Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 997

25/04/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: Saam bou of laer trek?

Nuwe begin. Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902–1910

Skrywer: Karel Schoeman
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313366

Nuwe begin. Die Oranjerivierkolonie en Natal in die naoorlogsjare, 1902–1910 is die sesde en die laaste van die reeks Imperiale somer. Hierdie deel word gewy aan die twee kleinste Britse kolonies in Suid-Afrika gedurende die jare ná die Anglo-Boereoorlog – die Oranjerivierkolonie (Vrystaat) en Natal, en meer spesifiek aan Bloemfontein, Harrismith, Pietermaritzburg en Durban. Aandag word ook geskenk aan die swart gemeenskap in Bloemfontein en op die Vrystaatse platteland, die kwessie van deelboerdery wat toenemende weerstand by wit boere uitgelok het, en die interne spanning in Natal wat ook tot die Bhambatha-opstand van 1906 gelei het.

Menings

Die Afrikaner Verklaring: Saam bou of laer trek?

Freek Robinson, Theuns Eloff, Christo van der Rheede, Barend la Grange
Onderhoude

"Ons wil saamwerk om die land ’n beter plek te maak." ‒ Theuns Eloff. Freek Robinson gesels met Theuns Eloff (fasiliteerder van die inisiatief), Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).

Die Derde Afrikaner – ’n reaksie op die Afrikaner Verklaring

Wynand Boshoff
Menings

"Jy kan sê jy wou meer bruines daar gehad het, of meer rykes, of meer wynboere, of ten minste meer wat in die Suide gestudeer het, of meer slimmes. Maar jy het wat jy het en dit kan ook verander."

Afrikaner, wie is jy?

Riku Lätti
Menings

"Die noue bande wat Afrikaners met ander Afrikaners het, is benydenswaardig. Ek wens partykeer die res van Suid-Afrika was so lief vir mekaar soos wat die Afrikaner homself liefhet."

Africanis albus herbesoek: reaksie op die Afrikaner Verklaring

Ruhan Fourie
Seminare en essays

"Dat ons maaksels op hierdie kontinent is, kan nie ontken word nie, maar ons kan gerus skepties wees oor die funksie van aanspraak op hierdie Afrika-identiteit. Alle verbeelde ('imagined') gemeenskappe het ’n sterk verbeelde geskiedenis nodig."

Ons is nie almal so nie – ’n reaksie op die sogenaamde Afrikaner Verklaring

Izak de Vries
Menings

"Ek is skaam oor sulke gekke uitsprake in die naam van Afrikaans. Ons is nie almal so nie."

Oor die "Afrikaner-deklarasie": Ons hou van partytjies

Fanie Olivier
Menings

"Dat jy ’n permanente minderheid is, maak jou nog nie ’n volk nie, en daar is geen sprake daarvan dat so ’n groep demokraties uitgesluit word nie."

Persverklaring: Die Afrikaner Verklaring

LitNet
Menings

Daar word gevra wat Afrikaners benodig om blywend vry, veilig en voorspoedig saam met ander gemeenskappe in Suid-Afrika te kan leef sodat ons ook ’n volhoubare bydrae tot die welstand van ander gemeenskappe hier aan die suidpunt van Afrika kan lewer.

Bou ’n Springbokspan in elke gemeenskap dwarsoor Suid-Afrika! So maak ons hoop!

Christo van der Rheede
Menings

"Ons Springbokspan is ’n toonbeeld van wat ons kan vermag as mense op ’n nierassige basis saamstaan en hul kundigheid vir ’n gemeenskaplike doel aanwend. Kom ons skep ’n Springbokspan vir elke dorp, stad en landelike gebied en maak hoop!"

Labarang innie Boland

Gaireyah Fredericks
Menings

"Elke Kaapse tietie wat vannie nuus kennis dra, organise die res vannie aand immediately. Labarang outfits wôd oppie henges voorie kaste gehang en allie metedjalis wat daaby gepaat gan, tot even oppie underwear, wôd reggesit."

Die komende Israel-Iran-oorlog?

Eben Coetzee
Menings

"Dit is hierdie beskrywing van oorlog (met inbegrip van die beskrywings '’n Israel-Iran oorlog', '’n streekoorlog', en '’n derde wêreldoorlog'), wat onder die vergrootglas geplaas sal word."

A luta continua: fifty years since the Portuguese revolution fundamentally changed Africa

David Willers
Opinion

"Tens of thousands of civilians flooded into the streets – no one slept that night. Carnations were the flowers in season, and many of the soldiers 'planted' the long-stemmed flowers in their gun barrels – an image broadcast across the world."

Uit die argief

The Afrikaners: a concise history by Hermann Giliomee: a book review

Bill Nasson
Books and writers (2020)

"Now running to just over 200 pages, and wearing his immense learning much more lightly, the author’s new Concise history is more of a tapas-trek through the topic than his original pièce de résistance."

DF Malan and the rise of Afrikaner nationalism by Lindie Koorts: a book review

Paul Murray
Books and writers (2014)

"As a member of the Dutch Reformed Church and a previous minister of it, Malan was able to rally Afrikaner support at church conferences, as in July 1923, where the grave question of the poor white problem was revealed. A strategic move to gain voter support was to manifest the great danger cheap African labour held for Afrikaner poor whites, and this would be a danger for Afrikanerdom."

Gedagtes van ’n kind van Gam

Heindrich Wyngaard
Skrywersberaad (OuLitNet)

"... want omdat ek bruin is, wéét ek van die dinge van gister, en omdat ek nog betreklik jonk is, besef ek al meer en meer – en dit bekommer my – dat ons nie die toekoms tegemoet sal kan gaan vóórdat ons oor hierdie dinge van gister met mekaar reguit gepraat het nie."

Hibriditeit, of die baster in ons

Steward van Wyk
Skrywersberaad (OuLitNet)

"Daar is ’n groter Suid-Afrikaanse projek om aan te bou, een waartoe Afrikaans en Afrikaanssprekendes vanweë hul hibriede aard ’n besondere bydrae kan maak: een van opheffing, bemagtiging, die skep van eie waarde, die omkering van gesetelde koloniale waardes, die vind van ’n plek in die Suid-Afrikaanse hibried."

Leefstyl

SOF Junior: 1 500 kinders per dag kry kuns en kos

Izak de Vries
Suidoosterfees

"Marieta Nel het besef dat, hoe groot die geleentheid ook al vir die kinders en jongmense is om na die teater te gaan, dit onverantwoordelik sou wees om hulle sonder kos huis toe te stuur. Toe begin sy bel. Iets soos daardie mooi verhaal oor die brood en die vissies het gebeur."

Suidoosterfees 2024: Lipkap – ’n onderhoud met Frazer Barry

Jannike Bergh, Frazer Barry
Suidoosterfees

"Die Khoekhoegowab-taal in die produksie word voorgehou as ’n ervaring in plaas van ’n verduideliking. Die taal se klanke is geweldig kompleks en ons het Jan van Riebeeck se 'mis-vat' van die Khoi-Khoi-klanke as voorbeeld."

Suidoosterfees 2024: Cintaine Schutte oor Onder ’n bloedrooi hemel op die planke

Naomi Meyer, Cintaine Schutte
Suidoosterfees

"Ek het die boek gelees en my eerste indruk was dat elke mens in Suid-Afrika hierdie boek moet lees."

Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor Droomwerk

Naomi Meyer, Pieter Odendaal
Suidoosterfees

"Die oproep (op-die-planke-roep) van my voorouers het my ’n geleentheid gebied om oor tyd en plek heen versoening in my familie en my psige te bewerk."

Suidoosterfees 2024: Monsters – ’n onderhoud met Tinarie van Wyk Loots

Ignus Rademeyer, Tinarie van Wyk Loots
Suidoosterfees

"Die hegtheid van die spelers het veroorsaak dat hulle speel vir die waarheid en nie die spektakel nie. En as jy speel vir die waarheid is jy as speler oop vir herontdekking."

Suidoosterfees 2024: Ken jy vir Dewie? – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie

Ignus Rademeyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie
Suidoosterfees

"Ken jy vir Dewie? nooi die gehoor terug na die skoolbanke, maar ook in die denke van die jong seun Dewie, waar hul sien hoe jare lange boeliery en onskuldige grappies manifesteer en groei tot iets wat onafwendbaar is."

Suidoosterfees 2024: Theo Kemp oor die Jakes Gerwel Stigting by die fees

Naomi Meyer, Theo Kemp
Suidoosterfees

"Van stemloos na soomloos – dis wat ek glo ons in slaag. Om oor verskillende grense heen mense ’n verhoog te bied."

Suidoosterfees 2024: ’n onderhoud oor ATKV Jeugteater by die fees

Naomi Meyer, JJ van Niekerk
Suidoosterfees

"Die ATKV het nog altyd ’n passie gehad vir teater en doen sy belofte gestand om die toekoms van teater en toneel te ontwikkel. Juis daarom vat die ATKV hande met feeste regoor die land, soos nou die Suidoosterfees, om ’n platform te skep om jongmense se talente uit te stal en jongmense bloot te stel aan teater. By feeste word talent geslyp en hoop word geskep. Ons jeug kry kans om moed te skep en hulle stemme te laat hoor."

Suidoosterfees 2024-persverklaring: ATKV gee jong teatermakers gul geleenthede op Suidoosterfeesverhoog

LitNet
Suidoosterfees

Jong teatermakers kry elke jaar by die Suidoosterfees geleentheid om hul werk aan die publiek bekend te stel en om waardevolle ervaring in ’n professionele teateromgewing op te doen. In vanjaar se ATKV Jeugteaterprogram – van 26 April tot 1 Mei aangebied as deel van die 21ste Suidoosterfees – is studente, skoliere en amateurgroepe se werk op die Artscape-verhoog.

Persverklaring: Bekendstelling van Hannes van Wyk se biografie as deel van die Erfenis-reeks | Suidoosterfees 2024

LitNet
Suidoosterfees

Heritage Travel vier die Suidoosterfees se 21ste bestaansjaar met voorlesings uit die tydskrif se spesiale uitgawes – stories, gedigte en kortprosa. ’n Gedigkompetisie word ook aangekondig, en die boek oor Hannes van Wyk in die Erfenis-reeks kry spesiale aandag – ’n mengelmoes van letterkunde met verskeie kunstenaars.

Persverklaring: Visuele kuns tydens die Suidoosterfees

LitNet
Suidoosterfees

Tydens die Suidoosterfees se 21ste verjaarsdag deel 21 kunstenaars hulle "rykdom en skoonhede" (Uys Krige) met ons. As inspirasie word stip gekyk na Jan Rabie se kortverhaalbundel 21, wat in 1956 die Afrikaanse literêre landskap onherroeplik verander het.

Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen

Naomi Meyer, Leon Albert Oosthuizen
Onderhoude

"Dit is min dat ons breë Suid-Afrikaanse trekklaviererfenis belig word. Paul Simon het met sy Graceland-album in 1986 sommige aspekte van die Sotho’s se famo-trekklavierstyl vasgevang. Johnny Clegg het ook dikwels die konsertina in ’n tradisionele Zoeloe-styl gespeel tydens sy optredes. Boeremusiek en klassieke musiek word ook nooit by dieselfde geleentheid gehoor nie."

Persverklaring: "Idi en Ome" ontsluit idiomewêreld

LitNet
ATKV-Portaal

Sit skouer aan die wiel en word deel van die ATKV se nuwe veldtog voor dit neusie verby is, want as jy weer sien, is die kalf in die put ... Die ATKV spog met ’n nuwe idiomeveldtog, Die wonderlike wêreld van Idi en Ome, en neem jou vir die volgende paar weke op ’n humoristiese reis deur die ryk taalskat van Afrikaans.

Press release: Deon Meyer, Coenie de Villiers and André Schwartz for the Karoo Writers Festival

LitNet
Lifestyle and entertainment

Major names will be in Cradock from 12 to 15 June 2024 for the annual Karoo Writers Festival. Deon Meyer, Coenie de Villiers, André Schwartz, David Viviers and Herman Lategan are but a few of the names that have already been pegged to the performers list.

Persverklaring: Innibos bied ’n oase vir boeke en kuns

LitNet
Feeste

Die ATKV-Kuns-en-boeke-oase by Innibos is vanjaar opnuut die toevlugsoord vir lesers en liefhebbers van die skone kunste ná ’n afwesigheid verlede jaar. Eweneens word die ATKV-Boeke-crawl ook weer op Kaapsehoop gehou, en dit is sommer swaargewigte in die skrywers- en musiekwêreld wat daaraan deelneem.

Luisterverhale

Luisterverhale: "Die Rachelsporsie" deur Riana Scheepers, voorgelees deur Rolanda Marais

Riana Scheepers, Rolanda Marais
Luisterverhale

Rolanda Marais lees Riana Scheepers se verhaal "Die Rachelsporsie" voor. Die verhaal het oorspronklik in Dulle Griet, in 1991 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.

Nou op Voertaal

Digters Dreyer en Roux toer Lae Lande met hul bundels Nou in infrarooi en Weerskyn

Willem de Vries
Literatuur

"Tom Dreyer en Alwyn Roux se poësiebundels, onderskeidelik Nou in infrarooi en Weerskyn, is allerweë gunstig ontvang en onlangs in Nederland en België bekendgestel. Willem de Vries berig oor een so ’n geleentheid in die Poëziecentrum in Gent waar Jürgen Pieters, ’n literatuurwetenskaplike verbonde aan die Universiteit van Gent, ’n gesprek met die digters gelei het."

Fotoblad: Afrikaanse digters op literêre reis deur Nederland en België

Willem de Vries
Meningen

"Alwyn Roux en Tom Dreyer het in Maart in Nederland en België hul onderskeie bundels Weerskyn en Nou in infrarooi bekendgestel aan die hand van verskeie kennismakings, gesprekke en voorlesings."

Lieflike lang dae in die Waterberge

Maryke Roberts
Reizen

"Dis een van slegs twee UNESCO-verklaarde savanne-biosfere in Afrika en word deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut as ’n kritieke biodiversiteitsgebied erken."

Leesimpressie: Onder een andere hemel door Joke J Hermsen

Erik van den Bergh
Literatuur

"Boeiende combinatie van filosofie, literatuur en persoonlijke herinneringen."

Outa kla oor kultuur van geheimhouding by openbare entiteite

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Sanral se weiering om die inligting bekend te maak, gaan oor ’n kontrak van R4,7 miljard met AquaEXR."

ANC dreig en trap water oor uitgelekte opname

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"In die opname kan na bewering gehoor word hoe Ramaphosa die media wil manipuleer en aan partylede die leviete voorlees voor die Mei-peilings om te verseker dat hulle die verkiesing wen."

Zuma se party glimlag al die pad stembus toe

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Maandag se uitspraak word beskou as ’n beduidende oorwinning vir MK voor die algemene verkiesing van 29 Mei. Zuma se ondersteuners het in die hof gejuig en gesing nadat die uitspraak gelewer is."

NGV-wet laat alarmklokke lui, sê staatsamptenare

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Volgens vorige ramings sal die regering nagenoeg R200 miljard per jaar benodig om die NGV te onderhou."

Boeke en skrywers

Commendatio: Deon Meyer vereer met die KKNK Afrikaans Onbeperk-prys vir literêre bydrae

Etienne Bloemhof
Boeke en skrywers

"Maar dat die eer wat Deon vandag te beurt val, spesifiek oor Afrikaans gaan, dit is iets baie spesiaals, want dis ’n prys wat, glo ek, erkenning gee aan ’n skrywer wat – al sou dit op vele terreine vir hom sin maak om direk in Engels te skryf – nog altyd vurig en passievol was oor sy moedertaal; die taal van sy woorde, sy verbeelding en sy drome."

CJ Langenhoven (1873–1932)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Skrywers wat meer as bloot meganiese werk lewer, neem die klein dingetjies waar, waarvoor geen grammatikale of stylreëls geformuleer kan word nie."

Is die literêre toekennings te wit?

Bettina Wyngaard
Boeke en skrywers

"Sou dit regverdig wees om ’n inskrywing te bekroon wat swakker is bloot omdat die woordsmid swart is? Natuurlik nie, en ek glo ook nie die persone wat kritiek gelewer het, wil hierdie uitkoms hê nie."

Tinnitus: my near north (on The near north by Ivan Vladislavic)

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"The near north is a book of memory, about life and death, joy and sadness, spatial geography and the thinking and not thinking behind human settlements."

The hidden by Fiona Snyckers: an inter-review

Janet van Eeden, Fiona Snyckers
Books and writers

"This is my first traditionally published novel set outside of South Africa. This is a story that could only be set in the USA. The combination of survivalist cult, ultra-right-wing white supremacists and federal authorities could only take place there. That was the story I felt compelled to tell, and that dictated the setting."

Wisselende stemminge deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster
Lesersindrukke

"In hierdie bundel is daar sterk aanduidings van [Cas Vos se] besondere mensekennis. In Wisselende stemminge word die mens se lewensomstandighede uitgebeeld. Donker tye en belewenisse word afgewissel met verwysings na menslike verhoudinge. Die liefde is hierin sentraal."

Die lewe is ’n plek deur Estelle Brits: ’n lesersindruk

Trisa Hugo
Lesersindrukke

"Daar is meer verhale wat jy met ’n knop op die maag lees en die einde wil uitstel, maar jy kan nie. Die lewe gebeur en die lewe is ’n plek. Die liefde in verskeie vorme is inderdaad deel van die lewe en die bundel sluit dit ook in."

Wat beteken Wêreldboekedag vir boekemense?

Naomi Meyer, Cliffordene Norton, Sidney Gilroy, Jaco Jacobs, De Wet Hugo, Rudie van Rensburg
Boeke en skrywers

’n Paar skrywers vertel wat Wêreldboekedag vir hulle beteken.

World Book Day: Four young-adult (YA) authors chat about their work

Izak de Vries, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Hannes Barnard, Fanie Viljoen
Books and writers

"I was asked to speak about young-adult fiction (YAF). It is a topic I am passionate about, and I love reading YAF, but I am really old. That was one of the reasons I asked four YA authors to share their views on their own writing with the girls. The authors agreed to share their insights with the rest of the country on World Book Day."

Wêreldboekedag 2024: Trek aan soos ’n Suid-Afrikaanse kinderboekkarakter!

Naomi Meyer, Miemie du Plessis, Nadine Petrick, Nicol Stassen, Simone Hough
Boeke en skrywers

Wil jy Niki Daley se Jamela of Jaco Jacobs se zombie uit Oupa Zombie wees – of dalk ’n Storiemuis uit die luisterboeke? Wat van Liewe Heksie? Die Babalela? Of Asterix? Elke jaar tydens Wêreldboekedag sien mens bekende karakters uit Engelstalige kinderboeke hul opwagting by skole maak, wanneer laerskoolkinders uitgenooi word om die dag te vier en soos ’n gunstelingkinderboekkarakter aan te trek. Waar is ons Afrikaanse en eg Suid-Afrikaanse kinderboekkarakters om saam te speel?

Persverklaring: Wêreldboekedag – maak van lees ’n fees

LitNet
ATKV-Portaal

"Die VVA (Vriende vir Afrikaans) het verskeie projekte om ’n leeskultuur te skep met die oog daarop om kinders in woordryke omgewings te laat grootword," vertel Chareldine van der Merwe aan Zerelda Esterhuizen.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 19 tot 25 April 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Akademies en skole

Graad 12: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 12 en wens jy dat ’n "reeks" maar net die Afrikaanse woord was vir ’n "series" wat jy stroom? In hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld leer jy hoe om ’n konvergerende meetkundige reeks binne ’n japtrap onder die knie te kry. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis af te laai. Nadat jy voorberei het, kan jy met ’n skoon gewete die ander reeks verder gaan vraatkyk!

Graad 12: Wiskundevraestel 3 en memo, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Καταλαβαίνετε Ελληνικά? Wiskunde hoef nie meer vir jou soos Grieks te voel as jy in graad 12 is en nodig het om vir jou eksamen voor te berei nie. Hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jou in duidelike Afrikaans met jou trigonometrie help. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Persverklaring: SA Akademiepryswenners vir 2024

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.

Nuwe skryfwerk

aanhangsel

Marius Nigrini
Poësie

"in elke lewe bloei ’n gloeilamp leeg
’n skaal word honderd keer geweeg"

Die uil

Jannie Meyer
Poësie

"Noem my maar bygelowig gek
maar vanaand het daai muisvanger my bloed getrek."

Nostalgietoer

Zebulon Kochk
Poësie

"Iewers in Pretoria
onder ’n Jakarandaboom
omring met pers bloeisels
bons my hart van vreugde"

God sê vir my

Karin Walker
Poësie

"God sê vir my
Ek is lief vir jou
hoekom sukkel ek dan so
om Hom te glo"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved