|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1017
12/09/2024
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Aanbou of afbreek? |
 |
|
Skrywer: Deon Lamprecht
Uitgewer: Jonathan Ball
ISBN: 9781928248163
Op 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son is 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlikes beseer toe 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep ’n kompleks van Swapo-basisse in die suide van Angola aangeval het. In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.
|  |
|

|
 |
Afrikaans se infrastruktuur: aanbou of afbreek?
Wannie Carstens
Seminare en essays
"Afrikaans se wetenskaplike funksie is ongelukkig onder druk. Ek pleit daarom vir die totstandkoming van ’n Sentrum vir die Studie van Afrikaans waar aktiwiteite rondom Afrikaanse wetenskaplike inisiatiewe gekoördineer kan word." Lees Wannie Carstens se volledige toespraak met die ontvangs van die Jan H Maraisprys op 11 September 2024.
|
 |
Regering van Nasionale Eenheid se toekoms in gedrang oor Bela-wet
Jean Oosthuizen
Menings
"Steenhuisen sê tydens die onderhandelinge het die DA dit duidelik gemaak dat die Bela-wetsontwerp in sy huidige vorm vir die DA onaanvaarbaar is, want dit het onder meer grondwetlike implikasies vir die reg op moedertaalonderrig. Die DA het Ramaphosa versoek om die wetsontwerp na die parlement terug te stuur om sekere wysigings aan te bring om dit volgens hulle in ooreenstemming met die Grondwet te bring."
|
 |
SA Skoleseminaar: Besnoeiing van onderwysbefondsing
Alta Engelbrecht
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Onderwysers is die waarborg dat die volgende geslag opgevoed sal wees. Goeie (en genoeg) onderwysers is die enigste verweer teen die moontlike verval van die samelewing."
|
 |
In jou moeder
Jitsvinger
Menings
"Jou oorsprong se bronnelys knetter voort op’ie tonge soes kaggelvure tydens ancient gesprekke van my voorvaderfigure. Jy is die geestelike organisasie van my spraakstrukture. Dit hang soes waardevolle portrette in’ie binnekant van my verstand se gerookte kamermure."
|
 |
Eerste regstreekse debat tussen Trump en Harris
Theo Venter
Menings
"In die 90-minute-debat het Trump meer as 43 minute opgeneem, terwyl Harris net 37 minute gebruik het. Trump was egter swak voorberei en het waarskynlik gehoop dat sy afbrekende verwysings na Harris, en om haar waardigheid, identiteit en selfvertroue af te kraak, haar sou ontsenu. Dit het egter nie gebeur nie en die teendeel het ontvou."
|
 |
Op soek na ’n billike beeld van die kerk
Johannes Froneman
Seminare en essays
"[D]ie Christelike kerk [het] dramaties in styl en inhoud verander. Hoe vat jy so ’n veelkantige verskynsel in enkele woorde vas? En hoeveel daarvan word in die media weerspieël?"
|
 |
So help ons persone met demensie: ’n kerklike perspektief
Michiel van der Merwe
Menings
"Vind uit waaraan die persoon gewoond was, aangesien langtermyngeheue die blywende faktor is. Voorbeelde wat troos kan bring vir die regte persoon, is nagmaalbediening, gebed, meditasie, geestelike liedere en Bybellees. Pas aan by die persoon se behoeftes."
|
 |
Springbokke vs All Blacks
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Daar is iets omtrent sport wat toeskouers saambind in ’n gemeenskaplike aktiwiteit op ’n manier wat bitter min ander dinge dit doen. Daar is iets helend omtrent die kohesie wat ’n sportspan bring."
|
 |
Springmielies: ’n ode aan popcorn
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Popcorn is inderdaad ’n demokratiese lekkerny wat as globale verskynsel ’n bewys is van veelsydigheid: Dit het aangepas by die smake en tegnologieë van elke era, en ’n geliefde lekkerny geword wat kulturele en geografiese grense oorskry. As simbool van vermaak en kulinêre genot het springmielies ’n ryk geskiedenis, ’n unieke wetenskap en kulturele betekenis wat (op dieper vlak) iets sê van die mens se historiese weerstandigheid."
|
 |
James Matthews (1929–2024)
Hein Willemse
In memoriam
"James Matthews was ’n toonaangewende literêre figuur wat aanvanklik internasionaal en later ook plaaslik erken is. Vir opeenvolgende geslagte skrywers was hy die toonbeeld van ’n verbonde kunstenaar met ’n beginselvaste verbintenis tot vryheid."
|
 |
Seen elsewhere: Shape of a woman
Pi Delport
Opinion
"It is adorned with jewels
Like beads of sweat
On the skin of an athlete lifting weights that are heavier
Than the men who say she does not belong in the gym"
|
 |
Wenner van die Jan H Maraisprys 2024: ’n onderhoud met Wannie Carstens
Menán van Heerden, Wannie Carstens
Onderhoude (2024)
Wannie Carstens is in Julie 2024 met die Jan H Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon. Hierdie toekenning gee erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Die prys word aan Carstens toegeken ter erkenning van sy vakkundige bydrae ten bate van die Afrikaanse taalkunde. Menán van Heerden gesels met Wannie oor sy loopbaan en oor Afrikaans.
|
 |
Waarom ouers nou wérklik aan die BELA-wetsontwerp aandag moet gee: ’n onderhoud met Jaco Deacon
Naomi Meyer, Jaco Deacon
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2023)
"Die staat sukkel om kwaliteitonderrig by 80% van die land se skole te lewer en wil nou kortpad vat met die wysigingswet om beheer te neem oor die goed funksionerende skole deur meer magte vir onderwyshoofde te gee oor onder andere taal en toelating. Ouers moet eenvoudig vasskop – élke skool behoort kwaliteitonderrig te gee, en as dit nie gebeur nie, moet die probleem daar aangespreek word."
|
 |
Taal en die Afrikaanse Suid-Afrikaner se verantwoordelikheid
Hermann Giliomee
Taaldebat (OuLitNet, 2005)
"Die jonger geslag moet nie net oorreed word dat Afrikaanse onderrig veel meer pedagogies en kultureel bied nie, maar ook dat werksvooruitsigte veel beter is vir mense wat Afrikaans en Engels goed magtig is. Afrikaans sal net groei as die jeug dit as die sleutel tot hul betrokkenheid by en bestaan in Suid-Afrika beskou. Sonder so ’n betrokkenheidsgevoel ten opsigte van sowel Afrikaans as Suid-Afrika, sal Afrikaans kwyn."
|
 |
Flaffie en Stink sokkies deur Jaco Jacobs: ’n gesamentlike resensie
Loraine van der Westhuizen
Kinderboeke
"Om te lees vir plesier en terselfdertyd jou arsenaal aan te vul om sekere struikelblokke en kwessies aan te pak, is ’n bonus – veral vir ontwikkelende lesers, maar eintlik vir almal in die gemeenskap. Die wêreld sal beslis ’n beter plek wees as álmal (meer) kinder- en jeugliteratuur lees."
|
 |
Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson: ’n lesersindruk
Izak de Vries
Kinderboeke
"Die Smooie en die Smoue, geskryf deur Julia Donaldson met illustrasies deur Axel Scheffler, is pret. Dit is boonop propvol tydlose waarhede, tussen al die guitigheid deur. Ek wens alle politici in alle wêrelddele wil dit lees. Jaco Jacobs se vertaling is heerlik."
|
 |
In conversation with Eloghosa Osunde about Vagabonds!
Mphuthumi Ntabeni, Eloghosa Osunde
Books and writers
Mphuthumi Ntabeni read Vagabonds! by Eloghosa Osunde and interviewed them about the novel while attending the Open Book Festival in Cape Town. The two authors discuss the spirit of Lagos and other cities like Johannesburg and Cape Town, the invisibility of working classes, the tension between African and Western belief systems, and the lives of fictional characters.
|
 |
Fanie Viljoen (1970–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Grootmense hou nie van vlieënde varke nie. Hulle hou van reëls en realiteit. Kinderboeke maak ’n mens se kop weer oop. Dit laat jou weer jonk dink." Lees oor Fanie Viljoen se lewe en werk.
|
 |
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Ashley Lewis
Braam Peens, Ashley Lewis
Boeke en skrywers
"Hierdie inisiatief is wêreldwyd gepubliseer omdat dit 60 kinders per dag na die biblioteek gelok het. Dit het vir ons die geleentheid gegee om kinders van die straat af te kry en ook vir hulle te leer lees. Deur die aanbied van hierdie program het Delft Biblioteek die Wes-Kaapse Kuns- en Kultuurtoekenning in 2022 gewen, asook die tweede plek in die Stad Kaapstad se toekennings, en het vanjaar internasionale erkenning by IFLA (International Federation of Library Association) ontvang." Hierdie onderhoud met Ashley Lewis is die sewende aflewering oor ons biblioteke.
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2024
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Persverklaring: Diana Ferrus-prys
LitNet
Skryfkompetisies
Vanjaar is daar ’n splinternuwe poësieprys op straat. En dis vir jou. Om jou stem dik te maak in jou ma se Afrikaans, jóú Afrikaans, jóú dialek en streekstaal. Die taal waarmee jy grootgeword het met sy djy en djou, die klik van die Nama en Khoi, die sabela, die opperste en die nuutgeskepte.
|
 |
Persverklaring: Olga Kirsch gehuldig
LitNet
Boeke en skrywers
Die digter Olga Kirsch sou op 23 September vanjaar 100 jaar oud geword het. Haar lewe word musikaal gevier by NALN op 22 Oktober 2024. |
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Vervalle hospitaal in Gauteng gons op sosiale media
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die voormalige omroeper Tom London beweer in die video wat hy op sosiale media gedeel het, dat hy in die hospitaal verwaarloos is en dat van die personeel en dokters onbeskof is. Hy het ook die hospitaal se badkamers in die video afgeneem wat toon hoe verwaarloos en vuil dit is. Van die krane werk glad nie en ook nie die muurproppe in van die sale nie."
|
 |
China beloof miljarde se steun aan Afrika
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Xi Jinping het Donderdag belowe om China se steun regoor die skuldbelaaide Afrika te versterk met befondsing van byna $51 miljard oor drie jaar vir meer infrastruktuurprojekte en die skep van minstens een miljoen werksgeleenthede."
|
 |
Magiese markte
Maryke Roberts
Reisgogga
"Daar is die reuke van vars seekos iewers agter in ’n hoek, beleë kase nader aan jou neus. Dit meng met die reuk van risotto of paella wat in groot panne gebraai word, terwyl vars blomme die tikkie sagtheid bring. Iemand maal koffiebone ..."
|
 |
Opening of the Symposium of South African Composers: Foreword by Antoni Schonken
Antoni Schonken
Muziek
"Each session, workshop and concert is a testament to the incredible talent and creativity that exists within our borders. We are witnessing a renaissance of creative expression in South Africa, and it is through initiatives like this that we can continue to break down the barriers that once excluded so many."
|
 |
Dinner at the very edge of history
Clifford Roberts
Culinair
"We’ve gathered at the farmstead home of Sir De Villiers Graaff and Lady Gaedry Kriel Graaff, at De Grendel Wine Estate. Few families of the region have a history so well documented and strongly linked to significant turning points in Cape Town’s and, indeed, South Africa’s history."
|
 |
Marginalia: What notes, annotations and snails have to teach us
Alex J Coyne
Literatuur
"Marginalia have been with us for as long as manuscripts themselves, with classic examples of notes in the margins of books dating back to medieval times. Ancient examples of marginalia might have been used purely for amusement, as manuscripts show hand-drawn pictures of knights and snails engaged in battle."
|
 |
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – 'n onderhoud
Naomi Meyer, Olga Leonard
Toyota Stellenbosch Woordfees
Olga Leonard praat met Naomi Meyer oor die woordkunsproduksie Hoe het dit skielik laat geword? by die Toyota Stellenbosch Woordfees vanjaar: "Die temas wat voorkom in Olga Kirsch se werk is vandag nog relevant. Sy skryf breed oor geloof, liefde en om ’n buitestander te wees."
|
 |
Bekendstelling van ATKV-toneel se nasionale Simbiose-finaal: toekomstige toneelsterre skitter binnekort
Maryke Roberts
ATKV-Portaal
"Die Moederstad het verlede week haar beste voetjie voorgesit met ’n wolklose sonsondergang en nag behang met sterre toe die program van die ATKV-toneel se nasionale Simbiose-finaal by Rooftop on Bree bekendgestel is. Die nasionale Simbiose-finaal vind van 23 tot 28 September in die Kunstekaap plaas, en daarna is die nasionale wenproduksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien."
|
 |
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 – Die Wes-Kaapse hoërskool-"slam"-poësiekompetisie
LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees
In samewerking met Woorde open Wêrelde bring Wêreld (’n multidissiplinêre kunsorganisasie) ’n opwindende nuwe aanbieding na die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024. Dié produksie is die Wes-Kaapse hoërskool-"slam"-poësiekompetisie, en dit vind plaas op 3 Oktober om 16:00 by die Daisy Jones-venue in Stellenbosch. Die wenners sal ook die geleentheid kry om die verhoog te deel met van Suid-Afrika se beste spoken-word-digters in ’n produksie met die naam WORLDPLAY, wat direk ná die "slam"-kompetisie plaasvind in dieselfde venue.
|
 |
Persverklaring: ’n Verskeidenheid kunsuitstallings open by Tuin van Digters
LitNet
Feeste
Tuin van Digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbachsentrum in Wellington. ’n Verskeidenheid kunsuitstallings open dié naweek, met onder meer STR[A]Y deur Elizabeth Gunter, Tuinbeelde deur Gerhard van Eck en In die skeppende oomblik, ’n foto-uitstalling van Paul Alberts se skrywersportrette.
|
 |
Persverklaring: Taalmonument vier 49ste jaar met ’n dans
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
In die aanloop tot die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se 50ste bestaansjaar vier die vriendelike personeel sy 49ste verjaardag met ’n swierige dans op Saterdagaand 12 Oktober 2024, waarheen almal genooi word. Die tema is "Denim en diamante" en Coolsounds Band sal die musiek optower om almal op hul tone te hou tussendeur die eet, drink en kuier.
|
PEN Afrikaans en LitNet se kortverhaalkompetisie |
 |
’n Tjoppie vir die pot
Linza de Jager
Fiksiekompetisies
"’n Tjoppie vir die pot" is voorgelê om Afrikaans te vier onder die tema "Kyk hoe ver het ons gekom". Dié inisiatief van PEN Afrikaans word ondersteun deur LitNet en moontlik gemaak deur Kruger Internasionaal Bate- & Welvaartbestuur.
|
 |
Reisspore
Zebulon Kochk
Poësie
"O, ek probeer bloed
uit ’n klip tap
jy’s net ’n skildery
bo my kaggelrak."
|
 |
Obskuur
Loretta Szikra
Poësie
"Dit klink na ’n ding
wat ’n dwaas aanvang"
|
 |
The show must go on
Mark Seal
New writing
"The makeshift stage is artfully suited to both the tricks of high office and the gambols of farce, often indistinguishably."
|
 |
Horlosmint
Fanie de Villiers
Poësie
"rôisterklip en duwweltjies
voetbrand innie sand"
|
 |
Genadegebed
Drienie Joubert Kelly
Poësie
"op die plaashuis se stoep sit ’n dankbare boer
in sy gebed lê genade, en langs hom staan sy roer ..."
|
 |
Die aarde sak
Melt Botes
Poësie
"die grond is bros
gee mee
gee (altyd)
mee"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|