|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1056
27/06/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou 728 bladsye splinternuwe Afrikaanse akademiese navorsing |
 |
|
Skrywer: Johannes de Villiers
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798185400
’n Jong man begin werk by ’n apteek in Bloemfontein, maar is gou ontnugter deur sy lot. Is werk, eet en slaap al wat die volgende vyftig jaar vir hom voorlê? Wanneer hy afkom op die mistikus Thomas à Kempis se geskrifte, begin hy droom oor ’n asketiese lewe – weg van geldmaak en ambisie. Op die vooraand van sy reis na ’n Franse klooster ontdek hy hy het ’n oom wat ’n Katolieke priester geword het, en nou in Parys woon. ’n Aangrypende roman oor ’n pelgrimstog na aanvaarding van die self.
|  |
|
 |
Afrikaans Huistaal: Graad 7-vraestelle en memo’s, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 7 en nou eerder lus vir middagete as om vir jou laaste Afrikaans Huistaal-eksamen van die tweede kwartaal voor te berei? Indien jy ook honger is vir goeie punte, laai hierdie gratis oefenvraestelle deur Eugene van der Westhuizen af en gebruik die oefenvoorbeelde om vir jou eksamen voor te berei. Daar is ’n resep vir ’n bekende Suid-Afrikaanse gereg as voorbeeld.
|
 |
Afrikaans Huistaal: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en wil jy heeldag op TikTok spandeer – maar jy skryf nog hierdie week jou Afrikaans Huistaal-eksamen? LitNet het net goeie nuus vir jou. Jy kan hierdie gratis oefenvraestel deur Cecilia Klopper aflaai en vir jou eksamen voorberei. Boonop word daar juis oor TikTok in een van die oefenvoorbeelde geskryf. Die ander goeie nuus is dat dit amper vakansie is!
|
 |
Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Graad 10-vraestel en memorandum
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en skryf jy binne die volgende paar dae jou laaste Afrikaans Eerste Addisionele Taal-vraestel? Laai hierdie gratis oefenvraestel en memorandum deur Faeed Amardien af en maak seker dat jy nie ’n F vir Afrikaans behaal nie. Dis nou tensy die F staan vir "fantasties".
|
 |
Wiskunde: Graad 10-vraestel en memorandum, tweede kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 10 en voel jy vrolik omdat dit amper vakansie is? Daar’s nog ’n rede om positief te voel. Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help om vir jou eksamen voor te berei. Wees bly, want daar is boonop somme oor positiewe eksponente in hierdie vraestel. Jy sal positief oor jou punte voel as jy vir oulaas ’n vraestel uitwerk en vir die eksamen voorberei.
|
 |
Reguit met Robinson: Trump, Israel en Iran
Freek Robinson, Anthoni van Nieuwkerk
Onderhoude
Die Navo-spitsberaad het hierdie week in Den Haag, Nederland plaasgevind terwyl groot spanning in die Midde-Ooste heers ná Israel se aanvalle op Iran en Amerika se bombardering van Irannese kernaanlegte. Boonop het Iran uit weerwraak die Amerikaanse basis in Katar met missiele bestook. Freek Robinson bespreek dié plofbare situasie met politieke ontleder Anthoni van Nieuwkerk.
|
 |
Oor ons kollektiewe vrees vir ’n nuwe wêreldoorlog
Koos Kombuis
Menings
"Wat my meer pla, is nie die moontlikheid van die oorlog self nie. Die eskalasie van konflik, die mislukte diplomatieke gesprekke, die onuitstaanbare geraas van missiele en sirenes wat die nag versteur."
|
 |
Wortels, wêreldgebeure en hofuitsprake: ’n LitNet Akademies-onderhoud
Naomi Meyer, Neels Swanepoel
Onderhoude
Talle wêreldgebeure veroorsaak die afgelope tyd dat mense besin oor wat moreel aanvaarbaar is al dan nie. Daar gebeur ook dikwels hier ter plaatse dinge wat algemene landsburgers vrae oor ons regstelsel laat vra. Kan hofuitsprake op ’n morele wyse geregverdig word? Anders gestel: Word die land se regstelsel aan sy goeie vrugte herken? |
 |
Raak asseblief betrokke by jou plaaslike skool
Freek Robinson, Jaco Deacon
Onderhoude
Hoe kan gewone mense ’n verskil maak aan die onderwys? Jaco Deacon het talle voorstelle vir ouers, sakelui en gemeenskapsleiers wat graag betrokke wil raak.
|
 |
Jeugmaand 2025: ’n dialoog met Abdud-Daiyaan Petersen
Tasneem Daniels, Abdud-Daiyaan Petersen
Onderhoude
"Om relevant te bly en die jeug aan te spreek, moet daar ’n verskuiwing gemaak word van net genealogiese belangstelling na ’n breër historiese belangstelling in kultuur, grond, identiteit, dekolonisasie, ensovoorts. Argief-navorsingswerkswinkels word dus deur die forum aangebied om die publiek toe te rus met hierdie breër vaardighede, maar steeds geraam met die genealogiese belangstelling wat enige lid in staat stel om ’n argief, formeel of informeel, gemaklik te betree om na enige tipe geskiedenis te soek."
|
 |
Hoe kan daar nie meer ’n C Johan Bakkes wees nie? Groetwoorde deur Gerrit Rautenbach
Gerrit Rautenbach
In memoriam
"Ek was reeds op Terrace se stoep toe die deurgereisde viertrek in die gerieflike oop parkeerplek stop. Die deur kraak oop. ’n Jong man wat goeie myle op het, loop stoep toe. ’n Bol wille donker hare en rooi baard wip saam. Sy regterarm is bespikkel met bangles, van pols tot omtrent by sy elmboog. Later geleer elkeen het ’n lang storie, ’n heenkome. Hy het nie curios gedra nie, maar herinneringe; hy het stories omarm. Die ding met Boeta Bakkes was, hy het nooit iets sonder ’n rede gedoen nie."
|
Gewildste plasings op LitNet |
Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 |
 |
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, en boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2025 gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
|
Die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad |
 |
C Johan Bakkes (1956–2025)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"’n Reis is nie net iets wat jy moet verbykry om by die bestemming uit te kom nie." Lees meer oor die lewe en werk van C Johan Bakkes in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
|
 |
Spud: The reunion deur John van de Ruit: ’n resensie
François Verster
Resensies
"Soms skryf outeurs individuele boeke in ’n reeks op so ’n wyse dat elkeen as ’n eenheid op sy eie gelees en geniet kan word. Spud, die eerste boek in die reeks en wat in 2005 verskyn het, kan wel apart en op sy eie gelees word, sonder vooruitskouing of verwagting, maar die ander, en beslis nommer vyf, Spud: The reunion (2024), maak swaar staat op kennis van die vorige boeke, nie slegs omdat daar so baie terugverwysings is nie, maar omdat lesers van die reeks sal wil weet wat met die Crazy Eight gebeur het sedert hulle gematrikuleer het, asook wat by die reünie gebeur, en waarskynlik ook of daar verdere boeke in die reeks gaan wees."
|
 |
François Loots se Twyfelbos sleur mee: ’n lesersindruk
Mimie de Vries
Lesersindrukke
"Lesers kan hul verlustig in die taalgebruik waarmee die landskap, see en dierelewe beskryf word, en dit doen nie oordadig of herhalend aan nie, omdat dit naatloos vervleg word met reisgegewe. Fynbosprag word reeds op die voorplat in die vooruitsig gestel."
|
 |
Vyfsterboek! Die ooggetuie deur Wilna Roux: ’n lesersindruk
Surene Esterhuizen
Lesersindrukke
"Ek het ongelukkig nog nie iets soortgelyks in Afrikaans raakgeloop om ’n vergelyking te tref nie, maar hierdie hofdrama wat oor 14 dae afspeel, is vir my baie geloofwaardig. Ek kan nie wag vir boek twee in die reeks nie."
|
 |
Uitnodiging: Digtersaand – Sproeireën en Kantelson
LitNet
Boeke en skrywers
Die FAK nooi jou na ’n besonderse geleentheid op 19 Julie in Stellenbosch waartydens die literêre nalatenskap van Ingrid Jonker en DJ Opperman in woord, vers en klank gevier sal word. Gaste kan uitsien na gedenklesings deur Wium en Dorothea van Zyl, voorlesings deur Carel Trichardt en Petru Wessels, en sang deur Grethe van der Merwe.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Die nuusmakers: Nuwe kykNET-dramareeks het tonge los
Maryke Roberts, Rolanda Marais
kykNET Portaal
Rolanda Marais gesels met Maryke Roberts oor haar rol in die nuwe kykNET-reeks, Die nuusmakers: "Kykers soek iets vars. Ons het nog nooit so ’n aktuele drama gehad wat soveel politieke en sosiale waarhede van ons land aanspreek nie. Om ’n blik agter die skerms van ’n nuuskantoor te kry, om die gesprekke tussen joernaliste te sien – hoe besluit word wat nuuswaardig is en wat nie – is vir my baie fassinerend."
|
 |
Toorkombuis: ’n onderhoud met Karen Hart
Naomi Meyer, Karen Hart
Kos en wyn
"Maar wanneer ek nou terugdink, het kook en bak my baie vroeg al gefassineer. Ek kan baie ver terug onthou – van my eerste herinneringe strek so ver terug as toe ek as tweejarige in Shannon op ’n plot buite Bloemfontein gebly het."
|
 |
Vriendskap dikker as bloed
Stefaans Coetzee
Fiksiekompetisies
"Hy staar voor hom uit met dieselfde kyk in sy oë as ter dood veroordeelde gevangenes op pad na die galg. Hy het vrede gemaak dat hy gaan sterf. Vandag. Nou."
|
 |
Wanneer mens dink
Lina Vogel
Fiksiekompetisies
"Daar word saam gefluit aan die einde en toe sy dit vir ’n derde keer oorspeel, kyk sy afsonderlik na elke gesig voor haar, die definisie van Suid-Afrika se reënboognasie. Verskillende tale, verskillende kulture, elkeen met sy eie agtergrond, maar verenig."
|
 |
My pen is ’n graaf
Martiens Labuschagne
Poësie
"my pen is ’n graaf;
ek delwe bladsy vir bladsy"
|
 |
Vryheid is ’n illusie
Kayla Hartman
Poësie
"Janis Joplin
sing van blues en bandanas
op ’n trip in Louisiana
en haar Bobby McGee"
|
 |
Beste vriend
Janica Flink
Poësie
"In jou bruin oë was ek vasgevang
jy word opreg verlang."
|
 |
Kroes
Shane Heynes
Poësie
"Ek’t geseëvier oor kammetjies wat gebreek het,
oor die see wat my hare laat spring"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|