopige uitslae van die algemene verkiesing op 9 Oktober."
|
 |
Groenboukonvensie 2024 vra vir ’n klimaatpositiewetoekoms
Annette Havenga
In het nieuws
"Met statistieke het De Ruyter aangetoon dat die verbranding van fossielbrandstowwe as ondoeltreffend bewys is. Twee derdes van die energie wat ontstaan in die verbranding van fossielbrandstowwe, word vermors. Hierdie proses van verbranding veroorsaak ook besoedeling en gesondheidsprobleme."
|
 |
Spazawinkels veroorsaak warm debatte ná kindersterftes
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Sommige meen ’n gebrek aan behoorlike regulasies moet die skuld kry vir die huidige krisis, terwyl partye soos ActionSA wil hê spazawinkels moet honderd persent deur Suid-Afrikaners bedryf word en nie deur buitelanders nie."
|
 |
Reddingsbaadjies as sosiale kommentaar
Maryke Roberts
Reisgogga
"Jy vertrek van Ísafjörður per ferrie en die rit na Kvíar oor die ysige potblou see duur ongeveer ’n uur. As jy terugkyk na die land wat bo die skuimstreep agter die klein bootjie kleiner word, voel jy waarlik nietig."
|
 |
Energising the beloved country
Alex J Coyne
Culinair
"Energy drinks are more than bubbles and sugar; they might also be selling consumers a little bit of hope."
|
 |
Leesimpressie: Konvooi door Tommy Wieringa
Erik van den Bergh
Literatuur
"Boeiende en bij vlagen indringende impressies en notities naar aanleiding van vijf reizen in het kader van Protect Ukraine in 2023 en 2024 van een 'stramme pennenlikker met machteloze woede'."
|
 |
Postkoloniale melancholie in Ronelda S Kamfer se Hammie (2016)
J.V. Blignaut
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Die artikel rapporteer dus hoe melancholie die digterspreker se subjektiwiteit ten opsigte van haar ras en gender vorm, te midde van die onderdrukking wat sy steeds ervaar as ’n bruin vrou in ’n postkoloniale Suid-Afrika."
|
 |
Persverklaring: Honneurs in Afrikaans (Taalkunde of Letterkunde)
LitNet
Akademies en skole
Die universiteit bied DSAC-beurse aan wat jou registrasiefooie betaal. Die aanbieding is hibridies, klasse kan op kampus aangebied word, of kan in blokvorm tydens skoolvakansies aangebied word. Klasse kan ook aanlyn aangebied word om studente buite Gqeberha te akkommodeer.
|
 |
Omgewingswetenskappe: Blou pajamas en muskiete
Rouxlyn Botha
Skole
"Muskiete kan nie so baie kleure soos mense sien nie. Blou is een van die kleure wat hulle nie kan sien nie, tesame met wit, groen en pers. Deur blou pajamas aan te trek, raak jy dus onsigbaar vir muskiete."
|
 |
Graad 5: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel en memorandum
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 5 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? In hierdie gratis vraestel deur Lee-Ann Langeveld kan jy baie oefensomme doen om jou hiervoor voor te berei. Jy kan onder andere somme doen oor syfers se waarde. Hoe meer voorbeelde jy uitwerk, hoe meer selfvertroue sal jy ontwikkel. Onthou dat dit nie net syfers is wat waarde het nie. Jy is meer werd as goud!
|
 |
Graad 11: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 1 en memorandum
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Met hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld kan jy daarvoor voorberei. In hierdie vraestel sal jy onder andere leer om somme sonder ’n sakrekenaar te vereenvoudig. Met behulp van hierdie vraestel, sal Wiskunde so eenvoudig en ongekompliseerd wees soos ’n eilandvakansie!
|
 |
Artscape maak teater toeganklik vir plattelandse gemeenskappe
Marlene le Roux
Teater
"Die plattelandse uitreikprogram is ’n belangrike deel daarvan om die misterie te ontbloot van waaroor teater gaan, wat dit vir mense kan beteken, hoe dit skoonheid in mense se lewens bring en hoe dit help om verlore waardigheid te herbou en te herstel wat veroorsaak is deur die vorige ongeregtighede toe teater eenvoudig nie vir ons mense toeganklik was nie."
|
 |
Raai wat het julle byrie College of Magic gemis!
Tasneem Daniels
Leefstyl
"Voorie show begin’t, het ek ’n opportunity gekry ommie college te toer. Dis ’n twie-storie-gebou met klaskamers, ’n studio, een of twie klein teaterkamers designed vi training, ’n paa kantore en ’n magic shop! Ek’t gelee’rat ’n paa Suid-Afrikaanse comedians soes Riaad Moosa, Conrad Kock (aka Chester Missing) en Stuart Taylor is oek College of Magic alumni wat hulle comedy careers byrie college begin’t."
|
 |
Voces Cordis: ’n onderhoud met André van der Merwe
Naomi Meyer, André van der Merwe
Musiek
"In Suid-Afrika het ons wonderlike diversiteit met verskillende kultuurkomponente. Dit bring ’n opwinding wat aansteeklik is!" Lees wat André van der Merwe oor die Voces Cordis-koor vertel – en vind uit wanneer hulle laaste konsert vir die jaar plaasvind.
|
 |
My brilliant divorce: ’n teaterresensie
Maryke Roberts
Teater
"Sy laat die gehoor skaterlag toe sy sê geskeide vroue hou ook van saans uitgaan – 'jy weet, in die donker, soos ander grootmense', maar 'ongelukkig het my man toesig oor al ons getroude vriende gekry met die egskeiding'."
|
 |
The substance: Demi Moore is in da house!
Ignus Rademeyer
Film
"Moore dra die interne konflik en bekruipende gruwel van die verhaal se uitgangspunt meesterlik oor namate sy die gevolge van haar besluite in die gesig staar." Ignus Rademeyer skryf oor The substance, die "grootste donkerperd" vir 2025 se Oscars.
|
 |
Persverklaring: Nuwe kurator van visuele kuns vir KKNK
LitNet
KKNK
Die bekroonde visuele kunstenaar en kurator Liza Grobler is die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns. In 2023 was sy die KKNK se feeskunstenaar en haar uitstalling, Inkommers, laatkommers & laatlammers, asook haar Droom-installasie in samewerking met die Oudtshoorn ReWOLusie, het aan haar die Kanna vir beste visuele kunsaanbieding besorg.
|
 |
Die laaste soen
Albert de Vos
Fiksiekompetisies
"Hy het haar onlangs onverwags gesien in ’n winkelsentrum terwyl sy besig was om met ’n roltrap na onder te beweeg. Dekades het verloop en tog het hy haar herken. Sy het hom nie opgemerk nie en as sy ’n totale vreemdeling was, sou sy nie sy aandag getrek het nie; net ’n gewone ouer vrou tussen al die mense."
|
 |
Bloed
Zelda Bezuidenhout
Fiksiekompetisies
"Wat is bloed in elk geval? Niks meer as ’n vervoermiddel vir suurstof van die longe na liggaamselle nie."
|
 |
Bittersoet huispad
Zebulon Kochk
Poësie
"maar toe ek die deur oopskroef
lyk die mens in my deurraam
onherkenbaar."
|
 |
Papawer
Jeanne Henning Els
Poësie
"in die lente
van my
oggendtuin
staan jy
vlietend
in die son"
|
 |
Cavin Solly Smith
Neo Mehlomakulu
Poësie
"mag die son die koue nagte vir jou uitbrand
en mag die wolke saans jou slaap sag maak"
|
 |
’n Judolewe
Heinrich Matthee
Poësie
"Jou oerkrag druk my"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|