Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1093

27/03/2026


  Krities Afrikaans

LitNet: Leerders – Mag KI jou huiswerk doen?

Brief op veertigduisend voet

Skrywer: Tom Dreyer
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795803437

Soos die verwysing na perspektief in sy digbundeltitel, Brief op veertigduisend voet, aandui, laat Dreyer die leser nuut en in verwondering na objekte en verskynsels kyk. Lig, wat sig moontlik maak, word metafories ingespan vir die menslike belewing van die verbygaan van tyd. Verlatenheid, ooptes, en ongekarteerde gebiede word metafore vir die onsekerheid en prekêre avontuur van die post-postmoderne mens. Die bundel sluit natuur- en bewaringsgedigte in, asook reisgedigte, verweef met geskiedenis, wat die mens se interaksie met sy omgewing belig.

Menings

Kunsmatige intelligensie en die algoritme in die klaskamer: ’n probleem of probleemoplossing?

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Die grootste toekomsgedagte wat ek het, is dat ons nie moet praat van die KI-revolusie nie, maar van die KI-evolusie. Revolusie het negatiewe konnotasies, en evolusie kan vir ons dalk dui op genormaliseerde veranderinge en aanpassings."

Moravec se paradoks

Handré Brand
Seminare en essays

"Is Moravec se paradoks vandag steeds geldig? In watter mate moet rekening gehou word met die snelle vooruitgang op die gebied van robotika, masjienleer, KI en rekenaarprogrammering?"

Hoe dink Suid-Afrikaners oor dit wat rondom ons aangaan?

Heindrich Wyngaard, Morné Mostert, Alida Kok
LitNetKanaal op YouTube

Die toekomskundige Morné Mostert en die politieke wetenskaplike Alida Kok probeer in die koppe van Suid-Afrikaners klim in dié videogesprek met Heindrich Wyngaard.

Agterstories: Suid-Afrika, televisie en Starlink

Johan Fourie
Rubrieke

"Dit is heeltemal redelik om regulatoriese waarborge, plaaslike eienaarskap en databeskermingsmaatreëls te eis voordat Starlink gelisensieer word. Dit is heeltemal redelik om te vereis dat Musk se maatskappye volgens Suid-Afrikaanse reëls speel. Wat nie redelik is nie, is om hierdie bekommernisse as verskoning te gebruik om miljoene mense weg te hou van ’n tegnologie wat hul lewens kan verander, terwyl die alternatiewe steeds nie werk nie."

Amerika, moenie julle militêre hoenders tel voordat hulle uitbroei nie

Abel Esterhuyse
Menings

"In die besinning oor hierdie fokusareas is die ongemaklike waarheid egter dat ’n lugmag nog nooit ’n oorlog op sy eie gewen het nie."

Misdaad in Suid-Afrika: Wat verhinder ons om dit die nekslag toe te dien?

Heindrich Wyngaard
Menings

"Willemse het die probleem as volg uiteengesit: 'Die feit van die saak is: Ons sit in ’n situasie waar ons letterlik elke dag hoor van jongmense wat geskiet is, van bendegeweld, van misdaad in die algemeen; en dit is natuurlik ’n verskriklike ondermyning en verwringing van wat ons samelewing kan wees.'"

Wanneer is om te lewe meer angswekkend as die dood?

Hanneke Lubbe
Seminare en essays

"Wanneer is dit meer angswekkend om te lewe as om te sterwe? Dit is ’n vraag wat veral nou weer op die voorgrond tree nadat Ian von Memerty die keuse uitgeoefen het om sy lewe vroegtydig te beëindig – sonder die hulp van ander."

Om myself te lees

Cas Wepener
Seminare en essays

"Is dit ’n wyse daad of is dit ’n arrogante daad om jouself te lees?"

Afrikaans: 1976, mites, kennis en toekoms

Hein Willemse
Seminare en essays

"Die les was eenvoudig, en een wat julle as jong denkende mense konstant moet vra: Wie produseer die kennis? Wanneer is dit gegenereer? Onder watter historiese en sosiale omstandighede het dit ontstaan? En van waar, geografies én ideologies, word hierdie kennis geproduseer, en vir watter doeleindes? ... Ek kan my nie eens indink hoe die koms van KI ons benadering tot taal, letterkunde en kulturele studie gaan verander nie. Nog minder kan ek my indink hoe KI die hantering van taal in die openbare en privaatsektore, op skole en in universiteite gaan verander."

Springmielies: Waar is al die tuinkabouters heen?

Nini Bennett-Moll
Rubrieke

"My kabouter kan dié twee potplante maar bewaak. Want kitsch of oudmodies, dit maak nie saak nie. Ek onthou daardie magiese tydjies wat ek my as kind met 'ander mense' se tuinkabouters kon verbeel – en dalk, net dalk, kan ek nog iets van daardie verwondering herroep."

"Mistaken identity"

Filistyn
SêNet-briewe

"Om skuld in te samel is maar altyd problematies. Die dames van die nag het egter ’n baie praktiese oplossing om hulle debiteure mee te bestuur: padblokkades."

Bedelaars die norm

Jo Els
Elders gesien

"Die woord pla my nie. Die opgekropte emosievulkaan wel."

Lewensviering van Christiaan Diedericks

Aretha du Rand
In memoriam

"Christiaan het nie net kuns nagelaat nie, maar maniere van kyk, luister en voel."

Uit die argief

Invalsblad: Kunsmatige intelligensie

LitNet
KI

LitNet en LitNet Akademies plaas deurlopend inhoud oor die jongste verwikkelinge rondom KI.

Gewildste plasings

Gewildste plasings op LitNet: 18 tot 24 Maart 2026

LitNet
Als oor LitNet

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 18 tot 24 Maart 2026.

Bespreek nou: Veldsoirée 2026, 24–26 Julie

Bespreek nou vir die Etienne van Heerden Veldsoirée

Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."

Veldsoirée-deelnemers: Volgende week volg nog

Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée

Slegs R380 vir die ATKV-Skryfskool van 2026 én skouers skuur met skrywers

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Dit kos slegs R380 om hierdie skryfskool by te woon, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Kursusgangers hoef dus slegs vir hul eie etes en verblyf te betaal.

Video-kompetisie: Word LitNet se gesig op sosiale media

Riglyne vir LitNet-video-bydraers

LitNet-gids: Kopiereg rondom multimediavideo’s

Naomi Meyer
Menings

"Indien die gedeelte wat gebruik word, die 'kern' of 'hart' van die oorspronklike werk verteenwoordig, word dit as ’n substansiële deel beskou en is skriftelike toestemming van die kopiereghouer verpligtend. Erkenning van die bron is nie ’n plaasvervanger vir wetlike toestemming nie. As daar twyfel bestaan, moet toestemming altyd verkry word, of daar moet van gelisensieerde kopieregvrye bronne gebruik gemaak word."

Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale

Akademies en skole

Die wetenskap van lees: ’n konseptuele oorsig en implikasies vir leesbegriponderrig in Suid-Afrika

Amanda Anker
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die artikel beklemtoon dat die wetenskap van lees nie in ’n enkele model saamgevat kan word nie, maar tot stand kom deur volgehoue navorsing en steeds voortgaan om nuwe kennis oor die leesproses by die bestaande teorieë daaroor te integreer."

Kollig op akademikus Stephanus Muller

Stephanus Muller
LitNetKanaal op YouTube

In hierdie video gesels Stephanus Muller oor sy agtergrond en navorsing. Sy navorsingsfokus is Suid-Afrikaanse en Afrika-kunsmusiek. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

SteedsDink met LitNet Akademies: Stephanus Muller oor sy akademiese navorsing

Stephanus Muller
LitNetKanaal op YouTube

In hierdie video gesels Stephanus Muller oor onder meer: Africa Open Instituut; argivale erfenis, nalatenskap en universiteite; musiek, politiek en Afrikaans; paradigmaskuiwe in musikologie; en sy studies by Oxford.

Afrikaans Huistaal: Graad 1-vraestel en memorandum, eerste kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

As jou kind in graad 1 is, bied LitNet gratis hulp om hom vir sy toetse en eksamens te help voorberei. Hier is 'n gratis Afrikaans Huistaal-vraestel en memorandum wat Tharina Joubert opgestel het. Laai dit af in PDF en lê die begrippe vas wat die kinders in die skool leer.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Indeksblad: Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Eksamentyd? Hersieningstyd? LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie 50 video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Gratis hulp vir leerders, onderwysers en ouers!

LitNet
Skole

Klik hier vir nog skakels vir leerders, ouers, onderwysers, navorsers en akademici.

Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers

Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte

Burgert A Senekal
Universiteitseminaar

"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."

Nou op Voertaal

Motoriste gewaarsku teen paniekaankope terwyl vulstasies glo voorraad terughou

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Vir bekommerde motoriste wat wonder wat die ware toedrag van sake is, bied die regering ’n eenvoudige boodskap: Die voorraad is veilig."

AfriForum beklemtoon geen volksmoord teen wit boere nie, ondanks Trump se volgehoue bewerings

Jean Oosthuizen
Voorblad

"AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het dit opnuut duidelik gemaak dat daar geen volksmoord teen wit boere in Suid-Afrika plaasvind nie."

Suid-Afrikaners staar massiewe brandstofskok by die pomp in April in die gesig

Jean Oosthuizen
Voorblad

"As die voorspellings realiseer, sal binnelandse motoriste binnekort tot R25,25 per liter vir 95-oktaan-petrol betaal."

Nuwe era vir Suid-Afrika se grense: Amfibiese voertuie by Beitbrug-grenspos ontplooi

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die herbou van Beitbrug en die uitrol van sulke tegnologie vorm deel van ’n langtermynplan om nasionale sekuriteit te versterk."

Onverwagte pelgrimstog in Nieu-Meksiko

Maryke Roberts
Reisgogga

"Die pad na Chimayó kronkel deur die voorheuwels van noordelike Nieu-Meksiko, verby katoenbome wat in die wind wieg en kleihuise wat lyk asof hulle al eeue lank hier waghou, maar terselfdertyd in die landskap wegsmelt."

’n Gesprek met die gesprekvoerder #1: Yves T’Sjoen oor sy belangstelling in Breyten Breytenbach

Izak de Vries, Yves T’Sjoen
Literatuur

"Breyten liet mij alle vrijheid, wellicht verguld door de aandacht die ik wijdde aan zijn werk en het forum dat ik als academicus kon bieden aan de Universiteit in Gent. Hij heeft mij herhaaldelijk toevertrouwd dat voor hem Gent, net als het eiland Gorée, ook deel was van zijn Middenwereld."

Breyten schrijven #32: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Tom Dreyer

Yves T’Sjoen, Tom Dreyer
Literatuur

"Hierdie vermoë om grense te oorskry, om vanuit ’n partikulêre vergestalting ’n grenslose ruimte te betree, voel vir my na ’n wesenskenmerk van poësie."

Breyten schrijven #33: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Cas Vos

Yves T’Sjoen, Cas Vos
Literatuur

"’n Metafoor maak ons oë oop om te sien."

Leesimpressie: Vertrek(punt) door Julian Barnes

Erik van den Bergh
Literatuur

"Zeer aansprekende combinatie van herinneringen, autobiografische notities en over de wisselwerking tussen persoonlijke en maatschappelijke ontwikkelingen."

Leesimpressie: Gebrand kind zoekt het vuur door Cordelia Edvardson

Erik van den Bergh
Literatuur

"Over haar jeugd in Berlijn als dochter van een Joodse vader die in 1933 overleed, over verraden worden door haar moeder, overleven van Theresienstadt en Auschwitz en daarna."

Boeke en skrywers

Boekevat met Deborah: Aan die hemeltrans deur Anton Roodt

Deborah Steinmair
Boekrubrieke

"Dis ’n boek wat spook met jou verbeelding en jou persepsie van die werklikheid."

Parlementpraatjies: ’n onderhoud met Pieter Mulder

Carla van der Spuy, Pieter Mulder
Skrywersonderhoude

"Suid-Afrikaners kom in die algemeen van persoon tot persoon goed met mekaar oor die weg, ongeag ras, taal of kultuur. Dit was voor 1994 my ervaring, asook daarna. Dit is ook hoe ek verhoudinge tussen individue van verskillende partye buite die parlementêre raadsale en komitees ervaar het."

Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman: ’n lesersindruk

Ronnie van Jaarsveld
Lesersindrukke

"Dit gaan oor wié in die toekoms besluitreg het oor wát as nuus tel."

Die grafdigter deur Gerda Taljaard: ’n lesersindruk

Henning Janse van Vuuren
Lesersindrukke

"Hier is soveel mooi woorde, sinne en paragrawe in die sneeu geskryf dat ’n leser pal moet ligloop vir vriesbrand – of ’n oor verloor."

Houdenbek 200 deur JH van der Merwe: ’n lesersindruk

Anschen Conradie
Lesersindrukke

"Die rol van gerugte en halwe waarhede in die aanloop tot die tragedie kan nie ontken word nie en hierdie geneigdheid van die mensdom, soos wat dit afgespeel het in die afsondering van die Koue Bokkeveld, word onder verskeie hoofde aangespreek."

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 21 tot 27 Maart 2026

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Sterre flonker blink op Fiëstas se rooi tapyt: oorsig en foto’s

Maryke Roberts, Clifford Roberts
Feeste

"Die 16de kykNET Fiëstas is Sondagaand by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou. Dit was ’n deftige affêre met vermaak en die Suid-Afrikaanse teaterbedryf se grootste sterre, en altesaam 30 Fiëstas is uitgedeel. Die seremonie is ook regstreeks op YouTube gestroom." Lees ’n oorsig oor die geleentheid en kyk na die foto’s onderaan die skrywe.

KKNK 2026: Zonkie en die laaste boomhuis: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Anel Wood
KKNK

"Kinderteater en storievertelling is nie net belangrik vir jong kinders nie, maar vir elke liewe mens ... Die krag van teater is eindeloos en vir almal van waarde."

Persverklaring: KKNK se 30ste viering skop dié naweek af

LitNet
KKNK

Ingesluit op die teaterprogram is verskeie debuutproduksies, met van gevestigde gunstelinge en ervare kunstenaars op die verhoog, tot opwindende nuwe stemme, wat werklik iets vir elke feesganger se smaak en belangstelling bied.

Persverklaring: Suidooster waai stormsterk deur vanjaar se Suidoosterfees

LitNet
Suidoosterfees

Die gewilde kykNET-sepie Suidooster het vanjaar weer ’n sterk teenwoordigheid by die Suidoosterfees, wat van 29 April tot 3 Mei 2026 in Kaapstad by Kunstekaap en verskeie omliggende venues aangebied word.

Press release: Silver Lion laureate Mamela Nyamza celebrates a joyful homecoming with double premiere at the Baxter Theatre

LitNet
Lifestyle and entertainment

Fresh from winning the prestigious award, Silver Lion, at the 2026 Venice Biennale Danza and being named a finalist for the 2026 Salavisa European Dance Award (SEDA), South Africa’s internationally celebrated dance icon and choreographer Mamela Nyamza is bringing her global triumph home in the most joyful way possible.

Nuwe skryfwerk

Fluitjie

Louis Nell
Fiksie

"Daardie fluitjies was nie simbolies nie. Hulle was nie metafore nie. Hulle was mense wat probeer keer dat iets onherroepliks gebeur."

Ek dra jou aan die Here op

Marne Marais
Poësie

"Ek dra jou aan my Here op
Slegs Hy sal die storm binne jou kan stop"

Binnegoed

Neo Mehlomakulu
Poësie

"die giftonge rondom my noem my nege jaar trug se melk- en kaasklong"

Koeler genade

Edward Jeneke
Poësie

"Noudat koeler genade oor my gaan
kan ek weer die graaf inslaan"

Papegaai

Jeanne Henning Els
Poësie

"voor jou hok
op die
stoep
vlieg
duiwe verby"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2026 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

Untitled Document