|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1090
06/03/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Wyngaard Weekliks |
 |
|
Skrywer: Elizabeth Wasserman
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781776381050
Bendes in die Kaap is weer op mevrou Smit se spoor. Sy sal self moet ingryp as sy haar doodgewone lewe wil behou. Al wat sy wil wees, is doodgewoon. Maar dít is vir mevrou Smit nie so maklik beskore nie. Sy en Tomas is uiteindelik getroud, maar sy trek vinnig haar kop uit die huweliksknoop toe iemand uit haar verlede weer opduik om moeilikheid te maak. ’n Ou vriend van haar gewese man probeer ’n ooreenkoms tussen mevrou Smit en die polisie beding om die uitbreiding van die Kaapse onderwêreld te stuit, in ruil vir haar veiligheid. Dinge loop skeef, en mevrou Smit moet bontstaan om te keer dat meer bloed vloei.
|  |
|
 |
Wyngaard Weekliks: Het die President te veel mag?
Heindrich Wyngaard, Oscar van Heerden, Pieter Duvenage
Onderhoude
In hierdie eerste video-aflewering van Wyngaard Weekliks bespreek Heindrich Wyngaard die oënskynlik toenemende verplasing van ministeriële funksies na die Presidensie. Sy gaste is die politieke kommentators Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden.
|
 |
Ramaphosa laat die wenkbroue lig
Heindrich Wyngaard
Menings
Hoe moet ons sin maak hiervan? was die vraag wat aan twee politieke kommentators – Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden – gestel is in die eerste opname van Wyngaard Weekliks, LitNet se jongste video-aanbod.
|
Video-kompetisie: Word LitNet se gesig op sosiale media |
Riglyne vir LitNet-video-bydraers |
 |
LitNet-gids: Kopiereg rondom multimediavideo’s
Naomi Meyer
Menings
"Indien die gedeelte wat gebruik word, die 'kern' of 'hart' van die oorspronklike werk verteenwoordig, word dit as ’n substansiële deel beskou en is skriftelike toestemming van die kopiereghouer verpligtend. Erkenning van die bron is nie ’n plaasvervanger vir wetlike toestemming nie. As daar twyfel bestaan, moet toestemming altyd verkry word, of daar moet van gelisensieerde kopieregvrye bronne gebruik gemaak word."
|
 |
LitNet se skolemateriaal: RSG-onderhoud
Menán van Heerden
Onderhoude
Ouers, leerders, onderwysers, oumas en oupas: RSG Kompas se Hazel Janse van Rensburg gesels met LitNet se Menán van Heerden oor LitNet se skolemateriaal, insluitend gratis vraestelle en wiskundevideo’s. Luister na die potgooi.
|
 |
Wiskunde: Graad 6-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy in graad 6 is en van krieket hou, sal jy dit geniet om Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel met krieketvoorbeeldsomme uit te werk om vir jou eerste Wiskundetoets vanjaar voor te berei. As jy nie van krieket hou nie, sal jy dit ook geniet om die vraestel uit te werk, want daar is baie meer somme as net somme wat krieketvoorbeelde bevat – en die vraestel en memorandum sal jou help om goeie punte te behaal.
|
 |
Wiskunde: Graad 7-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy in graad 7 is en vir jou Wiskundetoets moet voorberei, gaan Wilhelm du Toit se gratis oefenvraestel en memorandum jou beslis lekker laat voel. Dit bevat lekkergoed-voorbeeld-oefensomme en as jy jou werk daarmee oefen, gaan jy sommer lekker goeie punte in jou toetsreeks behaal.
|
 |
Wiskunde: Graad 10-vraestel en memorandum, eerste kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en wens jy hier voor jou eerste Wiskundetoets jou lewe was so eenvoudig soos ’n kat s’n? Laai Lee-Ann Langeveld se Wiskundetoets en memorandum gratis in PDF af en leer hoe eenvoudig dit kan wees om algebrasomme te vereenvoudig. Dit sal nie anders kan nie: Jy gaan eenvoudig hierdie kwartaal goeie punte vir Wiskunde behaal!
|
KSUT-programrede: LitNet Akademies (Opvoedkunde)-redakteur |
 |
Keynote: Why does my mother tongue matter?
Alta Engelbrecht
Opinion
Alta Vos, editor of LitNet Akademies (Opvoedkunde), was a guest speaker at the My Language Matters event on 27 February 2026 at CPUT: "LitNet has pioneered a multimodal and hyperlink context, where articles are enriched with links to related debates, multimedia and responses. This digital format allows Afrikaans scholarship to be interactive, layered and globally accessible, ensuring that Afrikaans researchers are part of a living, evolving conversation, rather than being isolated voices."
|
LitNet Akademies: geakkrediteerde navorsingsartikels, in Afrikaans |
 |
Vonnisbespreking: Retensieregte is nie sedeerbaar nie
J.C. Sonnekus, E.C. Schlemmer
LitNet Akademies (Regte)
"Slegs die oorspronklike retentor wat regmatig besit verkry het, kan dit teen sy skuldenaar ten aansien van ’n saak van laasgenoemde uitoefen; sodra beheer oor die saak prysgegee word, verval die bevoegdheid om die saak teen die wil van die eienaar terug te hou."
|
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
10 redes om in LitNet Akademies te publiseer
LitNet
Akademies en skole (2019)
LitNet Akademies is ’n geakkrediteerde akademiese joernaal wat portuurbeoordeelde Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Hierdie multidissiplinêre aanlyn joernaal vorm deel van LitNet en bestaan uit ses onderafdelings: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde en Regte. |
Nuwe spotprent deur Koos Kombuis |
Nuwe kitsluisterreeks: Stemnota |
 |
Stemnota: Trump en wêreldwye energiebeheer
André Duvenhage
Menings
Luister na politieke ontleder André Duvenhage se WhatsApp-stemnota oor die streeksoorlog in die Midde-Ooste en die moontlikheid dat dit kan uitbrei tot ’n derde wêreldoorlog. Hoe raak dit Suid-Afrika?
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |
 |
Aan Anderson Cooper: Wie het gewen?
LitNet
SêNet-kompetisie
Ons het op 24 Februarie gevra: "Wat wil jy vir Anderson Cooper sê oor die Afrikaner?" Julle het geantwoord. Hier is die wenner.
|
 |
Aan Anderson Cooper: Dit bly ’n betwiste vraag
Stacey van der Walt
SêNet-briewe
"As Malema en sy ondersteuners hoop om die 34 000 wit voedselproduserende boere wat nog op Suid-Afrikaanse plase oor is, te intimideer, en hulle slaag daarin, sal alle Suid-Afrikaners ’n mensgemaakte hongersnood moet verduur. Ons sal ons eie Holodomor hê!"
|
 |
Oorreageer ek dalk?
Hermione le Roux-Ellis
SêNet-briewe
"Daar is organisasies wat baie graag in Suid-Afrika sulke wette sou wou implementeer. Dit sal klein begin met wetgewing soortgelyk aan dit wat nou in Kansas van krag is. Dan brei dit uit en voor jy jou oë uitvee, leef jy in Gilead."
|
 |
Moet my dus nie "oom" noem nie
Anton B
SêNet-briewe
"Ek weet ek is ’n donnerse oom. Die Louis Vuitton-sakke onder my oge gil dit elke oggend luidkeels vir my wanneer ek my tande borsel."
|
#smaakmakers2026 en die boekbedryf |
 |
Polemiek: ’n Smaakmaker sonder smaak vir boeke?
Jean Oosthuizen
Boeke en skrywers
"As ons nie die verskil tussen selfverheerliking en gemeenskapsverryking kan uitwys nie, dan is die krake nie net in die porselein nie – dit is in ons literêre gewete."
|
 |
Op dees aarde: Homo sapiens ontmoet Neanderdaller
Elsabé Brits
Rubrieke
"Vir meer as ’n dekade is dit bekend dat antieke lede van ons spesie, Homo sapiens, met ons evolusionêre neefs, die Neanderdallers, ontmoet en gepaar het. Maar hoe dit gebeur het, is pas deur die genetika ontrafel."
|
 |
Huldeblyk: Soli Philander (1961–2026)
Marlene le Roux
In memoriam
"Soli se afsterwe is ’n groot verlies, maar hul nalatenskap bly voortbestaan. Hulle het tye oorbrug, ’n stem gegee aan gemeenskappe wat dikwels oor die hoof gesien word, en ons daaraan herinner dat lag en storievertel dade van oorlewing is."
|
Gewildste plasings op LitNet |
 |
Den Haag-groep laat Israel rooi sien in Midde-Ooste-konflik
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Terwyl die Midde-Ooste in vlamme opgaan ná die VSA en Israel se verwoestende aanvalle op Iran, het 40 lande die afgelope week in Den Haag, Nederland bymekaargekom vir ’n noodvergadering, met Suid-Afrika as een van die leidende rolspelers in die inisiatief."
|
 |
Midde-Ooste-oorlog begin Suid-Afrikaners se sakke byt
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Indien die oorlog weke of maande voortduur, kan Suid-Afrika met ’n perfekte storm gekonfronteer word: hoër inflasie, ’n swakker rand, stygende rentekoerse en laer ekonomiese groei. Werkloosheid kan verder toeneem indien besighede produksie sny weens hoër insetkoste."
|
 |
Die weerligvoël deur Jaco Jacobs: ’n resensie
Magdel Vorster
Kinderboeke
"Jaco Jacobs noem graag dat hy speel wanneer hy skryf en met Die weerligvoël is dit duidelik dat hy baie lekker gespeel het. Hierdie boek waarborg eerstens ontsnapping en ’n lekkerleeservaring vir nege- tot dertienjarige seuns én meisies. Enige iets anders wat daaruit geoes kan word, is ’n bonus. Jacobs doen wat hy baie goed doen. Hy maak lees lekker."
|
 |
Januarie 2026 se Romanzas: ’n lesersindruk
Louise Viljoen (JBay)
Lesersindrukke
"Ek het heerlik gelees aan die Januarie se Romanza-titels en ek deel graag so ’n klein ietsie saam met die sinopsis van elke boek. Mens moet tog so versigtig wees dat mens nie te veel verklap nie."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2026
LitNet
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Press release: Books on the Bay Festival 2026
LitNet
Books and writers
The run-away success of Simon’s Town’s three previous literary festivals has inspired a knock-out line-up for 2026. The town is set to host some of the most celebrated writers.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Persverklaring: ’n Rits Fiësta-benoemings vir Suidoosterfees
LitNet
Suidoosterfees
Die Suidoosterfees is weer vanjaar sterk verteenwoordig onder die benoemdes vir die 16de kykNET Fiësta-toekennings – ’n geleentheid wat erkenning gee aan die gehalte, verbeeldingrykheid en impak van Afrikaanse teater op die feeskringloop.
|
 |
Persverklaring: Kunstekaap ’n plek vir almal – begin reeds vroeg
LitNet
Skole
Afrika word beskou as die vasteland met die jongste bevolking ter wêreld. In Suid-Afrika, met ongeveer 12 miljoen kinders van skoolgaande ouderdom, is die holistiese welstand van ons jeug noodsaaklik. Daarom bly Kunstekaap verbind tot die vorming van die toekomstige generasie deur die transformerende krag van teater en die uitvoerende kunste deur middel van ’n weldeurdagte opvoedkundige en jeugprogram.
|
Veldsoirée 2026: 24–26 Julie |
 |
Want ek kan nie anders nie
JMT Labuschagne
Fiksie
"Maar dit was alles tevergeefs: Gelowigheid is in my selle ingeweef soos die kleur van my oë. Ek sou myself moes vernietig om ’n einde daaraan te maak."
|
 |
Ek ag jou
Wicus van der Merwe
Poësie
"skurwe hande roep ’n balsem sodat jy kan gedy,
hande wat die lewe ken, erken ek, wil ook getrou dien"
|
 |
Nagmaal
JM Van Wyk
Poësie
"Ek slaan my oë vas teen die berge
ver agter die baksteenkerkmuur."
|
 |
Boomklim
Eduan Naudé
Poësie
"val dit my by, ek voel weer soos ’n kind
wat saam met jou kan boomklim
en dagdroom, luilekker in ’n mik."
|
 |
Rymstories: "Die Innige"
Etienne van Heerden
Nuwe skryfwerk
"Wees innig digby pyn, in die aangesig
Van lyding, self toegedien, gadegeslaan
Of ervaar."
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|