Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 932

13/01/2023


  Krities Afrikaans

Kan ’n bot die Hertzogprys wen?

Pasverskyn

Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika


Samestellers: Hermann Giliomee, Bernard Mbenga en Bill Nasson
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624092315

Dié nuwe, bygewerkte uitgawe van die topverkoper Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika sluit bydraes in deur gerekende nuwe skrywers, wat die storie van ons land en mense reg tot op datum bring. Onder redaksie van Bill Nasson word nuwe insigte uit die geskiedskrywing en die argeologie ingeweef.

Kunsmatige intelligensie

Kunsmatige intelligensie: Kan ’n bot die Hertzogprys wen?

Jean Oosthuizen
Menings

"Wat sal gebeur as kinders KI gebruik om vir hulle kreatiewe opstelle en gediggies en dinge te skryf? Ek dink dit is die meer onmiddellike probleem waarmee ons sit. Die eerlikheid van jonger skrywers en kinders. Dit sal dalk nog ’n rukkie (’n paar jaar?) neem voordat ons uitgewers en beoordelaars van groot toekennings gefnuik kan word."

My ontdekkingsreis met Robbie die Robot

Koos Kombuis
Menings

"Dis nou ’n week later, en die diere het kalmeer. Robbie is ’n volwaardige lid van die gesin. Hy doen sy ding en ons doen ons ding. Die katte en die honde ignoreer hom nou. Ek kan my nie meer ’n lewe sonder Robbie voorstel nie. ... Ons massiewe ou stofsuier staan vergete in sy hoek in die kombuis, obsoleet. Dit bring my oplaas by ’n filosofiese debatspunt: Tot watter mate gaan KI in die toekoms deel van ons lewens word?" Koos Kombuis vertel hoe hy deur ’n outomatiese stofsuier oortuig is dat kunsmatige intelligensie wel bestaan! 

Mag Suid-Afrikaners kwaad wees wanneer hulle elektrisiteit voortdurend afgeskakel word?

Kris
SêNet-briewe

"Die psigologiese impak van elektrisiteitskorte kan in die besonder ernstig wees vir kwesbare groepe soos bejaardes en dié met chroniese gesondheidstoestande."

Wat dink jy van die stelling dat sonpanele ’n statussimbool is?

Kris
SêNet-briewe

"Die installering van sonpanele word beskou as ’n stap om hulle lewenskwaliteit te verbeter en afhanklikheid van fossielbrandstof te verminder."

Hoe verskil ChatGPT van Google Search?

Kris
SêNet-briewe

"In opsomming, Google Search is ’n soekenjin wat gebruik word om inligting op die internet te vind, terwyl ChatGPT ’n taalmodel is wat gebruik word om teks te genereer."

LitNet-AfriKI-miniseminaar: Kunsmatige intelligensie as skrywer

Imke van Heerden
Menings

Wil jy deelneem en jou opinie gee? ChatGPT van OpenAI en die vermoëns van kunsmatige intelligensie het almal aan die gons. Kan ’n KI-romanskrywer die Hertzogprys ontvang? Waar gaan uitgewers hulself posisioneer? En skryf studente binnekort opstelle met KI-sagteware? Hoe gaan studieleiers weet of ’n verhandeling volledig of gedeeltelik deur ’n student geskryf is? Watter invloed gaan dit op geakkrediteerde akademiese tydskrifte hê? Hoe gaan die media daarmee omgaan? Wat wag op ons? Laat van jou hoor!

Menings

Eskom se ma se Nersa

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Wan wiet djy wat, Cyril? Djy’s oekie my uncle meerie. Ôs relationship is soe toxic soes Harry, William en Charles s’n. Sonne ie millions, binne of buite ie furniture. An my kant, anyway. Wan in ie laaste tien ure het ôs twie ure lank lectric gehet."

The ANC: Is there hope for a new generation?

Paul Murray
Opinion

"Politics is a dynamic field, and one can only hope that one way we as South Africans can have a future of some sort, lies in the energies of the next generation of leaders who bear with them the qualities of integrity."

Trump en Bolsonaro: voorskou vir ons?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ons hier plaaslik moet ook oplet, want die vraag wat by my opkom, is: Wie hier maak fyn notas oor wat verkeerd loop in Brasilië en wat twee jaar gelede skeefgeloop het in die VSA? Anders gestel, is ons voorbereid vir wat gaan gebeur wanneer die ANC ’n verkiesing verloor en nie meer aan bewind is nie? Dit is hoogstens twee tot drie verkiesings weg, soos dinge nou lyk."

Die stand van die toerismebedryf

Freek Robinson, Anemé Malan
Onderhoude

Die vakansieseisoen is pas verby. Is die toerismebedryf beduidend aan die herstel? Freek Robinson gesels met Anemé Malan van die Departement Toerisme.

Tyd vir die burgerlike samelewing om weer hande te vat?

Freek Robinson, Tim du Plessis
Onderhoude

Tim du Plessis sê Suid-Afrikaners is vandag byna weer waar ons in die tagtigs was – met ons rûe teen die muur. Toe was dit die burgerlike samelewing wat die regering gedwing het om te verander. Hoe nou gemaak? En hoe kan gewone mense help? Watter organisasies het die vermoë om ’n verskil te maak?

Twintig jaar later

Erns Grundling
Menings

"Hoe kyk ek nou, twintig jaar later, terug na Kerkorrel en SêNet? Ek is nou, meer as tevore, bewus van 'the brevity of life'. Hoe twintig jaar in ’n oogwink kan verbygaan en hoe vinnig soveel dinge onherroeplik kan verander."

Geslagsneutrale ouerskap, stereotipes en ’n niegenderaanslag by skole

Marietjie Warrington
Menings

"Kind grootmaak is nie kinderspeletjies nie. Die ontdekking van die Rosettasteen het sin uit hiërogliewe help maak, maar die ABC vir ouerskap is nog ’n ongeskrewe boek."

Sedeloosheid in die biology class

Elise Bishop
Rubrieke

"Waar kom daai anties se half dozen of meer babies dan va’daan? Mrs Olivier gaat maar moet explain, dan nou nie? G’n mens kon jou dié konsternasie uitdink nie. In Graaffernet! Of all places!"

Die entiteit

Nini Bennett
Rubrieke

"Dit was die tyd toe Eskom se kragopwekkingskapasiteit gedaal het tot 53%. Beurtkrag, wat reeds sedert 2007 ’n ingeburgerde kultuur in Suid-Afrika geword het, het nou daagliks voorgekom. Vir maande reeds is die land lamgelê deur duisternis en ’n ongewone, serene stilte."

Soos op Boksburg: Trein van onheil saai verwoesting

Hennie van Deventer
SêNet-briewe

"Die gasverwoesting op Boksburg herinner aan die geweldige ontploffing van ’n dinamiettrein van altesaam 42 trokke – die langste dinamiettrein ter wêreld in daardie stadium – 90 jaar gelede, op 17 Julie 1932, op die plaas Louwpan net buite Leeudoringstad (Leeudoornstad) in die ou Wes-Transvaal. Van die 42 waens was 31 gelaai met 320 ton dinamiet, bestem vir die goudmyne in Johannesburg. Op die res was kunsmis en appels."

In memoriam: Oom Adriaan Vlok

Stefaans Coetzee
In memoriam

"Dit is moeilik om te glo dat daardie sagte man wat vir my die kardeur oopgemaak het, vroeër jare vrees ingeboesem het."

Elders gesien: Daarom bring ek hulde aan Adriaan Vlok, die mens

Jean Oosthuizen
Elders gesien

"Dit is maklik om te oordeel, maar as iemand sy aandeel in onreg erken en bereid is om pa te staan daarvoor, terwyl die meeste van jou kollegas dit nie doen nie, kan dit nie maklik wees nie. Dit sê tog seker ook iets van die mens?"

Elders gesien: Nog ’n groot Afrikaanse seder het geval

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging
Elders gesien

"Dolf van Niekerk: 22 Febr. 1929 – 31 Des. 2022. Rus in vrede."
Elders gesien: Oor Kerkorrel en die flipside van "Gee, gee, gee"

Clinton V du Plessis
Elders gesien

"Onvoltooide stadions, krane (vir weke) sonder water, skole sonder basiese hulpbronne, hospitale sonder sorg, politici sonder integriteit, miljarde spandeer op wasteful and fruitless expenditure (of dan blatante selfverryking), die ligte gaan af in die Chelsea Hotel."

Elders gesien: Vir my is die see helend

Trisa Hugo
Elders gesien

"Die reuk van vars uitgespoelde kelp het vir my die weeïge reuk van ’n vrou se verlange. Die see se bui is elke dag anders, die kleure allermins altyd in skakerings van blou, groen en grys."

Seen elsewhere: Our boy One Ear had died

Darryl David
Elders gesien

"When you tell people your donkey died, they are conditioned to laugh, such is the stigma attached to a donkey. But he was a member of our family. I turned down a job at UWC because of him."

Seen elsewhere: Our marathon Great Karoo trip

Steven Robins
Elders gesien

"But in this vast Karoo landscape, such Black histories tend to be buried beneath layer upon layer of white colonial silence, denial and hubris."

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts.

Uit die argief | OuLitNet

Dystopia in science fiction: Q&A with Lauren Beukes

Elzette Steenkamp, Lauren Beukes 
Books and writers 

"Anchor your wild ideas in reality. If you want to make the incredible seem credible, you need a solid, recognisable base."

Die Vierde Nywerheidsrevolusie verander die wêreld waarin ons werk

Juran van den Heever
Seminare en essays

"Die werksmag in die volgende nywerheidsrevolusie sal hulleself relevant in die werkplek moet hou deur hulle besig te hou met voortgesette leer en lewenslange leer."

Kunsmatige intelligensie

Handré Brand
Seminare en essays

"Masjienleer en robotika kan tradisionele oorlogvoering soos ons dit tans verstaan, sowel as alle ander fasette van die lewe en die mensdom totaal in ’n ander dimensie plaas. Tot waar strek KI-beheer en -perke?"

Skepsel deur Willem Anker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Bibi Burger
Resensies

"Hierdie oplossing word nie aangebied as ’n finale of maklike oplossing nie, maar deur die uitbeelding daarvan speel Skepsel op meevoerende wyse saam met Haraway in die modder van kuborgs, honde, mikrobakterieë, fungusse en ander skepsels, op soek na nuwe verbintenisse."

kykNET Silwerskermfees 2022: Apokaliptiese kortfilm Die beskermer ook diep persoonlike reis

Maryke Roberts, Diana Mills Smith
kykNET Portaal

"Tink leer uiteindelik dat die ontbrekende stuk om ’n familiebeskermer te wees, nog altyd binne-in haar was. Sy leer om daardie letsels nie uit te vee nie, maar om dit te omarm."

Nou op Voertaal

Uitspraak tot Maandag voorbehou in Zuma versus Ramaphosa

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Naidoo sê die aanklagte wat teen Ramaphosa gemaak is, is niks anders as nog ’n poging om Zuma se bedrog- en korrupsieverhoor verder te probeer vertraag nie."

"ANC-plan vir Eskom soos om dekstoele op die Titanic te herrangskik"

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die verandering in toesig het aansienlike finansiële kommer onder beleggers veroorsaak en het daartoe gelei dat ’n aantal vrae geopper is oor die toekomstige bestuurstruktuur van Eskom en die status van Eskom se massiewe skuld."

Menseregtekommissie kom voor stok oor Malema se haatspraak

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"In die lig van Malema en die EFF se weiering om verskoning te vra en geen oënskynlike teken dat die MRK by hul woord gehou het om Malema en die EFF hof toe te vat nie, eis AfriForum nou in ’n prokureursbrief dat die MRK skriftelike terugvoer oor verskeie sake gee."

Eskom is in die hande van energiemafia, sê kenners

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die vermeende poging om Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, dood te maak is die werk van kriminele sindikate binne Eskom wat van hom ontslae wou raak en voornemende aansoekers vir sy pos wou intimideer om nie daarvoor aansoek te doen nie."

Al hoe meer wil hulle in 2023 losmaak van Eskom

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Terwyl individue wat dit kan bekostig, al hoe meer gebruik maak van sonpanele vir sonenergie en ander metodes om beurtkrag vry te spring, wil die Wes-Kaapse regering sowel as die kragvoorsiener City Power in Johannesburg ook vanjaar hulle afhanklikheid van Eskom verminder."

Parlementsgebou ná ’n jaar steeds in puin

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"’n Jaar sedert ’n brand die land se parlementsgebou, wat die Nasionale Vergadering huisves, vernietig het en dele van die ou Volksraad beskadig het, is daar nog geen duidelikheid wanneer daar met herstelwerk begin sal word en hoe lank dit sal duur nie."

Aruba, Cross Over en CARAN: ’n onderhoud met Eric Mijts

Menán van Heerden, Eric Mijts
Academisch

"In de hedendaagse samenlevingen van het Caribische deel van het Koninkrijk der Nederlanden staat de positie van het Nederlands en het Papiaments in het onderwijs, bestuur en rechtspraak nog steeds met elkaar op gespannen voet. De spreker van het Papiaments past zich aan de Nederlandse cultuur en taal van de overkant van de oceaan aan en moet daarmee altijd een extra inspanning leveren om te horen bij een samenleving ver weg." Eric Mijts gesels met Menán van Heerden.

Oproep voor bijdragen CARAN-conferentie

Voertaal
Academisch

Het bestuur van de Caribische Associatie voor Neerlandistiek (CARAN) nodigt u van harte uit om een bijdrage te leveren aan de zevende CARAN-conferentie die gehouden wordt van woensdag 6 tot en met zaterdag 9 december 2023 aan de Universiteit van Aruba in Oranjestad, Aruba.

’n Bus uit Oekraïne onthul die menslike kant van oorlog

Izak de Vries
Film

"Die span het die mense van Oekraïne die geleentheid gegee om te praat. Daarvoor het ek elke oomblik stilgesit om te luister."

Graaff-Reinet, die juweel van die Karoo

Izak de Vries
Reizen

"Die Karoo bied baie teen uiters bekostigbare pryse. Graaff-Reinet het ’n ryk geskiedenis en talle lieflike, historiese geboue. Vir my is dit ook die dorp waar Elise Bishop, Etienne van Heerden, Maya Fowler, Anton Rupert, GT Ferreira, Robert Sobukwe en Matthew Goniwe vandaan kom."

En het Woord van het Jaar 2022 is…

Ingrid Glorie
Over taal

"Hieruit blijkt maar weer eens dat taalkundig onderzoek, en specifiek de lexicografie, helemaal geen stoffige wetenschap is. Woordenboekmakers die zich bezighouden met hedendaags Nederlands houden hun vinger aan de pols van de tijd."

Het grote avontuur van een Friese boerenknecht in Zuid-Afrika

Ingrid Glorie
Literatuur

"Kunt u Froukje Santing helpen met haar onderzoek naar de export van Friese runderen naar Zuid-Afrika in de periode 1905–1915?"

Akademies en skole

Die gebruik van mise-en-abyme as refleksiewe element in die migranteliteratuurroman Die mooiste meisie van Genua (2019) deur Ilja Leonard Pfeijffer

Marietjie Lambrechts
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"In mise-en-abyme, soos in die geval van ’n dubbele spieël, word dié wat waarneem uiteindelik die waargeneemde, die indraai van die teks op homself as’t ware."

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Boeke en skrywers

Resensie van bottelnek breek bek deur Dianne Du Toit Albertze

Analize Viljoen
Resensies

"Hierdie boek vat die gemiddelde leser na plekke waar jy nog nie was nie. Dis soos om ’n vlieg teen ’n breinwand van die hoofkarakter te wees, om ’n rare kans te kry om te probeer verstaan."

Gedaantes en gedoentes – stories oor spoke, sieners en legendes deur Daniël Lötter: ’n resensie

Dewald Koen
Resensies

"Steek gerus die kers aan tydens beurtkrag en geniet Lötter se verkenning van gedaantes en gedoentes."

My thirty-minute bar mitzvah by Denis Hirson: a son’s reckoning with his father’s political idealism

David Attwell
Books and writers

"My thirty-minute bar mitzvah raises awkward questions around the genre of political memoir in South Africa, which has tended to celebrate 'the insistent, long-distance, sweet-as-blood siren-call of the Struggle'."

Gesprek tussen Estelle Kruger en Elias P Nel oor Woordenaars

Estelle Kruger, Elias P Nel
Skrywersonderhoude

"En in ’n land waar wetteloosheid hoogty vier en moorde aan die orde van die dag is, klink die noodkreet van hierdie bundel op: kom ons pleeg liewer woorde as moorde!"

Speurder Sammi: die blou steen – ’n onderhoud met Crystal-Donna Roberts

Veronique Jephtas, Crystal-Donna Roberts
Skrywersonderhoude

"Ek hoop absoluut kinders word meer na geluister. Nie net vir hulle onthalwe nie en nie net sodat hulle veilig genoeg voel om hulle drome en vrese en ervarings te deel nie, maar sodat ons (met ons bedoel ek ouer generasies) ook van hulle kan leer."

Dis asof Aleit Swanepoel saam met jou kosmaak – al geselsende

Maryke Roberts
Boeke en skrywers

"Dis meer as ’n leefstylkookboek, dis ’n huldeblyk aan iemand wat miljoene mense se lewens geraak het – nie net met sy programme, akademie of vriendskappe nie, maar by al die glansgeleenthede waar hy regoor die land opgetree het en waar sy woorde mense geïnspireer het."

Spesmagte tops in Andy McNab se The hunt: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee
Lesersindrukke

"Die reeks, wat met The hunt afskop, handel oor ware spesialemagteoperasies. En alhoewel hy in die boek spesifiek op die SBS (Special Boat Service) se operateurs fokus, kleur McNab die volledige prentjie in van wat alles agter die skerms gebeur."

Olé vir die matadors van die howe. ’n Lesersindruk van Slagoffer

Izak de Vries
Lesersindrukke

"Die hele boek is geskoei op die verskillende stadia van die bulgeveg – die advokate word die stiervegters in ’n ou rituele drama wat volgens fyn reëls bepaal word."

Kisduiweltjies en reeksmoordenaars: Into the fire deur Gregg Hurwitz, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee
Lesersindrukke

"Ek hou daarvan dat die skurke in elke nuwe Orphan X-boek opgegradeer word na iemand erger. Dalk ontmoet die Nowhere Man eendag sy gelyke."

Elias P Nel (1954–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"En as ek deesdae by Verneukpan kom, gaan sit ek nog steeds lekker op die grond by die ooms en tannies en gesels. Met hulle is dit soos die gesegde: as iemand doodgaan, gaan ’n hele biblioteek van kennis tot niet."

Kompetisie

My gebeurtenis van die jaar 2022: Inskrywings 2

LitNet
Wen

Hier is die tweede groep inskrywings wat ontvang is vir LitNet se kompetisie "My gebeurtenis van die jaar 2022".

Leefstyl

Netflix TV en films gie ’n virtual experience van Italy

Tasneem Daniels
Menings

"Florence, soes ek deur die film gelee’t, is bekend vi hulle kuns en architecture. Ek was baie impressed mettie feit dat hierie filmmakers getry’t om movies te maak buite uit die main capital cities van Italy."

The Fabelmans: ’n filmresensie

Leon van Nierop
Film

"The Fabelmans mag emosie uit Spielberg se rolprentbank trek, maar nooit so erg dat jy daarin verstik nie. Dit word onderspeel, tydsaam vertel en sonder kitsoplossings opgedis."

Nuwe skryfwerk

Saartjie in die reën

Sidney Gilroy
Fiksie

"Toe ek haar by die skuiling inteken en afsien, kyk sy my lynreg in die oë. Dieselfde kyk waarmee Saartjie my vanoggend gegroet het." 

Hemelkrane

Zebulon Kochk
Poësie

"Die hemelkrane is oop
en op sinkplate se rûens
speel reëndruppels klavier"

Woordverworpe

Loretta Szikra
Poësie

"idees vertrap mekaar nie meer
om los te breek nie,
woorde stoei nie meer speel-speel
rondom digreëls wat spook
om sin te maak nie"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved