|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 925
11/11/2022
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Die universiteit wat moet kom |
Doolhof
Skrywer: Rudie van Rensburg
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795802553
Omstrede en skatryk oudpolitikus Armand Deysel is vermoor, en Kassie en Rooi het nie minder nie as ses verdagtes. ’n Britse ondersoeker is op die spoor van die waardevolle Doolhof-halssnoer, en ’n platsak man steier telkens terug van die samelewing se dwarsklappe. Kassie en Rooi pak hul ondersoek sonder forensiese rugsteuning aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle. Gaan iemand dié keer vir Kassie ore aansit – en met die perfekte moord wegkom? |
 |
|
 |
 |
Universiteitseminaar: Guerrillas en die universiteit wat moet kom
Johann Rossouw
Universiteitseminaar | University Seminar
"Maar nou ja, Stellies het sy bed opgemaak, die koeël daar is deur die kerk – sowel vir ware uitnemendheid as vir Afrikaans – en dit sal nie help om krokodiltrane te stort oor wat alles daar kon wees nie. Dis veel sinvoller om te dink oor wat vandag nog oor die algemeen binne die eietydse Suid-Afrikaanse universiteitswese gedoen kan word om ware uitnemendheid, akademiese integriteit, skeppendheid, nuwe bondgenootskappe en die bou van studente se karakters te bevorder."
|
 |
Groepsportret met heer: In gesprek met Willem Otterspeer
Heinrich Matthee, Willem Otterspeer
Onderhoude
Moet ’n standbeeld opgerig word vir afwykende menings? Wat is die verband tussen estetika en geskiedenis? Vertoon lees en skrywerskap totalitêre trekke? Wat is die impak van krom Engels en studentemassas by Nederlandse universiteite? En wat is die rol van humor ook in oorlogstyd? Hierdie kwessies en vele ander behandel Willem Otterspeer in ’n vraesessie met Heinrich Matthee. |
 |
BELA-wetgewing en Afrikaans op skool: Merlyn van der Rheede gee haar mening
Naomi Meyer, Merlyn van der Rheede
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"Sommige instansies sien hierdie voorgestelde wysigingswet as die staat se manier om totale beheer oor skole oor te neem en om skole die reg op moedertaalonderrig te ontsê. ... Politici het die geneigdheid om alles te politiseer en dit is nie noodwendig in die landsburgers se beste belange nie."
|
 |
Miniseminaar: Sterretjie gedenk aan my
Jean Meiring
Seminare en essays
Jean Meiring oor Stella Blakemore in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era": "Al die aanklagte ten spyt dat sy die patriargie en die Afrikanernasionalisme ter wille was, het Stella se stellinginname oor ras en dies meer ná dekades in die buiteland in baie opsigte in skrille kontras gestaan met wat mense plaaslik gedink en gevoel het."
|
 |
Stemdag in Amerika
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Die fout wat ons maak, en die fout wat die Amerikaners maak, is om te glo demokrasie beteken mense moet stem. In sommige lande is dit selfs verpligtend vir stemgeregtigdes om te stem. Maar dis glad nie wat demokrasie beteken nie. Demokrasie op sy eenvoudigste beteken dat mense hulle stemreg vry van intimidasie kan uitoefen. Dit beteken ook dat mense die vryheid het om teen hulle eie beste belange te stem."
|
 |
China’s President Xi: Crossing the Rubicon
David Willers
Opinion
"But crossing the Rubicon, as always, carries risks. PW Botha lasted a few years more, Julius Caesar had his Ides of March moment not long after – and Xi Jinping?"
|
 |
Albie Sachs, van beeldbestormer tot ikoon, en sy sagte plek vir Afrikaners
Jean Oosthuizen
Menings
"Dit was die Afrikaanse digter Uys Krige wat oudregter Albie Sachs indirek aangespoor het om hom by die vryheidstryd teen apartheid aan te sluit. So het Sachs die afgelope naweek vertel tydens ’n FilosofieKafee-gesprek ('From iconoclast to icon') by die Breytenbach Sentrum in Wellington. Sachs het uitgebrei oor sy lewe en drome in die jare van die anti-apartheidstryd en hoe dit gebeur het dat hy so ’n sagte plek vir Afrikaners het."
|
 |
Albie Sachs oor Afrikaners
Suzette Mckerron
SêNet-briewe
"Albie Sachs, wat deur ’n bom uit Afrikanergeledere vermink is, het my en mede-Afrikaners Vrydagaand trots Afrikaans gemaak toe hy oor Afrikaners gepraat het as mense wat ook vir geregtigheid gestaan het."
|
 |
Wasdaggedoentes
Elise Bishop
Rubrieke
"Ai, my dierbare ouma was darem so vol geite. As sy eers met die pink candlewick gown en die plastic showercap op haar high heel slippers, met supports in virrie dropped arches, die gang afgestap kom met ’n towel gedrape oorie arm, het jy geweet dis bathtime vir Ouma."
|
 |
Persvrystelling: Bekendstelling van "Die algemene demografie van Afrikaans (2022)"
Afrikaanse Taalraad
Die Afrikaanse Taalraad-portaal
Afrikaanssprekendes krimp as ’n persentasie van die land se algehele bevolking, wat hulle bedingingsmag teenoor die staat verminder. Terselfdertyd verskuif die groeiende meerderheid van bruin/swart teenoor wit Afrikaanssprekendes toenemend die magsbalans binne die taalgemeenskap en skep daarmee nuwe uitdagings wat die sprekers sal moet hanteer. Volgens die verslag steek Engels – gevoed deur al die inheemse tale – reeds in 2022 vir Afrikaans, die derde grootste taal in die land, verby.
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
Kan die akademie uitnemendheid oorleef?
Andrew Nash
Universiteitseminaar | University Seminar
(2022)
"Die kwessie van die ontwikkeling en voortbestaan van Afrikaans is verbind met die kwessie van globalisering en in die besonder die strewe na sogenaamde uitnemendheid. Engelstaligheid word juis gevier as dit wat globale deure oopmaak, en natuurlik ook toegang tot hoër plekke op die globale ranglyste." Lees hierdie voordrag wat vanjaar by die Toyota US Woordfees gelewer is.
|
 |
Verengelsing van hoër onderwys kom wêreldwyd voor
Elkarien Fourie
Academisch
(2021)
"Die internasionale verskynsel van die verengelsing van hoër onderwys was onlangs die onderwerp van ’n virtuele konferensie gereël deur die afdeling ICLHE (Integrating Content and Language in Higher Education) van die Universiteit van Maastricht (UM) in Nederland. Die doel van ICLHE is die uitruil van standpunte, ondervinding, inisiatiewe en navorsing oor die raakvlakke tussen inhoud en taal van kursusse in hoër onderwys. Akademici uit lande so uiteenlopend as Hongkong, België, Mexiko, Korea en Suid-Afrika het deelgeneem."
|
 |
Opperlandse overpeinzingen van een neerlandist
Yves T'Sjoen
Academisch
(2020)
"Het Nederlands staat onder druk. Op school, aan de universiteit. De studie van het Nederlands kan alleen 'wervend' zijn indien ze wordt ondernomen met oog voor culturele diversiteit en meertaligheid, als deel van Global Studies en met een kritische kijk op de wereld, met aandacht voor maatschappelijke en culturele contexten vandaag."
|
 |
Ook als neerlandicus ben ik dol op internationalisering
Lotte Jensen
Academisch
(2018)
"Kern van het probleem blijft zo dat internationalisering te smal wordt opgevat en gereduceerd wordt tot het overgaan op Engelstalig onderwijs. Internationalisering betekent ook: het erkennen van de meerwaarde van meertaligheid op bachelor- én masterniveau. Nederlands studeren in het buitenland en het aantrekken van buitenlandse studenten die hun kennis van de Nederlandse taal en cultuur willen vergroten, dat is net zo goed internationalisering."
|
 |
Verengelsing en taalbeleid in het hoger onderwijs
Gijsbert Rutten
Academisch
(2018)
"Tegelijk is de verengelsing van het hoger onderwijs uitgegroeid tot een centraal thema in de publieke opinie. Misschien komt er eindelijk ruimte voor een degelijk taalbeleid. Dan moeten we wel de argumenten goed op een rij hebben, en in ieder geval ook onderscheid maken tussen onderzoek en onderwijs."
|
 |
Kollokwium oor Afrikaans 2022 (Universiteit Gent, België)
Milton Webber
Academisch
Die sewende Kollokwium oor Afrikaans in Gent is onlangs in die Boekentoren-kampus aan die Universiteit van Gent in België gehou. Die byeenkoms is deels aanlyn en deels op die kampus gehou. Vanjaar se temas was "Die taalkundige studie van Afrikaans in die jaar 2022: nuwe databronne, nuwe metodes" en "Klimaatfiksie – dialoë oor klimaat en omgewing in Afrikaans en Nederlands".
|
 |
Regter kap na Afrikaans by US, maar DA meen dis verregaande
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Khampepe sê in haar verslag van 184 bladsye op grond van al die bewyse oor die spanning en probleme wat deur die universiteit se meertalige taalbeleid geskep word, moet die universiteit dit oorweeg om hierdie beleid te hersien om die moontlikheid van taaluitsluiting deur die voorkeur van Afrikaans uit te skakel."
|
 |
Diversiteitsdebakel by skool laat gemoedere steeds hoog loop
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Gemoedere loop steeds hoog oor ’n voorval by die Fish Hoek High School in Kaapstad waar leerlinge na bewering getraumatiseerd is as gevolg van sogenaamde diversiteitsopleiding waar hulle glo onder andere wysgemaak is dat slegs wit mense rassisties kan wees."
|
 |
Konstitusionele Hof sal oor omstrede padverkeerswet beslis
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die grondwetlikheid van die omstrede voorgestelde Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersmisdrywe (Aarto) sal op 15 November deur die Konstitusionele Hof aangehoor word. Die regering wil met die wet ’n enkele nasionale stelsel skep om padverkeer te reguleer, wat die eksklusiewe wetgewende bevoegdheid van provinsies om dit te doen wegneem."
|
 |
Breytenbach notitie #7: Vraaggesprekken met Breytenbach in het Vlaamse weekblad HUMO
Yves T'Sjoen
Meningen
"Interessant zijn Breytenbachs beschouwingen over de verhouding tussen poëzie en politiek activisme: 'Politiek is de kunst van het mogelijke, kunst is de noodzaak van het onmogelijke' én 'Ik vind niet dat het de rol van de kunstenaar is politiek actief te zijn'. Opmerkelijk is dat in beide vraaggesprekken in HUMO met Breytenbach net die politieke overtuiging en zienswijze en nauwelijks of niet het creatieve werk aan bod komen."
|
 |
Die land van vuur en ys
Maryke Roberts
Reizen
As jy die land van vuur en ys in die Noord-Atlantiese Oseaan aan die voete van Groenland besoek, moet jy natuurlik albei ervaar: vuur en ys, skryf Maryke Roberts ná tien magiese dae in dié ongerepte wildernis.
|
 |
Persbericht: Haagse Literatuurprijzen 2022 toegekend
Voertaal
Literatuur
In het radioprogramma Kunststof zijn de winnaars bekendgemaakt van vier belangrijke Haagse Literatuurprijzen. Het Literatuurmuseum organiseert de toekenning en de uitreiking van de Haagse Literatuurprijzen.
|
 |
Uitnodiging: Werkgemeenskap Pretoria – lesing deur Ronel Callaghan
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nooi alle belangstellendes hiermee hartlik uit na ’n aanlyn lesing wat aangebied word deur die SA Akademie se Werkgemeenskap Pretoria. Die tema is "Opvoedkundige tegnologie: eksperimenteer, leer, transformeer".
|
 |
Graad 10: Wiskundevraestel en memo, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en droom jy daarvan om eendag sakke vol geld te maak? LitNet se raad is om eerste hierdie eksamen deur te kom. Hierdie vraestel deur Lee-Ann West sal jou met die voorbereiding van die vierde kwartaal se Wiskunde help (en sommige van die vrae handel boonop oor sinvolle beleggings vir die toekoms).
|
 |
Reguit met Robinson: Die ANC se miljardêrs
Freek Robinson, Pieter du Toit
Skrywersonderhoude
In 1985 was Suid-Afrika bankrot onder PW Botha se bewind. Hoekom het groot sakeondernemings toe na Lusaka gevlieg om die ANC te sien? Freek Robinson vra Pieter du Toit, skrywer van The ANC billionaires, oor die omstrede verhouding tussen kapitaal en die ANC voor, tydens en ná die land se oorgang na demokrasie. Hy wil ook by Du Toit weet oor die nuwe elite en die ANC se kultuur van beskerming.
|
 |
Om lekker boeke vir die klaskamer te maak
Estelle Kruger, Marieta Nel
Skrywersonderhoude
"My opdrag was om lekker boeke vir die klaskamer te maak – boeke wat werklik ’n verskil gaan maak. Dit is die lekkerste werk ooit en ek kan nie glo dat ek daarvoor betaal word nie."
|
 |
Die lekkerlag-pretboek: ’n onderhoud met De Wet Hugo
Naomi Meyer, De Wet Hugo
Skrywersonderhoude
"Dis 100% geskik vir ’n lang rit in ’n motor of ’n vakansie waartydens niggies en neefs mekaar uiteindelik weer na ’n lang tyd sien. En dit kan selfs aan die begin van die skooljaar in die klaskamer gebruik word as ysbreker op die eerste dag."
|
 |
The African Library: An imperfect blessing by Nadia Davids
Annie Gagiano
Books and writers
"Published by Umuzi, its extended narrative provides a vividly localised image of community life in Walmer Estate, an area of Cape Town that is set on the slopes of Table Mountain, most of whose adult and older occupants have haunting memories of District Six ..."
|
 |
Dryf deur Cecilia Steyn: ’n resensie
Henriëtte Loubser
Resensies
"Met Dryf vestig Steyn haarself as ’n bedrewe, veelsydige skrywer en verras sy lesers van haar heerlike liefdesverhale met ’n uitdagende en bevredigende speurverhaal. Dryf is ’n verhaal wat die leser mag bybly en laat nadink oor die vervlegtheid tussen mens en natuur en oor hoe lank dit nog moontlik sal wees om onbevange in die see te kan dryf asof jy 'tussen skitterende sterre sweef'."
|
 |
’n Nuwe asemteug vir Afrikaanse beginnerskrywers
Heindrich Wyngaard
Menings
"Dit is deur sy toedoen dat Saterdag se geleentheid by SASNEV plaasgevind het, in ’n volgepakte vertrek, waar ’n nuutste bundel – in dié geval nie verhale nie, maar gedigte – bekend gestel is. Die titel is Woordenaars, ’n bundel wat Nancy H Kleinbaum (Dead Poets Society) se stelling vergestalt dat mense nie poësie lees en skryf omdat dit 'oulik' is nie: 'We read and write poetry because we are members of the human race.'"
|
 |
Persverklaring: Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2023
LitNet
Boeke en skrywers
Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die sewende toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs. Hierdie beurs, befonds deur ’n ruim bemaking van wyle Marjorie Wallace, wil hoofsaaklik ’n belowende of gevestigde skrywer in staat stel om vir ’n jaar lank te fokus op ’n projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans. Aansoeke moet die universiteit teen Maandag 28 November 2022 bereik.
|
 |
Die Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2023: ’n onderhoud met Steward van Wyk
Naomi Meyer, Steward van Wyk
Onderhoude
"Uit my ervaring met die keuring is dit belangrik dat aansoekers ’n deeglike voorstel voorberei waarin hulle aandui dat die boekprojek goed deurdink is, haalbaar is en binne die gegewe tyd voltooi kan word. In die gees van Rabie en Wallace se vernuwende en inspirerende kreatiewe werk kan dit dui op verruiming en kritiese omgang met die diskoerse van ons tyd."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2022
PEN Afrikaans
Boeke en skrywers
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
EKM Dido (1951–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
“Ek droom van ’n dag wanneer die liefde vir inheemse boeke soos ’n veldbrand deur die land sal versprei; en al my mense dit sal kan bekostig om met geleesde boeke op hulle ‘sideboards’ te spog.”
|
 |
Bargain Books-kompetisie: Jy kan twee liplekker kookboeke wen!
Bargain Books
Boeke en skrywers
Moenie Bargain Books se flink-uit-die-vere Kersaanbod misloop nie! Doen jou geskenkinkopies in November en kry ’n verdere 10% afslag op die reeds afgemerkte, geselekteerde Kersfeestitels! Plus, jy kan Die demokratiese republiek van braai 2 deur Jan Braai en Carmen Niehaus se Lekker & goed wen!
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Bootjie van papier
Margaret Cordier
Poësie
"wanneer water in leivore loop
voel ek my eens weer klein
in ’n bootjie van papier"
|
 |
Uitgetrap
Madeleine Venter
Poësie
"my dink loop verward
die draaie met my
wat jy uitgetrap het"
|
 |
Vlugvaart
Caren Kearley
Poësie
"vlug sy na binne
daar waar die sagte rimpelings
van haar hartklop
nog in die skemer kan dans."
|
 |
'n Gebed en die wasmasjien
Stanley Cierenberg
Fiksie
"Ek kyk na haar, dan na die twee wasmasjiene en lag.
'Jy moenie lag nie, dis waar.'
'Is waar, Ousus, ons mense moet tog leer om reg te bid. Dinge kan soveel beter wees.'"
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|