Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 1019

26/09/2024


  Krities Afrikaans

LitNet: Fees in die Oos-Karoo

Liefde en verset

Skrywer: André le Roux
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798184861

André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut, Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is. Nou skryf hy met selfs skerper eerlikheid oor die liefde, verlange en verwondering, met ’n aweregse blik op die ouderdom. Met bytende humor en selfspot verken hy die Suid-Afrikaanse werklikheid, hoewel sy verse spreek van universele menslikheid en deernis. Nie sonder verset nie.

Boeke en skrywers

Fotoblad 1: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Menán van Heerden
Boeke en skrywers

Die vyfde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 20 tot 22 September 2024 in Nxuba (voorheen Cradock) plaasgevind. Die ATKV-skryfskool en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad is ook hier aangebied. Die beraad sal ná die Veldsoirée aanlyn voortloop. Menán van Heerden het foto’s van al die sprekers geneem.

Fotoblad 2: Etienne van Heerden Veldsoirée, LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad en die ATKV-skryfskool

Izak de Vries
Boeke en skrywers

"Woordkunstenaars, boekliefhebbers en akademici het van 20 tot 22 September 2024 skouers geskuur by die Etienne van Heerden Veldsoirée."

Fotoblad 3: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad

Menán van Heerden
Feeste

Tydens hierdie fees is gesprekke gevoer oor, onder andere, skrywers se jongste romans; kinderboeke; kunsmatige intelligensie; die resensering van boeke; argiewe; Griekwa-Afrikaans; die aard van debat/die oop gesprek; versoening; identiteit; die literêre geskiedenis van die Oos-Kaap; en die dinge waaroor Suid-Afrika se gemeenskappe treur. Benewens bogenoemde prikkelende gesprekke, het die Oos-Karoo gesorg vir pragtige landskappe en Karoo-gasvryheid. Menán van Heerden het foto’s geneem.

Persverklaring: Wenner van die Helgaard Steyn-prys 2024 | Press release: Winner of the Helgaard Steyn Award 2024

LitNet
Boeke en skrywers

Dit is die tweede keer in die geskiedenis van die Helgaard Steyn-prys vir skryfkuns dat die wenwerk ’n digbundel is. | This is only the second time in the history of the Helgaard Steyn Award for Literature that the winning work is a volume of poetry.

Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2024

LitNet
Boeke en skrywers

Die kykNET-Rapport-boekpryse, wat altesaam R1 miljoen bedra, is op Saterdagaand 21 September 2024 in Kaapstad oorhandig. Met dié pryse word jaarliks erkenning gegee aan uitnemende Afrikaanse boeke en resensies wat die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is al die wenners!

Commendatio: kykNET-Rapportprys vir fiksie 2024

Ryan Pedro
Boeke en skrywers

"Die mooiste oomblikke in die boek sleur mee, en die hartverskeurendstes sny regdeur die been, tot by die murg."

Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys 2024

Francois Smith
Boeke en skrywers

"Dit is nogal seldsaam dat ’n wildvreemde nuweling op die literêre toneel met soveel beheer en trefsekerheid skryf."

Commendatio: kykNET-Rapportprys vir niefiksie 2024

Lindie Koorts
Boeke en skrywers

"Die binneland in is ’n Nissan 1400-bakkie van ’n boek: klein, onopgesmuk, ’n bekende en betroubare werkesel, maar sy eenvoud is bedrieglik."

Commendatio: kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys 2024

Beer Adriaanse
Boeke en skrywers

"Vuurvoël benut ’n verskeidenheid groot temas, maar waar dit werklik uitstyg, is in die aanwending van ’n deurweekte en skalkse humorsin wat, soos met enige chemiese verbinding, in baie presiese mates bygevoeg moet word om te werk. Dit is die soort materiaal waaroor ’n filmmaker droom."

Commendatio’s: kykNET-Rapportpryse vir Boekresensent van die Jaar 2024

Bibi Slippers
Boeke en skrywers

"Nathan Trantraal se bespreking van Vlug van ’n vreemdeling, Bester Meyer se omdigtings van Magmoed Darwiesj se gedigte in Afrikaans, is ’n lig waarby die boek gelees kan word ... Lindie Koorts se resensie van Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk is kragtig, weldeurdag, diepgaande en oorspronklik."

Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys

LitNet
Boeke en skrywers

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Die ATKV huldig die geskrewe woord met die Prys vir Spanningslektuur, een van die vinnig groeiendste en gewildste genres in Afrikaans; die Prys vir Niefiksie; en die ATKV-Prosaprys, een van die oudste en mees gerespekteerde letterkundepryse in Afrikaans.

Goue lint, my storie begint: Die mag van volwassenes se boekkeuses vir kinders

Anke Theron
Kinderboeke

"Hoe kry jy ’n kind om ’n boek te lees? Maklik, die oudste truuk in die boek: 'Jy mag nie hierdie boek lees nie. Hoekom? Want ek het so gesê.' Klink dit bekend? Dit is hoe volwassenes mag uitoefen oor boekkeuses vir kinders."

Slaying the dragon by Antonio Iozzo: The bravest book you’ll read this year

Surene Esterhuizen
Books and writers

"The book tells the story of a strong man going through hell, from Johannesburg to San Antonio, Texas, with one operation after the other. Boxes of pills from OxyNorm to Suboxone, each one worse than the others."

Nomad heart by Ian Roberts: an inter-review

Janet van Eeden, Ian Roberts
Books and writers

"Ian’s transition from stage to screen was made through his humility in taking on any work on a film set, from set-building to painting, and putting his hand to anything he was asked to do. This willingness to learn led to the incongruity of a man with the most English heritage one could ask for playing a role as an Afrikaner with a brei in Dokter Con se Overberg. The rest, as they say, is history."

Stella Blakemore (1906–1991)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Inspirasie is oral en altyd beskikbaar. Ek het geen spesiale plek of stemming nodig om die tikmasjien te laat kletter nie. Dit kom sommer net." Lees meer oor Stella Blakemore se lewe en werk in dié ATKV-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Persverklaring: Bekendstelling van Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar – ’n huldiging by NALN in Bloemfontein op 3 Oktober 2024

LitNet
Boeke en skrywers

Die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) bied graag ’n bespreking aan deur Victor Teise (Sol Plaatje-universiteit) en Hennie van Coller (Universiteit van die Vrystaat) oor Etienne Leroux: Die rumoerige swart nar – ’n huldiging (onder redakteurskap van Hennie van Coller) op 3 Oktober om 18:00 te NALN in Bloemfontein.

Invitation: Book launch of Matriarchs, meze and the evil eye: a memoir by Costa Ayiotis – 26 September, Cape Town

LitNet
Books and writers

Eva Mazza will be in conversation with Costa Ayiotis for the book launch of Matriarchs, meze and the evil eye: a memoir on Thursday, 26 September at 18:00 for 18:30 at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 20 tot 26 September 2024

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat onlangs op die redakteur se lessenaar beland het.

Uit die argief

Etienne van Heerden Veldsoirée: fotoblad 1

Amy Coetzer
Feeste (2017)

Kyk hier na foto’s van die eerste Etienne van Heerden Veldsoirée.

Die Karoo as universum: oor velddenke, |xam-Afrikaans, en die Boesman-universiteit | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Luan Staphorst
Menings (2023)

Luan Staphorst het op 23 September 2023 hierdie lesing by die Etienne van Heerden Veldsoirée te Cradock gelewer: "Die Karoo as universum: oor velddenke, |xam-Afrikaans, en die Boesman-universiteit".

Menseregtedag: die Cradock Vier-erfenisroete en Garden of Remembrance

Menán van Heerden
Menings (2019)

"Tydens die wandeling deur ’n pragtige tuin van inheemse plante het Amos vir feesgangers vertel van apartheidera- politieke aktivisme in Cradock, met die laatmiddag-Karoo-son wat agter die vier gedenktekens skuil."

Leefstyl

Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud oor Geroep vir meer

Yolanda Wessels, Hykie Berg
Aardklop

"Die belangrikste ding wat mens moet doen, is jy moet jou 'why' gaan vind. Jou 'why' is die ding wat jou betekenis en doel in die lewe dryf. My 'why' is om te inspireer en hoop te gee en om beter te word as wat die wêreld verwag dat jy moet wees ..."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Carla Smith

Maryke Roberts, Carla Smith
Toyota Stellenbosch Woordfees

"As ek kan aanhou om diverse rolle te speel, met verskillende mense wat obsessief verlief is op hulle veld, sal ek gelukkig wees."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor Marie se laaste dag

Naomi Meyer, Mercy Kannemeyer
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Met moontlik sensitiewe materiaal, al is dit ’n komedie, sal ek ook nooit doelbewus skok nie. Die skokfaktor is oud en goedkoop. Daar’s slimmer maniere om stories te vertel."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe

Jannike Bergh, Jaco van der Merwe
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Worldplay is een van my gunstelingprojekte. Dis basies soos ’n game show, waarin ’n handvol digters en ’n handvol musikante beurte maak om saam te improviseer. Dis amper soos Spin the bottle: ’n Digter en ’n musikant se name word getrek en dan moet hulle saam op die verhoog ’n stuk opvoer. Die collaborations is 100% unrehearsed en spontaan."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor American rhythm

Naomi Meyer, Reghardt Kühn
Toyota Stellenbosch Woordfees

"Dit is wel belangrik dat mens onthou dat 'Amerika' meer is as net die VSA. Ons speel dus onder andere ’n wonderlike stuk musiek van die Meksikaanse komponis ... Arturo Márquez, Danzón Nr 2. Márquez probeer die kultuurerfenis van Meksiko na die wêreldverhoog bring deur middel van sy lewendige musiek."

Toyota Stellenbosch Woordfees-persverklaring: Kaapse Koorakademie se ’n Kaapse fantasie

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

’n Kaapse fantasie by die Woordfees vier Afrikaans en sy variëteite se verhouding met Xhosa en Engels in ’n smorgasbord van klanke, denke en kulture wat ons as samelewing in ’n nuwe rigting van hoop en samehorigheid instuur.

Persverklaring: Sonografie: Grepe in roots en blues – WOMAD South Africa 2024 en Toyota Stellenbosch Woordfees 2024

LitNet
Toyota Stellenbosch Woordfees

WOMAD SA is trots daarop om vir die eerste keer saam met Toyota Stellenbosch Woordfees en die US-musiekdepartement ’n spesiale konsert met die titel Sonografie: Grepe in roots en blues aan te bied. In hierdie produksie vertel kunstenaars stories in en deur klank, aan die hand van instrumente, musikale idiome en die herinneringe wat hulle ontketen: uhadi, Khoe-klanke, onbegeleide stem en Mississippi blues.

approximations to a voice: ellipsis, ’n groepsuitstalling saamgestel deur Jean Dreyer – ’n resensie

Corneli Quinn
Kuns

"Die woord ellipsis in die titel van die uitstalling verwys dus na ’n weglating en suggereer dat ’n leemte of opening geskep word én dat iets ongesê gelaat word. Dit is egter ook ’n begin- of uitgangspunt. Die leemte of opening wat die kunsuitstalling skep, dien as ’n uitnodiging aan die galerybesoeker om sy of haar verbeeldingstogte aan te roer, om te begin luister na dit wat die metaforiese stem van die uitstalling nié sê nie, dog moontlik wel geluidloos impliseer."

Autoplay: ’n teaterresensie

Maryke Roberts
Teater

"Die dansers kneus hul lywe met aanhoudende gekap, geval, gerol, rooi hale later sigbaar. Die ongenaakbaarheid van die harde verhoog teen hul sagte lywe is ’n metafoor vir die ongenaakbare aanslag van KI op die sagtheid van menswees."

The story of Eva Cassidy – Oos-Kaap-trio rits en betower die land vol

Ignus Rademeyer
Musiek

"Misery Loves Company bring ’n opregte, pragtig vervaardigde huldeblyk aan ’n kunstenaar wie se werk steeds harte regoor die wêreld aanraak. Kerry Hiles se sagte en emosioneel belaaide stem gekombineer met die meesterlike musiekspel van Rob Thompson en Kristo Zondagh maak dit ’n onvergeetlike aand van musiek. Of jy nou ’n jarelange aanhanger van Eva Cassidy is of nuut is tot haar storie, hierdie vertoning sal jou diep roer en herinner aan die helende krag van musiek."

Persverklaring: Suidoosterfees – New Voices vanaf 1 Oktober by Artscape

LitNet
Suidoosterfees

New Voices, Suidoosterfees en Artscape se jaarlikse voorlesings van dramas deur nuwelingskrywers, word vanaf 1 Oktober in Kaapstad aangebied.

Persverklaring: Simbiotiese ATKV-Sêrwenners bekroon tydens ATKV-toneelfinaal

ATKV
ATKV-Portaal

Nasionale sêrmentors Frieda van den Heever en Francois van der Merwe moes behoorlik kopkrap om die wenners van die eerste ATKV-Sêrkompetisie aan te wys danksy simbiotiese tieners wat met voetstamp-lekkerte en tongklap harmonieë die toon aangegee het.

Persverklaring: Luna Paige se Tuiskoms-toer en -program

LitNet
Musiek

Ná ’n opwindende reis van drie maande deur Europa en klein optredes in Nederland, keer Luna terug na Suid-Afrika om in ’n intieme omgewing met haar aanhangers te skakel. Ná haar indrukwekkende dubbelalbum-bekendstelling in April 2024 – met beide Engelse en Afrikaanse albums, Dis die dors en Harmony – bied hierdie toer ’n unieke kans om haar songs in hul mees rou en outentieke vorm te ervaar.

Menings

Is verengelsing die Bela-wet se skuld?

Eugene Brink
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"Maar om te Bela of nie te Bela nie is eintlik nie ter sake nie. Dit lewer dalk lekker nuus op, maar die lot van Afrikaans as voertaal in skole hang van meer af as net een wet. Bela is ’n strydkreet vir rolspelers aan albei kante van die geveg, maar ook ’n skuifmeul vir veel meer prosaïese maar harde werklikhede."

Wat kan ek en jy doen om klimaatsverandering te keer?

Freek Robinson, Peter Johnston
Onderhoude

Freek Robinson gesels met Peter Johnston, ’n klimaatspesialis van die Universiteit Kaapstad, oor klimaatsverandering en vra hom ’n aantal vrae: Kan ons die sneeu oor groot dele van die land toeskryf aan klimaatsverandering, of nie? Is daar wel ’n probleem, of is al die gesprekke bloot bangmaakpraatjies?

Wat sê Bettina? Oor erfenis

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Ons verstaan dat ons ambassadeurs nie net van ons gesin is nie, maar van ons hele gemeenskap."

Dis Erfenisdag

Jaco Jacobs
Elders gesien

"Dis die rugbypale waar jy nooit geleer het om ’n rugbybal te skop nie. Dis jou troppie bont skape, en jou kinders wat hul hart verloor op ’n plaasperd. Dis Erfenisdag."

Nou op Voertaal

Finansiële krisis dreig om die land se onderwys te kelder

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Tensy daar proaktiewe maatreëls getref word, staar die land se provinsiale onderwysdepartemente binne die volgende twee tot drie jaar groot uitdagings in die gesig."

Donderdag is D-dag vir DA en Tshwane se koalisieregering

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die stryd om die politieke mag in Tshwane gaan dié week op die spits gedryf word. Die ANC moet besluit of hulle voortgaan om ’n mosie van wantroue teen die stad se DA-burgemeester, Cilliers Brink, in te stel."

Vonke spat tussen Pandor en Malema oor VBS-skandaal

Jean Oosthuizen
Voorblad

"Die VBS-plunderskandaal het in 2018 op die lappe gekom, en amptenare binne die bank, asook politici, insluitend senior leiers van die MKP, EFF en ANC, word daarby betrek."

Leesimpressie: Het schrijverskasteel door Uwe Neumahr

Erik van den Bergh
Literatuur

"Bijzonder boeiende en inzicht biedende portretten van schrijvers en journalisten die in 1946 verslag deden van de Neurenbergse processen."

Leesimpressie: Het vaderland door Heinz Liepmann

Erik van den Bergh
Literatuur

"Een zeer aangrijpende roman vol scherpe beelden van de opkomst van de Nazi’s en hun omvangrijke pogingen de joden volledig te vernietigen."

Waarlik die mooiste dorpie nog!

Maryke Roberts
Reisgogga

"Collonges-la-Rouge is beter bekend as die 'Stad van 25 torings' hoor ons sommer met die intrapslag by ’n Le Cantou-restaurant-kelner wat tafels skoonmaak. Maar van 'stad' en al daardie torings weet ek nie … Dit voel soos ’n filmstel van ’n plattelandse dorpie, met ’n paar mense wat vir die paar uur terwyl jy daar kuier, in winkels en restaurante werk omdat hulle nét vir jou gewag het."

Akademies en skole

Die Afrika-vrede-en-sekuriteit-argitektuur (AVSA): ’n strategiese ontleding deur middel van die model van doelwitte-aksies-middele (DAM)

Fanie Herman
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die groot beperking is dat aksies ondoeltreffend is in die voorkoming van konflik en die skepping van blywende vrede en sekuriteit. Dit word gesien in die min sukses van bemiddeling, voorkomende diplomasie, versoening en ondersoek."

Abrahamitiese eskatologie en die bekragtiging van godsdienstige identiteite

JA Schlebusch
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Hierdie narratiewe, ingebed in die kanonieke geskrifte wat as heilig beskou word deur die Judaïsme, Christendom en Islam, bied nie net ’n visie van die toekoms nie, maar funksioneer ook as ’n kragtige instrument om godsdienstige gemeenskappe te mobiliseer, veral tydens tye van krisis."

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die tweede stelling

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

In hierdie video verduidelik Lee-Ann Langeveld vir graad 11’s hierdie stelling: Bewys dat die hoek wat by die middelpunt gevorm word vanaf punte A en B twee keer so groot sal wees soos die hoek wat vanaf die omtrek by dieselfde punte gevorm word.

Graad 11-Wiskundevideo: Euklidiese Meetkunde – bewys die derde stelling

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Dis nie net speurders wat bewysstukke moet opspoor om iets te kan oplos nie. As jy in graad 11 is, verduidelik Lee-Ann Langeveld vir jou hoe om ’n stelling te bewys. Dit is stelling drie van vanjaar se Euklidiese Meetkunde. Jy gaan moet bewys dat die som van hoekpunte A en C 180 grade is en dat die som van hoekpunte B en D 180 grade is. Kyk hierdie video om beter te verstaan!

Seedans

Pippa du Toit
Kuberklas Kreatief

In Kuberklas Kreatief verskyn skryfwerk deur skoolkinders, soos hierdie gedig:
"Vir ewig sal sy dans want
haar danse is die golwe
haar glimlag die sonstrale
wat op die water weerkaats ..."

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle 

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Nuwe skryfwerk

Die stil rivier in my hand

Christiaan Diedericks
Poësie

"tevrede staan ek terug
my geluk toegedraai in vel"

Legkaarte

Zebulon Kochk
Poësie

"en ’n verhaal vou voor my oop
sin vir sin op ’n papier"

Jas

Jeanne Henning Els
Poësie

"jou bene
het lood
geword"

 

Broederooms

Fanie de Villiers
Poësie

"bou julle steeds gedenkmure vol heldename
lê plegtig kranse
roep God by as getuie"

Boek sonder titel

Michelle van Graan
Poësie

"die lêers in my kop moet ek nog
Skrap. Delete. Erase.
maar die boek is reeds gedruk ..."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2024 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved