Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 977

24/11/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Jou mugu

Fresh off the press 

Sunshine and shadows

Author: Busisekile Khumalo
Publisher: Kwela
ISBN: 9780795710889

Vimbai, a final-year law student, is weary at the prospect of being unemployed. It’s a dog-eat-dog world, after all. But Vimbai soon learns that every action has consequence and some of our wishes come to haunt us when we are at our happiest. Her carefully orchestrated life takes a nosedive when her secrets are held against her.

Akademies en skole

’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie

Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"In Leroux se werk word dit duidelik dat hy dikwels verskillende wêrelde gelyktydig aan bod kan stel en dus vir die leser verskillende wêrelde uit een narratief kan oproep. Om sulke grensoorskrydingsmomente te kan skep, gebruik Leroux ’n hele aantal truuks wat dikwels nou by dramatiese konvensies aansluit."

Sosiale merkers van hoëkonflikegskeidings waarby kinders betrokke is

Carien Zeeman, Sufran Smith
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Professionele persone vind dat dit algemeen vir egpare is om destruktiewe gedrag en negatiewe gevoelens gedurende egskeiding te ervaar. Wanneer daar egter kinders betrokke is, is dit noodsaaklik om gevalle van moontlike hoëkonflikegskeidings te identifiseer."

Die eerste onsekere treë van die onafhanklike koerantbedryf in Suid-Afrika: The South African Commercial Advertiser (SACA) en slawerny in 1824

Gawie Botma
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Aan die een kant het SACA ’n aktivistiese rol gespeel, wat dikwels aangeprys word, maar die koerant het ook advertensies van die slawehandel gepubliseer. Hierdie teenstrydigheid ontlok die vraag of die koerant se geïdealiseerde posisie in die joernalistiekgeskiedenis moontlik heroorweeg moet word."

Die boek Habakuk as teodisee en teologiese trauma

Fanie Snyman
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Trauma word in verband gebring met God en daar ontstaan ’n spanning tussen dit wat as traumaties beleef word en God se betrokkenheid al dan nie by die trauma."

’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede

Benito Trollip
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"In ’n konstruksie soos hond+mak is die letterlike betekenis van hond nog teenwoordig ('so mak soos ’n hond'), maar in hond÷siek is dit duidelik dat hond÷ gegrammatikaliseer is en slegs die betekenis van 'baie' het."

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Luan Staphorst

Luan Staphorst
SteedsDink

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 in Cradock is ’n SteedsDink-ateljee vir video-opnames ingerig en is die praatjies van sowel ervare as opkomende akademici, soos Luan Staphorst, vir die tweede reeks opgeneem. Benewens hul deelname aan hierdie videoreeks het hierdie akademici elkeen ook afsonderlik by die fees self opgetree, in sommige gevalle meer as een keer. In hierdie video gesels Luan oor onder andere die kanon, klapklanke en kreolisering.

Persverklaring: Nuwe datums vir die Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe – 15 tot 16 Februarie 2024

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika sal hul navorsing, wat in Afrikaans aangebied word, in die vorm van ’n referaat (20 minute) of plakkaat (5 minute) by die simposium aanbied.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 6 en droom jy oor die vakansie? In die gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen wat jy hier kan aflaai, sal jy heelwat taaloefeninge met sport as onderwerp aantref. Draf flink deur hierdie vraestel vir dinamiese punte. Oor ’n rukkie is dit tyd vir sports by die see (in die woordeboek kan jy naslaan dat "sports" ’n aanvaarbare Afrikaanse woord is).

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Begin van die kwartaal! LitNet se video’s kan jou help. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Uit die argief

Etienne Leroux (1922–1989)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum (2020)

"’n Skrywer is dikwels profeties en skryf oor probleme waarvan die gemeenskap op die oomblik nie bewus is nie – sekere tendense wat hy nou al in die kiem sien. Deur sy sensitiewe waarneming word hy gepla deur dinge wat vir ander onsigbaar is."

Eietydse ridders: ’n vergelyking tussen Die mugu (1959) deur Etienne Leroux en Die avonture van Pieter Francken (2005) deur Jaco Fouché

Joan-Mari Barendse
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) (2010)

"In hierdie artikel word ’n vergelykende studie onderneem van Die mugu (1959) deur Leroux en Die avonture van Pieter Francken (2005) deur Fouché. Die tradisionele definisies van vergelykende literatuurstudie fokus op die vergelyking van tekste uit verskillende tale en lande en is nie geskik vir hierdie ondersoek nie."

Nou op Voertaal

Regse oorwinning in Nederland stuur skokgolwe deur Europa

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Wilders kon dit self nie glo toe dit duidelik word sy party het as die grootste party in Nederland uit die stryd getree nie."

Diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en Israel hang in weegskaal

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Diplomatieke betrekkinge tussen Suid-Afrika en Israel hang in die weegskaal. Dit volg nadat die parlement Dinsdag ten gunste van ’n mosie gestem het wat vra vir die sluiting van Israel se ambassade in Pretoria. Die mosie vra ook vir die opskorting van diplomatieke bande tussen die twee lande namate die spanning tussen Israel en Suid-Afrika toeneem oor die Israeliese aanval op Gaza."

Miljoene Suid-Afrikaners maak gereed om volgende jaar te gaan stem

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Meer as ’n halfmiljoen mense het die afgelope naweek vir die eerste keer geregistreer. Dit maak 19,57% van totale registrasie-aktiwiteit uit."

Chaos by Suid-Afrikaans hawens stuur af op ekonomiese krisis

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Transnet erken dat die opeenhoping op paaie in Durban reeds onbeheerbare vlakke bereik het, wat ’n risiko vir padgebruikers inhou."

Suid-Soedan: ’n storie van sensuur, sekuriteit en onstabiliteit

Ingrid van der Walt
Reizen

"Dit is in daai oomblikke dat ek die troepe op trokke sien – gewapen en gereed – dat ek werklik verstaan het dat Suid-Soedan ’n onwaarskynlike plek is om te besoek. Dit is al vir soveel jare ontoeganklik vir die buitewêreld. Onveilig, onstabiel en onvoorspelbaar."

Jy leef teen ’n slakkepas op Dwarskersbos

Maryke Roberts
Reizen

"Ons het drie salige dae op hierdie kusdorpie, net so anderkant Velddrif en Laaiplek, deurgebring."

Om dit te kan sien: All the light we cannot see draai op Netflix

Izak de Vries
Film

"Steven Knight, wat Doerr se roman in ’n draaiboek verwerk het, kon daarin slaag om dit slim in vier episodes te verdeel wat lieflik verfilm is en elkeen uiters spannend eindig, en waarvan die geheel boonop die essensie van Doerr se roman goed uitbeeld."

Menings

Van wonderkind tot gemeenskapswerker

Freek Robinson, Amira Willighagen
Onderhoude

Amira Willighagen het op negejarige ouderdom die wêreld verstom toe sy Holland’s got talent (2013) gewen het met haar opera-arias. Tien jaar later woon Willighagen in Suid-Afrika. Haar stigting bou nou veilige speelplekke in ons land se townships. Vir hierdie sonderlinge werk is sy vanjaar twee keer vereer. Sy gesels, in Afrikaans, met Freek Robinson oor haar werk, haar talente en haar toekoms.

Is daar hoop vir die land? Hoe lyk die toekoms? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Barend la Grange, Freek Robinson
Etienne van Heerden Veldsoirée

Ja, daar is hoop, sê Barend la Grange en Freek Robinson, maar dan moet gewone mense iets begin doen. In die Bybel staan dat God die voëls van die hemel sal versorg, maar dit beteken nie dat die voëls elke oggend met oop bekkies op die draad sit en wag vir wurms om in hul monde te val nie.

Oor Patrick J Petersen | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Hein Willemse
Etienne van Heerden Veldsoirée

"Vanjaar sou sy 72ste jaar gewees het. Hy sterf voortydig op Saterdag 7 Junie 1997 in ’n motorongeluk op die Paternoster-Vredenburg-pad. Die hoekoms en waaroms kan slegs spekulasie wees."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Video-opname van ’n gesprek oor die vertalings van Faust en Reinaard die vos

Johann Rossouw
Seminare en essays

Hierdie is ’n video-opname van Johann Rossouw se gesprek met Robert Schall en Henning Pieterse oor hul onderskeie vertalings van Faust en Reinaard die vos. Dit vorm deel van die Johann Rossouw-gespreksreeks.

Jan Rabie-Marjorie Wallace-gedenklesing 2023: Die onsigbare vrou met die veerpen in die hand: “Ich bin die Frau von gestern”

Valda Jansen
Seminare en essays

"Ek word soms ook behandel asof ek ’n variant is; asof ek ’n variant van ’n taal praat; asof ek ’n variant van ’n mens is. Maar hulle misgis hulle."

Wat beteken skrywer-wees in tye van krisis?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Behoort skrywers stil te bly as hulle ongeregtigheid opmerk, of aan die ontvangkant daarvan is? Kan kuns die wêreld waarin ons lewe, ignoreer en steeds outentiek wees?"

Maak ons die wêreld, of maak die wêreld ons?

Christi van der Westhuizen
Menings

"Die verskillende blindhede van beide die liberale en die marxistiese standpunte is oortuigend deur feministe en swart en postkoloniale denkers aan die kaak gestel."

’n Gebrek aan kwaliteitjoernaliste is ’n gevaar vir ons demokrasie

Jason Lloyd
Rubrieke

"Ons gebroke demokrasie en verlore drome in Suid-Afrika het dringend vaardige en onafhanklike joernaliste nodig."

Mein Berlin: ’n onderhoud met Deon Maas

Alex J Coyne, Deon Maas
Onderhoude

“Ek het van al my wêreldse besittings ontslae geraak en na ’n nuwe kontinent, nuwe land, en nuwe stad getrek. Ek word konstant gestimuleer deur nuwe invloede. Daar is geen ritme in my lewe nie, en alles is nuut.”

Russel Botman’s ethical legacy calls forth a time yet to come

Aslam Fataar
Opinion

"Russel asked how we might create an embracing, inclusive time horizon, irrespective of personal consequences, out of which we could serve humanity. Russel gifted us a type of human enfolding, based on recognition, intimacy and conviviality, a legacy for human and planetary co-existence."

They didn’t walk alone: 15th George Botha Memorial Lecture

Denise Zinn
Opinion

"What about those who cooked, cleaned and built the houses in which they lived, he reminds us to consider. Without them, would those who achieved fame, or who sacrificed and contributed so much, been able to do all they did?"

Vernon February is ook al 21 jaar gelede oorlede

Ena Jansen
Elders gesien

"Môre is Vernon February ook al 21 jaar gelede oorlede. Hy was ’n boorling van Somerset-Wes. Jare lank het hy in Amsterdam se Rivierenbuurt gewoon en altyd vir my soos Rembrandt gelyk met sy baret en groot jas."

Die tweejaarlikse TT Cloete-lesing

LitNet
Elders gesien

"Die doel van die lesings is eerstens om erkenning te gee aan die werk van Cloete, wat vir baie jare aan die NWU (voorheen die PU vir CHO) verbonde was. Tweedens is die doel om ’n platform vir openbare gesprek in en om die letterkunde te skep."

Kennisgewing: Swart Vrydag-winskopies by die WAT

LitNet
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-portaal

Hier is jou kans om op Swart Vrydag te belê in iets wat nie na die tyd kan breek nie en waarvoor jy nie in lang winkeltoue hoef te gaan staan nie. Dit is weer tyd vir die WAT se Swart Vrydag-winskopies!

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool 2023 | Theatre review workshop 2023

LitNet | STAND: Teaterresensieslypskool 2023 | Theatre review workshop 2023

LitNet
Slypskole

LitNet en STAND (The Sustaining Theatre and Dance Foundation) bied oor die volgende maande ’n aanlyn teaterresensiekursus vir vyf Afrikaanse en vyf Engelse aspirantresensente aan. Hier is al die inligting. | Over the next few months LitNet and STAND (The Sustaining Theatre and Dance Foundation) will be presenting an online theatre review workshop for five aspiring Afrikaans and five aspiring English theatre reviewers. Here is all the information.

LitNet | STAND: Teaterresensie van The promise (weergawe 2)

Olga Leonard
Slypskole

"Die neteligheid van leë beloftes skuif soos ’n wolk oor die gehoor en dié bedryf herinner aan die doellose deurmekaarspul waarin die reënboognasie tans verkeer." | Hierdie resensie is deur die deelnemer hersien en geskaaf. Dit is die tweede weergawe van hierdie resensie, wat deel vorm van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

LitNet | STAND: Teaterresensie van Die ontelbare 48 (weergawe 2)

Jeani Heyns
Slypskole

"Dit herinner ’n mens daaraan dat die krag van goeie, fisieke karakterisering en subtiele stemverwisseling oorgenoeg is om ’n storie te vertel." | Hierdie resensie is deur die deelnemer hersien en geskaaf. Dit is die tweede weergawe van hierdie resensie, wat deel vorm van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

LitNet | STAND: Teaterresensie van Tsekmate (weergawe 2)

Paul Kammies
Slypskole

"Tsekmate issie net textually jarring nie, maa dit gryp aan jou sintuie as well. Die geselskap is hoogs professional. Lottering en Harris se skryfwêk is deliberate en duidelik. Die geselskap speel saam mekaar soes ’n orchestra, in sync met mekaar." | Hierdie resensie is deur die deelnemer hersien en geskaaf. Dit is die tweede weergawe van hierdie resensie, wat deel vorm van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

LitNet | STAND: Teaterresensie van Hoerkind (weergawe 2)

Cathy Hugo
Slypskole

"Die pyn in Herman se gesigsuitdrukkings, asook sy gebroke stemtoon, verklap ’n diepgewortelde seer en hy katrol die gehoor meesterlik daardeur in." | Hierdie resensie is deur die deelnemer hersien en geskaaf. Dit is die tweede weergawe van hierdie resensie, wat deel vorm van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

LitNet | STAND: Teaterresensie van Boesak (weergawe 2)

Candice Jantjies
Slypskole

"Die stuk kort meer perspektiewe as net Boesak s’n. Minnaar kom onseker voor in sy vertolking, senuweeagtig." | Hierdie resensie is deur die deelnemer hersien en geskaaf. Dit is die tweede weergawe van hierdie resensie, wat deel vorm van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool.

LitNet | STAND: Theatre review of Monsters (version 2)

Ignus Rademeyer
Slypskole

"The core of Monsters lies in its narrative structure, a mosaic of tragedy, complicity and moral ambiguity." | This review was revised and updated by the participant. This is the second version of this review, which forms part of the LitNet | STAND theatre review workshop.

LitNet | STAND: Theatre review of Ijoloba: The prophecy (version 2)

Jane Mpholo
Slypskole

"This production was site-specific, making use of the space and elements found there. The cast moved the story from one outdoor location to the next, incorporating trees, grass and stones into the narrative." | This review was revised and updated by the participant. This is the second version of this review, which forms part of the LitNet | STAND theatre review workshop.

LitNet | STAND: Theatre review of Droomkraan-kronieke (version 2)

Klara van Rooyen
Slypskole

"Droomkraan-kronieke is recommended for audiences who seek to be enraptured and desire a dynamic theatre-going experience." | This review was revised and updated by the participant. This is the second version of this review, which forms part of the LitNet | STAND theatre review workshop.

LitNet | STAND: Theatre review of Jessie, die man en die maan (version 2)

Alberto Smit
Slypskole

"My hope is that the moon will continue gazing down at these two theatre makers, and that we will continue meeting them in dimly lit rooms where they shine brightly among the stars." | This review was revised and updated by the participant. This is the second version of this review, which forms part of the LitNet | STAND theatre review workshop.

LitNet | STAND: Theatre review of Around the fire (version 2)

Kwanele Nyembe
Slypskole

"The production does not only contribute to case studies in the development of the choreopoem as a dramatic style of African storytelling for post-apartheid South Africa, but also serves as a social agent that holds a mirror to society, challenging the audience to question their role in the marginalisation of women." | This review was revised and updated by the participant. This is the second version of this review, which forms part of the LitNet | STAND theatre review workshop.

Boeke en skrywers

Wilna Adriaanse (1958–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Afrika fassineer my omdat dit so onvoorspelbaar is [op] soveel maniere, veral as ’n mens dit vergelyk met ’n Europese leefstyl, wat jou gees kan afstomp."

Eve deur Cat Bohannon: ’n resensie

Bettina Wyngaard
Resensies

"Maak nie saak hoe oopkop jy dink jy is nie, wees voorbereid om jou denke te laat omdolwe."

Leo deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee
Lesersindrukke

"Wat is ’n speurder sonder ’n misdaad om op te los of Bennie sonder dranklus om te onderdruk? In Leo word sy troudatum ingespan om ekstra spanning op te bou."

Siembamba deur Madelein Rust: ’n lesersindruk

Irma Steffens
Lesersindrukke

"Reeds vroeg in haar huwelik vind sy uit dat sy eintlik net ’n inskiklike vertoonstuk, gewillige seksmaat en nou broeimasjien van die Rochebrandt-familie is."

Die kerkseun deur WA Janse van Rensburg: ’n lesersindruk

Izak de Vries
Lesersindrukke

"Die ander deel van die storie word sommer op die (baie mooi) voorblad uitgespel. Willem ontmoet ’n wulpse vrou en daar word ’n appeltjie gepluk, wat natuurlik ook konflik teweeg bring."

Voorblad deur Hannes Visser: ’n lesersindruk

Marieta McGrath
Lesersindrukke

"As joernalis is Alex gewoond daaraan om boodskappe met nuus uit verskeie bronne te ontvang. Wanneer hy boodskappe uit ’n onbekende oord ontvang, raak dinge gou vreemd."

Hans kry troukoors deur Rudie van Rensburg – ’n soort nabetragting

Réney Warrington
Boeke en skrywers

"Ek slaan die boek oop, maar die gedagte aan die skrywer se verlies bly my by. Ek beleef Hans se nuutste krisisse. Een, die sabotasie van sy status as Huis Madeliefie se voorste vermaaklikheidster en welverdiende posisie as mondstuk van die onderdruktes."

Stefaans Coetzee gesels met Hestelle van Staden oor bloed en outopsies

Stefaans Coetzee, Hestelle van Staden
Skrywersonderhoude

"Ek sê altyd truth is stranger as fiction, so ek dink steeds die ware verhale is soms baie vreemder."

Oor kortverhale en hul skrywers

Stefaans Coetzee
Boeke en skrywers

"Die onbekende stemme staan nie ’n tree terug vir die groot asems soos François Bloemhof, Trisa Hugo, Anzil Kulsen en Gerda Taljaard nie. Dalk is dit bloot onkunde, maar my grootste verrassing sover is die digter Clinton V du Plessis se verhaal 'Bonsai'. Hemel, maar die man kan skryf."

Leefstyl

Fingernails: ’n filmresensie

Leon van Nierop
Film

"Die rolprent verdien aandag, nie net omdat dit ’n unieke nuwe invalshoek bied op ’n swart komedie nie, maar omdat dit liefde en die aantrekkingskrag tussen mense tegnies in ’n distopiese wêreld ontleed."

Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Marius Coetzee

Naomi Meyer, Marius Coetzee
NeerlandiNet

"Die Nederlandse gehore deins nie terug vir die musiek van ons tyd nie, so ek is van mening dat die Nederlandse gehore en musiekkenners ’n goeie afsetgebied vir werke van Suid-Afrikaanse komponiste kan bied."

Press release: Showstoppers! by Jonathan Roxmouth | Drostdy Theatre, 24 to 26 November 2023

LitNet
Teater

Fresh from playing the title role in the world tour of Phantom of the Opera, Jonathan Roxmouth is performing the greatest hits from Broadway musicals at the Drostdy Theatre from 24 to 26 November 2023.

Nuwe skryfwerk

Blom op my graf

Neville Pedro
Poësie

"my hart sal ’n grafblom nooit
kan waardeer nie
en my toe oë sal dit nooit kan sien nie"

Grootwordjare

Manie Schoeman
Poësie

"My grootwordjare
op plase en plotte
westekante van dorpe"

Douvoordag

Willem de Swyger
Poësie

"is ek weer ’n kind
want oombliklik
kan ek glo
dat die wêreld goed is"

Kersspel

Marius F Ackermann
Fiksie

"My idee? Ek is maar net die skrywer van ’n baie bekende, ou-ou verhaal sonder ego’s of verskuilde agendas."

Wetenskapfiksiekompetisie

Die Swartgat | Wetenskapfiksiekompetisie

Annerlé Barnard
Fiksie-kompetisies

"President Zen het ons uitverkoop! Eers het hy die vyand toegang gegee tot die land se skaliegas en daarna nóg staatskuld aangegaan en in ruil die land se waterregte aan die vyand verkwansel. En nou wil hy mense deur wetgewing verbied om te emigreer. Wie dink hy is hy!"

Omgee is hegter as glimgroen slym | Wetenskapfiksiekompetisie

Henriëtte van Wyk
Fiksie-kompetisies

"In die pad sit ’n pave-special worshond. Hy is pikswart met lang-lang ore. Almal skree. Ek ook. 'BRAKKENKOL!'"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2023 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved