|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1110
23/07/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: In die skoolhoof se kantoor |
 |
|
Skrywer: Fanie Viljoen
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780637012614
Die wenner van die 2025-LAPA-Jeugromankompetisie! "Jy het ’n goeie hart, Tumelo. Maar onthou, familie is belangrik. Ons kyk eers na mekaar." Tumelo tel een middag ’n swaeltjie in die veld op. Sy is swak en beseer, maar hy wil haar gesond maak. Fumane moet weer vlieg. Gou word Tumelo egter soos daardie swaeltjie. ’n Slegte ding gebeur in hulle gesin: Eers met sy ma. En toe met sy pa. Tumelo en sy sussies bly alleen agter in hulle sinkhuis in die township. Wat gaan hy nou doen? Hulpeloos bly lê? Of kan hy weer vlieg?
|  |
|
 |
Skoleseminaar: Alles begin by een doodgewone dag in die skoolhoof se kantoor
Michelle Engelbrecht
SA Skoleseminaar | Schools Seminar
"’n Regsprobleem in ’n skool begin selde met ’n hofsaak. Dit begin eerder by die ontvangs. In die skoolhoof se kantoor. In ’n ouer se dringende e-pos. In ’n dissiplinêre gesprek. In ’n besluit oor toelating. In ’n foto wat op ’n skool se sosialemediaplatform gedeel word. In ’n veiligheidsvoorval op die speelgrond. Op daardie oomblikke wanneer die besluit geneem word, lyk dit nog soos gewone skoolbestuur op ’n doodgewone skooldag. Dit is juis waar die probleem lê."
|
 |
Op dees aarde: mRNS-entstowwe is veilig – vir almal
Elsabé Brits
Rubrieke
"Deur middel van gedetailleerde analise van gepubliseerde data uit laboratoriumnavorsing, kliniese proewe en werklike toesig oor miljarde mRNS-entstofdosisse, het die outeurs die wetenskap agter mRNS-entstowwe en hul impak op openbare gesondheid beoordeel."
|
 |
Vanwaar die braaibroodjie?
Raed-na-Gael
SêNet-briewe
"Ek waag my nek om dit te sê: Om as ’n formidabele braaier beskou te kan word, moet ’n ou ’n braaibroodjie kán braai, bros en bruin en lekker, met die botter aan die binnekant van al twee snye ..."
|
 |
Aan almal met harte
Cornelius Henn
SêNet-briewe
"Deur die waarheid te eer, gee jy jouself die ruimte om te genees en vorentoe te beweeg."
|
 |
Vervulling en roeping: die Israel van God
Cornelius Henn
SêNet-briewe
"Die kwessie raak nie net politiek of teologie op ’n afstand nie – dit raak ons brood en botter, en die vraag wat almal op een of ander manier raak: Wat sê die Skrifte self oor Israel?"
|
 |
Vanwaar Van der Merwe? Van De Hoop!
Johannes Hendrik van der Merwe
SêNet-briewe
"Ek het nie toevallig op die Van der Merwe-fees en sy gedenkteken, of monument se spoor beland nie. Besig met my boek, getiteld Houdenbek 200, oor die Houdenbek-moorde van 1825 in die Koue Bokkeveld, moes ek die Van der Merwe-gedenkskrif weer deeglik onder oë neem."
|
 |
LitNet Akademies (Opvoedkunde)-seminaar: Skoolhoofde en leierskap
Remona Voges, Darius Erasmus
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2019)
Remona Voges het met ’n musiekonderwyser, Darius Erasmus, gesels om uit te vind wat effektiewe leierskap in Suid-Afrikaanse skole vir hom beteken: "Die genot lê in gelukkige kinders. 'Only if they keep the teacher happy.'"
|
Veldsoirée 2026 is om die draai: 24–26 Julie |
 |
Veldsoirée-video 2026: Op pad na die Oos-Kaapse Karoo
Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée
Karoo-koppies, aalwyne en kaggelvure: Die Veldsoirée skop binnekort af. Hiermee ’n kort lusmakervideo van die wintertyd roadtrip na die Oos-Kaapse Karoo. Die Etienne van Heerden Veldsoirée word aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag.
|
 |
Die gedetailleerde program
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Hier is die finale, gedetailleerde program van die Etienne van Heerden Veldsoirée wat binnekort in Nxuba/Cradock in die Oos-Kaapse Karoo plaasvind.
**Al die gesprekke is GRATIS.**
|
 |
Video-uitnodiging: Veldsoirée
Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube
Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat jy te wagte kan wees. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée". |
 |
Moederstad gooi haar arms oop vir dialoog van versoening
Maryke Roberts
Feeste
"Vanjaar se feesvieringe dra ’n besonderse historiese gewig. Die fees val saam met die Kunstekaap-teatersentrum se 55ste bestaansjaar, sowel as die 70ste herdenking van die historiese vrouemars na die Uniegebou in Pretoria."
|
 |
Toorkombuis: Coq au vin skaterlag in ’n skottel
Karen Hart
Kos en wyn
"As jy nie rooivleis kan eet nie, is hierdie hoenderdis seker die mees bevredigende. Dit het al die troos en robuuste smaak van ’n boertige bredie. En dis so aanskoulik om te maak."
|
 |
Persverklaring: ATKV-Applous vier 49ste finaal in Kaapstad
LitNet
ATKV-Portaal
Vanjaar se ATKV-Applous-finaal beloof om weer ’n spoggeleentheid vir Suid-Afrika se top skoolkore te wees. Die gala-aande word vanjaar vir die 49ste keer aangebied en vind van 29 Julie tot 1 Augustus in die Kaapstadse Stadsaal plaas.
|
 |
Ingrid Jonker: 61 jaar na haar dood
Elkarien Fourie
Boeke en skrywers
"Met die 61ste herdenking van Ingrid Jonker se dood die nag van 18–19 Julie 1965, kyk ek na ’n Nederlandse skrywer se wyer reikende vrae oor verlies, familieverbondenheid en die soeke na ’n eie identiteit in die eggo’s van die verlede."
|
 |
Die Serwiër: ’n onderhoud met Carel van der Merwe
Naomi Meyer, Carel van der Merwe
Skrywersonderhoude
"Ek dink die meeste mense onderskat die bedreiging wat hierdie misdaadwêreld vir Suid-Afrika se demokrasie inhou. As ’n oorhoofse tema wou ek hierdie ineenstrengeling van misdaad, wetstoepassing en politiek in Die Serwiër op ’n onderhoudende manier weergee, asook die leefwêrelde van die rolspelers wat daarby betrokke is."
|
 |
Haar verhaal van krag: ’n onderhoud met Rita Swanepoel
Catrina Wessels, Rita Swanepoel
Skrywersonderhoude
"Wat my die meeste geraak het, was die eerlikheid waarmee hulle geskryf het. Baie verhale is geïnspireer deur persoonlike ervarings van verlies, geweld, armoede, verslawing, familieverhoudings, moed, geloof en hoop. Dit was die rou materiaal waaruit stories dikwels ontstaan. Die grootste verandering was die groei in selfvertroue. In die begin het ek dikwels gehoor: 'Ek is nie ’n skrywer nie.' Teen die einde van die projek het dieselfde vroue mekaar se manuskripte bespreek, herskryf en eerlike terugvoer gegee."
|
 |
Sidney Gilroy (1980–)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Boeke is die tydmasjiene wat ons komvandaan bewaar en ook die rigtingwysers om wat dalk mag kom, te navigeer. Boeke is vir my die stiksel wat samelewings heg."
|
 |
Van ’n afstand af deur Koos van die Waterberge: ’n lesersindruk
Marlize Louwrens
Lesersindrukke
"In hierdie bundel neem Koos van die Waterberge die leser op ’n reis deur sy persoonlike ervarings van die Suid-Afrikaanse platteland, die politieke omwentelings van ons tyd, en die universele temas van verlies, verandering, geheue en behoort."
|
 |
Persverklaring: Digtersweek 2026
LitNet
Boeke en skrywers
Deelnemers wat graag van dié geleentheid gebruik wil maak, moet hul gedig teen 29 Julie per e-pos aan De Lange stuur tesame met hul bewys van registrasie.
|
Op die redakteur se lessenaar |
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM
Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."
|
 |
Motoriste hou asem op vir Augustus se brandstofprys
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Ná ’n tydperk van relatiewe verligting in Julie, dreig stygende internasionale oliepryse om die verligting by die pomp te laat verdamp met baie oë wat onwillekeurig na Donald Trump in Washington draai."
|
 |
Sirene fluister deur die akasia
Cornelius Henn
Poësie
"Wortels drink diep uit dorre grond,
gee skadu aan grassade en herinneringe
in ’n landskap wat alles toets en breek."
|
 |
Veritas
Jacques Wessels
Poësie
"alles ontaard
in veritas"
|
 |
Dick se reputasie
Hannes Stander
Poësie
"'Sy reputásie
Saai konsternasie!'
Die regter het bloedrooi gebloos!"
|
 |
Weersiens
Edna Tolmay
Poësie
"Gesluk. Dit was gal bitter.
Gaan lê.
Weer wakker.
Hy het nie gekom nie."
|
 |
Rymstories: "Die Halfblinde"
Etienne van Heerden
Nuwe skryfwerk
"Jy hoef nie die see te sién nie
Want lank voor die sien voel jou vel
Die soutwind oor hom veeg"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|