Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1033

16/01/2025


  Krities Afrikaans

LitNet: KI in die klaskamer

Harry Potter en die Skatte van die Dood

Skrywer: JK Rowling
Vertaler: Kobus Geldenhuys
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184441

Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die Donker Heer blaas vrees in alles waarvoor Harry lief is, en om hom te stop, sal Harry die oorblywende Horcruxe moet vind en vernietig. Die laaste stryd moet begin ...

Akademies en skole

Waarom KI in die klaskamer aanwend? ’n Onderhoud met Riaan van der Bergh

Naomi Meyer, Riaan van der Bergh
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Ons gaan ons aanwending moet verander en die digitale brug skep waar leerders op skaal na die beste wiskundeles kan kyk op iets soos YouTube. ... Waar duisende leerders toegang kan kry tot die massa gratis leerhulpbronne op die internet, wat klassieke literatuur en goeie artikels insluit. Ons moet die brug bou terwyl ons die skeiding sien."

SteedsDink met LitNet Akademies: Burgert Senekal oor sy akademiese navorsing

Burgert A Senekal
SteedsDink

In hierdie video gesels Burgert Senekal oor netwerkanalise en die Afrikaanse letterkunde, taal en kultuur. Hy lewer kommentaar oor die impak en toekoms van KI, taalbeleid en KI en interdissiplinêre navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Burgert Senekal: Afrikaans, netwerke en tegnologie

Burgert A Senekal
SteedsDink

In hierdie video gesels Burgert Senekal oor Afrikaans, die netwerkteorie en digitale geesteswetenskappe.

Is matriek regtig die towerstaffie?

Freek Robinson, Alana Bailey
Onderhoude

Die matriekuitslae is bekendgemaak en uit regeringskringe is daar groot opwinding oor die hoë slaagsyfer. Vertel dit egter die hele storie? Alana Bailey dink nie so nie. Freek Robinson het met haar gesels.

Vonnisbespreking: Verlore oorkondes – ’n analise van die Hoogste Hof van Appèl se bevel ten aansien van ’n herverhoor

Natasha Venter
LitNet Akademies (Regte)

"In gevalle waar daar teen skuldigbevinding geappelleer word, kan die hof egter nie die beskuldigde onderwerp aan ’n herverhoor waar die oorkonde vermis word nie, aangesien dit die staat se verantwoordelikheid is om te verseker dat ’n behoorlike rekord van die hofverrigtinge behoue bly."

Vonnisbespreking: Openbare figuur – laster en privaatheidskending

Johann Neethling
LitNet Akademies (Regte)

"Die bewerings is gebaseer op ’n wenk ('tip-off') wat ’n joernalis, M, (die derde respondent) ontvang het van ’n vertroulike bron in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die wenk was dat die applikant deur ’n vrou van verkragting beskuldig is in ’n klag wat by die SAPD aanhangig gemaak is."

Anderkant dogmatisme en skeptisisme: ’n kritiese blik op die bydrae van die Duitse Idealisme tot ’n nuwe metafisika

Hercules Boshoff
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Erkenning van gebrek aan finale kennis oor die werklikheid is geen belemmering vir wete nie, maar ’n voorwaarde daarvoor. Vir die absolute om geheel te wees, beteken dat die werklikheid nie as ’n statiese absolute volledig refleksief binne ’n bepaalde menslike bewussyn teenwoordig kan wees nie [...]."

’n Jungiaanse en beskrywend-fenomenologiese ontleding van sinchronisiteite in perdondersteunde psigoterapie

Carel van Wyk
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die perd en die mens se ruimtetyd verenig dus op ’n kollektiewe onbewuste vlak as gevolg van die konstellering van die psigoïede argetipe. Die verskil in ruimte en tyd, en tussen die liggaam (materie) en psige (energie) val weg. Die kliënt kan sinchronisiteite as ’n numineuse proses beleef."

Persverklaring: Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor die 2024-matriekuitslae

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Onderwyskommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap wens die 2024-matrikulante, onderwysers en almal wat ’n bydrae gelewer het tot hierdie noemenswaardige prestasie, geluk met die 2024-matriekuitslae. Die opwaartse kurwe in die nasionale slaagsyfer dui op verbeterings in sekere aspekte van die onderwysstelsel en word verwelkom.

Persverklaring: Nuwe Akademia-program

LitNet
Akademies en skole

Die belangrikheid van én behoefte aan effektiewe onderwysleierskap en bestuursopleiding binne die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks is van toenemende belang. Akademia sal, in antwoord op dié nasionale prioriteitsfokus, met ingang Maart 2025 ’n splinternuwe Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur aanbied.

Persverklaring: Vakante pos – hoof- operasionele beampte

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag aansoeke in vir die pos hoof- operasionele beampte. Aansoeke word tot 28 Februarie 2025 ingewag.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Uit die argief

Kunsmatige intelligensie en die dekolonialisering van onderwys in Suid-Afrika

Maryna Blomerus
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2024)

"Gestel dat KI-ondersteunde digitale lesse die oordra van kennis kan oorneem terwyl die onderwyser herontplooi word as toesighouer of fasiliteerder wat opgelei word om die basiese tegnologie genoegsaam te verstaan om leerlinge met die gebruik daarvan by te staan, dit wil sê om leerlinge aan die gang te kry en aan die gang te hou binne ’n gedissiplineerde en uitkomsgedrewe klaskamer."

Om ’n mens na te boots

Herman Wasserman
Menings (2023)

"Gaan die kletsbot beter essays kan skryf as professore? Gaan KI oneerlike studente help om plagiaat te pleeg? Wat is die implikasies van ChatGPT vir die joernalistiek en die publiek se vertroue in die nuusmedia?"

Die metaversum: Web 3.0 en die opkoms van digitale leefwêrelde

Burgert A Senekal
Menings (2022)

Wat behels virtuele werklikheid? Werknemers kan in ’n virtuele kantoor werk waar hulle steeds gesprekke met kollegas kan voer. Mediese studente sal virtuele operasies kan uitvoer. Virtuele werklikheid kan afstandsleer meer interaktief maak deur studente se avatars in ’n klas te plaas waar hulle vrae kan vra en met ander studente kan saamwerk. Dit is ook in beginsel moontlik om ’n student in Wene in 1683 te plaas sodat hy of sy groot geskiedkundige gebeure kan ervaar. Taalstudente sal ook met moedertaalsprekers in gesprek kan tree en daardeur hul taalvaardighede opskerp. Burgert Senekal vertel meer.

Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys: Tegnologie – ’n oplossing?

André Badenhorst
SA Skoleseminaar | Schools Seminar (2017)

"Met die demokratisering van tegnologie kan ouers self die geleentheid aangryp en hul kinders blootstel aan die wêreld van vandag. Onderwysmikrodienste buite die sfeer van die staat is aan die opbloei en raak toeganklik vir Jan Alleman. En as Jan Alleman nie weet hoe nie, gee net die geleentheid oor aan sy kinders om dit self te ontdek. Die moontlikhede is legio."

Nou op Voertaal

Mosambiekse president ingehuldig te midde van voortslepende geweld

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die opposisieleier, Venancio Mondlane, hou egter vol dat die verkiesing van 9 Oktober ten gunste van die Frelimo-party, wat Mosambiek sedert onafhanklikwording van Portugal in 1975 regeer, gemanipuleer is."

Matrieks van 2024 se uitslae bekend

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die Umalusi-raad vir gehalteversekering in die onderwys het Maandag die land ingelig oor die 2024-matriekuitslae, wat Dinsdag bekendgemaak is. Umalusi stel en monitor standaarde vir algemene en verdere onderwys en opleiding in Suid-Afrika."

Sunday World geroskam oor aantygings van "apartheidsvlag" by Bela-optog

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die ombudsman sê in sy uitspraak hoewel die Vierkleur geassosieer word met regse en rassistiese houdings, is dit ’n ander vlag en is die status daarvan nog nie in die hof getoets nie."

Wie ry regtig die soustrein tussen die DA en ActionSA?

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die DA sê terwyl alle geërfde voertuie met blou ligte toegerus is, het DA-ministers dit duidelik gemaak dat die blou ligte in hul amptelike voertuie onder geen omstandighede gebruik sal word nie."

Leesimpressie: Taalmysteries door Alla Peeters, Petra Sleeman en anderen

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een informatieve bundel met veertig korte teksten genoteerd door twintig taalonderzoekers en taaldocenten van de Universiteit van Amsterdam."

Uitvoergehalte: In gesprek met Jannie du Toit

Izak de Vries, Jannie du Toit
Muziek

Izak de Vries het onlangs ’n vertoning van Jannie du Toit bygewoon, toe raak hulle aan die gesels oor wat voorlê in 2025, ook oor Du Toit se liefde vir Nederland en België.

Ishigaki, deurgang na die Yaeyama-eilande

Maryke Roberts
Reisgogga

"Dis ons derde dag aan boord die luukse Norwegian Spirit op die Suid-Chinese Seevaart van 13 dae toe ons vroegoggend ons kajuit se skuifdeur oopstoot en die loom briesie die gordyne roer. Buite roep Ishigaki ons name."

Menings

Meta’s moderation cop-out will fuel misinformation

Herman Wasserman
Opinion

"Human rights observers have pointed out that Meta has been inconsistent in applying its own policies when it comes to, for instance, content related to Palestine, which has reportedly been systematically suppressed. In this regard, Zuckerberg’s positioning of fact-checking as a form of censorship aligns with Elon Musk’s supposed 'free-speech absolutism', which has also been shown to be not only hypocritical, but clearly in favour of interests on the far right of the political spectrum. But most of all, the timing of Meta’s announcement, on the eve of the return of Donald Trump to the White House, strongly suggests that Zuckerberg is currying favour with the new political powers in the US."

Is brandweerpersoneel vir 2025 wat verpleegpersoneel vir 2020 was?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Beeldmateriaal van die buite-beheer-brande wat hele woonbuurte in Los Angeles in puin laat, speel die afgelope paar dae voortdurend op televisie en op sosiale media af."

Op dees aarde: Vyf jaar ná Covid-19 – waar staan ons? Feite en onwaarhede

Elsabé Brits
Rubrieke

"Die Covid-19-pandemie het meer as 20 miljoen mense se dood veroorsaak en 130 miljoen in armoede gedompel. Sowat 300 000 Suid-Afrikaners het gesterf. Maar wat is geleer en hoe lyk die toekoms?"

Geloftedag 2024: Waarom die oplewing?

Ruhan Fourie
Seminare en essays

"Dat Geloftedag in 2024 nog gevier word, is nie ’n verrassing nie. Daar is ook min twyfel dat daar vir jare wat nog kom, Geloftefeeste gaan wees. Die vraag hier is eerder hóékom daar so ’n oplewing in dié viering is, en veral hoekom jongmense hierby aanklank vind na drie dekades van ’n nuwe bedeling."

The EFF’s moral decline: From anti-corruption crusaders to political opportunists

Moegammad Tahier Kara
Opinion

"The party’s decision to extend financial support to Zuma, coupled with their simultaneous attacks on Ramaphosa, reflects a growing pattern of opportunism that is rooted in political manoeuvring rather than principled leadership."

Roelf Meyer oor Niël Barnard die strateeg en spanspeler

Izak de Vries, Roelf Meyer
Onderhoude

"Intelligensie het voortdurend insette gelewer. Onder andere Niël, maar ook van die analiste uit intelligensie. ’n Verskeidenheid van hulle. Dit is ouens wat vir ons regtig baie, baie bruikbare inligting op ’n deurlopende basis kon gee."

Herinneringe aan wyle Niël Barnard

Hennie van Deventer
Elders gesien

"Niël Barnard, hoof van nasionale intelligensie in die kritieke dekade ’80, was nie lief vir die pers nie. Lees maar sy boek!"

Enoch Powell as politieke profeet

Daniël Lötter
Elders gesien

"Daar wag ’n interessante drie dekades op die Westerse samelewing."

Boeke en skrywers

Breyten Breytenbach (1939–2024)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Om te skryf, is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, ’n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis."

NB-Uitgewers en Jonathan Ball Publishers gooi kragte saam

Jean Oosthuizen, Eugene Ashton
Onderhoude

"Ons is Suid-Afrikaanse uitgewers en ons gee boeke uit vir ’n Suid-Afrikaanse gehoor – dit bly ons primêre mark en deurentyd word kulturele en gemeenskaplike waardes vooropgestel."

PenAfrican: The coin by Yasmin Zaher – a book review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"The coin is a book on the psychological stream of consciousness of how to survive in a city that permanently treats you as a foreigner while dealing with its socioeconomic micro-aggressions. It is a short, easy-to-read novel that ticks almost all the boxes for a commercial novel, with quality writing of literary fiction."

Heil die Leser!: Vertaalkuns as tweespraak – Mario Relandini en Rina Cascione

Nini Bennett-Moll
Boekrubrieke

"Die gruwels van die oorlog word deurlopend gejukstaponeer met die vaderfiguur wat bo alles uittroon en as betowerende memoires geboekstaaf word. Dié roman is ’n moet-lees wat tot op die laaste bladsy ’n sekulêre gebed word aan ’n ouer wat nooit vergeet sal word nie."

Cliff-hanger: Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn

Cliffordene Norton
Boekrubrieke

"Dit is nie die eerste keer dat ek ’n boek lees oor die morele en fisieke gevolge van dwelmmisbruik nie, maar Gif stel opnuut belangrike vrae. Het ons as samelewing steroïdegebruik so genormaliseer? Dit is vir my sinvol hoe die boek hierdie etiese grense ondersoek, veral as dit op jonger lesers gemik is."

Tietie en Nanna se huiskos deur Najma Abrahams en Azba Fanie: ’n resensie

Elsibe Loubser McGuffog
Resensies

"Kom ons besin oor tannies, stammoeders en die teenpool van kaviaar. Voor ons daarby uitkom, moet ek egter net noem: Hierdie is ’n boekresensie."

Die hele storie: ’n memoir deur Karin Kortje en Lester Walbrugh – ’n resensie

Bettina Wyngaard
Resensies

"Enigeen wat Karin Kortje se verhaal ken, weet van die moord. Die hele storie is ’n aangrypende verhaal, met al die elemente van ’n Hollywood-sprokie."

Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n resensie

Anke Theron
Kinderboeke

"Hierdie boek is ideaal vir gebruik in kleuterskole en in die Grondslagfases (graad R tot 3) vir leestyd, veral wanneer kinders nog besig is om te leer lees en ook nie meer op die heel basiese leesvlak is nie. Dit skep ’n goeie trapleertjie na volwaardige leesboeke teen die einde van die Grondslagfase."

Noord van Malelane deur Hennie Nortjé: ’n lesersindruk

Marieta McGrath
Lesersindrukke

"Brevity is the soul of wit, en Hennie Nortjé kán beide bondig en skerpsinnig wees. Humor, of gevatheid, lê natuurlik in die implikasie; die leser moet sy eie antwoord vind en daardeur verras word."

Dibi Breytenbach begogel met Heks: ’n lesersindruk

Gerda-Marié van Rooyen
Lesersindrukke

"Die boek is in die eerste persoon geskryf en dis beslis ’n aanwins en toonkrullekkerte om insae in die hoofkarakter se interne dialoog en binnegesprekke te hê. Hierdie juweeltjies sluit haar wroeging en plesier van ’n ongeoorloofde verhouding in."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Talita Viola

Braam Peens, Talita Viola
Boeke en skrywers

"Die stigting van boekklubs, waar hul die geleentheid het om skrywers te ontmoet en oor nuwe boeke te hoor, is ook baie gewild." Hierdie onderhoud met Talita Viola is die veertiende aflewering oor ons biblioteke.

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Charlotte Manuel

Braam Peens, Charlotte Manuel
Boeke en skrywers

"Kinders kan nou ook hul opvoedkundige programme kom doen, byvoorbeeld Greenshoots, ’n aanlyn wiskundeprogram wat laerskole gebruik en wat ook op ons rekenaars beskikbaar is. Ons het ook ons gebruikers wat aanlyn vergaderings bywoon en onderhoude doen, en werksoekers kom kyk watter geleenthede daar is. Ons as kleindorpiebiblioteke bied lewensbelangrike dienste aan ons gemeenskappe, omdat almal nie toegang elders het tot al hierdie geriewe nie." Hierdie onderhoud met Charlotte Manuel is die vyftiende aflewering oor ons biblioteke.

Uitnodiging: Bekendstelling van Soos Abraham deur Gerhard Kruger en Franco Kruger

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie nooi alle belangstellendes uit na die bekendstelling van Soos Abraham: Die verhale van agt Kruger-gesinne deur Gerhard Kruger en Franco Kruger op 23 Januarie in Pretoria.

Leefstyl

Skermgreep: A real pain – ’n filmresensie

Leon van Nierop
Film

"Die dialoog is soos ’n gloeiende elektriese draad waar die woorde soos vonke heen en weer spring. Die kontras tussen die neefs en die wyse waarop hulle met mekaar kommunikeer, is so oorbluffend natuurlik en oortuigend dat ’n mens nie kan dink dat daardie woorde in ’n draaiboek geskryf is nie."

Vreugde en trots vul jou bors in My fair lady

Maryke Roberts
Teater

"As jy die kans sou kry om dit sommer nog ’n keer te gaan kyk, doen dit, want die eerste keer hang jou mond meestal net oop oor die talent van die choreograwe, stelbouers, kostuumontwerpers en akteurs wat ’n wonderwêreld opgetower het."

Burning beds

Zalman Davis
Reis

"Die vroue gooi nog vullis op die vuur. Een vee oor haar kop, haar oë skeefgetrek van die rook. Dan gooi sy polistireen op. Doelgerig."

Kersligkonserte in mooiste plekke gehou

Maryke Roberts
Musiek

"Die lokale wat vir hierdie konserte gekies word, dra waarlik by tot die sjarme en is dikwels historiese of argitektonies treffende ruimtes wat die atmosfeer van die optredes versterk."

Toorkombuis: ’n Oorvloed van appelkose en onthou

Karen Hart
Kos en wyn

"Moenie dat die geweeklaag jou onderkry nie. Januarie is ook ’n maand van nuwe uitdagings en alles in oorvloed – somerson, baie blou lug en die sappigste somervrugte in alle kleure en geure. En – die beste van alles – dis appelkoostyd."

Persverklaring: Hierdie vyf word by die 29ste KKNK in 2025 vereer

LitNet
KKNK

Al vyf die vereerdes by die KKNK in 2025 het diep spore in die kunste getrap – twee aktrises, ’n musiekgroep, ’n musiekmeester met wortels op Oudtshoorn en ’n bekroonde visuele kunstenaar. Die 29ste KKNK, geborg deur Absa, word van 1 tot 6 April op Oudtshoorn aangebied, met ’n spesiale openingskonsert en aandmark op 31 Maart.

 

Persverklaring: Magiese musiek en piekniek – vier Taalmonument met Jeodhouse Band

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument vier in 2025 haar 50ste bestaansjaar. En om op ’n hoë noot daarmee weg te spring, tree die Jazz-, R&B- en popsensasie Jeodhouse Band op Paarlberg aan vir ’n soel someraand met magiese musiek, perfekte pieknieks en ongelooflike vergesigte.

Nuwe skryfwerk

Kaskenades

Wim Vorster
Fiksie

"Hulle stap deur na die eetkamer, gaan sit en Lodewikus vra die seën. Hy vra ook vir ’n beskermende hand oor Levitikus wat iewers op die grens veg en vir Gertruidus wat ongesteld is."

Pienk is nie 'n kallir nie

Chestlyn Draghoender
Poësie

"Blou is rustig by ’n paartie,
maar ook net tot die wyn inskop."

Inploffing

Christiaan Diedericks
Poësie

"bidsprinkane kniel
voor skaars groen spriete"

Karoo-engel

Kayla Hartman
Poësie

"Verlaat jou Nguni-huisie
gooi weg jou padkaart
maak jou arms oop
en vlieg jou Hemelvaart"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved