|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1111
31/07/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Die Orde van die Windpomp |
 |
|
Skrywer: Mart-Marié Uys
Uitgewer: Turksvy
ISBN: 9781049262277
Afrikanerman: Vasgevang tussen onthou en herontdek is die eerste wetenskaplike ondersoek na die sielkundige toestand van Afrikanermans tussen 50 en 70 jaar oud in postapartheid Suid-Afrika. Die navorsing waarop hierdie boek berus, is uitgevoer deur Markdata – ’n SAMRA-geakkrediteerde maatskappy – oor al nege provinsies. 300 vraelyste van 88 vrae elk, 300 stemopnames en 26 400 individuele datasegmente vorm die ruggraat van die boek. Die bevindings is ontnugterend. Maar die data wys ook iets anders. Hierdie boek is nie ’n klaagskrif of ’n klagskrif nie. Dit is ’n eerlike rekord van ’n geslag wat vasgevang is tussen verlies en hoop, en wat steeds hier is.
|  |
|
Etienne van Heerden Veldsoirée |
 |
Elders gesien: Met apologie aan Lina Spies
Anschen Conradie
Etienne van Heerden Veldsoirée
"En die afgelope naweek, tydens die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée, het ek die praktiese manifestasie daarvan weer in werking gesien. Dis veel meer as kruisbestuiwing, simbiose of uitruilings van kennis en ervarings."
|
Bettina Wyngaard (1971–2026) |
 |
Bettina Wyngaard (1971–2026)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"My grootste wens is dat ons as mensdom sal ophou om enigiemand wat anders as ons is, te haat en te dwing om in ons eng boksies te pas. Daar is plek vir ons almal, en ons grootste bate is juis ons diversiteit." LitNet neem met leedwese kennis van die afsterwe van LitNet-rubriekskrywer Bettina Wyngaard.
|
 |
Bettina Wyngaard: Om die waarheid met deernis te skryf
Ingrid Jones
In memoriam
"Die beste huldeblyk wat ons aan haar kan bring, is nie om haar net te onthou nie. Dit is om haar ernstig op te neem. Om aan te hou luister na die vrae wat sy gestel het. Om ruimte te maak vir stemme wat nog nie gehoor word nie."
|
 |
Buitelandsebeleidsbeginsels van Donald Trump: Deel 1
Riaan Eksteen
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Aan die hand van kwalitatiewe navorsing word die omvang en impak van Trump se onortodokse benadering tot en toepassing van buitelandse beleid ontleed. Hierdie ondersoek steun op ’n literatuuroorsig van belangwekkende verwikkelinge in die VSA se buitelandse betrekkinge gedurende albei Trump se ampstermyne."
|
 |
Afrikaans Huistaal: Graad 1-vraestel en memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jou kind in graad 1 en galop die jaar te vinnig na jou sin? Hier is ’n Afrikaans Huistaal-vraestel wat almal kalmer sal maak. Die vraestel is deur Tharina Joubert opgestel en is gratis hier beskikbaar.
|
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM
Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."
|
 |
Video-opname: die Karel Schoeman-gedenklesing by die Vrystaat Kunstefees 2026
Johann Rossouw, Ria Winters
Boeke en skrywers
LitNet was die mediavennoot van die jaarlikse Karel Schoeman-gedenklesing by die pas afgelope Vrystaat Kunstefees. Hierdie gesprek het tussen Johann Rossouw en Ria Winters by die Vrystaatse Literatuurfees plaasgevind. Die video word hiermee op LitNet gepubliseer.
|
 |
Heil die Leser! Om fyn te luister en lekker te lees
Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke
"Sy is deur skokterapie (elektrokonvulsiewe behandeling) en die ontnugterende ervaring van ’n staatshospitaal soos Stikland. Totdat sy na haar lyf begin luister het." Nini Bennett-Moll bespreek twee boeke in hierdie maand se boekrubriek.
|
 |
Grensloos deur Wilna Andriaanse: ’n resensie
Elna van der Merwe
Resensies
"[Adriaanse] bevolk haar verhaal met sulke volronde karakters dat ’n mens selfs die mees ondergeskikte een mis wanneer hul tyd op die blad verby is. Die hoofkarakters werk hulle nie dood om die leser se aandag te hou nie, want óm hulle wemel dit van newekarakters wat gul bydra tot die vlot verloop van die verhaal."
|
 |
Onderhoud: Derde illustrasiekursus by die Breytenbach Galery op Wellington begin 15 Augustus 2026
Naomi Meyer, Mia Oosthuizen, Anne-Ghrett Erasmus, Elizabeth Gunter
Kuns
"Ons neem deelnemers deur die nodige kennis van kinderboeke, teikenmarkte en die realiteite van die bedryf terwyl hulle ook wonderlike kunstegnieke leer, visuele narratief ontdek en aan hul eie stories werk. Belangriker nog is die deelnemers wat begelei word om hul eie styl en stem te ontwikkel en ’n prenteboek of ander kreatiewe uitset te lewer aan die einde."
|
 |
Seen elsewhere: Artisanal/Ambagtelik
Etienne van Heerden
Books and writers
"I will be proud to publish under such a seal, just as farmers are who produce meat under the formal Karoo Lamb seal."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Breyten schrijven #44: De onburger van Breyten Breytenbach
Yves T’Sjoen
Literatuur
"De nonconformistische vagebond, zwerver of reiziger, staat op zijn autonomie en laat zich niet inkapselen door een politiek denksysteem of bijvoorbeeld een kleinburgerlijke visie op mens en maatschappij. De nomade is geen kuddedier dat zich gedwee aanpast, maar een vogel die ongebonden zingt zoals hij is gebekt."
|
 |
KI-miniseminaar: 77 + 33 = 100
Eben Venter
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
"KI is, volgens Noam Chomsky – en bewaar asseblief hierdie skerp, lateraal denkende filosoof van die implikasies van sy assosiasie met Epstein – is pleinweg internetplagiaat."
|
 |
Springmielies: As Fata of Fortuna jou besoek
Nini Bennett-Moll
Rubrieke
"Dit bring ons by versekeringseise en die 'daad van God'- / 'act of God'-klousule. Laasgenoemde verwys na ’n natuurlike gebeurtenis wat heeltemal buite menslike beheer is, onvoorspelbaar en onvoorkombaar. Voorbeelde hiervan is ’n storm, orkaan, tornado, hael, weerlig, vloed, aardbewing, tsunami, vulkaniese uitbarsting en so meer. Dit beteken niemand is nalatig nie – die natuur het dit veroorsaak. Volgens versekeringskontrakte was sekere van laasgenoemde ’n daad / dade van God en teoreties kan jy Hom seker (probeer) dagvaar."
|
 |
The murder of Roger Ackroyd: Christie se meesterstuk laat jou naels byt
Maryke Roberts
Teater
"Wanneer die skatryk Roger Ackroyd (gespeel deur Mike Huff) in sy studeerkamer gevind word met ’n dolk in die nek – boonop kort ná sy verloofde se geheimsinnige dood wat as selfdood vermom is – is elkeen in die huishouding, én selfs ’n kringetjie om die statige huis, ’n moontlike verdagte."
|
 |
Kliphart
Cornelius Henn
Poësie
"Ons is die onthouers,
draers van die woestyne se middaghitte."
|
 |
Klankgrens
Jacques Wessels
Poësie
"Musieksleutels
hang aan vyf drade
soos biltongstukke vasgehaak"
|
 |
Uit ’n diepe sluimering
Martin Labuschagne
Poësie
"die sterre respondeer met die glim van maanlig,
maar jou stilte bly"
|
 |
Tekort aan koerasie
Hannes Stander
Poësie
"’n Oom van Buffeljags-stasie
Skiet erg tekort aan koerasie"
|
 |
Ben kraai koning
Nato Zondagh
Fiksie
"In die kajuit van die bakkie sit ek in my noppies met die klein kraai op my skoot, terwyl ons huis toe ry. Ben sit my met groot oë en aanstaar."
|
 |
Hallo, Frieda
Edna Tolmay
Fiksie
"Koppies val uit die kas, maar staan weer heel op en klim terug in die kas."
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|