Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 946

21/04/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Ons tweede inwoonskrywer is ...

Pasverskyn

Jan Smuts, 1870–1950: ’n fotobiografie


Samesteller: Anton Joubert
Uitgewer: Protea
ISBN: 9781485302742

Daar is al soveel oor Jan Smuts geskryf. Smuts is in baie opsigte steeds ’n raaisel, veral wat sy komplekse persoonlikheid betref. Hierdie chronologiese rangskikking van foto’s uit sy lewe bied ’n beeld van hom as mens, staatsman, bevelvoerder en politikus. Dis ’n visuele reis deur die lewe van een van ons grootste staatsmanne.

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap: Aankondiging

Lynthia Julius is LitNet en die Tuishuise se tweede inwoonskrywer op Cradock

Izak de Vries
Boeke en skrywers

"Met die instelling van Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap bring LitNet goeie nuus vir skrywers wat ruimte nodig het om ongestoord met die muse, of met wifi passwords van Jerusalem, in gesprek te tree."

Akademies en skole

Aankondiging: Wenners van die SA Akademiepryse 2023

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Antjie Krog en Kirby van der Merwe stap vanjaar weg met twee van die gesogte Akademiepryse: die Hertzogprys vir poësie en die Eugène Marais-prys vir prosa. Hier is die volledige lys van wenners.

Die misbruik van hofprosesse en die erkenning van ’n spesiale pleit wat onbehoorlike litigasiemotiewe ontmoedig

Neels Swanepoel
LitNet Akademies (Regte)

"Advies en hofoptrede namens kliënte behoort nooit te geskied met onbehoorlike motiewe soos om die regsproses te vertraag, om bestaande hofreëls te verdraai en te misbruik, of om die ontduiking van openbare verantwoordbaarheid en aanspreeklikheid te fasiliteer nie."

Graad 4: Algemene wetenskappe (NWT), tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy vanjaar in graad 4? Dan is jy nou al slim genoeg om iets te weet van water as vloeistof, vaste stof (ys) en gas (stoom). Jy is ook slim genoeg om hierdie kwartaal eksamen te skryf. In hierdie Natuurwetenskappe-vraestel deur Rita Engelbrecht is daar voorbeelde van die soort vrae wat jy in die eksamen kan verwag. Die goeie nuus is dis gratis beskikbaar en die ander goeie nuus is dat jy goeie punte sal kan kry as jy jou werk hiermee hersien.

Graad 7: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Dis ’n nuwe seisoen. As jy in graad 7 is, is daar ook ’n nuwe seisoen wat binnekort vir jou wag: hoërskool. Laai hierdie Wiskundevraestel deur Lee-Ann West gratis hier af om voor te berei vir jou Wiskunde-eksamen hierdie kwartaal. Die herfsblare se kleure sal nog mooier lyk as jy hierdie kwartaal goeie punte behaal.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Verrykingswiskunde: Hoeveel planete is daar in die Melkweg met lewe soos op die aarde?

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Dalk is jy nie meer in die skool nie. Miskien het jy nog nooit passievol oor Wiskunde gevoel nie, wat nog te sê Verrykingswiskunde. Maar wie weet: dit kan wees dat hierdie artikel deur Pieta van Deventer jou sal interesseer. Sê nou maar daar is nog lewe in hierdie einste Melkweg waar ons ons bevind?

Uit die argief

Eietyds en eiesinnig: Lynthia Julius "vry met getroude sinne / en ligtekooi met reëls"

Karen de Wet
Resensies (2020)

"Die self aan die woord in hierdie bundel is meervoudig en kompleks, soos ook die onderwerpe wat sy ophaal en waaruit sy sin, en poësie, maak. Uit die smeltkroes van leef en beleef word gedigte gefiltreer wat ondersoek instel, aan die lig bring, stelling inneem, deklameer en aandring op erkenning."

Om te skep: Cradock-paragrawe en lesse van lepels

Bibi Slippers
Boeke en skrywers (2022)

"'As jy wil skep, moet jy kyk,' sê die lepels." Bibi Slippers lewer verslag oor haar maand lange verblyf in Cradock, waar sy die eerste LitNet Tuishuise Inwoonskrywer was. Sy en haar hond Matilda het tuisgegaan in een van die Victoria Manor Hotel se bekende Tuishuise.

"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"

Cliffordene Norton, Lynthia Julius
Skrywersonderhoude (2020)

"Dis die hartseer van die saak. My oumagrootjie kon Nama vlot praat; my ouma, my ma, ek – ons kan nie Nama vlot praat nie. Dis nie aan ons oorgedra nie."

Boeke en skrywers

Chanette Paul (1956–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Skryf bly vir my ’n verwonderenswaardige proses. Ek begryp nie dié mag van die storie en karakters wat oorneem nie, maar ek wil dit vir niks ter wêreld verruil nie."

Loeloeraai as steampunk? Oor die uitbeelding van die wetenskappe 100 jaar gelede

Mellet Moll
Boeke en skrywers

"Steampunk, binne hierdie beskouing, word gedefinieer as ’n subgenre van wetenskapfiksie wat afspeel in die verlede en waarin moderne tegnologie, soos wat dit vandag bekend is, nog nie bestaan het nie. In kort is dit narratiewe wat ooreenstem met wetenskapfiksie, maar sonder dat die digitale era ooit plaasgevind het."

Herrie die olifant, ’n engel uit die buitenste ruim, en ’n blinkgoue eier: Loeloeraai 100 jaar later en CJ Langenhoven 150 jaar later

Carien Smith
Boeke en skrywers

"Ekokritici moedig mense aan om ook op hierdie kritiese wyse na die natuur te kyk. Dit daag die mens in die Antroposeen uit; die mens wie se aksies negatiewe gevolge het. Dit draai die antroposentriese idee van die wêreld om en maak dit ekosentries."

My liefste Wyk

Crito
Boeke en skrywers

"Wat dink jy, Wyk, het volgende gebeur? Nee, jy’s verkeerd. Niemand het die kwellings wat Oosthuizen geopper het, gebruik as snellers vir ’n intellektuele gesprek nie. Almal het die ad hominem-roete gevolg. Slaat plat die man wat durf waag om oor geloof na te dink. Weg met Julian Müller! Verbrysel sy skedel en byt hom aan die hakskeen."

The man who shook mountains by Lesley Mofokeng: a book review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"If anything, the book carries the pain it narrates with graceful eloquence, even though, by necessity of our state’s disrepair, its tone is often tinged with melancholy."

Kanaän deur Barend Vos: ’n boekresensie

Annalize Marx Hills
Resensies

"In hierdie boek daag Vos die leser uit om dieper as die oppervlak te kyk. Die hart van hierdie boek is die verhaal van gewone mense met hulle eie drome, twyfel en begeertes."

Persverklaring: Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2023

LitNet
Boeke en skrywers

Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2023.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 15 tot 21 April 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Menings

LitNet Akademies Weerdink-onderhoud: Korrupsie – Thabo Bester, die Gupta-broers ... gooi ons die handdoek in?

Naomi Meyer, Johan van Graan, Christo Smit
Onderhoude

"Onder geen omstandighede moet mense hulle oë vir korrupsie sluit nie. Suid-Afrikaners moet korrupsie blootlê, anders lyk die toekoms baie donker vir die land."

US verwys bewerings van nepotisme by Maties vir evaluering

Jean Oosthuizen
Universiteitseminaar | University Seminar

"’n Mosie om De Villiers van sy amp te onthef het by Maandag se raadsvergadering van die US-raad gedien. Die mosie is voorgestel deur die DA se kiesafdelingshoof in Stellenbosch, Leon Schreiber, en gesekondeer deur Jan Heunis, president van die US se konvokasie."

Opdraandestryd vir onafhanklike kandidate in Suid-Afrikaanse verkiesing

Freek Robinson, Michael Louis
Onderhoude

Freek Robinson vra in hierdie onderhoud vir Michael Louis waarom hy, en ander, nie tevrede is met die veranderinge aan die Kieswet nie, wat die probleme is met die wet soos dit tans staan, en hoe sy regsgeding die OVK se werk in die wiele gaan ry, al dan nie.

TikTok in die Nuwe Koue Oorlog

Burgert A Senekal
Seminare en essays

"TikTok se verbintenis met China is verder belangrik gegewe globale Chinese (en Russiese) disinformasieveldtogte rakende COVID-19. Tydens die pandemie het beide lande vals inligting versprei in ’n poging om Westerse lande te ontwrig."

Hoe leer kinders die taal van wiskunde aan? ’n Onderhoud met Wilhelm du Toit

Naomi Meyer, Wilhelm du Toit
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Wanneer jy syfervaardig is, kom die wiskunde vanself."

Oor feminisme 2023

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"[D]it begin by ’n sentiment dat vroue wat vra vir gelyke regte, anti-mans is. Ek is Bettina Wyngaard, en ek is ’n feminis."

Ses soundtracks wat my script geflip’t

Tasneem Daniels
Menings

"Tracee Ellis Ross het in ’n interview met Oprah Winfrey gesê rat die beste plek om na jou musiek te luister is jou kar. Ek sal sê rat jou kar die twiede beste plek is – die ee’ste is soundtracks op movies en TV series!"

Terwyl ek nou boeke lees oor die Anglo-Boereoorlog

Trisa Hugo
Elders gesien

"Dis dan ook hier waar my ma altyd my ouma gemaan het om nie sulke stories vir die kinders te vertel nie. Maar ons wóú hoor, en dan het ons met bewende kniegies gesit en grootoog geluister."

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

Nou op Voertaal

Nuwe verkiesingswet kry die wind van voor

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die nuwe verkiesingswysigingswet wat onafhanklike kandidate toelaat om vir verkiesing in die parlement en provinsiale wetgewers te staan, kry al hoe meer die wind van voor vanuit die geledere van burgerlike organisasies."

En hoor jy die #2024-verkiesingsklanke?

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"Anders kan die opposisie maar koebaai sê vir die droom van ’n nasionale koalisie en moet Suid-Afrikaners hulle gereed maak vir die nagmerrie van nóg ’n ANC-termyn."

Suid-Afrika se gesondheidsorg is aan skerwe

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die land se openbaregesondheidsektor bevind hom in ’n gesondheidsgemors. Dokters sukkel om die pasiëntelading te hanteer, het min ondersteuning en rugsteuning, en daar word van hulle verwag om ure buite die normale te werk."

Universiteit van KZN met hof gedreig oor beweerde rassediskriminasie

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Volgens Solidariteit lui die universiteit se advertensie dat beurse toegeken word aan 'swart Suid-Afrikaanse burgers' vir meesters- en doktorale studie, onderskeidelik ter waarde van R120 000 en R60 000. In teenstelling hiermee bedra die beurse wat aan 'ander Suid-Afrikaanse burgers' toegeken word, onderskeidelik slegs R80 000 en R45 000."

Nuwe laagtepunt in politieke twis tussen DA en PA

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Kunene, wat byna net so omstrede is soos sy leier, Gayton McKenzie, beskuldig die DA se Gauteng-leier van allerhande ongerymdhede en slinger persoonlike beledigings in sy rigting."

Fynbos soos nog nooit tevore nie! Grootbos Privaat Natuurreservaat

Maryke Roberts
Reizen

"Elke ete is ’n ontdekkingsreis saam met sjef Ben Conradie en sy span. Voeg daarby drie keurige wynlyste met die beste wyne uit die land en jou fynbosreis word tot epikuriese hoogtes gevoer."

The Commonwealth Short Story Prize 2023: an interview with Buke Abduba

Naomi Meyer, Buke Abduba
Literatuur

"I believe stories make all the difference. They’re how we share our humanity and talk about things that may otherwise never be talked about. They’re bridges towards each other, towards better understanding of human experiences that we may not personally go through."

The Commonwealth Short Story Prize 2023: an interview with Hana Gammon

Naomi Meyer, Hana Gammon
Literatuur

"'The undertaker’s apprentice' is a story about the ever-changing nature of existence, and how things can be both lost and gained through inhabiting such a world in such a way. ... It’s a little macabre, but I’ve always been fascinated by the topic of death and everything related to it, as is evident in a lot of my work. The story was in part inspired by my research on the funerary industry last year, as that was a career path I was considering taking."

De politiek van het lichaam (Antjie Krog notitie #2)

Yves T'Sjoen
Literatuur

"Over sterfelijkheid, ouder-wordende lijven en het maatschappelijk stigma was nog niet eerder zo indringend geschreven in het Afrikaans. Dergelijke thema’s behoren blijkbaar tot een no go-zone in de Afrikaanse letteren, zoals een publiek debat aangeeft ter gelegenheid van Plunder."

Persbericht: Meet and greet Early B & Van Pletzen

Voertaal
Zuid-Afrikahuis

Early B en van Pletzen komen weer terug naar Nederland! Maak kennis met drie van de grootste namen in de Afrikaanse muziekscene met een live Q&A en signeersessie in het Zuid-Afrikahuis op woensdag 10 mei!

Persbericht: Babs Gons is vanaf september de nieuwe Dichter des Vaderlands

Voertaal
Literatuur

Dichteres Babs Gons is vanaf september 2023 twee jaar lang Dichter des Vaderlands. Zij volgt in die functie Lieke Marsman op, wier termijn eind januari eindigde.

Leefstyl

Elke sosiale kwessie in die KKNK se teaterligte uitgewys

Maryke Roberts, Clifford Roberts
KKNK

Die KKNK is 1–9 April op Oudtshoorn gehou. Clifford en Maryke Roberts was 6–9 April daar: Clifford agter die kamera en Maryke met haar notaboek. Hier is hul oorsig van dié vier dae.

Ver in die wêreld Kittie vra vrae by die feeste: ’n resensie

Izak de Vries
Musiek

"Kramer maak nooit die fout om te begin preek oor kulturele appropriasie nie. Die stuk sê egter baie duidelik dat die legendariese 'Koos' se bydrae nooit na waarde verdiskonteer is nie. En Kittie, die meisie wat skynbaar warm gevry is deur Pessach en toe agtergelaat is, vertel ’n hartseer storie."

Mutton hour by die KKNK: ’n resensie

Izak de Vries
KKNK

"Die basis van Mutton hour is kamisjibai, ’n vorm van straatteater wat gewild geword het in Japan tydens die Groot Depressie. Dit is ’n uur van vet pret – selfs geskik vir vegans."

Mirakel deur Reza de Wet weer opgevoer: ’n resensie

Izak de Vries
Teater

"Ons ekonomie is tans moertoe, maar as jy ’n paar rand kan afknyp, sou ek hierdie stuk vir teaterliefhebbers aanbeveel. Júis ómdat."

Jakob by die Drama Factory: ’n resensie

Maryke Roberts
Teater

"Jakob is die hartseer storie oor ’n vreemde seuntjie wat op ’n ewe vreemde manier in sy ouers se lewe beland. Die kind is anders en daarom word hy deur die skool, ander kinders en die gemeenskap uitgeskuif en uiteindelik tuis onderrig. Die temas van liefde, lig en donker en alles wat daarin weerkaats én verhelder word, word meesterlik vertel ..."

In gesprek met Veronique Jephtas oor My kroon se krank by die Suidoosterfees

Izak de Vries, Veronique Jephtas
Suidoosterfees

"Kô kyk, want dit gaan oor meer as net hare. Dit gaan oorie oorbegin, die eerlik praat, die awkward phases vannie lewe. Dit gaan oor opstaan en oppie ou einde vannie dag drie vroue wat net gehoor wil wôd, soe kô luister, toe?"

In gesprek met Karen Meiring oor Soomloos by die Suidoosterfees

Izak de Vries, Karen Meiring
Suidoosterfees

"Dit was ’n spanpoging, maar ’n produksie soos Soomloos moet in styl verteenwoordigend wees van wat as 'soomloos' beskou kan word. Ons vier Gerwel se lewe en ongelooflike bydrae tot die nuwe Afrikaanse gemeenskap, maar dit is nie ’n geskiedenisles nie."

Wen kaartjies na Konsert van hoop en Under African skies by die Suidoosterfees

LitNet
Suidoosterfees

LitNet, in samewerking met Vicky Davis Media en die Suidoosterfees, gee 3x2 kaartjies weg na twee vertonings elk by die Suidoosterfees. Ses paartjies sal dus die geleentheid kry om saam ’n vertoning by die Suidoosterfees by te woon. Klik hier om uit te vind hoe jy ’n kans staan om te wen.

Persverklaring: Hoerkind deur Herman Lategan nou verhoogstuk

LitNet
Suidoosterfees

Die skywer-joernalis Herman Lategan se blitsverkoper, Hoerkind: Die memoires van ’n randeier, is deur die bekroonde akteur en teaterskepper Margit Meyer-Rödenbeck in ’n toneelstuk verwerk. Die première is by die Suidoosterfees, maar dit reis ook na ander venues (inligting in die artikel).

Persverklaring: Konsert van hoop by die Suidoosterfees

LitNet
Suidoosterfees

27 April is Vryheidsdag, ’n nasionale geleentheid wat hoop vir alle Suid-Afrikaners simboliseer. Vanjaar vier die Suidoosterfees hierdie spesiale dag met ’n skouspelagtige uitvoering van ligte en klassieke musiek, opera en dans, aangebied deur Artscape se top uitvoerende kunstenaars en van die land se gewildste sangers, musikante en kore.

Press release: She had a name: 365 – an installation at the Suidoosterfees

LitNet
Suidoosterfees

Between April 2015 and March 2020, an average of 2 763 womxn were murdered in South Africa, according to the SAPS Crime Statistics from that period. That means one womxn murdered every three hours and ten minutes. For Cape Town-based performance artist Carin Bester every single one had a life, loved ones, hopes and dreams.

Press release: Yekabani le Panty? at the Suidoosterfees

LitNet
Suidoosterfees

A sight-specific, interventional, performance art piece which questions the patriarchal structure imposed on women, especially in a South African context.

Persverklaring: KKNK 2023 inspireer met uitmuntende artistieke inhoud

LitNet
KKNK

Vanjaar se KKNK het almal se verwagtinge oortref met inspirerende artistieke inhoud van hoogstaande gehalte en bywoning wat die 2019-fees verbygesteek het.

Etienne van Heerden Veldsoirée, 22–24 September 2023

LitNet
Feeste

Onthou dié datums! Die Etienne van Heerden Veldsoirée vind van 22 tot 24 September 2023 plaas. | Remember these dates! The Etienne van Heerden Veldsoirée will take place from 22 to 24 September 2023.

ATKV-Skryfskool by vanjaar se Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet
Feeste

Voornemende skrywers kan solank hulle dagboeke skoonmaak, want van 22 tot 24 September 2023 gaan die ATKV-Skryfskool tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock aangebied word.

Nuwe skryfwerk

WurmWerd

Trisa Hugo, Sidney Gilroy
Fiksie

"Leon Landsberg het die koerante gebel. Die Burger en Rapport berig maar net te geredelik oor die oud-Bokvoorspeler wat teen hulle te velde trek. Slaaimie is met meer as ’n miljoen rand van Leon se ma weg. Geld wat hy glo drie jaar tevore vir haar in kripto sou belê het. Geld wat intussen verdwyn het."

Soms

Delia Rossouw
Poësie

"Soms soek ons vergete na ’n langverlore skat,
Soms moet ons omdraai op ’n verkeerde pad ..."

 

Sterrereën

Susanne Pretorius
Poësie

"’n kandelaar van sterre
skitter in die donker
soos duisende gloeilampies
wat flikker en flonker"

Lentesimfonie

Zebulon Kochk
Poësie

"die soet-getinte klanke
van ’n lentebries se lied
’n wonderskone melodie"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved