|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 818
25/09/2020
|
Krities Afrikaans
|
The lie of 1652
Author: Patric Tariq Mellet
Publisher: NB Publisers
ISBN: 9780624089704
In this radical critique of established pre-colonial and colonial history, Mellet centres land dispossession, the destruction of livelihoods and the brutality of slavery in South Africa. Drawing on scholarly work and his own experience of searching for identity, Mellet provides a bold new perspective on the loss of land and belonging. |
 |
|
 |
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Theo Kemp
Naomi Meyer, Theo Kemp
Skrywersonderhoude
"Met Skool het ek berekend gewerk: Ek was vir ’n kort rukkie in die onderwys en ek wou met verbetenheid die skoolstelsel, en hoedat ons kinders in die steek gelaat word, ontbloot. Strafjaart het regtig na my toe gekom."
|
 |
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Carel van der Merwe
Naomi Meyer, Carel van der Merwe
Skrywersonderhoude
"Die doel van ’n biograaf is natuurlik om kliniese feite bloot te lê, maar dit is nie naastenby genoeg nie, want ’n biografie wat net daaruit bestaan, sou baie vervelig wees. ’n Biograaf se taak is om vlees en bloed aan sy of haar subjek te gee."
|
 |
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: commendatio – fiksiewenner
LitNet
Boeke en skrywers
"Zirk van den Berg se Ek wens, ek wens het die tydloosheid en betowering van ’n moderne sprokie. Enersyds is dit herkenbaar eietyds; andersyds byna argetipies in die verkenning van oervrese en -begeertes."
|
 |
kykNET-Rapport-boekpryse 2020: commendatio – niefiksiewenner
LitNet
Boeke en skrywers
"Carel van der Merwe se Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen is ’n biografie wat geskiedskrywing benader op ’n wyse wat nie dikwels voorkom nie: Daar is die ontluistering naas die verering asook ’n deeglike besinning oor die nalatenskap van ’n generaal en algemeen aanvaarde held uit die Anglo-Boereoorlog met ’n flambojante én skunnige lewe."
|
 |
Donker web deur Fanie Viljoen: ’n resensie
Anke Theron
Resensies
"Die kuberruim met al sy wonders en gevare was die laaste paar maande gereeld in die kollig met COVID-19 en die grendeltydperk. Almal moes leer hoe om deur die internet vergaderings te hou, met geliefdes te kommunikeer en kinders wat tuis moes probeer leer. Hier is dus iets vir lesers van enige ouderdom."
|
 |
Plek van poue as Gotiese roman
Gerda Taljaard-Gilson
Resensies
"Die Gotiese roman is nie net veronderstel om 'genotvolle verskrikking' te bied aan lesers met ’n morbiede fassinasie met die dood en die makabere nie, maar die Gotiek spreek ook dikwels op indirekte wyse sosiale euwels aan."
|
 |
Ons erfenis: Internasionale boekklub soek naam
LitNet
Boeke en skrywers
Lesers wat belangstel in letterkunde wat die grense oorspoel, of wat graag wil deur die blaaie van boeke wil reis, word genooi om te deel in ’n boekklub wat geskep word om jonger lesers in Suid-Afrika bekend te stel aan Nederlandstalige boeke. Ons soek ook ’n naam vir dié klub.
|
 |
Wini se Krismisboks vol stories!
Melt Myburgh, Wini Esterhuizen
Skrywersonderhoude
"Ek glo mos ’n mens moenie sonde in alles probeer sien nie. As jy ’n vurk sien lê, is daar nie noodwendig ’n duiwel naby nie!"
|
 |
Praktiese wenke om lees te bevorder
Fanie Viljoen
Boeke en skrywers
In hierdie video, wat gemaak is om geletterdheid te bevorder tydens die COVID-krisis, gee Fanie Viljoen praktiese wenke om lees te bevorder. Dit is tegnieke wat hy toepas wanneer hy skole besoek.
|
 |
Finding architectural heritage in Hidden Pretoria
Penguin Random House South Africa
Books and writers
The architectural heritage of Pretoria embodies the interaction between people, place and politics that shaped the city over time within its particular historical and geographical context. Hidden Pretoria places the buildings of our capital city in the spotlight. Although Pretoria often receives less attention than Cape Town and Johannesburg, its architecture is equally remarkable and its history is central to the broader South African narrative.
|
 |
#MissieErfenis2030
Lidia Rauch
Menings
"Die waarheid is dat ons Erfenisdag as Braaidag gedoop het en dit dalk so begin aanvaar het. Daar is wel niks fout met ’n stukkie braai nie, en dit is beslis wat ons as Suid-Afrikaners saam bind, maar dit kan soveel meer as dit wees. Dis ’n uitnodiging om nie net ons eie kultuurerfenis te vier nie, maar ook werklik van mekaar te leer."
|
 |
Ons leef in Suid-Afrika asof ons nie ’n verlede het nie
Anita Jonker
Menings
"Dit het my onkant gevang dat die WVK-verhore weer by my kom spook het toe mediaberigte my laat voel het gewone mense moes nou kies tussen Black Lives Matter en weerlose mense wat op plase vermoor word."
|
 |
British Settlers and South African identity
Rodney Warwick
Opinion
"But the English language’s South African origins obviously have emphatic historical roots, with the language arriving via historical processes and people with a culture manifested in innumerable forms, most long shared across communities from origins other than British. Like Hermann Giliomee has explained in his magisterial Die Afrikaners, people are entitled to their historical story, warts and all."
|
 |
André Duvenhage: Dís die ergste wat met SA kan gebeur
Melt Myburgh, André Duvenhage
Onderhoude
"In Suid-Afrika is politiek inderdaad ’n spel wat handel oor mag, oorlewing en bevoordeling, en jaloesie en afguns eindig dikwels met die dood. Die laaste skoot in hierdie geveg is nog nie gevuur nie en Ramaphosa se rug is baie oop."
|
 |
Digitale dood
Nini Bennett
Rubrieke
"Teen 2012 was daar reeds 30 miljoen afgestorwe Facebook-gebruikers op dié gewilde sosiale-media-webtuiste. En teen 2100 sal daar na raming 4,9 miljard oorledenes op Facebook wees, wat mens dadelik aan ’n reuse-Facebook-begraafplaas laat dink."
|
 |
Trump se Amerika vs Hitler se Duitsland: enige verskil?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Daarom dat Trump se opkoms my nie juis verbaas het nie. Hy spreek tot die vooroordele wat ’n groot groep van sy landgenote deel. Hy gee toestemming vir hul rassisme om tot volle wasdom te kom."
|
 |
Afrikaans: Taal van my voorouers, my familietaal!
Merlyn van der Rheede
Die Afrikaanse Taalraad-portaal
"Ons huidige regering het 25 jaar later nog geen daadwerklike poging aangewend om ons Afrikatale te ontwikkel nie. Dis dan juis die rede waarom derduisende leerders onderrig in ’n tweede of soms derde taal ontvang."
|
 |
Persverklaring: WAT se handelsnaamkompetisie
LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal
Die WAT hou ’n kompetisie vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam en inskrywings sluit op 30 September. Eienaars van ondernemings of produkte met Afrikaanse name word genooi om in te skryf.
|
 |
Achmat Dangor: 1948–2020
Mike Nicol
In memoriam
"For 50 years, Achmat Dangor was one of the constant voices of South African literature, a voice that told what it was to live in apartheid South Africa and in the new country as it struggled to gain an identity."
|
 |
Danny Titus (19 Mei 1957 – 18 September 2020)
Hein Willemse
In memoriam
"Ons het op ’n ander uitkoms gehoop, tog het ons stilweg geweet dat die einde onvermydelik is. Nogtans was die berig wat ons laataand, 51 dae later, op 18 September 2020 gekry het, ’n skok."
|
 |
Huldeblyk aan Danny Titus
Danie van Wyk
In memoriam
“Hy was ’n taalaktivis wat nooit geskroom het om die saak van Afrikaans te bevorder nie. Danny was ’n regsgeleerde, ’n menseregtekommissaris, ’n stryder vir die regte van vernalate Afrikaanssprekers om hul plek aan die Afrikaanse tafel as gelykes in te neem en saam as vennote die saak van Afrikaans te bevorder en te ondersteun.”
|
 |
Persverklaring: Die ATKV groet ’n groot gees
LitNet
In memoriam
Die afgelope 12 jaar het Danny Titus hom beywer vir taal en kultuur. Saam met die ATKV het hy Afrikaans toegankliker en inklusiewer gemaak en daarvoor sal hy onthou word.
|
 |
In memoriam: Gabriël (Gawie) Fagan (1925–2020)
Amanda Botha
In memoriam
"Fagan was ’n veelkantige mens wat nie in ’n enkele definisie pas nie. Hy was iemand wat nie vir ’n uitdaging geskroom het nie en altyd met geesdrif en ywer nuwe projekte aangepak het."
|
 |
Bonteheuwel se tannies: Erfenis, Afrikaans en stories
Japie Gouws
In memoriam
"Die twee tannies se verhaal gaan oor veel meer as net resepte. Dit is die vergestalting van ’n visie oor nasiebou, verdraagsaamheid, van erfenis, van Afrikaans, van respek, diensbaarheid, van stories. Van hoe ons is."
|
 |
Stories van duskant die Kasteel
Elsabé Brits
Literatuur
"In die hartjie van Kaapstad lê van die interessantste stories oor die eerste plase, geboue en die mense wat daar geleef en gewerk het. Jy moet net weet waar om te kyk en ’n bietjie gaan kers opsteek by dié met kennis oor plekke soos die plase wat destyds agter die Kasteel was – waarvan een uiteindelik Distrik Ses geword het."
|
 |
Danny Titus (1957–2020): Nederland verloor ’n vriend
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Die verwerwing van sy doktorsgraad in die regte (LLD), ook aan die Rijksuniversiteit Leiden, het die weg voorberei vir ’n rol in die akademie en uiteindelik tog ook, hoewel ompad langs, ’n betrokkenheid in internasionale verhoudinge en diplomatieke praktyk in strukture van die Verenigde Nasies vir die belange van inheemse volkere."
|
 |
Cele ontketen ’n storm met uitlatings oor plaasmoorde
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die minister van polisie, Bheki Cele, het hom vasgeloop teen ’n golf van woedende kritiek uit die landbougemeenskap, burgerlike organisasies en politieke partye oor sy stelling dat plaasmoorde nie prioriteitsmisdade moet wees nie."
|
 |
Zondo verloor geduld met Zuma se verskonings
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Zuma was veronderstel om dié week voor die kommissie te getuig, maar het allerlei verskonings aangevoer waarom dit nie vir hom moontlik is om voor regter Zondo te verskyn nie. By ’n vorige verskyning het Zuma ook gedreig om nie verder deel te neem nie, omdat hy na bewering doelbewus in ’n swak lig geplaas word."
|
 |
"Liefde love uthando" vier Suid-Afrika se diversiteit in Erfenismaand
Marli van Eeden, Bouwer Bosch, Freddy L, Gazelle
Onderhoude
"Ons lewe in ’n unieke land met soveel kulture en tale. Dit sorg vir baie ryk en mooi dinge in die kunste asook net vir daaglikse interaksies met ander, maar ongelukkig is daar ook kere wat ons so geheg is aan ons eie kulture dat ons vergeet dat ons almal Suid-Afrikaners is."
|
 |
Filmresensie: Mulan
Cliffordene Norton
Film
"Ek is effens teleurgesteld in die film, want my verwagtinge was baie hoog. Die fliek is goed, maar ek het bly hoop vir treffende tonele wat teen die mooi omgewing kon opweeg."
|
 |
Nóg ’n kerkhof?
Louis du Plessis
Poësie
"Buite Santa Croce in Florence
verwelkom Italiaanse digkuns ons:
troon Commedia
se Dante"
|
 |
Ghazal
Margaret Cordier
Poësie
"haar mond lag en soel gelaat
rok waai ’n wit vlag oor Beiroet"
|
 |
Dubbelbindkind
Natasha de Lange
Poësie
"liefde wat straal, skeur
’n prentjie rooskleurig met bloed besmeer
en die raam skeeftrek met hamer en soen"
|
 |
Gehawende reënboog
Anzé Bezuidenhout
Poësie
"die son het vandag halfmas gehang
eenkant geskerf en gebroke
lê die spikkels van ’n donker"
|
 |
Koggelroep
Anzé Bezuidenhout
Poësie
"maar die wind het my vel geskroei
onwillekeurig het my voete pad gevat"
|
 |
Woordbokkoms
Anzé Bezuidenhout
Poësie
"soos bokkoms
lê die woorde brak
op my tong"
|
 |
Elders gesien: Die ATKV groet Danny Titus
Susan Smith
Elders gesien
"Ons gaan jou mis dr Titus, en groet jou met groot respek en groot dankbaarheid vir die verskil wat jy gemaak het en die lewens wat jy geraak het."
|
 |
Elders gesien: Elke boksie getick vir COVID-19
Trisa Hugo
Elders gesien
"Nou eers hoor ek van hoeveel mense in my dorp dit het / gehad het. Mense praat nie. Hoekom nie? Ek weet waarom ek my nie laat toets het nie, ons isoleer bloot en bly binne."
|
 |
Elders gesien: Afwesigheid van realiteit op televisie
Mercy Kannemeyer
Elders gesien
"Ek het in alle eerlikheid genoeg gehad van Afrikaanse stories waar bruin en swart mense slegs as die huishulp of skoonmakers feature. In 2020? Mis my met hierie afwesigheid van realiteit."
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|