|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1074
30/10/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Daar was al ’n brand hier |
 |
|
Skrywer: Riana Scheepers
Illustreerder: Elsabé Ebersöhn
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780637008266
Alten akkedis se sewe sterte is ’n storie van vriendskap en avontuur. Alten, ’n akkedis met die merkwaardige vermoë om sy stert te verloor en weer te laat groei, bevind hom in ’n tuin vol gevare. Wanneer sy vriend Frida, die verkleurmannetjie, in die moeilikheid beland, moet Alten sy moed bymekaar skraap om haar te red. Saam droom hulle van ’n plek waar hulle veilig kan wees, weg van die bedreigings van die menslike wêreld. Ontdek hoe Alten se unieke talent hom help om die dag te red en leer meer oor die wonderlike verdedigingsmeganismes van akkedisse. ’n Verhaal vol humor, spanning en die krag van ware vriendskap. |  |
|
 |
Is Afrikaners slagoffers?
Freek Robinson, Barend la Grange, Jaco Kleynhans
Onderhoude
Daar is onlangs weer modder gegooi nadat ’n groep Afrikaners ’n ope brief geskryf het waarin hulle Donald Trump se narratief, naamlik dat wit Afrikaners slagoffers is in Suid-Afrika, verwerp het. Freek Robinson gee aan Barend la Grange, sameroeper van Dialoog vir Aksie, en Jaco Kleynhans van Solidariteit die geleentheid om elkeen hul standpunt te stel oor hierdie aangeleentheid.
|
 |
So het hulle gelyk: Eugène Marais (1871–1936)
Jannie Pretorius
Visueel
"Min Afrikaanse skrywers het oor die jare soveel durende aandag as Eugène Marais ontvang. Hy was ons eerste groot digter, en agt van sy gedigte is deur André P Brink in Groot verseboek van 2000 opgeneem. Wie weet nie van 'Winternag' en 'Die dans van die reën' nie?"
|
 |
Uit NALN se Sarkofaag
Leana Lategan
OuLitNet
Reis saam met die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein terug in die tyd. |
 |
Die NALN-tydkapsule: Jan Rabie – Rondom 21
Leana Lategan
Menings (2019)
Reis saam met die Nasionale Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein terug in die tyd. Jan Rabie is eerste aan die beurt, maar nuwe ontdekkings wag: Langenhoven se houtsneewerk; ’n handvol kinderboeke uit boekrakke van vergange jare; dalk die valstande van Erich Mayer, of die Rococo-meubels van Nancy de Villiers ... Wie weet?
|
 |
LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal
Burgert A Senekal, Menán van Heerden
Akademies en skole (2024)
Of jy ’n leeskringlid, akademiese navorser, joernalis of leerder is, kan jy NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) nou via LitNet bereik. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor ’n spesifieke skrywer, kan jy nou die LitNet Akademies-NALN-katalogus van meer as 38 000 papier- en digitale tekste aanlyn besoek. Hierdie katalogus strek so ver terug as 1973, NALN se stigtingsjaar, en lê as subdomein op LitNet se hoofraam.
|

|
 |
’n Wêreldoorsig van kliniese regsopleiding: Sentraal-, Oos- en Wes-Europa
Riette du Plessis
LitNet Akademies (Regte)
"Die invloed van die Bologna Process en die European Network for Clinical Legal Education (ENCLE) speel beduidende rolle in die ontwikkeling van kliniese regsopleiding in Europa. [...] Alhoewel sommige van die jurisdiksies onder bespreking nie die onderskeidende kenmerke van kliniese regsopleiding volg nie, is die waarneembare innovasies in Europa bemoedigend."
|
 |
Graad 4: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Ons ry 468 km na ons vakansiebestemming. Die rit duur 6 uur. As jy in graad 4 is, wil jy dalk vra: Waarheen is ons op pad? Hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gaan jou eers help met die Wiskundesom (jy gaan moet uitwerk hoe ver julle in 2 ure gery het). As jy klaar eksamen geskryf het, kan jy lekker gaan vakansie hou. Laai die oefenvraestel en memorandum gratis hier af.
|
 |
Graad 5: Afrikaans Huistaal-vraestelle en memo’s, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 5 en wonder jy wie die drie susters op hierdie prent is? In hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen gaan jy kan lees oor die drie susters van Drie Susters in die Karoo. Die vraestel sal jou ook met nog meer stories en voorbeeldoefeninge vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen hierdie kwartaal kan help voorberei. Voorspoed met die eksamen!
|
 |
Graad 5: Wiskunde-vraestel en memorandum, vierde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Die snoepie verkoop 357 sappies per dag. Hoeveel verkoop hulle in 1 week? As jy in graad 5 is, sal jy met somme soos hierdie een vir jou Wiskunde-eksamen kan voorberei. Laai hierdie oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis hier af!
|
 |
Wen met ’n vertelling oor jou troue!
LitNet
Leefstyl
LitNet wil graag interessante, mooi, snaakse of selfs hartseer stories hoor oor julle troues. Wat was spesiaal aan julle geleentheid? Daar is ’n prys van R2 000 te wen vir die beste vertelling.
|
 |
’n Dag vol hoop en liefde
Hermione le Roux-Ellis
Menings
"'Gaan jy iets vir LitNet skryf oor die troue?' 'Nee. Waarom?' 'Want jou ouers ondersteun jou onvoorwaardelik?'"
|
 |
Dokkie vertel wie die ware Leon Schuster is
Maryke Roberts, Rian van Heerden, Leon Schuster
Onderhoude
"Leon Schuster is ’n nasionale skat en seker naas Madiba, oor generasies heen, die bekendste mens in Suid-Afrika," sê Rian van Heerden, vervaardiger van Schuster. Maryke Roberts gesels met hom en Leon Schuster oor dié kykNET-reeks.
|
 |
Pareltjes uit Amsterdam: Koninklijk Paleis op de Dam
Johan Allers
Leefstyl
Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy die Koninklijk Paleis op de Dam.
|
 |
Trick or treat? Besinnings oor Halloween-histerie
Hermione le Roux-Ellis
Menings
"Die vrees vir Halloween het ook saam met die kultuurinvloed gekom uit Amerika. Gruwelfilms en die invloed van Amerikaanse predikers het nie Halloween noodwendig die beste reputasie gegee nie."
|
 |
Mark Beale: die "Weasel" met die hart van goud
Michael Green (pseudoniem: RR Ryger)
Leefstyl
"Met stoei is hy nog lank nie klaar nie. Hy stoei nou wel nie meer nie, maar as promotor is hy baie aktief en bied hy nie net toernooie plaaslik aan nie, maar ook in Afrika-lande en in Indië."
|
 |
In gesprek met Franco Prinsloo oor Miracle tree
Ilse Salzwedel, Franco Prinsloo
Toyota Stellenbosch Woordfees
"Harmonie – dis enige koormeester se mikpunt. Plaas nou iemand soos die gevierde komponis Franco Prinsloo in beheer van ’n produksie, en jy beleef die ware krag van harmonie. Nie net in die musiek wat jy hoor nie, maar ook in die dans tussen die pragtige, uiteenlopende tale van ons land, soos hy weer met ’n nuwe produksie bewys."
|
 |
My oupa is ’n dik boek
Koos Kombuis
Boeke en skrywers
Koos Kombuis neem vandeesmaand vier boeke onder oë. Drie van hulle is gemik op die lekkerleesmark. Die vierde is geskryf deur PC Schoonees, ’n skrywer, woordeboekmaker en letterkundige wat toevallig ook Koos Kombuis se oupa is.
|
 |
If it’s Tuesday by Tony Peake: a review
David Willers
Books and writers
"The week-long journey the characters undertake provides a marvellous readymade itinerary for anyone wishing to follow the tour – although personally I think you’d need two weeks, not one!"
|
 |
Short.Sharp.Stories anthology, Power: interview with Lynn Joffe, author of "Homecoming"
Joanne Hichens, Lynn Joffe
Books and writers
"It did start as memoir, as many of my stories do. A draft of this was written as and when it happened. But a life story does not always a good short story make. I had this in my trunk for years, and when the opportunity to submit it for Power came around, I wove in the power cuts so that it had a literal symbol, and then realised I’d thematicised the voyage from disempowerment to empowerment of the women in the story."
|
 |
Persverklaring: Wimpy kid help biblioteke
LitNet
Boeke en skrywers
Sedert hulle ontstaan in 2010 het The Bookery meer as 98 skoolbiblioteke in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng gestig en het hulle meer as 375 500 boeke landwyd versprei.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Afrikaners gryp mekaar aan die keel
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die groep stel dit onomwonde: Solidariteit praat nie namens hulle nie. Hulle verwerp die narratief dat Afrikaners slagoffers is van rassistiese vervolging in postapartheid Suid-Afrika, en beklemtoon dat hulle nie vlugtelinge is nie."
|
 |
Siembamba
Antoinette Venter
Fiksie
"Die diens is skaars verby of Mavis druk verby die tros adders by die kerkdeur. Sy het niks lus vir die gefluister om die teetafel waar hertzogkoekies en koeksisters die bitter waarheid moet versoet nie. Sy het haar belofte aan Sarina nagekom – sy was hier. Maar nou is dit tyd om die stof van Adderfontein van haar voete af te skud."
|
 |
’n Karoo-gebed
Carlie Schiel
Poësie
"Sien ons raak, Here
Hoor ons droogweg rukkend snik.
Alleen die klippe groei."
|
 |
Ai
Anoniem
Poësie
"die nice mense
sit nog by
die baai"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|