|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1068
19/09/2025
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: Jou 719 bladsye nuwe Afrikaanse navorsing |
 |
|
Skrywer: Marlise Joubert
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485316060
Dit is vanjaar die bekroonde digter Marlise Joubert se 80ste verjaarsdag. Om die geleentheid te herdenk, het Karen de Wet ’n keuse uit Joubert se digbundels gekeur. Die bundel bevat gedigte uit haar elf gepubliseerde bundels (tussen 1970 en 2023 gepubliseer), asook ’n aantal nuwe, voorheen ongepubliseerde gedigte. Atrium is ’n versamelaarsitem wat op elke poësieliefhebber se boekrak hoort.
|  |
|
 |
Persverklaring: Simposium wys Afrikaans se krag as wetenskapstaal
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die SA Akademie het op 11 en 12 September 2015 hul jaarlikse algemene simposium met die tema "Afrikaans – 100 jaar amptelik: verlede, hede, toekoms" in Stellenbosch aangebied. Die byeenkoms was ’n kragtige tentoonstelling van die beoefening van Afrikaans as wetenskapstaal en het vooraanstaande akademici, skrywers, opvoedkundiges, regsgeleerdes, filosowe, kunstenaars en natuurwetenskaplikes byeengebring.
|
 |
Persverklaring: Die SA Akademie se bekroningsplegtigheid 2025
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se jaarlikse bekroningsplegtigheid het op 12 September 2025 in Stellenbosch plaasgevind. By dié statige geleentheid is die SA Akademie se gesogte pryse aan vooraanstaande skrywers, kunstenaars, natuurwetenskaplikes en akademici toegeken.
|
 |
Graad 8: Natuurwetenskappe-vraestel en memo, derde kwartaal
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
As jy in graad 8 is, weet jy teen hierdie tyd dat statiese elektrisiteit en ballonne iets met mekaar te doen het. In hierdie gratis NW-oefenvraestel deur Rita Engelbrecht gaan jy nog meer oefenvoorbeelde ten opsigte van statiese elektrisiteit en ander werk wat julle hierdie kwartaal behandel, aantref. Laai dit af en behaal goeie punte in jou toets!
|
 |
Die lang man met die bril: ’n fotolegkaart van 60 jaar gelede
Francis Galloway
Seminare en essays
"Ek het wyd en syd gesoek na die laaste stukkie van die fotolegkaart, maar tot op datum bly die lang man met die bril onbekend. Die soektog was egter in sigself ’n avontuur en het my op interessante ompaaie geneem na Breyten se wêreld in Parys in die vroeë 1960’s."
|
 |
Laat die diere praat
Eben Venter
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
"Ek moes my taal begin stroop van al die ou terme en gesegdes wat die dier hopeloos wanskat, kommodifiseer en beperk, die taal wat die dier as ’t ware op hok slaan."
|
 |
Liefdesleuens deur Malene Breytenbach: ’n resensie
Louise Viljoen (JBay)
Resensies
"Net toe ek dink alles tussen hulle is verby, gebeur daar iets met Douw wat my weer laat dink die verhouding sal hervat word, of Maya sal haarself verder in ’n situasie dompel waaruit sy nie sal kan wegstap nie. Dis hierdie fluktuasies, heel geloofwaardig ook, wat my die bladsye laat omblaai het om te lees wat volgende gebeur."
|
 |
Winterwens deur Lizelle von Wielligh: ’n resensie
Louise Viljoen (JBay)
Resensies
"[Lizelle von Wielligh] skryf Winterwens uit beide die held, Paul, en die heldin, Lianca, se oogpunte. Sodoende kry haar lesers tot in hulle tone lekker, want hulle het voorste-ry-sitplekke om die ontvouing van die ontluikende verhouding waar te neem."
|
 |
Roulette deur Sidney Gilroy: ’n lesersindruk
Erla Diedericks
Lesersindrukke
"Roulette is plattelandse noir op sy beste, waar Gilroy sosiale kommentaar lewer deur in die Afrikaner se erfstukkas te loer na daar waar die familiegeheime en die donker kant van die mens verberg word. Hy kyk na veral die manlike psige, en dis juis dít wat die boek so interessant maak."
|
 |
Die spoegvanger deur Stefanus S Vivier: ’n lesersindruk
Trisa Hugo
Lesersindrukke
"As teks dra Die spoegvanger by tot die voortgesette gesprek oor die Afrikaanse roman se vermoë om verlede en geheue te herbesoek ... Dit is tegelyk ’n ontginning van ’n seun se psigiese en fisieke ontwaking en ’n kommentaar op die groter sosiale en politieke ideologieë van sy tyd."
|
 |
Persverklaring: ATKV vier krag van lees en boeke
LitNet
ATKV-Portaal
Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon. Die beoordelaars is jong lesers self, iets wat hierdie toekenning van ander onderskei.
|
 |
Persverklaring: WAT ontvang ATKV-Woordwystoekenning vir U-deel
LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal
Die ATKV-Woordwystoekenning is vanjaar toegeken aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vir die trajek U wat in Oktober 2024 aanlyn verskyn het. Die Woordwystoekenning het ten doel om praktykgerigte naslaanbronne te bekroon vir die bydrae wat daarmee gelewer word tot die ontwikkeling van Afrikaans in die praktyk.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
FilosofieKafee-gesprek: "Waar is ons (nou)?" deur Breyten Breytenbach
Breyten Breytenbach
Seminare en essays (2022)
"Die staat is nie 'ons' s’n nie. Ons kan onsself nie daarin herken of dink dat ons dit teenoor wie ook al sal regverdig of verdedig nie. Miskien is dit ’n natuurlike evolusie. Miskien is die konsep 'staat' verouderd, dien dit weinig nut. Baie van ons – dié wat dit kan bekostig of dié wat nooit gekwalifiseer het vir toelating tot die staat nie – lewe in ieder geval daaromheen."
|
 |
Die klei van ons binnekant
Christof Berg
LitNet25-skrywersberaad
"Vir my word melodie en woorde saam gebaar en saam gebore, baie keer per ongeluk of uit foute en chaos. Ook uit kinderlike, aardse belewenisse, mense en avonture. Uit vrye vreeslose denke, en uit die wals van goed en kwaad."
|
 |
Trump se koninklike besoek 2025: ’n spesiale verhouding
Theo Venter
Menings
"Uit die optrede en lyftaal van president Trump was dit duidelik dat hierdie staatsbesoek, sy tweede aan Brittanje, vir hom ’n hoogtepunt was en die erkenning was waarna hy so hartstogtelik gesmag het."
|
 |
Ja vir KI in die skeppende bedryf!
Freek Robinson, Deon Opperman
Onderhoude
Hy gebruik KI, en ons moet ons kinders nou al leer hoe om KI korrek te gebruik. Só sê Deon Opperman aan Freek Robinson. Om KI te ignoreer is soos om perd te ry as jy ’n motor kan besit.
|
 |
Kirk se dood en die wit Republican-gesindes se gal
Andréa van Rooi
SêNet-briewe
"Ek dink Jesus was meer woke as enige iets anders. Julle wil nou huil oor Kirk, tog het julle nie gedink dis hartseer en tragies dat Malcolm X ook voor sy vrou en kinders doodgeskiet is nie? Of het hy dit verdien?"
|
 |
Spring bokkies, spring!
Chris Heymans
Menings
"Die opgewonde reaksie van Suid-Afrikaanse rugby-ondersteuners ken geen perke nie. Oor die jare sedert die einde van apartheid het toetswedstryde tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland van die mees afgewagte wedstryde in die sport geword."
|
 |
Herinneringe aan Jan Boland Coetzee
Emile Joubert
In memoriam
"Terwyl die nasie se aandag destyds gevestig was op Jan Boland die rugbytitaan, was hy besig om geskiedenis te help maak. Wyngeskiedenis."
|
 |
Tim Huisamen: Ons is dankbaar
Malcolm Hacksley
In memoriam
"Warmte, medemenslikheid, geesdrif, vrygewigheid, vreugde, omgee, humor, pyn, weemoed. Dit is die eienskappe waarvoor hy deur geslagte van sy vorige studente, kollegas en talryke vriende die beste onthou sal word."
|
 |
Perspektief
Barend la Grange
Elders gesien
"Dit gaan nie oor die 20 gyselaars wat net vrygelaat moet word en oorlog is verby nie. Nee, dit pas Netanyahu se strategie en doelwit, hulle wil die Palestyne uitwis."
|
 |
In memoriam: Jack Spence
David Willers
In memoriam
"Professor Jack Spence, who has died at the age of 94, was a significant influence in South African and UK academic circles, establishing himself among Britain’s leading academic experts on South Africa."
|
 |
Die kanonisering na ’n sluipmoord
Theo Venter
Menings
"Hoe lyk so ’n politieke heiligmakingsproses? Ondersteuners word oorweldig deur die media met boodskappe van steun en bevestig die status wat die persoon gehad het. Veral word klem gelê op die moed van sy oortuiging."
|
Gewildste plasings op LitNet |
 |
Wes-Kaap se landbou bloei ten spyte van Trump se tariewe
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die Wes-Kaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ivan Meyer, het die positiewe prestasie van die provinsie se landbousektor verwelkom, soos weerspieël in die landbou-ekonomiese kwartaalverslag vir die tweede kwartaal van 2025."
|
 |
Phala Phala-verhoor begin na maande se gesloer
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Die staat, wat vol vertroue in sy saak is, beplan om 22–23 getuies te roep. Dit is egter onwaarskynlik dat Ramaphosa self sal getuig; die hof sal waarskynlik getuienis van ’n plaasbestuurder of administrateur aanhoor."
|
 |
Bevorder ons patriotisme of paternalisme?
Heindrich Wyngaard
Nuusvinke
"Niemand kan egter stry oor die vergrype, vernedering en onderdrukking wat in die verlede teen die swart meerderheid gepleeg is nie; dat regstelling moet geskied, is ’n morele verpligting. Hoe dit gedoen kan word sonder om ’n nuwe soort diskriminasie te pleeg, is egter ’n vraagstuk wat nie genoegsaam onder die loep kom nie – en waarom nie?"
|
 |
Toorkombuis: My kosbare erfenis – basaarkerrie
Karen Hart
Kos en wyn
"In hierdie Erfenismaand het my onthou ’n ander kospad geloop, ver terug oor die Karookoppies na die kerksaaltjie op die bult. Dit was een van die grootste gebeurtenisse in die kalenderjaar – die kerkbasaar."
|
 |
Pareltjes uit Amsterdam: Binne die Verzetsmuseum
Johan Allers
Leefstyl
Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video besoek hy weer die Nederlandse Weerstandsmuseum in Amsterdam. Dié keer nooi hy ons om van die vaste uitstallings te besigtig.
|
 |
Momentum Aardklop 2025: ’n onderhoud met Amore Bekker
Yolandi du Toit, Amore Bekker
Aardklop
"Daar is geen gewroeg in die vertoning nie. Dit is vrolik, informatief, ironies en gevul met ’n bietjie patos. Ek doen ’n ritueel op die verhoog wat nog by geen konsert al ooit in Suid-Afrika gedoen is nie."
|
 |
Xolisa Ngubelanga’s Flamebook: Community theatre in Gqeberha
Izak de Vries
Lifestyle and entertainment
"Should a student be expelled from a college, a page is torn from that book. That page loses its place, but the entire book loses part of its story. It was a wonderful metaphor that needs to be explored even more."
|
 |
Voorspelling
Jacques Boshoff
Poësie
"Ons liefde is plek-plek donderbuie,
stormwind en hael."
|
 |
Rook
Werner van Rossum
Poësie
"in die hunkering, in die las
van vrede, in die sus
van verslawing. Dit gee my rus."
|
 |
Memories
Salomé Borngräber
New writing
"It’s where love is captured
Where dreams come true
Create many memories
They’ll bring happiness to you"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|