Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 798

07/05/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: O Brose Aarde

Pasverskyn

Help! My kind is anders

Skrywer: Christien Neser
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799396300

Om ’n tipiese kleuter groot te maak is geen grap nie. Hoe dan gemaak as jou kind "anders" is? Wat doen jy as hy hiperaktief en aandagafleibaar is? Wat doen jy as jy vermoed sy’s op die outismespektrum? Hoe gemaak met lae spiertonus en ’n swak pengreep? Wat doen jy as hy ’n taalagterstand het, lispel of hakkel? En sê nou sy het nie leerprobleme nie, maar sukkel met angs? In Help! My kind is anders beantwoord ’n span kundiges dié en vele ander vrae waarmee ouers vandag worstel. Is terapie werklik nodig of net ’n geldmaakstorie? En waar begin ’n mens as jy dink daar is fout?

Menings

O Brose Aarde – ’n Misorde vir die Nuwe Verbond

Antjie Krog
Musiek

Antjie Krog se MI(SA), wat in 2019 by die Toyota US Woordfees uitgevoer is, se boodskap is in die tyd van die koronapandemie toepasliker as ooit tevore. Die digter het die volledige Afrikaanse teks en klankopnames waarin sy gedeeltes voorlees, eksklusief aan LitNet beskikbaar gestel.

On the front line: An interview with Abdul Karrim Matthews

Olivia M Coetzee, Abdul Karrim Matthews
Opinion

"We need another 30 days of a hard lockdown, at the very minimum. But then, the state must supply food for the masses of hungry citizens, and do it now."

E-boeke: Afrikaans word "dood gesteel"

Melt Myburgh
Boeke en skrywers

"Sommige beskou hulleself as Robin Hood-figure wat van die rykes (dis nou skrywers) steel en vir die armes uitdeel; hulle weet natuurlik hulle is rowers, hulle het dit net gerasionaliseer."

Beskerm die sekerheid van jou video-oproepe

Basie von Solms
Seminare en essays

"’n Ander moontlikheid is dat jou mededinger toegang verkry tot jou vertroulike videovergadering, maar net eenvoudig 'onsigbaar' bly en so moontlik al jou sensitiewe inligting kan bekom – ’n geval van ’n elektroniese vlieg teen die muur."

Die invloed van obesiteit op pasiënte met COVID-19-infeksie

Dawie van Velden
Seminare en essays

"Die pasiënt se samewerking word nou ’n belangrike faktor om sy weerstand teen infektiewe siektes te verhoog sonder onnodige en potensieel nadelige medisyne. Uiteraard behels hierdie benadering positiewe motivering vir die pasiënt om betrokke te raak by sy eie genesing en behoud van gesondheid."

Law for All writing competition – an interview with Jackie Nagtegaal

Naomi Meyer, Jackie Nagtegaal
Interviews

"A happy story presents an ideal. A happy story becomes a beacon that beckons us forward – it asks us to make it real."

Competition: Write the future, right the wrongs

LitNet
English

Law for All, a company dedicated to fighting for equality and justice, calls on South Africa’s creative minds and wordsmiths to enter a competition to help imagine a future world where everyone has access to justice and legal recourse. The winner will walk away with a R10 000 cash prize.

Hokaai met jou barmhartigheidsprojek!

Frederik Rudolph van Dyk
Rubrieke

"Mense moet egter bedag wees op wat die reg van ons verwag wanneer ons die publiek vir geld vra. Ek het reeds met ’n paar kennisse en vriende gesels en namens hulle navorsing gedoen oor die regsimplikasies van fondsinsameling."

Post-COVID-19

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Hoe gaan die lewe daarna daar uitsien? Gaan die manier waarop ons sosiaal verkeer ingrypend verander, of gaan ons soos sediment in ons ou, bekende groewe teruggly?"

COVID-19: Ongelykhede in die onderwysstelsel

Danie van Wyk
Seminare en essays

"Wat ons egter móét weet, is dat Suid-Afrika die mees ongelyke samelewing in die wêreld is, met twee wêrelde – die een wat die rykes verteenwoordig, en die ander die armstes van die armes. Hierdie twee wêrelde is onvergelykbaar. Wat in een skool as vanselfsprekend aanvaar word, is by ’n ander skool ’n uitdaging."

Jou grendeltyd: Liewe Koos!

Karien Brits
Menings

"Ek het al briewe vir Koos vóór COVID-19 begin skryf. Ja, my tas het ’n naam (en sy eie persoonlikheid!). Ek vertel vir Koos van al my reise voordat hy my tas geword het, en ook van al ons avonture saam. In hierdie tyd word my briewe ’n heerlike ontvlugting na my reisherinneringe en -skandes."

Legkaartbou en brei in die grendeltyd

Jeanette de Klerk-Luttig
Menings

"Daar is ooreenkomste tussen legkaartbou en brei, byvoorbeeld jy kan nie droogmaak en dink jy gaan daarmee wegkom nie."

Vergewe die letterkunde alles?

Lynné Schoeman
Menings

"Die Franse skrywer Gabriel Matzneff het miskien so gedink. Hy het immers nooit ’n geheim gemaak van sy voorkeur vir seks met minderjariges nie ..."

Nou in die verlede: die Foxstraatbeleg

Jako Bezuidenhout
Rubrieke

"45 jaar gelede was Foxstraat die middelpunt van waarskynlik een van die mees bisarre gyselaardramas in die geskiedenis van Suid-Afrika."

Heildronk

Jitsvinger
Rubrieke

"Vegters teen die pandemie in die loopgrawe wat die vaandel dra as noodsaaklike werkers, soos gesondheidsdienswerkers, rampbestuurders, trokbestuurders wat die risiko loop om in hoërisikogebiede deur lede van die publiek geplunder te word … Daar is gans te veel om te noem wat nie erkenning kry nie. Die artikel is vir elkeen van hulle."

Tweetaligheid kon in hierdie tyd vir die Universiteit Stellenbosch ’n onbedoelde voorsprong gegee het

Koos Holtzhausen
SêNet-briewe

"As US die Katelane se voorbeeld gevolg het, was hulle gerat vir afstandsonderrig. Verlede jaar se lesings sou (tweetalig!) beskikbaar wees op die web."

André Carl van der Merwe se roman Moffie herbesoek

Pieter Redelinghuys
SêNet-briewe

"Nou ja liewe lesers, nou wonder ek regtig of dit nie liewer beter sou gewees het destyds om al die kweekskole in Suid-Afrika permanent te sluit nie – en ook sommige kerke – as dit dan die Christelike boodskap was wat vir jong mense verkondig is."

Kwarantynketting

Kwarantynketting: "As whiskey en kombuisseks ’n gewoonte raak" deur Erla-Mari Diedericks

Erla Diedericks
Kwarantynketting

Die tema wat hier bespreek word is volwasse inhoud. "Ek drink elke oggend whiskey in my koffie en ek is so besig met seks dit kom by my ore uit."

Kwarantynketting: "Eers die ritme, later die woorde" deur Cas Wepener

Cas Wepener
Kwarantynketting

"Vir my is dit nog heeltemal te vroeg om woorde te hê vir die kwarantyntyd. COVID-19 laat almal tans deur ’n landskap reis waar nuwe ervarings opgedoen en onbekende ritmes beleef word. Wat die woorde ook al gaan wees om hierdie landskap mee te karteer, dit kan ons nog nie weet nie; wat wel seker is, is dat die ervarings en die ritmes nou van belang is om dit sinvol te kan doen."

Kwarantynketting: "Die padda, die muis en …" deur Cas Vos

Cas Vos
Kwarantynketting

"Wat kan ons wel doen? Ons kan binnenshuis met mekaar praat, hartlangs praat en eet en slaap. En ons kan ook nog lees en ons in fabels verlustig. Miskien kan die onwerklike nog werklik word. Ek het aan Eusopus die mistieke fabeldigter gedink. In een van sy bekendste fabels praat ’n muis met ’n padda."

Nou op Voertaal

Sjef rol nou moue vir kosskema op

Maryke Roberts
Actueel

"’n Span van 200 vrywilligers werk nou daagliks saam met Margot Janse om meer as 500 kospakkies gereed te maak vir weeklikse aflewering. Die skole in Suid-Afrika is al vir bykans sewe weke gesluit en Isabelo se skoolvoedingsprojek kan dus nie normaal voortgaan nie; hulle wy hulle nou toe aan die Disaster Management Franschhoek-projek." Maryke Roberts gesels met die Nederlands-gebore sjef Margot Janse, wat al verskeie male as een van Suid-Afrika se top sjefs bekroon is.

Suid-Afrikaners is keelvol vir drakoniese inperkings

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die Verenigde Nasies (VN) se kommissie van menseregte het Suid-Afrika ook verlede week uitgesonder as een van die lande wat besig is om '’n giftige inperkingskultuur' te skep."

’n Suid-Indiese troue se kleurryke, kultuurryke tradisies

Ingrid van der Walt
Reizen

"Die bruid en haar aanstaande het ons maande voor die troue al begin voorberei. Maar niks kan mens werklik voorberei vir reis na ’n land soos Indië nie, en veral nie vir die ryk kulturele ervaring van ’n Indiese troue nie. Dit duur veel langer as ’n middag en ’n aand soos in Suid-Afrika. Dit is feestelik, groots, seremonieel en kleurvol – soos Indië self."

"The tangible power of language"

Cliffordene Norton, Maham Javaid
Literatuur

"My story explores the tenuous bonds between the female body, gender, and society. It describes the absurd bodily experience of being a brown woman by exploring the sexual lives of young South Asian people, the relationships young women nurture and destroy with parents and partners, and the mythical battle between modesty and objectification." Maham Javaid’s short story has been shortlisted for the Commonwealth Short Story Prize.

Tabakreus tree met die regering in gesprek

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"In ’n onverwagse wending het Batsa Woensdag aangekondig dat hulle besluit het om eerder met die regering in gesprek te tree oor die formulering en toepassing van die regulasies. Die groep sê hulle is bekommerd oor die sluikhandel in onwettige sigarette wat te midde van vlak 4 meer as ooit floreer."

Akademies en Skole

Graad 10: Wiskunde – voorbereiding vir die Junie-eksamen

Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 10? Wil jy nou al, in die inperkingstyd, begin voorberei vir die Junie-eksamen? Laai ’n gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann West hier af.

Graad 11: Besigheidstudies – Professionaliteit en etiese gedrag

Suné Williams
Notas, toetse en vraestelle

"Die land se wette beskryf onwettige gedrag, maar elkeen van ons moet self besluit wat reg en verkeerd is en watter riglyne om te volg om hierdie onderskeid te tref."

Graad 11: Besigheidstudies – Omskep sakeplan in aksieplan

Suné Williams
Notas, toetse en vraestelle

"Tydlyne, Gantt-kaarte en projekbeplanning is drie meganismes wat entrepreneurs kan gebruik om sakeplanne in aksieplanne te omskep."

Wenners van die Poort-skryfkompetisie 2020

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die algehele wenners van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se gewilde Poort-skryfkompetisie vir senior hoërskoolleerders is bekend gemaak. Lees hier wie die wenners is!

Boeke en skrywers

Vroue wat skryf, kan toor en tuinmaak

Deborah Steinmair
Rubrieke

"Virginia Woolf het gesê ’n vrou het ’n kamer van haar eie nodig. Dié van ons wat skryf, het vele kamers in ons kop en die drumpel word nooit deurgetrap nie."

Alwyn Roux in gesprek met Loftus Marais en Nachoem M Wijnberg

Alwyn Roux
NeerlandiNet

Hierdie artikel is ’n transkripsie van Alwyn Roux se gesprek met die veelbekroonde digters Loftus Marais en Nachoem M Wijnberg wat op 28 Januarie by Exclusive Books in Menlyn, Pretoria plaasgevind het.

Toyota US Woordfees 2020-gesprek oor Maverick Africans: The shaping of the Afrikaners

Albert Grundlingh, Hermann Giliomee
Toyota US Woordfees

"Vat apartheid – apartheid sou onmoontlik gewees het onder ’n ander kiesstelsel. In die Unie van Suid-Afrika het ons tot 1994 die Britse Westminster-stelsel gehad. Daar is eintlik net een reël: 'The winner takes all.' Dit werk eenvoudig nie in samelewings waar daar diep etniese en rasseverdelings is nie."

Skrywersonderhoud: Willem Krog oor Alleen onder die maan

Remona Voges, Willem Krog
Skrywersonderhoude

"Om op ’n plaas groot te word was ’n reusevoorreg, maar ’n ontsettende onreg teenoor die baie grondloses in ons land. Dit is hierdie teenstrydigheid wat die fassinasie bring, want hoekom is so ’n idilliese plek dan ook ’n onreg?"

"I had the character long before I had any kind of story"

Cliffordene Norton, Alboricah Rathupetsane
Books and writers

"The story was very personal to me, which made it both difficult and easy to write. But I would say the most challenging part was not getting carried away with words and making it fit within the 5 000 word limit." Alboricah Tokologo Rathupetsane’s short story has been shortlisted for the Commonwealth Short Story Prize.

Jan van Tonder (1954–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek wil skép, ek wil mense laat huil en lag. Ek dink dis die oudste sonde om soos God te wil wees. Om te wil skep."

Resensie: ’n Spook in die huis deur François Loots

Reinhardt Fourie
Resensies

"’n Mens se ervaring van die roman sal grootliks afhang van jou geduld met Kafkaägtige narratiewe truuks en surrealistiese beelde en gebeure."

Resensie: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

Reinhardt Fourie
Resensies

"Die storie handel opsigtelik oor die dood – ’n lykbesorger en die huiweringswekkende wêreld van die begrafnisbedryf – maar dit is eintlik verbasend gepas dat so ’n aardige narratief uiteindelik heelwat te sê het oor die lewe, ten spyte van sy bemoeienis met die dood."

Resensie: thomas@-boekreeks: Omnibus 1 en 2 deur Carina Diedericks-Hugo

Anke Theron
Resensies

"Hierdie boekereeks is seker een van die lekkerste reekse om tydens ’n nasionale grendeltydperk te lees."

Review: Sing down the stars by Nerine Dorman

Nikita Coote
Books and writers

"Though the sticker on the back may say 'Young adult', I am inclined to believe that the heroine’s age and childish mannerisms, as well as those of her friends, point towards a much younger target audience."

Life and times of Michael K: A reading experience during lockdown

Maditte Coornaert
Books and writers

"Michael K, seen by others as a simpleton with a harelip, outwits those who capture him by his passive resistance and his search for survival in a world in which we are eminently alone."

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2020

LitNet
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Leeskringe

Die Mabel Malherbe-leeskring is 80: Leeskringe in die tyd van korona

Monica Hammes
Leeskringe

"Die Mabel Malherbe-leeskring in Pretoria is vanjaar 80 jaar oud. As deel van die viering is ons besig om die geskiedenis van ons leeskring op te skryf." Lees Monica Hammes se eerste aflewering hier.

LitNet Akademies

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

LitNet
LitNet Akademies

LitNet Akademies se eerste uitgawe van 2020 is nou in PDF-formaat beskikbaar. LitNet Akademies publiseer geakkrediteerde navorsing in Afrikaans, en is gratis beskikbaar.

Leefstyl

COVID-19 and violin lessons for township children: an interview

Naomi Meyer, Maria Botha
Lifestyle and entertainment

"I believe that when those violins 'ring' outside and through the empty streets, even more than only these families can 'escape' this rude reality and feel comforted by music for a few magical moments!"

"Die onmiddellikheid van die verhoog is soos ’n dwelm" – ’n onderhoud met Nicole Holm

Remona Voges, Nicole Holm
kykNET Portaal

"Een ding lei na ’n volgende ding, so selfs al voel jy daai job betaal te min, of jy wil nie regtig stelle verf nie, dóén dit. Kom op enige manier in die kamer en dan kry jy dalk ’n sitplek by die tafel."

"The world is in flux. And this is where creativity lives."

Cliffordene Norton, Hennie van Greunen
Lifestyle and entertainment

"Any stressful time of change comes with gifts. These divergent experiences in our lives knock us all off-centre, and for creativity, off-centre is a very good place to be. We expect especially our fine arts and writing learners to engage actively with the pandemic with their daily situations."

Lockdown: Streaming content, part 2

Reney Warrington
Lifestyle and entertainment

"Most of us are under lockdown and turning to online entertainment ... So, I thought it would help for me to sift through the jumble by compiling a list of every title that a) I have ever reviewed positively and b) is available online. This is Part II of II."

A secret love (Netflix) – great story, but below average film

Reney Warrington
Lifestyle and entertainment

"It represents a certain group of people and a story worth telling, but it does so in a superficial, monotone manner that skims over possible interesting angles. It comes across as a pet project.

Die Boer vier sy 15de verjaarsdag

Margit Meyer-Rödenbeck
Teater

"En so vier die Boer-restaurant-teater in Durbanville sy 15de verjaarsdag in grendeltyd."

Nuwe skryfwerk

Doringrosie

Hennie Smith
Poësie

"’n virus sal die Prinses prik
almal stadig sterf
dorings oor jul groei
om die planeet te red."

’n Voorlopige belofte (vir ’n spoorlose padloper)

Caren Kearley
Poësie

"Ek gee vir jou ’n venster
wat uitkyk oor môre;
(ver verby gister en sy getalmde glans)"

Verstedeling

Carien Piek
Poësie

"ek vlug oor roesbruin spoorweë soos ’n koerslose meeu
sien weerkaatsings van myself in ’n betonreus se oë"

Lewensblus

Caren Kearley
Poësie

"Ek steek my hand uit lug in
en pluk ’n sluk vars asem
die aarde druk my vas"

Shakespeare (The sonnets)

Ferdi Wheeler
Poetry

"Adorable and romantically possessed,
but with good looks no longer blessed,
he still delighted in the liveliness of progeny"

Elders gesien

Elders gesien: Prakties se gat

Leoni Smit
Elders gesien

"Maar hierdie storie gaan eintlik oor my arme kinders en die pryse wat hulle lewenslank moes betaal vir my haat jeens dinge met praktiese labels."

Elders gesien: "Aan Eldaleen en Vrouekeur: Vat ’n buiging."

Frederik de Jager
Elders gesien

"Ek treur oor Vrouekeur soos oor ’n mens wat langbome toe is. Ek was so trots op die tydskrif, so trots daarop om vir hulle te kon skryf. Kyk net na die foto, ’n gideonsbendetjie mense wat weekliks ’n tydskrif uitbring. En hulle het glad soos ’n getunede enjin geloop. En ’n tydskrif van sulke gehalte."

Elders gesien: Oor die staat en magsbeheptheid

WIllem Mulder
Elders gesien

"Nooit weer kan ons toelaat dat een deel van ons staat ons rond laat val soos een wat dronk is van magsbeheptheid nie."

Seen elsewhere: The kindness of Cradock’s foreign traders

Chris Marais
Seen elsewhere

"There are around 200 shops, tiny to large, that are owned by foreign nationals in Cradock. Moved by the plight of hungry people around them because of the Coronavirus pandemic, they decided to collect money and use their buying power to purchase goods for food parcels."

Seen elsewhere: "A parent’s first task is keeping one’s child alive"

Lindie Koorts
Seen elsewhere

"It is that terrible fear you feel on that first night when you return from the hospital with your newborn: how do I keep this little thing alive? And sending them to school in the midst of a global pandemic, when infection rates are rising, and predictions are being made of tens of thousands of deaths by October, screams against one’s parental instincts."

Seen elsewhere: Influenza 1918

Fred Khumalo
Seen elsewhere

"The great South African composer RT Caluza wrote the song about the 1918 epidemic that killed hundreds of thousands of South Africans, the influenza. Imfuluyenza. Listen to the song, very evocative..."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved