Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1024

01/11/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou gesondheid

Quinn se jaar van kwik

Skrywer: Zelda Bezuidenhout
Uitgewer: Lapa
ISBN: 9780637006248

Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.

Menings

Are doctors who oppose the NHI fat cats or problem solvers?

Freek Robinson, Simon Strachan
Interviews

Simon Strachan calls himself "an advocate for the most vulnerable little people in our society" and says he is "passionate about the access to quality care for everyone". But if this is true, why, then, does he, like many other doctors, oppose the government’s National Health Insurance (NHI) scheme when the politicians say it is a "strategy to achieve universal health coverage"?

 

Meneer, mevrou, dominee, professor, doktor of eredoktor?

Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar

"In die Suid-Afrikaanse media is daar geen duidelikheid oor die gebruik van eretitels nie. So word daar byvoorbeeld in mediaberigte (asook op die US se webwerf) na die voorsitter van die US-raad as dr Newton-King verwys terwyl daar nêrens enige aanduiding is dat sy enige doktorale kwalifikasies het nie."

Wat sê Bettina? Die Kolisi-egskeiding: Roem is die derde party

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Watter jongmense kan onder die gewig van verwagtinge leef dat hulle eiehandig ’n land se geskiedenis moet verander?"

Romantiese en erotiese fiksie in Afrikaans: Variasies op ’n wenresep?

Liné Loff, Andrew Sutton
Onderhoude

"Die genre-en-leser-verhouding is simbioties. Ek dink die genre verander om by te bly met hoe lesers verander, maar ook dat die lesers se opvattings verander aan die hand van wat hulle lees."

In memoriam: Mellet Moll

Marlies Taljard
In memoriam

"Sy woordeskat het my dikwels beïndruk – hy het nooit ophou studeer nie en was tot die dag van sy dood nog besig met navorsing."

Hans du Plessis, ’n huldeblyk

Mercia Coetzee
In memoriam

"Oom Hans se humor is so natuurlik deel van elke gesprek dat dit net ’n plesier was om na hom te luister. In hulle kamer in die hotel het hy ’n bottel wyn uitgehaal en kon ek op die hoek van die bed sit en na hom en tannie Magdaleen se stories luister."

Persverklaring: Hans du Plessis is oorlede

ATKV
ATKV-Portaal

Die ATKV neem met groot leedwese kennis van Hans du Plessis – letterkundige, digter, skrywer en ATKV-erelid – se heengaan op 25 Oktober.

Persverklaring: Huldeblyke stroom in ná Hans du Plessis se afsterwe

LitNet
In memoriam

Familielede, vriende, talle skrywers, akademici en ander persone uit die Afrikaanse media-, taal- en letterkundewêreld het hul skok, hartseer en medelye uitgespreek oor die nuus dat die geliefde Hans du Plessis Vrydagnag oorlede is.

Persverklaring: Huldeblyk aan Hans du Plessis (1945–2024)

LitNet
In memoriam

Met groot hartseer en ’n gevoel van diep verlies neem ons afskeid van Hans du Plessis, wat op 25 Oktober 2024 skielik oorlede is. Sy heengaan laat ’n groot leemte by LAPA Uitgewers, maar ons is ook oneindig dankbaar vir die rykdom van gedigte, verhale en ander werke wat hy aan ons nagelaat het. Hans sal voortleef in die bladsye van sy boeke en in die harte van sy lesers.

RIV, Danie Odendaal

Annelize van der Ryst
Elders gesien

"RIV, Danie Odendaal, briljante skepper van 7de laan en vriend."

Brics is die toekoms

Albert du Plessis
Elders gesien

"Israel en Oekraïne is besig om Amerika en die Weste onder te trek. Navo val uitmekaar uit. Cyril kan mos nie nou die obvious verloorperd opsaal nie? Brics is die toekoms."

Kyk wat het Bob Dylan getwiet (oor Bloemfontein)

Jaco Jacobs
Elders gesien

"Bob Dylan was toevallig by ’n hotel in Frankfurt waar die jaarlikse groot boekeskou plaasgevind het, en kyk wat het hy getwiet ..."

Slaapgas in ’n stasiewa

Hennie van Deventer
Elders gesien

"Hy was ook ’n betroubare babawagter … in ruil vir Tokkie se lekker Boerekos. Johan was toe vyf en Marisa, wat Hans juis na aanleiding van die Halloween-gedoente Pampoenspokie gedoop het, ’n energieke drie."

Uit die argief

Voertaal-argief: Ondertekening van NGV-wet lok landwye kritiek uit

Jean Oosthuizen
In het nieuws (2024)

"Die NGV is ’n gesondheidsfinansieringstelsel wat ontwerp is om fondse saam te voeg om toegang te bied tot gehalte- bekostigbare persoonlike gesondheidsdienste vir alle Suid-Afrikaners gebaseer op hul gesondheidsbehoeftes, ongeag hul sosio-ekonomiese status."

Die Nasionale Gesondheidsversekeringswet: ’n onderhoud met ’n prokureur

Naomi Meyer, Péter Wassenaar
Onderhoude (2024)

"Is nasionale gesondheidsversekering indien ons slegs na die letter van die wetgewing kyk, afdwingbaar? Waarskynlik. Enige wet wat die oormag van die staat agter hom het, kan teoreties afgedwing word. Maak dit nasionale gesondheidsversekering ’n projek wat (1) realisties is en (2) volhoubaar sal wees? Nee."

Nasionale gesondheidsversekering nodig om armes se menswaardigheid te herstel en om bevoorregtes menswaardigheid te leer

Jason Lloyd
Rubrieke (2019)

"Die NGV-teenstanders moet dus kennis neem dat die armes nie vir ewig op universele gesondheidsorg kan wag nie, want baie van hulle het nie toegang tot mediese fondse nie."

Healthcare: between money and paternalism

Emelia Steenekamp
Opinion (2024)

"As is often the case with any bureaucratised system, the human is supplanted by numerical representation. For healthcare, one needs money." Emelia Steenekamp writes about her experience of private and public healthcare in South Africa, Canada and South Korea.

Nou op Voertaal

Nog geen borgtog vir omstrede diamantman en sy vrou

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Liebenberg se prokureur het gesê Liebenberg beweer dat daar deur die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, opdrag gegee is om sy lewe 'hel' te maak in die tronk, waarop Dezzi in trane uitgebars het."

Suid-Afrika oorhandig "bewyse van volksmoord" aan Internasionale Geregshof in Den Haag

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die memorandum bevat meer as 750 bladsye teks, asook ondersteunende dokumente en bylaes en van 4 000 bladsye wat dokumenteer wat die Suid-Afrikaanse regering beskou as Israel se sistematiese teikening van Palestyne in Gaza."

Wilgenhof-paneel sê Cameron se bewerings is "onwaar, neerhalend en lasterlik"

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die paneel wat aanbeveel het dat die Wilgenhof-manskoshuis van die Universiteit Stellenbosch moet sluit, ontken dat hulle die finale verslag weens onbehoorlike invloed van die rektor, Wim de Villiers, onregmatig verander het."

Wim se kop geëis oor Wilgenhof se "gedokterde" verslag

Jean Oosthuizen
Voorblad

"In antwoord daarop skryf Cameron dit help hom niks om sy intense spyt oor die hele aangeleentheid uit te spreek nie, maar dit besorg hom enorme hartseer."

Tweespraak: Alwyn Roux en Yves T’Sjoen neem bestek van werksaamhede in 2024 en kyk vorentoe na 2025

Alwyn Roux, Yves T’Sjoen
Cultuur

"Zeker ook in de context van Zuid-Afrika. We hebben daarom naast Afrikaans en Nederlands als voertaal geopteerd voor Engels en ook voor isiXhosa. Multiculturaliteit drukt zich uit in meertaligjheid."

Inleidende aantekeningen bij een dialoog met Simone Atangana Bekono: "Het was heel interessant om te merken dat ik me in Zuid-Afrika soms mijlenver voelde achterlopen op een discours rondom mijn eigen werk."

Yves T’Sjoen
Literatuur

"De bijdrage is tegelijk een oproep gericht aan letterenfondsen in de Lage Landen, subsidiënten die reeds vele jaren vertalersbeurzen toekennen aan Zuid-Afrikaanse vertalers, maar ook aan uitgeverijen in Zuid-Afrika die de boekproductie van vertaald werk mogelijk maken."

Leesimpressie: Ik was erbij door AF van Ravesteijn

Erik van den Bergh
Literatuur

"Bijzondere herinneringen aan het leven als dwangarbeider van 1942–1945. Minutieus en zeer vaardig opgetekend als tachtiger."

Leesimpressie: Hoog spel, door Marcel Metze

Erik van den Bergh
Literatuur

"Imposante geschiedschrijving. Goed leesbaar en gebaseerd op een grondig en langdurig onderzoek."

Leesimpressie: November door Sinan Cankaya

Erik van den Bergh
Literatuur

"Goed geschreven en pakkende beschrijving van de nadagen van een journalist die afreist naar een eiland aan de grens van Europa en daar geconfronteerd wordt met vluchtelingen."

Filmresensie: Dalva by die Europese Filmfees

Izak de Vries
Film

"Dalva sal jou uitdaag, maar nie terneergedruk laat nie. Kyk dit, sou jy ooit die kans kry."

Filmresensie: Grey bees by die Europese Filmfees

Izak de Vries
Film

"Hierdie stadige film met bloedmin karakters handel oor vriendskap. Dit is baie mooi, al speel dit af in die grys wêreld van ’n verdeelde samelewing."

Jeju-eiland: Suid-Korea se geheime juweel

Maryke Roberts
Reisgogga

"Die eiland is ongeveer twee miljoen jaar gelede deur die uitbarsting van ’n onderwatervulkaan gevorm en is ’n natuurlike wêrelderfenisgebied. Die Jeju- vulkaniese eiland en lawabuise, wat in die botaniese park te sien is, was die rede hoekom ons juis hierdie uitstappie gekies het."

Persverklaring: Reis na Nederland en België in 2025

Voertaal
Academisch

Doen vandag nog aansoek om deel te neem aan die Jongerenprojek in 2025. Aansoeke sluit 10 Maart 2025.

Persbericht: Dichter des Vaderlands Babs Gons begint tweede termijn voortvarend met nieuwe projecten en nieuwe druk van Doe het toch maar

Voertaal
Literatuur

Babs Gons luidt haar tweede jaar als Dichter des Vaderlands vanaf oktober 2024 in met poëtische bezoeken aan alle provincies in het land en daarbuiten. Ook lanceert Gons het project Hardop! De Kunst van het Declameren. In november verschijnt de tiende druk van de bundel Doe het toch maar.

Akademies en skole

Vonnisbespreking: ’n Dekselse deksellose mangat kom ’n plaaslike owerheid duur te staan

Johan Scott
LitNet Akademies (Regte)

Dis nie moeilik om te skat hoeveel leerders in hierdie prent is nie. As jy in graad 10 is en jy laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af om jou Wiskunde vir die eksamen te oefen, gaan dit ook maklik wees om berekeninge te doen waarin jy deur middel van ’n frekwensietabel die gemiddelde aantal leerders in die Overberg moet skat en uitwerk. As jy hierdie vraestel uitgewerk het, hoef jy nie te skat of jy sal goed doen nie, jy sal sommer wéét jy gaan sukses behaal!

Graad 10: Wiskunde, kwartaal 4 – vraestel 2 en memorandum

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Dis nie moeilik om te skat hoeveel leerders in hierdie prent is nie. As jy in graad 10 is en jy laai hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af om jou Wiskunde vir die eksamen te oefen, gaan dit ook maklik wees om berekeninge te doen waarin jy deur middel van ’n frekwensietabel die gemiddelde aantal leerders in die Overberg moet skat en uitwerk. As jy hierdie vraestel uitgewerk het, hoef jy nie te skat of jy sal goed doen nie, jy sal sommer wéét jy gaan sukses behaal!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Boeke en skrywers

Het van Verlangekraal: ’n onderhoud met Leon van Nierop

Naomi Meyer, Leon van Nierop
Skrywersonderhoude

"Met elke reïnkarnasie het ek net meer respek vir Het gekry en wou ek haar verhaal volledig vertel en reg aan haar as volledige, geskakeerde mens laat geskied. Sy was in die oorspronklike roman grootliks net ’n 'probleemkind'. In my verwerking hoop ek dat mense haar beter sal verstaan en haar selfs as ’n onwaarskynlike heldin, selfs ’n soort rolmodel, sal sien om te wys niks is onmoontlik as jou hart op die regte plek sit nie. Maar hulle moes haar tragedie verstaan."

Eerste slukkie: Het van Verlangekraal deur Leon van Nierop

LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip

"Hoe dikwels het sy nie onder die sterrehemel gestaan en haar vergaap aan al die sterre nie. ’n Paar keer het sy ’n ster sien verskiet, dan wens sy sy kan daardie ster wees wat met so ’n blink stert agterna die ewigheid inskiet. Sy het ook al vliegtuie dopgehou wat na verre stede reis. As sy maar net eendag op een van hulle kan wees."

The end of Eden: Wild nature in the age of climate breakdown by Adam Welz: a book review

Laurette de Jager
Books and writers

"Welz is a zoologist, a biologist, a nature conservationist, but perhaps most tellingly – by his own admission – an old-fashioned naturalist. His stories are woven with a sense of wonder for the world he loves, something that sets him apart from other scientists in his field."

Om Bibi Slippers in Gqeberha te vind: ’n lesersindruk van Soekenjin

Albert de Vos
Lesersindrukke

"Daar is heelwat gedigte in Soekenjin wat ek nog moet ontrafel, maar oor die algemeen is die gedigte heel toeganklik vir ’n nieletterkundige soos die uwe. Gedigte oor die lus, liefde, lewe en die soektog van die moderne mens met sy internet, WhatsApp, Google, Tinder en ander dinge waarvan ’n Baby Boomer soos ek nie eers weet nie."

Beeld 50, saamgestel deur Erika de Beer: ’n bespreking van ’n koerant as kaleidoskoop oor 50 jaar

Lizette Rabe
Boeke en skrywers

"Beeld 50 is ’n blik op die ágterkant van daardie fassinerende tapisserie van die lewe wat ses dae van die week, blad vir blad, van die voorblad tot die sportblad, geweef is. Daar waar die knope, letterlik en figuurlik – gemaak word om uiteindelik die koerant van die dag te vorm. Vandag: Of dit knope is vir ’n gedrukte koerant of ’n digitale koerant."

Koos Kombuis gesels oor verlange en verval

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

In hierdie video gesels Koos Kombuis oor twee boeke wat hom laat kopkrap het. Ian Voges se Beelde en verval neem ons terug na die dae van Eschel Rhoodie. Daar is heelwat partytjies en los meisies by betrokke. Die tweede is PJO Jonker se blitsverkoper, Die onsigbare.

 

Madibaland @ Bookbedonnerd Literary Festival 2024: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David
Books and writers

"Book Town Richmond is like the Cheers bar in Boston. It's a place where everybody knows your name."

A personal letter about Madibaland @ Bookbedonnerd Literary Festival 2024: Kia ora, Karoosters

Darryl David
Books and writers

"By visiting New Zealand, I realised that despite all the challenges we face in South Africa, Book Town Richmond is a shining light among Book Towns of the world. And I feel ashamed that I even contemplated closing the book on possibly the greatest fairytale in the history of book culture in South Africa."

Digtersweek 2024: ’n onderhoud met Amanda de Lange

Naomi Meyer, Amanda de Lange
Onderhoude

"Een van die lekkerste dinge van woordkuns is dat jou brein iets kan oplewer wat jy nooit gedink het moontlik is nie. Dis soos kwashale met letters waar iets geskep word wat nie net vir die woordkunstenaar self vreugde verskaf nie, maar ook vir elkeen wat dit lees."

Persverklaring: Digtersweek 2024 – kom leer by die meesters om te dig

LitNet
Slypskole

Digtersweek 2024 bevat ’n paneel bekroonde digters en bied vir elke voornemende en ontluikende digter die ideale geleentheid om hul vaardighede te slyp en hul kennis uit te bou. Die paneel bestaan uit bekroonde digters soos Johan Myburg, Diana Ferrus, René Bohnen, Alwyn Roux en Danie Marais.

Marlene le Roux (1934–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek pas ook dissipline toe in die skryfproses. Wanneer dit tyd is om voor die rekenaar te gaan sit, doen ek dit en ek staan nie weer op voordat ek iets uitgerig het nie. Soms is die vrug op die inset gering, want skryf is nie altyd maklik nie." Lees meer oor Marlene le Roux se lewe en werk in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Winnie Rust, ’n huldeblyk

Amanda Swart
Boeke en skrywers

"Na die eretoekenning wat Hugenote Hoërskool in Wellington op 11 Oktober 2024 postuum aan Winnie Rust, oudleerling van die skool, gemaak het, het dit ons gedagtes ver terug geneem na dae van intellektuele gesprekke, kuiers aan huis en Winnie wat met empatie na die hele dorp, en veral die dorp se vroue, omgesien het."

Invitation: Book launch of I will not be silenced by Karyn Maughan, 13 November, Cape Town

LitNet
Books and writers

Adriaan Basson will be in conversation with Karyn Maughan for the book launch of I will not be silenced on Wednesday, 13 November at 18:00 at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander, Kaapstad, 16 November

LitNet
Boeke en skrywers

Die Bergengel gaan op reis. Kom vier die einde van die Bergengel-boekreeks deur Carina Stander. Word betower deur ’n oggend van stories, musiek en Gabriëllië-geïnspireerde eetgoed. Carina gaan met Jonathan Amid in gesprek wees en al vier boeke in die reeks en ’n aantal inksketse wat op die boeke gebaseer is, sal te koop wees.

Persverklaring: Uitnodiging om Kersgeskenke aan kinders in die Oos-Kaap te skenk

LitNet
Boeke en skrywers

Aangesien hierdie leerders uit geïsoleerde omgewings kom met beperkte toegang tot die kunste, bring die Jakes Gerwel Stigting, in samewerking met die Suidoosterfees, ook kinderopvoerings na die skole en bied vakansieprogramme aan met woordspeletjies, kospakkies, gesigverf en meer.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 26 Oktober tot 1 November 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Los uit! deur Sjaka Septembir: ’n teaterresensie

Jeani Heyns
Teater

"In Sjaka September se debuutnarrespel slaag hy meesterlik daarin om gek te skeer met die kinderlike drang om reëls te oortree en te wil vat en gryp as grootmense uitdruklik sê: 'Los uit!'"

The island returns to New Brighton

Izak de Vries
Lifestyle and entertainment

"Antigone’s speech is always a sad moment, and King Creon’s cruelty a stark reminder that rulers need to have limits to their powers."

Persverklaring: Woordtrofees-wenners 2024

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

Die wenners van die 2024-Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Benewens die top boekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, is ’n aantal spesiale pryse toegeken, onder andere die nuwe Martie Retief Meiring-toekenning, die In verbondenheid-toekenning, asook die WOW-trofees vir skool en opvoeder van die jaar.

Persverklaring: Wie weet waar die Willelinge woon?

LitNet
Leefstyl

FilosofieKafee, 1 November 2024, by die ATKV-Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.

Uitnodiging: Blink gedigte – toonsettings deur Chris du Plessis | Ampie Teater, Wellington, 2 November 2024

LitNet
Musiek

Blink gedigte – toonsettings deur Chris du Plessis vind op Saterdag 2 November om 19:00 plaas by die Ampie Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.

Persverklaring: Saturnus verhelder Taalmonument

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Inwoners en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Saturnus – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag 2 November 2024. Dit beloof om ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ’n goeie saak.

Persverklaring: Kunsuitstalling – ’n Versameling afgediende muses open 6 November 2024 in Pretoria

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die amptelike opening van ’n Versameling afgediende muses, ’n kunsuitstalling met werke deur Bastiaan van Stenis en Ruhan Janse van Vuuren en saamgestel deur Jan van der Merwe, vind plaas op Woensdag 6 November 2024 by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria.

Persverklaring: Mendelssohn se Elijah by Endlersaal in November

LitNet
Musiek

As een van die finale aanbiedings van die 2024-Endler-konsertreeks, dirigeer Johan de Villiers op 16 en 17 November twee uitvoerings van Felix Mendelssohn se oratorium Elijah. Brittany Smith (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzo), Siphe Mdena (tenoor) en Conroy Scott (bariton) tree as soliste op, met laasgenoemde in die titelrol van Elija, waarvoor hy ná die 2018-Woordfees die trofee vir die beste vertolker in vokale klassieke musiek toegeken is.

Persverklaring: Christia Visser stel opvolg van "Die deur" bekend: "Ek sien jou"

LitNet
Musiek

"Die deur" het met sy vrystelling groot opslae gemaak, maar Christia het nog nie die volle storie vertel nie. Sy vertel nou die res van die storie in haar nuwe enkelsnit, "Ek sien jou". Luister dit nou op die platform van jou keuse.

Persverklaring: Pret met nuwe limeriekeveldtog

LitNet
ATKV-Portaal

Die ATKV stel vandeesweek ’n splinternuwe limeriekeveldtog op sosiale media bekend. Dit volg op die gewilde idioomveldtog wat mense weer gewys het hoe prettig en pittig Afrikaans kan wees. Die nuwe limeriekeveldtog is nes die idioomveldtog die breinkind van die aktrises Cindy Swanepoel en Anél Wood.

Nuwe skryfwerk

Ma se offer

Hendie Grobbelaar
Fiksiekompetisies

"... om my net te herinner dat ek ’n lewe, ouers en ’n huis gedeel het met haar. Maar ek en Sanna was op twee paaie, in twee wêrelde."

Pablo Picasso: Guernica

Martli Slabber
Poësie

"Maria wat haar lot bekla
Vooruitblik op die Pietà
Slap hang die baba oor haar skoot
Die Vredevors, messias, dood."

Eerste vryvalsprong

Heinrich Matthee
Poësie

"Die dag knal oop in blou en rooi
wanneer die skerm boontoe bol;
ek wenteldans die hemel in
en sirkel in ’n aardse tol."

Visserman

Zebulon Kochk
Poësie

"Jy was uit op die waters
op soek na ’n ligtoring"

Verplaas

Jeanne Henning Els
Poësie

"ek by
Huis Môreson
jou goedjies uitpak,
dit bêre in
’n kassie
langs ’n enkelbed"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved