Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1015

29/08/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: Om te treur

Act and advance!

Author: Enrico G Pedro, edited by Hein Willemse
Publisher: Abrile Doman Publishers
ISBN: 9780796141149

While researching the 1976 student protest at the University of the Western Cape, Enrico Pedro found that little information was available on the internet or elsewhere. At the time, the protest was in response to the uprising against Afrikaans as the language of instruction in Soweto on 16 June 1976. As a student at the time, he found the lack of information disturbing, "I was stunned. To think, over more than 40 years, only a few publications were published on this pivotal period in UWC’s history, a series of events that was so intense and distinguishable at the time of its happening."

Menings

Momente met Braam de Vries

Hans Ester
In memoriam

"Ons hier in Nijmegen gedenk dankbaar en vol ontroering ’n dierbare vriend, ’n 'friend of friends' wat van mense gehou het en ook goed was vir mense wat hy nie geken het nie."

In memoriam Abraham H de Vries (1937–2024)

Wium van Zyl
In memoriam

"Braam het ’n skrywer en akademikus geword wat ver buite sy eie land sy merk gemaak het."

Die storieman wat ons aan die verlang kon skryf

Willie Burger
In memoriam

"As kind het ek net ’n vae verbeeldingsprentjie van die Storieman in my kop gehad. Eers as volwassene het daardie beeld helder en vaste vorm aangeneem, met ’n bokbaardjie. Die 'slim ou, stokou, storieman' heet Braam."

Abraham H de Vries (1937–2024)

Daniel Hugo
In memoriam

"... die lewe is ’n kortverhaal
maar in jou geval was dit glad nie
so kort nie, dit was vol gebeure
en interessante karakters"

Braam de Vries, jy was onvolprese

Valda Jansen
Elders gesien

"Maar Braam is so ’n vriendelike siel, met ’n glimlag wat altyd gereed staan en helder, meelewende oë. Ek groet hom en sê my naam. Ons skud hand en hy begin onmiddellik praat oor my boek."

Dankie vir al die stories

Frederick Botha
Elders gesien

"Die hoogtepunt van daardie aand was egter toe hy ná die bekroning my kom vra het om sy bundel te teken."

’n Groetwoord vir Anastasia de Vries

Frank Hendricks
In memoriam

"Maar jy hét vertrek, en dít kort op die hakke van Braam de Vries, ons oudkollega, en Brian O’Connell, voormalige rektor van die Universiteit. ’n Mens sou as’t ware kon uitroep: Die spore van die dood lê in die gange van die UWK, en sy spore is vars ..."

Stacey, die gange is nou stil

Carla Lindt
In memoriam

"En dis net daai vir my – ek wil nie net ’n gewone dosent wees nie. Ek wil, net soos Stacey, ’n dosent wees wat vir ons mense en studente omsien en hulle opbou, en ’n 'way' maak sodat hulle kan presteer in die lewe."

Hoe Juffrou se woorde my lewe gered het: "Djy doenit’ie vi my nie, Troubles."

Angelo Julies
In memoriam

"Nog voor ek kon sê 'Juffrou ...', druk sy die foon in my oor neer. Dis Juffrou. My Afrikaans-dosent. Anastasia de Vries, Anna of Stacey vir ander, maar vir my was sy altyd Juffrou. Sy vat nie nonsens nie. Ek het so pas haar kwartaaltoets misgeloop ..."

Hervorming van die tronkstelsel: Is dit moontlik?

Freek Robinson, Pieter Groenewald
Onderhoude

Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, skets vir Freek Robinson ’n breër perspektief.

LitNet Akademies Weerdink-onderhoud – Skole: kompetisies of waardes?

Naomi Meyer, Jaco Deacon
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Mense wil van nature deel wees van ’n 'wenkultuur'. Ons raak almal opgewonde as die Springbokke wen, ons atlete medaljes by die Olimpiese Spele verwerf en Dricus du Plessis sy titel suksesvol verdedig. Daar is soveel uitdagings in ons land wat mense moedeloos en negatief laat, soos swak dienslewering, werkloosheid, verlies van mag, dat ek oortuig is dat skole en skole se prestasies dalk as ’n kruk gebruik word."

Agterstories: Wat ons op skool leer

Johan Fourie
Rubrieke

"Tog, dit wat ons opdoen in daardie klaskamers – die blootstelling aan nuwe idees en die ontwikkeling van kritiese denke – kan ons lewens beïnvloed op maniere wat ons dalk nooit besef nie."

Uit die argief

Abraham H de Vries gesels met Hennie Aucamp

The ABSA/LitNet Chain Interview / Die Ketting
OuLitNet (2006)

"Dis nou tien jaar laas dat ek ’n kortverhaalbundel gepubliseer het, maar skielik – dis nou al ’n jaar of drie aan die gang – meld verhale hulle weer aan, talle aangestig deur biografiese en outobiografiese materiaal."

André P Brink gesels met Abraham H de Vries

The ABSA/LitNet Chain Interview / Die Ketting
OuLitNet (2006)

Abraham H de Vries: "Maar diep in die nag praat dié wêreld nog met my. As Winkelplaas se ou huis kraak, as die wind opsteek óm die rofkasmure en in die doringbome. Sulke ure is daar nie geheime nie."

Om stories te vertel

Abraham H de Vries
Boeke en skrywers (2017)

"Ek verkies om uit stories te praat as dit dan moet, maar óór stories uit eie ondervinding: daar is niks wat nie verhaal kan word of in ’n verhaal gebruik kan word nie. In my geval: nie in die grootwordjare op Winkelplaas nie, nie die tragedie van my geboorte, Oumoedie se dood, nie; nie die studiejare in Amsterdam, die besoeke en uitnodigings daarna nie."

Bruggenhoofden: Anastasia de Vries lewer rigtende bydraes in kritiese herevaluering van tale, geskiedenis en gemeenskappe

Willem de Vries
Meningen (Voertaal, Mei 2024)

"Haar studies in Nederland het haar baie krities en bewus gemaak van die noodsaak om anders te kyk en so ook na die geskiedenis van Afrikaans, het sy gesê. Waar dit gaan oor kleur, ras, geloof, veral dan die Moslemgeloof, is al baie goeie vordering gemaak ten opsigte van die navorsing oor die geskiedenis van Afrikaans, maar nog te weinig is op die gebied van (Afrikaanse) kerktaalgeskiedenis in byvoorbeeld die Rooms-Katolieke Kerk gedoen."

Jeremy vannie Elsies deur Jeremy Vearey: ’n resensie

Anastasia de Vries
Die Afrikaanse Taalraad-portaal (2018)

"Want bowenal is hy 'Jeremy vannie Elsies' ‒ vannie nie uit Elsies nie ‒ en in dié besitsvorm lê sy verweefdheid met hierdie plek en sy mense opgesluit, ’n verweefdheid wat daarvoor sorg dat sy lewensgeskiedenis vertel word as die storie van ’n mens wat tot nou nooit sy waarheid oor sy plek in hierdie ruimte, en ’n groter Suid-Afrikaanse ruimte, vergeet het nie."

Boeke en skrywers

Abraham H de Vries (1937–2024)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Die Afrikaanse letterkunde is die lewenskragtigste affêre wat ek ken. Daar verskyn soveel boeke, soveel goeies, ek raak net hier en daar grond."

Die program van die Etienne van Heerden Veldsoirée 2024 en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée

Liefhebbers van die Afrikaanse letterkunde sou hulle op Vrydag 20 September in Cradock wou bevind. Die Etienne van Heerden Veldsoirée begin daar om 10:45. Nathan Trantraal sal, as deel van die Veldsoirée, net na 11:00 die eerste voordrag van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad lewer. En om 09:00 begin die ATKV-Skryfskool.

Ek en jy bestaan nie: ’n onderhoud met Danie Marais

Naomi Meyer, Danie Marais
Skrywersonderhoude

"Namate die bundel begin vorm aanneem het, het ek besef hierdie woorde omvat op verskeie maniere wat my bedruk, bedroef en bekommer rondom al die sosiopolitieke kwessies wat ek hier bo genoem het en hoe dit ons persoonlike verhoudinge beduiwel."

In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé: mites en foute oor miteteoriewerking

Hans Pienaar
Boeke en skrywers

"Hoe dit ook al sy, hopelik toon al die bostaande aan dat dit denke aan bande lê om allerhande eise aan resensies te stel."

In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé: ’n lesersindruk

Willem Krog
Lesersindrukke

"Ten slotte kan die boek aanbeveel word vir almal wat ernstig oor lees is, hoewel dit geensins ontspannend of maklik is nie. Dit verskaf ’n handvatsel wat vir die leser verrykende ervarings kan bied ten spyte daarvan dat daar nie met alle redevoering saamgestem hoef te word nie."

Waar bloed kruip deur Kobus Breyl: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills
Lesersindrukke

"Dit is duidelik dat Kobus Breyl met indrukwekkende outoriteit skryf en deeglik bekend is met sy onderwerp. Gegewe sy agtergrond en ondervinding in die regspraktyk, neem hy die leser op ’n reis van ’n diggeweefde moord- en speurverhaal."

Droomjagter deur Leon van Nierop: ’n resensie

Stefaans Coetzee
Resensies

"My groot vrees met 'ou hande' is dat hulle bykans enigiets kan skryf en dit gedruk sal word, bloot omdat hulle name boeke by die duisende verkoop. Is die verkoopsyfers nie al wat tel nie?"

James by Percival Everett: a book review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"Percival is the kind of writer that first disarms the reader with humour before painting the horrors of American life, on which modern Western culture is premised. Humour is the modus operandi of his narrative style. His books are tragicomedies with depth."

Oor vreemde diagnoses en wonderlike vriende

Koos Kombuis
Boeke en skrywers

In hierdie video verduidelik Koos Kombuis hoekom hy ’n donkerbril dra. Hy resenseer ook twee biografiese werke en ’n vreemde stuk wetenskapfiksie.

Midlands Literary Festival 2024: an interview with Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David
Lifestyle and entertainment

"What makes this festival so special is how the community have come out and supported us."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Rachel Williams

Braam Peens, Rachel Williams
Boeke en skrywers

"Ons smee bande met gelykdenkende organisasies wat hulle toevestig op die bevordering van ’n leeskultuur, soos Nal’ibali; boekwinkels; die ATKV; interaksie en gesprekke met outeurs; boekuitstallings; radio-onderhoude; bewusmakingsdae soos Wêreld-hardopleesdag, Nasionale boekeweek, Wêreldboekedag; drama, opvoerings en leesprogramme." Hierdie onderhoud met Rachel Williams is die vyfde aflewering oor ons biblioteke.

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024, hier is die finaliste

LitNet
ATKV-Portaal

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord.

Winner of the Ingrid Jonker Prize for 2024

LitNet
Books and writers

"On behalf of the Ingrid Jonker Prize Committee, I wish to announce ... the winner for 2024 ..."

Press release: The McGregor Poetry Festival celebrates 12 years

LitNet
Lifestyle and entertainment

We invite you to join us for a warmhearted gathering of poets from 6 to 8 September 2024. Themed "Towards a wonderful world", the festival seeks to instil a sense of hope and beauty, through poetry, into our turbulent world. As with all our previous festivals, the calibre of work will be exemplary and you’ll again hear Die Mengelmoes Digters – Theresa Carstens, Diana Ferrus, Fiona Fertyn, Gaireyah Fredericks, Naidene Lottering, Sophia Oliphant and Jadrick Pedro.

Uitnodiging: FAK Wes-Kaap – ’n boekbespreking van Blou bloed met Daniël Lötter op 4 September 2024

LitNet
Boeke en skrywers

Die FAK nooi graag FAK-vriende en belangstellendes uit na ’n aanbieding deur Daniël Lötter, die skrywer van Blou bloed: koninklike spore in Suid-Afrika, by die FAK Kaap-kantoor op 4 September 2024.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 23 tot 29 Augustus 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Nou op Voertaal

Bij de dood van een schrijver: In memoriam Abraham H de Vries

Yves T’Sjoen
Literatuur

"De Vries was niet de schrijver met de megafoon, de pamflettaire activist, maar een ingetogen en vastberaden persoon die in zijn schrijfwereld een blik op de wereld gericht hield."

Antoni Schonken oor die tweede simposium van Suid-Afrikaanse komponiste

Annette Havenga
Muziek

"Daar is ’n persepsie oor klassieke musiek dat dit net vir ’n sekere 'tipe mens' is. Daarop reageer Schonken met ’n besliste 'Nonsens'. Hy sê voorts musiek hoef nie altyd 'mooi' te wees nie, ook dat musiek ons juis laat terugsit, waardeer en besin."

Quod erat demonstrandum: Nederlandse literatuur op de boekenmarkt in Zuid-Afrika – Afrikaanse en Engelse vertalingen

Yves T’Sjoen
Literatuur

"De opvatting dat vertalingen in het Afrikaans van Nederlandstalige literatuur noodzakelijk zijn bij gebrek aan Engelse vertalingen behoort tot het rijk der fabelen, zo leert een vluchtige blik op de verzamelde bibliografische data."

The West Coast’s most fantastic window on time

Clifford Roberts
Reizen

"Standing at a viewpoint overlooking the overgrown remains of a phosphate mine and domes covering the dig sites, I was focusing my lens into deep time – a time after the first organisms appeared on the planet, but before our own arrival."

Leesimpressie: Haar eerste Amerikaan door Lore Segal

Erik van den Bergh
Literatuur

"Opvallende roman over de relatie tussen Ilka Weissnix, een jonge joodse vrouw die Oostenrijk ten tijde van Hitler ontvluchtte en Carter Bayoux, een markante zwarte Amerikaan van middelbare leeftijd, een cynische levensgenieter."

Leesimpressie: De wereld in taal door Alla Peters, Petra Sleeman en anderen

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een veelzijdige, informatieve en toegankelijke bundel met 40 korte teksten over Babylonische spraakverwarring, taal als 'tool', de wereld door de taalbril, reizen door tijd en ruimte, taal in klank en teken, over taal, politiek en nog meer."

Leesimpressie: Dagboek van een invasie door Andrej Koerkov

Erik van den Bergh
Literatuur

"Opmerkelijke bundel met veelal indringende notities over leven in Oekraïne vlak voor en tijdens de oorlog."

Banning art and what it does: Forbidden reading lists

Alex J Coyne
Literatuur

"Banned works contain something that’s threatening to someone, usually someone in a powerful position who can obscure, censor or ban these works."

Breytenbach notitie#19: Verhalend proza "uit de dampkring". Esther Jansma en De boom achter de maan

Yves T’Sjoen
Literatuur

"Deze schatplichtigheid hoeft zich vanzelfsprekend niet uitsluitend in de broncultuur te situeren. Ze kan ook de taalgrenzen en de grenzen van een literair systeem of nationaal circuit overschrijden. Het oeuvre van Breytenbach heeft menig schrijverschap in Nederland en Vlaanderen mee bepaald."

Skroewe draai al stywer om die minister van justisie se VBS-betrokkenheid

Jean Oosthuizen
Voorblad

"President Cyril Ramaphosa het Woensdag gesê hy het met kommer kennis geneem van mediaberigte wat bewerings van korrupsie teen Simelane bevat."

Eskom se tariefskokke in parlement bespreek

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die DA het ’n beroep op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gedoen om dringend duidelikheid te gee oor die metode waarvolgens hulle tariefverhogings goedkeur, na aanleiding van die reguleerder se erkenning dat die voortslepende krisis rakende elektrisiteitbekostigbaarheid vererger is deur tariefverhogings wat gebaseer is op '’n verkeerde interpretasie van die wet'."

DA en VF Plus se leiers wil twisvlamme blus

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die nasionale leiers van die DA en die Vryheidsfront Plus het water op die vuur probeer gooi in die twis tussen die twee partye wat besig is om op plaaslike vlak in veral die Wes-Kaap uit te kring."

Akademies en skole

’n Psigoanalitiese lees van die moeder-dogter-verhouding in radbraak deur Jolyn Phillips

Teneal Apollis
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"In die artikel word veral ondersoek ingestel na watter insigte ’n psigoanalitiese lees bied in ’n kritiese ontleding van die moeder-dogter-verhouding. Enkele insigte van postkoloniale kritici word ook betrek omdat kwessies soos identiteit en die subalterne ondervang word, wat beide belangrike kwessies in radbraak is."

"Haar grense is besig om te verskuif": Die kontrak as nuwe romantiese fiksie en erotiese fiksie in Afrikaans

Andrew Sutton
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Dit is egter merkbaar dat Die kontrak op ’n romantiese-erotiese-spektrum nader aan die romantiese neig en die erotiese afskeep. Dit is duidelik dat Afrikaanse romantiesefiksie- en erotiesefiksiegenres se grense besig is om te verskuif."

Persverklaring: Algemene simposium, Donderdag 19 en Vrydag 20 September 2024

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Akademielede en ander belangstellendes word aangemoedig om die simposium by te woon en die inskrywingsvorm te voltooi en om kennis te neem van die interessante program. Die tema vir vanjaar se simposium is: Van isolasie na internasionalisering: Tendense in Suid-Afrikaanse navorsing die afgelope 30 jaar.

Wiskunde met LitNet-video, graad 9: oplos van kwadratiese vergelykings

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 9? Dan weet jy nou al dat die grafiek van ’n kwadratiese vergelyking ’n parabool is. In hierdie Wiskunde-video verduidelik Lee-Ann Langeveld hoe om die oplos van kwadratiese vergelykings beter te verstaan.

Graad 10: Wiskundetoets en memorandum – funksies, kwartaal 3

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 10 en droom jy van reise na verre lande? In hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann Langeveld gaan jy nie net somme oor funksies onder die knie kan kry nie, maar jy gaan ook leer hoe een seun deur middel van saamgestelde rente vir sy sporttoer na Italië kon spaar. Laai hierdie toets en memo af om hierdie kwartaal met behulp van ’n interessante vraestel goeie punte te kan behaal.

Graad 11: Wiskundige Geletterdheidstoets en memorandum, kwartaal 4

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 11 en bekommer jy jou oor universiteitstoelating en jou uitslae? LitNet bied hulp! Hier is ’n gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld waarmee jy reeds vir volgende kwartaal se werk kan begin oefen. Nou moet jy net die vraestel aflaai en dit uitwerk; dan is goeie punte sommer kinderspeletjies.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Leefstyl

kykNET Silwerskermfees 2024: ’n tweetalige onderhoud met Quanita Adams, skrywer-regisseur van Hier.Na

Naomi Meyer, Quanita Adams
kykNET Portaal

"It is never entirely one's own movie. It's such a collaborative process to make it. And maybe because I am an actor first, I am so accustomed to having things be fluid, and change, that I loved the way the story evolved when people – crew, or cast – brought their own contributions. It's magic. Alchemy."

Persverklaring – Silwerskermfees TV nominasies: die beste reaksies

LitNet
kykNET Portaal

Die Afrikaanse filmbedryf kom hierdie Saterdag, 31 Augustus 2024, in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum byeen om die 12de kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV te vier. Dié glansgeleentheid sal die volgende aand, Sondag 1 September 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. Met Vrouemaand wat afsluit, het Cindy Swanepoel, Melissa Myburgh, Mienke Ehlers, Beáta Bena Green, Marion Holm, Marguerite van Eeden en Llandi Beeslaar oor hul benoemings gesels.

VVA Ommietafelgesprek: Hoekom ’n musiekloopbaan in Afrikaans?

Jean Oosthuizen
ATKV-Portaal

"Al die gespreksgenote was dit eens dat Afrikaanse musiek ’n blink toekoms het en dat die taal in al sy vorme gevier en omarm moet word as ’n inklusiewe taal."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Cintaine Schutte oor ’n Begin

Naomi Meyer, Cintaine Schutte
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Mens moet vertrou in die repetisieproses en al die rolspelers. Dat jy jou beste moet doen en dan oorlaat aan die teatergode."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Skatkis vol stories – ’n onderhoud met Danneline Ramsden

Naomi Meyer, Danneline Ramsden
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Ek is baie lief om Namawoorde te gebruik in my produksies. Dit gee my die geleentheid om mense bloot te stel aan die taal. Een van my gunstelingwoorde is 'xhoulag' wat beteken om diep en uitbundig uit jou maag uit te lag. Ons gaan lekker xhoulag en wie weet dalk ’n traantjie of twee pink."

Lara Foot’s Othello at the Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Angelique Filter’s review

Angelique Filter
Toyota Stellenbosch Woordfees

"It is not simply a tragedy of love and jealousy. The roots of this tragedy lie far deeper, in the dim parts of our subconscious, where we have buried the remnants of the guilt, pain and fear embedded in our colonial past."

Fietsry vir dommies by die Welgemoed Kunstefees 2024: ’n onderhoud met Eldon van der Merwe

Naomi Meyer, Eldon van der Merwe
Teater

"Fietsry vir dommies laat ons toe om vir ’n oomblik ’n toeskouer te wees in die lewe van iemand wat almal dalk nie elke dag mee in kontak kom nie, al is dit die realiteit van baie mense in ons onmiddellike omgewings." Eldon van der Merwe se eenmanproduksie Fietsry vir dommies is Donderdag 29 Augustus by die Welgemoed Kunstefees.

Persverklaring: Finaliste van 60ste ATKV-Tienertoneel bekend

LitNet
ATKV-Portaal

Die top 10 produksies word genooi na die nasionale Simbiose-finaal, wat van 23 tot 28 September in die Kunstekaap-dramateater in Kaapstad plaasvind.

Persverklaring: Vyftien nuwe teksvoorstelle te sien by die negende Teksmark

LitNet
KKNK

Meer as 100 nuwe teksvoorstelle is vir vanjaar se negende Teksmark ontvang, waarvan 15 vir Teksmark by die Baxter-teater in Kaapstad gekies is. Hier word skrywers se teks-idees op 4 en 5 September as leesteater in die Baxter-teater se Concert Hall aan voornemende beleggers in die teaterbedryf voorgelê.

Nuwe skryfwerk

Pluk vir my die sterre

Drienie Joubert Kelly
Poësie

"keer tog dat die son met dagbreek sy aangesig wys
laat hy net eerder bly waar hy is"

As ek sterf

Johan van der Merwe
Poësie

"ek swerf na waarheid
na vrede en liefde
waar blomme groei"

Kinderjare-blues

Neo Mehlomakulu
Poësie

"waar ek kon sit en kyk
hoe my ma stywe pap uit warm water en mieliemeel optower"

Embrio

Anne-Marie Bartie
Poësie

"dat my beenmurg
die impulsboodskap
na my hande
kon gelei"

A sailing song

Carla Chait
New writing

"So simple in its stream:
straight forward."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved