|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 770
11/10/2019
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: ’n Gevoelige slag |
Kroonboek
Is ’n dorpie in die Oos-Kaap ver genoeg om weg te kruip vir die gevolge van apartheidsvergrype? Marietta, ’n sterk, karnivoriese vrou, en haar oudbrigadier-man verruil in 1997 die groen en pers weelde van Pretoria vir ’n vaal dorpswerf waar ’n handjievol skaap wei.
In 2017 voer die slagter se dogter vir haar vet seuntjie viennas terwyl haar pa in die agterplaas in ’n wendyhuis woon – opgevreet deur gangreen en die geweld van sy verlede.
Maar is dié twee vroue die slagoffers van die mans se wandade of die medeskrywers daarvan? Is almal se hande besoedel met bloed? En het waarheid en versoening enige betekenis?
Vleis word in hierdie boeiende roman geslag, voorberei en verorber. Die senings wat agterbly in tande wil maar nie wyk nie.
Titel: Die Slaghuis
Skrywer: Cas Wepener
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485310655
|
 |
 |
Terminologie en terminografie: ’n onderhoud met Mariëtta Alberts
Naomi Meyer, Mariëtta Alberts
Onderhoude
"Sommige terme is dalk verouderd, maar die ou vakwoordeboeke word nie bygewerk nie en gevolglik gebruik mense maar sommer die Engelse terme omdat hulle geredelik beskikbaar is. Dit is nie goeie nuus vir Afrikaanse vaktaal nie en dit was een van die redes waarom die handleiding geskryf is – gebruikers moet gemotiveer word om Afrikaanse terme te skep, te gebruik en te bewaar."
|
 |
Oor kritiek
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Dit beteken nie alle resensies moet positief wees nie. Reg benader kan selfs ’n negatiewe resensie ʼn leerproses vir skrywer en leser wees. Maar soms vergeet ons wat die doel van ’n resensie is."
|
 |
Crito reageer op Bettina Wyngaard
Crito
Menings
"Ek stem met Bettina Wyngaard saam oor die doel van resensies. Crito se resensiejoernaal het tot stand gekom juis om ’n wakende oog te hou oor resensente wat nie binne daardie bane werk nie – asook om goeie resensente verder aan te moedig."
|
 |
Voorburg/Bridgewater, verlede en hede (deel 1)
Handré Brand
Seminare en essays
"Die doel van hierdie artikel is om kortliks die historiese ontwikkeling van die plaas Voorburg (wat tans as Bridgewater Manor bekend is) te bespreek. Die plaas was aanvanklik aan die oostelike oewer van die Lourensrivier, Somerset-Wes in die Hottentots-Hollandkom, geleë."
|
 |
Poësie in petrol | Poetry in petrol
Izak de Vries
Menings
"Ek is boonop nie ’n digter nie. Hierdie sou dus nie ’n gedig gewees het nie. Maar in my hand was ’n kamera. So vrinne, kom ons droom."
|
 |
Lyfstraf: ouerlike reg of aanranding?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Wat is dit omtrent die vermoë om iemand oor wie jy in ’n gesagsposisie is, en wat fisies aansienlik kleiner is, te kan aanrand, wat mense nou so wil beskerm?"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
 |
Grondhervorming sonder vergoeding: ’n oorsig van die UV-bespreking
Theuns du Buisson
Seminare en essays
"Toe hy opstaan om sy toespraak te lewer het die woord 'sell-out' oral uit die gehoor opgeklink. Toe die gemoedere bedaar, kon Lekota egter sy pleidooi om die Grondwet te respekteer lewer. Hy het verduidelik dat die kernbeginsel wat die Kodesa-onderhandelinge gelei het, die beginsel is dat Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin woon."
|
 |
Rondom grondhervorming
André Duvenhage en Naomi Meyer
Seminare en essays
“Die argument word gevoer dat Suid-Afrika nooit ’n tweede Zimbabwe sal kan wees nie. Ek stem hiermee saam, behalwe dat die uitkoms van ondeurdagte grondhervorming veel erger kan wees."
|
 |
Grondhervorming: Onteiening sonder vergoeding?
Willie Breytenbach
Menings
"’n Laaste faktor waarvan iemand soos Cyril Ramaphosa goed behoort te weet – en sal weet – is dat onteiening sonder vergoeding van produktiewe landbou- en bosboubates nie net boere en agribesighede sal benadeel nie, maar ook – en veral – die banksektor."
|
 |
Ekokritiek: In gesprek met Susan Smith
Elzette Steenkamp en Susan Smith
Seminare en essays
"Ekokritiek is nie ’n panasee vir alles wat verkeerd is met die omgewing nie; nog minder is dit die politieke towerstaffie wat almal gaan laat regop sit en die regte ding gaan laat doen."
|
 |
Hemelroos
Andries Fourie
Poësie
“Het jy al besef
dat jy beautiful is”
|
 |
Anti-alles
Stanley Cierenberg
Poësie
“Die rooi-pit-granaat skiet sy bloedrooi pitte uit teen rypwordtyd”
|
 |
Toy designers
Heidi Henning
New writing
“We pick the struggling succulents
Sparsely scattered on the barely surviving
Bleached lawn, prickled with camel thorns”
|
 |
Geen gelyke kans vir Afrikaans
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Afrikaans as onderrigtaal het ’n verdere knou gekry toe die hoogste hof in die land die drukgroep Gelyke Kanse se aansoek van die hand gewys het dat die Universiteit van Stellenbosch (US) se taalbeleid van 2016 ter syde gestel word."
|
 |
Moedertaal: de taal van je leven
Ingrid Glorie, Elize Zorgman
Taaldiscussie
"En als die meertaligheid op de juiste manier benut wordt, wordt het juist een bron van kracht. Op zaterdag 5 oktober vond in het Beatrixtheater in Utrecht weer het tweejaarlijkse congres van het Genootschap Onze Taal plaats."
|
 |
Waar kom die woord "dagga" vandaan?
Menán van Heerden
Over taal
Afrikaanse woorde wat daagliks gebruik word, het benewens Nederlands, verskeie ander invloede, soos Maleis, Portugees, Xhosa, Nama, ens. Hier is nog 8 woorde en hul komvandaan-stories.
|
 |
Gordon’s Bay, Western Cape
Paul Murray
Reizen
"Today it is a popular tourist destination, especially for its quaint Mediterranean-like appearance, safe beaches and variety of activities, from bathing, sailing, boating, climbing … to suntanning on Bikini Beach."
|
 |
Grote Suriname-tentoonstelling probeert leemte te vullen
Ingrid Glorie
Cultuur
"De tentoonstellingsmakers hebben geprobeerd recht te doen aan de ingewikkelde geschiedenis én de etnische en culturele diversiteit van het land. Hun tentoonstelling moest een 'meerstemmige (auto)biografie' worden."
|
 |
NG Kerk twis al weer oor gays
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die twis in die NG Kerk oor gays word dié week vir die soveelste maal voortgesit tydens die algemene sinode wat in Benoni plaasvind. Vanjaar se agenda loop oor met aanhangsels vol besware oor selfdegeslagverhoudings, byna dikker as die Bybel self."
|
 |
Riviere vol krokodiltrane
Hans Pienaar
Nuusvinke
"Van Mbeki se gespog oor die manipulering van wit staatsamptenare deur die ANC tot Lesufi se demonstrasies van onbevoegdheid vir sy werk, en die bykans onherstelbare agteruitgang van so baie munisipaliteite, is daar ’n reguit lyn van hubris en triomfantisme wat besig is om ontwikkeling in Suid-Afrika tot stilstand te rem."
|
 |
MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat
LitNet
Akademies en skole
“(Aspirant)skrywer, -digter of literêre vertaler? Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.”
|
 |
Skrywersonderhoud met Ernst Grundling oor Sushi en Shosholoza
Naomi Meyer, Erns Grundling
Skrywersonderhoude
"Die boek het 'n rugbyfokus, maar ek skryf ook breedvoerig oor staptogte soos die Kumano Kodo en die Nakasendo. Ek sou myself nie uitgee as 'n kenner van Japannese kultuur nie – ek is veel eerder maar net 'n nuuskierige, lomperige, amper veertigjarige vent wat hou van soesji en alliterasie."
|
 |
Skrywersonderhoud: Jan Vermeulen praat oor sy boek Oopmond
Naomi Meyer, Jan Vermeulen
Skrywersonderhoude
"Vir my gaan dit dus nie in die eerste plek om te skryf oor die issues van jongmense of die issues van volwassenes nie. Dit gaan vir my oor hoe jongmense en/of volwassenes die vraagstukke van die lewe beleef en hanteer."
|
 |
Soekmekaar deur Dana Snyman: 'n lesersindruk
Barend van der Merwe
Lesersindrukke
"Ek wil my verbeel dat sy boeke oor die jare al meer en meer persoonlik geword het. In Soekmekaar onthul hy sommer baie van homself en sy familie."
|
 |
Corlia Fourie (1944–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"My pa, Mikro, se skoene was groot om vol te staan, iets wat ek nie noodwendig wou doen nie. Ek wou nooit ’n skrywer wees nie. Ek het ’n joernalis geword, want as ek dan moet skryf, wou ek met feite werk."
|
 |
Engemi Ferreira (1943–2019)
Erika Terblanche
ATKV-Portaal
"Haar debuutwerk, Die jaar toe my ma begin sing het, word in 1988 gepubliseer nadat sy in 1984 die eerste Skryfskool in Kreatiewe Kuns aan die Potchefstroomse Universiteit bygewoon het, en dit het onmiddellike sukses behaal. Dit het talle herdrukke beleef en dit was vir jare op die voorgeskrewe lys vir skole."
|
 |
Pophuise en pampoenkoekies vir die onthou
Karen Hart
Kos en wyn
“Dan verlang ek sommer na al die aande voor die ou Aga-stoof in die kombuis en my ma wat vir ons Alba Bouwer se Stories van Rivierplaas voorlees. En die pampoenkoekies met die dik laag kaneelsuiker wat onder jou tande kraak wanneer jy in die sagte geel in byt.”
|
 |
Filmresensie: Late night
Suzette Kotzé-Myburgh
Film
"Late night doen soveel dinge net reg: van uitstaande toneelspel deur Thompson (Kaling het die rol spesiaal vir haar geskryf) tot die raak uitbeelding van vroue wat moet veg vir gelyke staanplek in ’n manswêreld en die bedrieglikheid van die sosiale landskap wat in die laaste dekade onherroeplik verander het."
|
 |
Rachid Taha praat vir oulaas uit die hart
Pieter van der Lugt
Musiek
“Sy konserte was skouspelagtig, sy lirieke altyd skerp, maar sy musiek, reken die meeste kenners, soms wisselvallig. Daarom is dit goed om te kan sê dat sy 16de en laaste album, Je suis africain, weer Rachid op sy beste is.”
|
|