Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 928

02/12/2022


  Krities Afrikaans

LitNet: Ramaphosa se langspel

Fresh off the press

The dao of Daniel


Author: Lodewyk G du Plessis, translated by Michiel Heyns
Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624092537

Daan van der Walt, a Latin-quoting, God-fearing former Kalahari farmer, visits his estranged son in China. He soon finds himself on a difficult path (the dao of the title) to come to terms with his feelings of remorse and guilt.

Menings

Phala Phala – die langspel word toe die ondergang van Ramaphosa

Theo Venter
Menings

"Die president wat van sy korrupte voorganger, Jacob Zuma, ontslae geraak het, het deur sy eie toedoen ’n beleërde staatshoof geword. Ramaphosa het slagoffer geword van sy eie politieke styl, naamlik die sogenaamde langspel."

Talk is cheap, maa money koep ie whiskey, uncle Cyril

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Innie ou dae het ôs altyd ’n brief beginne met: 'I hope this letter finds you well,' maa ek wiet ie hoop gan vedag beskaam, soe ek vra maa eider ie. Die Phala-Phala report is mos yt ennie hiënas circle. Maa uncle wiet, daa was meedere rede om Zuma te impeach en it hettie gebeurie, soe ek scheme uncle is safe."

Elders gesien: Dalk is Phala-Phala op die lang duur nie net slegte nuus vir ons nie

Ben du Toit
Elders gesien

"Ek wonder dus of dit enigsins erger sal gaan as tans indien Ramaphosa die eerbare ding sou doen, naamlik om te bedank. Dit mag dalk net die laaste strooi wees om die ANC-kameel se rug te breek om SA se verlossing van hierdie voormalige vryheidsbeweging se korrupte bestuur in te lui."

Eeufeesviering van die Departement Afrikaans en Nederlands, US: kanselier Edwin Cameron se toespraak

Edwin Cameron
Universiteitseminaar | University Seminar

"My punt lê elders. Dit gaan om die noodsaaklikheid van aktivisme om die vertroeteling, die verering en die benutting van Afrikaans as onderrigmedium te verskans. ... Daar is niks wat vindingryke, vasberade, kundige aktivisme nie kan bereik nie. Ook hier op Stellenbosch. Moet nie die stryd as ongewonne, onoorwinbaar oorgee nie."

Oor taalaktivisme

Hein Willemse
Menings

"Die uitdaging, en uiteindelike doelwit, is om weg te beweeg van ’n etnosentriese perspektief na ’n breër Suid-Afrikaanse perspektief waar Afrikaans ’n simbool van gemeenskaplikheid eerder as uitgeslotenheid word."

Kabeldiefstal en SA se haglike infrastruktuur

Freek Robinson, Errol Kerst
Onderhoude

Hoe lyk die ware prentjie? Freek Robinson gesels met Errol Kerst, een van die skrywers van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (SAICE) se jongste verslag oor die toestand van Suid-Afrika se infrastruktuur.

Turksvy: ’n onderhoud met Bibi Burger en Azille Coetzee

Liné Loff, Bibi Burger, Azille Coetzee
Onderhoude

"Ons dink daaraan as ’n manier om ’n aanlyn ruimte te skep vir gesprek oor die onderwerp, om ’n bietjie van ’n feministiese gemeenskap in Afrikaans te kultiveer, en om die woordeskat vir feminisme in Afrikaans (in al die variante daarvan) te begin uitbou."

Anonieme skrywers en outeursidentiteit

Ernst Kotzé
Menings

"Forensiese linguistiek behels die toepassing van taalkundige beginsels om kwessies rakende (onder andere) outeursidentifikasie te ondersoek en bewyse te lewer wat juridiese waarde het."

Is rassisme ingebore?

Freek Robinson
Menings

"Die vraag is: Hoe gebeur dit dat studente wat self nie apartheid geken het nie, tog wel rassisties optree? Jansen meen dis omdat die begrip van wit meerderwaardigheid van geslag tot geslag oorgedra word. Dit word as’t ware die 'knowledge in the blood'. Soos met ’n persoon se DNS-samestelling word vooroordele saamgesleep na ’n volgende generasie. Dit word dan versterk deur die praatjies in die binnekamer."

BELA-wetgewing: ’n onderhoud met ’n tuisskool-ouer

Naomi Meyer, Tuisskool-ouer
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Ons het tot dusver geen inmenging of hulp van die staat gehad nie en ek voel hoe minder hulle inmeng hoe beter. Die doel van onderrig is om ’n goeie matriek te kry en jou kind op elke manier te help om daar uit te kom."

Antjie Somers, vleisvreters, en die vraag om verwikkeld te lees: ’n reaksie op Chan Croeser en Jacomien van Niekerk se kinder- en jeugboekseminaaressays

Luan Staphorst
Seminare en essays

"Hoef daar vir ’n herverbeelding van Antjie Somers geargumenteer te word? Mag Antjie Somers herverbeel word? Hoe kan ons Antjie Somers herverbeel?"

Taal sterf nooit alleen nie: Suid-Afrika se laaste Jiddisj-talige digter

Jean Meiring
Rubrieke

"Kyk ’n mens met ’n fyn oor na Netflix-reekse soos Shtisel, wat onder die ultra-ortodokse Joodse gemeenskap in Brooklyn in New York afspeel, begin die Jiddisj wat hulle praat gou verrassend verstaanbaar raak. .... Daar was ’n tyd dat ’n mens in die besige strate van Johannesburg, Kaapstad en selfs van Oudtshoorn Jiddisj in al haar astrantheid sou kon hoor. Daardie dae is verby."

Swerfjaar: Korsika – liewers laat as nooit

Marita van der Vyver
Rubrieke

"En al waaroor ek spyt is, is dat ek nie lankal gekom het nie."

As jy nie Engels by die huis praat nie, maar in Engels skoolgaan: Hoe om Wiskunde in graad 1 te leer praat

Naomi Meyer, Tanja Kotzé-Coetzer
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Vele mediaberigte en navorsing dui daarop dat Suid-Afrika se wiskunde swak is as gevolg van niemoedertaalonderrig. Dit is om hierdie rede dat ons besluit het om wiskunde- en taalondersteuning in die grondslagfase te ondersoek."

New history curriculum for South African schools 2024: A historian’s opinion

Rodney Warwick
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"A new history curriculum is scheduled for implementation; completion thereof is intended by 2024, and it is almost definitely constructed around ANC nationalistic assumptions of what constitutes valid historical knowledge. This potentially forebodes disturbing implications regarding state attempts to manipulate students’ comprehension of their own identity, particularly minorities and specifically white South Africans."

Deal decisively with dehumanising institutional culture, or step aside

Aasif Bulbulia
Universiteitseminaar | University Seminar

"The conference required us to reflect deeply on the meanings of transformation in the context of a university that has a long, complex history which is intrinsically connected to the development of Afrikaner nationalist ideologies and theologies, the institutionalisation of apartheid, and the formalisation of ideas that continue to shape and inform racialised relationships and configurations of power within and beyond the town."

The pedagogical risk of transformation

Delecia Davids
Universiteitseminaar | University Seminar

"Yet, I think that students will develop their educational agency, and thus their becoming, when there is productive tension. The way I understand this, is that both teacher and taught engage in a way where there is an equal amount of challenge and support."

Die verbindings in jou brein is wie jy is

Elsabé Brits
Seminare en essays

"’n Reeks navorsingartikels is pas bekendgemaak in die vakjoernaal Science wat vele nuwe insigte bring oor hoe die mens se brein werk. Hierin word aannames oor die brein ook nekomgedraai, soos dat die een hemisfeer kreatief is en die ander een rasioneel."

Ons weet nie wat ons doen nie

Lieb Neethling
SêNet-briewe

"Dis onmiskenbaar: Afrikaans is met haar rug teen die muur. En haar sprekers kyk toe en swyg. Eerder as om daadwerklik op te tree en druk op universiteitsbestuur te plaas en hand en tand teen die BELA-wetsontwerp te baklei, verkneukel hulle hul eerder in oppervlakkige geselsies oor Hollywood-sterre se spookasemkommentaar."

Mediavrystelling: Afrikaans kook, sê Taalraad se Kokerwenners

Afrikaanse Taalraad
Die Afrikaanse Taalraad-portaal

’n Joernalis en omroeper, ’n uitvoerende direkteur en hoofredakteur, ’n dosent en taalpraktisyn, ’n uitvoerende voorsitter en skrywer, ’n uitvoerende direkteur en taalaktivis, ’n nuusanker en joernalis, ’n taalaktivis en tydelike dosent in Afrikaanse taalverwerwing en ’n projekbestuurder wat op haar gelukkigste is wanneer sy stories met jong kinders deel, ontvang almal vanjaar Kokertoekennings van die Afrikaanse Taalraad.

Elders gesien: Ouers se bagasie wat die kinders dra

Ivor Price
Elders gesien

"Die ontmoeting met Ita was ’n heilige ervaring; ’n herinnering dat die dinge wat ons aan kinders doen en vir hulle sê ’n lewenslange impak het."

Elders gesien: Graaffernetters is grand mense

Elise Bishop
Elders gesien

"Morley mos altoos met sy grys flannels, men’s sports jacket met ’n sagte cashmere pullover en Windsor knotted tie, a proper gentleman. En die wit panama-hoed so net-net skuins getilt en handjies altyd agter die rug. Nes prins Philip, was Morley die epitome van ’n properste English gentleman."

Elders gesien: Vandag is 1 Desember

Danie van Wyk
Elders gesien

"Vandag is 1 Desember. Hierdie dag speel ’n groot rol in die lewens van vele mense van slawe- en Khoi-afkoms. Slawerny is om alle amptelike redes op 1 Desember 1834 afgeskaf en het daarmee ’n ander era in Suid-Afrikaanse geskiedenis ingelui. Hierdie belangrike gebeurtenis verskyn nêrens op enige kultuurhistoriese kalender in Suid-Afrika nie en word nêrens vermeld nie."

Uit die argief: Die vrystelling van slawe

LitNet
Menings

Slawerny is op 1 Desember 1834 amptelik in die Kaapkolonie afgeskaf, maar slawe moes as vakmanne vir vier jaar vir hul eienaars werk. Slawe is dus ten volle bevry op 1 Desember 1838. Hier is ’n keur van artikels uit LitNet en Voertaal se argiewe oor die herdenking van hierdie dag, asook Suid-Afrika, Nederland en Engeland se slawe-erfenis.

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts.

Uit LitNet se argief

#ANC54: Cyril Ramaphosa en die top-6

Jason Lloyd
Seminare en essays, 2017

"Cyril Ramaphosa se verkiesing as president van die ANC was eers (net vir ’n paar minute) goeie nuus voor dit skielik versuur het toe dit duidelik word dat hy verswak is deur die verkiesing van drie Zuma-makkers tot die top ses posisies van die ANC se nasionale uitvoerende komitee."

Cyril Ramaphosa: Hoe lank sal die wittebrood hou?

Frans Rautenbach
Seminare en essays, 2018

"Daar is miskien twee wittebrode hier, waarvan die eerste dalk al verby is. Hier praat ek van die aanvanklike euforie ná Cyril Ramaphosa se verkiesing as president. Baie kommentators en kiesers was só verlig oor die feit dat sy voorganger die pad gevat het dat hulle summier geglo het alles is nou gewaarborg om reg te kom. Hulle glo duidelik nie meer so nie. Belangriker is die tweede wittebrood, wat te doen het met die posisie waarin die land en Ramaphosa hulle onderskeidelik bevind."

Kom ôs praat sake vannie hart, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard
Rubrieke, Augustus 2022

"Ek wens rêrag dit gan goed met Uncle. Ek worry oor Uncle se bloeddruk. Het dit darem al afgekom na daai lelike storie vannie geld innie matras? Sorry, ek mien innie sofa. Mens is al soe gewoon lat ammel hulle geld onnerie matras sit lat mens vegiet Uncle is meer sturvy as daai."

Nou op Voertaal

Ramaphosa se politieke toekoms in die weegskaal na Phala Phala-verslag

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Ramaphosa bevind hom nou tussen twee vure. Hy is op die randjie om die eerste Suid-Afrikaanse president te word wat in ’n staat van beskuldiging geplaas kan word indien die parlement die verslag aanvaar waarin die ernstige bevindings teen hom gemaak word."

Pogings om Waluś se parool te keer duur voort

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die ANC en sy drieparty-alliansievennote, die SAKP en Cosatu, het Woensdag hulle betogings teen Waluś se parool voortgesit en onder andere ’n optog na die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gehou."

Sluier gaan gelig word oor redes vir omstrede Covid-maatreëls

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Suid-Afrikaners sal binnekort vir die eerste keer weet wat die regering daartoe gedryf het om soms vreemde Covid-inperkings in te stel wat tot groot frustrasie en selfs woede onder die publiek aanleiding gegee het."

"Terminaal siek" Zuma en Shaik dans en hou saam jolyt in Durban

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Daar is gesien hoe Zuma lekker saam met sy dogter Duduzile Zuma-Sambudla kuier. Hy was duidelik onaangeraak deur die Hooggeregshof se besluit om sy mediese parool tersyde te stel."

Suid-Afrikaanse brandewyn bly ’n trotse 350-jaar-geskiedenis weerspieël

Clifford Roberts
Culinair

"’n Deel van die Nederlandse nalatenskap ten opsigte van hierdie onderwerp is buiten die spiritus se naam, ook die woord 'sopie'. In sy boek Brandewyn in Suid-Afrika (1973, Buren Uitgewers/KWV) skryf André P Brink dat hy die woord in ’n manuskrip van 1696 gekry het, wat verwys na Nederlanders wat graag ’n 'sopie' brandewyn geniet."

Do not hesitate is ’n angswekkende oorlogsprent

Izak de Vries
Film

"Die première van Do not hesitate het by 2021 se Tribeca-filmfees plaasgevind en was Nederland se amptelike inskrywing vir die 2022-Akademietoekennings, bekend as die Oscars."

Clara de neushoorn

Hendrik-Jan de Wit
Literatuur

"De roman Clara, De eerste neushoorn in Nederland van Agnitz de Ranitz is het geromantiseerde verhaal van Clara de neushoorn." 

Akademies en skole

Enkele onderskeidende stylkenmerke van, en die totstandkoming van sosiale betekenis in, Generasie X se SMS-Afrikaans

Johan Ferreira, Elvis Saal
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Daar is gevolglik betreklik min oor die taalgebruik van ’n generasie bekend wat oënskynlik gedy as die skeppers, ontwikkelaars en gebruikers van al die inligting- en kommunikasietegnologie waarmee 'digitale aangeborenes' grootword."

Graad 10: Fisiese wetenskappe-vraestel en -memo (Fisika), vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 10 en nie meer lus vir die eksamen nie? Die goeie nuus is dat Luize Kroukamp se oefenvraestel op dieselfde golflengte as jy is. Dis asof die vraestel begryp dat jy hierdie kwartaal ’n brander van goeie punte benodig om jou voete onder jou uit te slaan. Jy kan dit gratis aflaai en vir jou eksamen voorberei (leer sommer om golflengtes uit te werk ook).

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Die PUK-Kanselierstrust: Uitnodiging tot aansoek om befondsing van akademiese projekte in Afrikaans

LitNet
Akademies en skole

Personeel en studente van Suid-Afrikaanse universiteite, asook ander navorsers, word uitgenooi om aansoek te doen vir befondsing van projekte binne enige wetenskaplike domein wat tot vakkundige publikasies in Afrikaans sal lei of wat die gebruik van Afrikaans as wetenskapstaal op ander wyses kan bevorder.

Boeke en skrywers

Jef Geeraerts se Mister Angelo Alzheimer, vertaal deur Fanie Olivier: ’n resensie

Henri Nieuwoudt
Resensies

"Seks, moord en ’n winkelpop."

Elf dae in Amsterdam deur Elizabeth Wasserman: ’n resensie

Magdel Vorster
Resensies

"Het ek maar boeke soos die Elf dae-reeks gehad, sou ek nie net ’n paar vrae oor Europese lande kon beantwoord nie, maar moontlik ook 'instinktief' meer empatie met ander se lewenservaringe hê."

“Ek haat die kollig,” sê Clinton V du Plessis aan Jo Els

Jo Els, Clinton V du Plessis
Skrywersonderhoude

"Skryf kom sit in jou bloed, jy bly hoer met jou spoke, van boek na boek. Daar is nog woord- en versverset in my oor."

Leonard Koza (1941–2010)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Daar is en sal altyd doemprofete wees wat Afrikaans nie ’n kans op voortbestaan gun nie. Dié doemprofete skyn egter te vergeet dat Afrikaans op die meeste plase gepraat word, en dat daar op dieselfde plase ook in Afrikaans geswoeg en gesweet, gevloek en gestry word. Laaste maar nie die minste word daar ook in Afrikaans gelag en gevier wanneer oestyd aanbreek."

Annie Ernaux, wenner van die Nobelprys vir letterkunde in 2022

Elisabeth Snyman
Boeke en skrywers

"Annie wie?"

Nobelpryswenner Gurnah herlees SA-skrywer Peter Abrahams

Willem de Vries
Menings

Waarna soek ons wanneer ons besluit om iets te weer te lees? Die skaarste van Abrahams se boeke het Abdulrazak Gurnah aan die herlees van boeke as ’n onderwerp laat dink. Gurnah, die ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde in 2021, het vroeër vandeesmaand in die Stellenbosch-instituut vir Gevorderde Studie die jaarlikse lesing vir geesteswetenskappe van die Wetenskapakademie van Suid-Afrika (ASSAf) gelewer, berig Willem de Vries. 

Rory Riordan on his book Apartheid’s Stalingrad

Rory Riordan
Books and writers

Why were the townships of Port Elizabeth and Uitenhage apartheid’s Stalingrad? What happened in the eighties that left the NP with no choice but to start negotiating?

My eerste Afrika-avontuur deur Riaan Manser vir lesers drie of 300, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger
Lesersindrukke

"Skaf hierdie boek vol lewe, waarhede en lag-tot-jou-maag-pyn-oomblikke aan. Dit sal ’n wenner in enige Kerskous wees."

Tom Clancy’s chain of command is steeds propvol akskie, ’n lesersinkdruk

Stefaans Coetzee
Lesersindrukke

"Terwyl Ryan poog om die Kongres te oortuig om ’n wetsontwerp op medisyne goed te keur, maak die gewetenlose farmaseutiese miljardêr Harjit Malhotra planne om die VSA-mark met counterfeit dwelms te oorspoel."

Waar is die syfers?

Crito
Boeke en skrywers

"’n Sportheld soos Faf du Plessis kry een kans om oor sy hele loopbaan te skryf, en dan is hy dit aan die nageslagte verskuldig om ruim voorsiening in die boek te maak vir statistieke en inligting uit Wisden en Cricinfo."

Die eerste Crito-prys vir Lesersindrukke word aangekondig

LitNet, Crito
Boeke en skrywers

"Dit was interessant om te kyk na die ingesonde resensies, en agterna ’n gevoel van opgewondenheid oor te hou. Ek het waardering vir die manier waarop Maryke Roberts en Stefaans Coetzee hul resensies aangepak en gestruktureer het, asook vir die reaksie uit die hart deur Anne-Marie Burger oor die opspraakwekkende boek Hoerkind."

Bargain Books-kompetisie: Jy kan drie boeke wen!

Bargain Books
Boeke en skrywers

Vertel ons wie jou gunstelingfiksieskrywer in Afrikaans is en hoekom. Staan so ​​’n kans om drie boeke te wen!

Bargain Books competition: You could win two fabulous books!

Bargain Books
Books and writers

Share with us what your favourite children’s book is and tell us why. You will stand a chance to win a book by David Walliams and one by Jeff Kinney!

Press release: A poetry contest about any town in the world

LitNet
Books and writers

The theme is "My town". It can be a poem about your hometown, the town you live in or any town in the world that you love or have an interest in.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 25 November tot 2 Desember 2022

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die jongste pasgepubliseerde boeke wat op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Donkerbos: ’n TV-resensie

Leon van Nierop
TV

"Baie sterk aanbeveel, met ’n episode per week op Showmax."

Persverklaring: Magda Louw begin 2 Januarie 2023 op kykNET

LitNet
kykNET Portaal

Desiré Gardner (veral bekend vir haar sepierol in Suidooster) is skrywer en hoofkarakter. Hannes van Wyk speel teenoor haar. Die reeks is die uitvloeisel van ’n gelyknamige kykNET-storiefilm.

Press release: Classical Carols by Candlelight

LitNet
Musiek

Gather your loved ones for golden hours of music and joy at the special Classical Carols by Candlelight concert on Sunday, 4 December at 18:00.

Kompetisies

Kompetisie: My gebeurtenis van die jaar 2022

LitNet
Wen

Hoe het jou 2022 gelyk? Wat staan vir jou uit wanneer jy terugkyk oor die jaar wat verby is? Wat was jou gebeurtenis van die jaar? Laat weet ons en kom in aanmerking vir ’n kontantprys van R2 500.

Nuwe skryfwerk

’n Hartstog vir Van Gogh

Willem de Swyger
Poësie

"het die Skepper
vir Van Gogh gevra
om hom te help
om hierdie naghemel
wat stadig
laag vir laag afskilfer
... te skilder"

Blom

Von Villon
Poësie

"in my liefde
sal jy blom"

Kankergrond

Waldemar Gouws
Poësie

"die man daar agter se stem is hees
maar die metaal hier voor dreun fors
ja, ystergewas op ystergewas"

Sosiaal oorlede

Loretta Szikra
Poësie

"almal behálwe hy, twissiek, onsimpatiek en
aandadig aan sy
laaghartigheid ..."

Privaatheidskennisgewing

LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice

LitNet
Als oor LitNet

LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved