|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 909
21/07/2022
|
Krities Afrikaans
|
Hoerkind: Die memoires van ’n randeier
Skrywer: Herman Lategan
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776093380
Hoerkind is ’n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning wat jou sal laat lag, en jou hart ’n paar keer breek. Jy sal jou kop skud oor die wreedheid van ’n wêreld waar mense aan mekaar uitgelewer is, maar jy sal verwonderd staan oor die omvang van goedheid, juis omdat mense op mekaar aangewese is. |
 |
|
 |
 |
Jakes Gerwel: die wording van ’n legende
Heindrich Wyngaard
Seminare en essays
"Nou, tien jaar ná sy dood, sal sy naam gekoppel word aan een van die belangrikste geboue op die Universiteit van Wes-Kaapland- (UWK-) kampus, hier waar hy in die laat sestigs sy eerste graad verwerf het, later dosent in Afrikaans-Nederlands geword het en uiteindelik as rektor in 1994 uitgetree het om Madiba se kantoorhoof en sekretaris van die kabinet te word. Hierdie jaar sal dit ook 35 jaar wees sedert hy in 1987 die sesde rektor by UWK geword het, opvolger van die eerste bruin (of swart) bekleër van dié pos, wyle Richard van der Ross."
* In die gees van Mandeladag, wat op Maandag gevier is, hernoem die UWK sy Hoofsaal na wyle Jakes Gerwel om sy nalatenskap te eer. Die seremonie, wat ook aanlyn uitgesaai gaan word, vind vandag om 18:15 plaas.
|
 |
Ons moes in die gang slaap: Eben Viktor berig uit Oekraïne (19 Julie om 14:00)
Eben Viktor, Izak de Vries
Onderhoude
Liza met haar pienk popwaentjie is een van drie kinders wat gedood is deur ’n missiel uit ’n Russiese duikboot. Twintig ander het ook in die voorval omgekom. Twee dae later tref missiele, vanaf een of meer bomwerpers afgevuur, ’n fabriek ongeveer ’n kilometer van Eben Viktor se huis in Dnipro af. Die fabriek word verbind met Elon Musk se ruimteprogram. Drie mense is dood. Eben en sy vrou slaap in die gang vir die res van die nag. Hoe oorleef die inwoners van Oekraïne?
|
 |
Die sirenes loei, "Your Excellency"
Eben Viktor
Menings
"'Your Excellency.' Hoe kan dít, komend van ’n Afrika-leier, anders klink of geïnterpreteer word as met die ondertoon van ’n slaafse mentaliteit? Hoe hét dit gebeur dat ons so kort ná die bevryding van een koloniale bewind, gereed is om ’n volgende brutale een te omhels?"
|
 |
Die metaversum: Web 3.0 en die opkoms van digitale leefwêrelde
Burgert A Senekal
Menings
Wat behels virtuele werklikheid? Werknemers kan in ’n virtuele kantoor werk waar hulle steeds gesprekke met kollegas kan voer. Mediese studente sal virtuele operasies kan uitvoer. Virtuele werklikheid kan afstandsleer meer interaktief maak deur studente se avatars in ’n klas te plaas waar hulle vrae kan vra en met ander studente kan saamwerk. Dit is ook in beginsel moontlik om ’n student in Wene in 1683 te plaas sodat hy of sy groot geskiedkundige gebeure kan ervaar. Taalstudente sal ook met moedertaalsprekers in gesprek kan tree en daardeur hul taalvaardighede opskerp. Burgert Senekal vertel meer.
|
 |
USAN 2022 – ’n onderhoud met Ancheri Götze
Naomi Meyer, Ancheri Götze
Onderhoude
"My navorsing val binne die veld van Afrikaanstaalverwerwing. Ek het vir my MA-verhandeling ses taakgebaseerde lesse ontwerp waar Instagram as ’n digitale hulpmiddel gebruik word om Afrikaanse woordeskat aan te leer, te oefen en ook aan nuwe woorde blootgestel te word."
|
OuLitNet en uit LitNet se argief |
 |
Die lag van die lumpen-proletariaat as idioom van hibriditeit: hulde aan Adam Small
Jakes Gerwel
Skrywersberaad-argief (OuLitNet, 2000)
"Die suiwerheid van die Afrikaanse taal – en besonderlik literêre taal – was een van die hoofskywe van Small se geniale karnavaliseringsvermoë. Daardie lumpen-spook uit die verre klasse-verlede het in die werk van Small op sy mees ondermynende en destrukturerende uitgeslaan. Die 'skollie'-spreker in Small se poësie en drama hibridiseer die taal, ontluister en ontmasker deur die herinnerde idioom van die lag. Daar is inderdaad weinig lag, en weinig om oor te lag, in die wêreld van Small se sprekers. Die eggo’s van die lag klink op uit die reaksie van die hoorders eerder as die uitinge van die sprekers."
|
 |
Diverse identiteite: tog, man uit een stuk
Jakes Gerwel, Marguerite Black
OuLitNet
"My antwoord sou ook wees dat ek nie dink dat daar iets is soos ’n enkele 'Bruin'- of 'Kleurling'-identiteit nie. Daar is waarskynlik ’n hele reeks identiteite en die definisie van 'Bruinwees' is ’n definisie van buite af eerder as van binne af ... Kleur sou nie vir my die bepalende faktor van my eie identiteit wees nie. Op hierdie moment is ek ’n Afrikaans professor, maar later in die dag is ek ’n krieketadministrateur. ’n Mens het ’n klomp vloeiende identiteite en sekere aspekte daarvan kom situasioneel na vore."
|
 |
Jakes Gerwel: 18 Januarie 1946 – 28 November 2012
Steward van Wyk
LitNet-argief (2012)
"Uit my studiejare onder hom onthou ek sy uitgangspunt dat die werk van die intellektueel, en dus die student van die letterkunde, in ’n sosiopolitieke konteks plaasvind en ons in staat moet stel om die samelewing beter te verstaan en verandering teweeg te bring. Sy lesings het menige student in die struggle-tyd gehelp om sy verhouding tot Afrikaans krities uit te leef en aan die hand van Swart Bewussyn ’n trotse selfdefinisie te gee.
Sy doktorale studie oor konsepsies van gekleurdes in die vroeë Afrikaanse roman was baanbrekerswerk op die terrein van die ideologie-kritiek. Hy het daarmee die Afrikaans-departement by die UWK gevestig as ’n belangrike kritiese stem waaruit grensverskuiwende werk voortkom."
|
 |
Skrywershuis se dak behoorlik natgemaak
Theo Kemp
Boeke en skrywers (2019)
"Paulet-huis in Somerset-Oos, wat aan wyle Jakes Gerwel behoort het, is Saterdagaand, 14 September, amptelik as skrywershuis geopen."
|
 |
Jakes Gerwel se soet nalatenskap vir Afrikaans
Melt Myburgh
Boeke en skrywers (2020)
"Sy pa was ’n eweneens formidabele man wat vir sy tien kinders ’n skool gebou het, want daar was geen skool naby nie. Hierdie skool het die plek geword waar vele ander Oos-Kaapse kinders hulle geleerdheid ontvang het …"
|
 |
Jakes Gerwel Memorial lecture: Imagining a post-apartheid future
Achmat Dangor
Opinion (2018)
"To realise our dream of a truly free, fair and equal society, we have to take action. And I think that at the heart of any action we take, we have to 'invest' in young people. They are the future, here and in the rest of Africa."
|
 |
Jakes Gerwel-herdenkingsviering: Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel
Menán van Heerden
Menings (2018)
Op Saterdag 10 November het die Jakes Gerwel-herdenkingsviering in Greatmore-straat 66, Kaapstad plaasgevind. Paneelbesprekings, voordragte en opvoerings het van die oggend tot die aand in ’n feestelike atmosfeer plaasgevind. Menán van Heerden gee ’n oorsig van een van die diskoersgesprekke, "Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel" (met Hein Willemse, Mercy Kannemeyer en Imraan Coovadia). Die fasiliteerder van hierdie paneelbespreking was Heindrich Wyngaard.
|
 |
Boeke – verlies en toeverlaat
Jean Meiring
Seminare en essays
"Selfs in boeke en tussen woorde – wat in een sin tog ontsnapping bied – is verlies só dikwels voorop. Boeke verdwyn. Ook woorde, tongvalle, maniere van sê."
|
 |
Hoerkind deur Herman Lategan: ’n onderhoud met die skrywer
Debbie Loots, Herman Lategan
Skrywersonderhoude
"Herman sê hy glo op ’n goeie dag dat ’n mens se ervarings, goed of sleg, nie vermors is in die hande van ’n skrywer of kunstenaar nie. Hy gebruik alles wat met hom gebeur in sy werk. 'Ek vergader, stof af, polish en bêre gebeure vir latere gebruik.'"
|
 |
Tien voor een deur Adele Vorster: ’n resensie
Nini Bennett
Resensies
"Met Tien voor een maak die skrywer haar merk as romansier. Die volgehoue spel met die leser – as gesofistikeerde literêre kommunikasieproses – beïndruk. Die leser begelei die skrywende Odela dwarsdeur haar figuurlike 'dark night of the soul' uit die donker en weer terug na die lig. En dié katarsis reinig skrywer én leser."
|
 |
Trauma en verlies in Kamphoer deur Francois Smith
Zelda Mans
Lesersindrukke
"Die trauma wat Susan Nell beleef het, is veelvuldig. Haar verkragting in die Winburgse konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog deur twee Britse offisiere en ’n joiner word vererger deur die wreedaardige wyse waarop sy vir die dood agtergelaat is."
|
 |
CGS de Villiers (1894–1978)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Vir diegene wat werklik lewe, is die ouer geslagte mos nie dood nie. ’n Mens moet weet wie jy is, waar jy vandaan kom. Gegewens oor ons voorgeslagte behoort versamel te word."
|
 |
First sip: Sabotage: Eskom under siege by Kyle Cowan
LitNet
LitNet Eerste Slukkie | First Sip
"I think that one of the negative consequences of affirmative action has been that we have tiptoed around this issue of performance. And it does a disservice to ambitious, competent, professional, intelligent hard-working black people who want to be rewarded for who they are and what they do."
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Jan Publiek moet opdok vir ministers se kragopwekkers
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die bedrag wat die belastingbetalers in Suid-Afrika moet opdok om ministers se ligte te laat brand terwyl die res van die land in die duister tas, beloop reeds byna drie miljoen rand."
|
 |
Eskom wil tariewe verhoog ten spyte van beurtkrag
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Terwyl Suid-Afrikaners die afgelope weke meer as ooit vantevore onder beurtkrag gebuk moes gaan, dring Eskom aan op ’n prysverhoging van meer as 32 persent vir hulle krag."
|
 |
Afrikaans en Afrikaanse Taalmonument hier in die Paarl gehuldig
Maryke Roberts
Reizen
"Min dorpe is so sterk gekoppel aan ’n taal en sy geskiedenis soos die Bolandse dorpie Paarl. Dis hier waar die Afrikaanse Taalmonument teen die hange van Paarlberg waghou oor die vallei en as bastion staan vir ’n taal wat in 2025 een eeu oud is en die monument dan ’n halfeeu."
|
 |
Juni: Keti Koti maand – bezinningsmaand
Bernice Nieuwendam
Meningen
"Afgelopen juni stond, net als andere jaren, weer in het teken van Keti Koti (verbroken ketens). Dat betekent op grote en kleine schaal stilstaan bij het leed dat de voorouders van Afro Nederlanders, Afro Surinamers en Caribische mensen is aangedaan tijdens de trans-Atlantische mensenhandel. Al jaren vragen de grassroot organisaties om meer aandacht voor deze zwarte bladzijde in de Nederlandse geschiedenis."
|
 |
Mandeladag: ’n Keur uit ons Voertaal-argief
Voertaal
Uit het archief
Nelson Mandela is op 18 Julie 1918 gebore. Sy nalatenskap word wêreldwyd elke jaar op 18 Julie gedenk. Voertaal deel graag ’n keur van artikels uit ons argief.
|
 |
Gespierde Afrikaans
LitNet
Akademies en skole
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid? LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. Die Gespierde Afrikaans-lys word deurlopend bygewerk. Kyk watter nuwe woorde is toegevoeg.
|
 |
Graad 4: Afrikaans Huistaalvraestel en -memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Het jy die vakansie die Afrika-pikkewyne by Bettiesbaai sien broei? As jy in graad 4 is, kan ’n leesstuk in hierdie gratis oefenvraestel en -memo van Eugene van der Westhuizen jou aan hierdie heerlike seevakansie herinner. Berei voor met die prettige oefenvraestel – en voordat jy jou oë uitvee, is dit weer vakansie!
|
 |
Graad 11: Fisiese wetenskappe-vraestel en -memo, hersiening
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Is jy in graad 11 en wil jy sommer vandag al jou hersieningsrooster vir die nuwe kwartaal lanseer? Krag en beweging is juis sommige van die temas wat in hierdie gratis Fisika-vraestel deur Luize Kroukamp behandel word. Laai vandag nog die vraestel en memo af om jou akademiese jaar met vlieënde vaandels te slaag.
|
 |
SA Akademie se Noordelike bekroningsplegtigheid
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die bekroningsplegtigheid is permanent op die Akademie se twee elektroniese platforms te sien. Die Suidelike bekroningsplegtigheid sal vanaf Woensdag 27 Julie om 18:00 beskikbaar wees. |
 |
Tannie Evita praat kaktus: ’n resensie
Maryke Roberts
Teater
"Sy vertel van haar nuwe korter en gryser haarstyl en erken dat ons almal verander het, want ons is pas deur 800 dae van pandemie, en lag dan as sy later vertel dat 'ons Afrikaners destyds baie swaargekry het onder Apartheid omdat ons Duitsland toe moes reis vir onderdele vir ons haardroërs'."
|
 |
Motte en die kuns van transformasie
Lara Aucamp, Izak de Vries
Leefstyl
"Hoe ons onsself sien, en hoe ons onsself vir die wêreld wys, is iets wat oor tyd verander. Baie mense spandeer tyd in die kas (amper soos ’n kokon) voor hulle reg is om hulle volle self vir die wêreld te wys."
|
 |
Persverklaring: Toelies Afrikaans in Arabiese skrif en wen!
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Om in te skryf, moet deelnemers ’n teks in enige variëteit van Afrikaans in die Romeinse skrif vind of iets direk met behulp van die Arabiese skrif skryf. Die wenner sal R5 000 kontant ontvang en die twee naaswenners R2 500 elk. Al drie wen ook ’n gesinsjaarpermit vir die ATM.
|
 |
Persverklaring: 2022 Hessequa Harmonie
LitNet
Feeste
Die vyfde verjaardag van Hessequa Harmonie gaan van 20 tot 24 September luisterryk gevier word met ’n uitsonderlike program wat in Heidelberg in die Suid-Kaap aangebied word.
|
 |
Kinders hoort nie op strate nie
Regardt Visser
Drama
LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Kyk hier na Daneel van der Walt se vertolking van Regardt Visser se Kinders hoort nie op strate nie. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen Daneel en Regardt.
|
 |
monoloog vir ’n hond
Bibi Slippers
Poësie
Lees Bibi Slippers, intreeskrywer van Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap, se "monoloog vir ’n hond" in die reeks verse met "teater" as tema. Hierdie reeks word aangebied om die dramaturg Athol Fugard se 90ste verjaardag in Junie 2022 te vier.
|
 |
Manie se Bosveld-baobab
Michelle van Graan
Poësie
"Ons wou die sand se spoed in jou uurglas
tot stilstand roep
– om jou langer by ons te hou."
|
 |
Pawn stars
Pieter Lübbe
New writing
"Sometimes first to fall
sometimes hang on through it all
Sometimes, somehow
they even make the final call"
|
 |
Naakstudie
Morné du Preez
Poësie
"jou stem was nog nooit so verruklik
toe jy weet van my, en ek van jou"
|
 |
LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice
LitNet
Als oor LitNet
LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|