Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 970

06/10/2023


  Krities Afrikaans

LitNet: Borrel

Fresh off the press

It’s always Friday somewhere in the universe

Author: Joe Kitchen
Publisher: Naledi
ISBN: 9781991256157

This ancient inscription on a massive stone is the only clue provided to Kola K as to his whereabouts. Kola K is marooned. He is not sure whether he is marooned on an island, a planet or in another dimension outside time and space. To make matters worse, he is suffering from amnesia. Where did he come from? What is his real name? Why does he have a dog? Who is the mysterious and beautiful woman who calls herself Death? And why does he feel compelled to open a restaurant? It’s always Friday somewhere in the universe is a Robinson Crusoe-type fable for the space age.

Leefstyl

Dude! Wa’s my phone? by die Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Jeremeo Le Cordeur

Naomi Meyer, Jeremeo Le Cordeur
Toyota US Woordfees

"Dude! Wa’s my phone? ondersoek die moderne verskynsel van selfoonverslawing en die temas van tegnologie-afhanklikheid, vriendskap en die impak van digitale toestelle op ons lewens."

Die Kaappunters by die Toyota US Woordfees 2023: "Ons sing oor versoening," vertel Riku Lätti

Jannike Bergh, Riku Lätti
Toyota US Woordfees

"Die Kaappunters is protesmusiek, maar dit is ook bedoel om protesmusiek te wees op so ’n manier dat dit eintlik vermaaklik (ook) moet wees. Met die Kaappunters wil ons eerlik praat met mekaar, want dit is deur hierdie stilte waar die bose mense die oorhand kry en mense vyandig maak, in die naam van die Afrikaner, die sogenaamde wit Afrikaner, teen die res van die land. Dit is nie wat ons wil hê nie. Ons is groter, ons is saam met die res van Suid-Afrika."

Toyota US Woordfees 2023: ’n onderhoud met Luna Paige oor haar optrede saam met die Zolani-jeugkoor

Naomi Meyer, Luna Paige
Toyota US Woordfees

"Wat is die belang vir gehore? Wel, eerstens, topklas vermaak. Hoendervleismooi harmonieë. My musiek soos hulle dit nog nooit gehoor het nie. En laastens, maar nie die minste nie, die geleentheid om die Zolani-jeugkoor te leer ken en moontlik in die toekoms te kan ondersteun, of hulle uit te nooi om by ander geleenthede te kom optree. Op die ou end wil ons almal gesien en gehoor word."

Press release: Luna Paige shares the stage with the Zolani Youth Choir in her show Saam (all)een at Toyota US Woordfees 2023

LitNet
Toyota US Woordfees

The highlight of the show promises to be the long-awaited collaboration between Luna Paige, composer and choir arranger Franco Prinsloo and the Zolani Youth Choir. Paige met the choir leader, Mr Odwa Mvunga, many years ago. After meeting and sharing the stage with Franco Prinsloo at Woordfees 2022, and reconnecting with the Zolani Youth Choir at the Montagu Art Deco Festival earlier this year (2023), she decided the time was right to invite this community youth choir to join her on stage.

Hans steek die Rubicon oor: ’n filmresensie

Réney Warrington
Film

"Jare lange ervaring en opgeboude kennis word opsy geskuif oor ’n oom nie ’n slimfoon kan werk nie, of ’n tannie gehoorapparate nodig het. Ons ontneem hulle van hul waarde, maar beroof onsself van ’n kans om te leer. Ons het werk om te doen." Lees Réney Warrington se resensie van hierdie film wat ook by die Toyota US Woordfees 2023 vertoon word.

Bygewerkte, chronologiese program | Die EasyEquities-skrywersfees | 9–14 Oktober 2023 | Toyota US Woordfees

LitNet
Toyota US Woordfees

Enkele wysigings het plaasgevind. Laai die bygewerkte en chronologiese program van vanjaar se EasyEquities-skrywersfees by die Toyota US Woordfees 2023 hier af.

Persverklaring: Odendaal se Droomwerk by Aardklop, Woordfees te sien

LitNet
Feeste

Droomwerk speel van 3 tot 6 Oktober by Momentum Beleggings Aardklop by Potch Girls’ High. Hierna volg ’n speelvak by Toyota US Woordfees by Rhenish Girls’ High van 11 tot 15 Oktober, en kaartjies kan op Quicket aangekoop word.

Die vrou op die dak: die aangrypende verkenning van ’n eksistensiële krisis | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Leoné Goosen
Aardklop

"Die vrou op die dak is ’n triomf in storievertelling en uitvoering. Dit nooi die gehoor om na te dink oor die kompleksiteite van die menslike toestand en die stryd om op te hou vasklou aan die verlede."

Hoerkind: ’n meesleurende verhaal van triomf en transformasie | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Leoné Goosen
Aardklop

"Hoerkind vertel die verhaal van Herman Lategan se lewe – gekenmerk deur teëspoed, uithou, aanhou en uiteindelike triomf. Maak gereed om deur die dieptes van hierdie drama te delf."

Mirakel: ’n resensie | Momentum Beleggings Aardklop 2023

Lente Treurnich
Aardklop

"Dawid Minnaar as Danté du Pré het dit reggekry om ’n verskeidenheid emosies by die gehoor te ontlok: Hy het ons laat lag, huil, kommer en nadink oor die lewe. Wat anders is ’n tragedie se doel as katarsis?"

Babalela by Momentum Beleggings Aardklop: ’n resensie

Lente Treurnich
Aardklop

"Alles in ag geneem, het hierdie interaktiewe vertoning die jongspul waarlik vermaak. Dit is hartroerend om te sien dat Babalela steeds, 23 jaar ná die oorspronklike publikasie van die eerste boek, goed deur kinders ontvang word."

Vier Diwali 2023: ’n dialoog met Ahneesh Valodia van Taare!

Tasneem Daniels, Ahneesh Valodia
Onderhoude

"Suid-Afrika se diversity is altyd motivation om niewe cultures te visit op heilige dae, soes Diwali wat in November 2023 plaasvind. Watter bietere way is daa ommie Heritage-maand (September) en Diwali te vier op LitNet as met ’n dialoog mettie creative director van Taare, Ahneesh Valodia!"

Rosa in New York – from Cape Flats to Carnegie Hall is ’n treat vi Heritage Month!

Tasneem Daniels, Moeniel Jacobs
Onderhoude

"Om ôse Cape Malay musical traditions international waters toe te vat is ’n celebration of note. Ôse community het baie ge’contribute tottie development van heritage en culture in Suid Afrika – soes Moeniel innie boek sê, Rosa is the national anthem of the Cape Malays!"

artwords – Omstrede terrein: drie skilders

Ingrid Winterbach
artwords

Die twee olieskilderye op doek, Bellini, skilder, Herr S en Swart & pienk dispuut, asook nog vier ander werke van Ingrid Winterbach, vorm deel van die groepuitstalling artwords by die Glen Carlou Galery, waar dit besigtig kan word tot 5 November.

The Great Train Race lok meer as fotograwe

Stefaans Coetzee
Leefstyl

"My seuns het ’n ding vir ou motors, so die Heidelberg Great Train Race is vir hulle paradys op aarde. Dit is net klein David wat in my arms spring en skree toe die ou lokomotief soos ’n draak stoom blaas."

Persverklaring: KKNK en Oudtshoorn skitter met Wes-Kaapse erkenning

LitNet
KKNK

Drie Kuns- en Kultuurtoekennings van die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport is Dinsdagaand 26 September aan die KKNK oorhandig. Hierdie toekennings erken jaarliks uitnemende bydraes tot die kunste, kultuur, erfnis, taal, biblioteke, argiewe, museums en geografiese name en is in 2023 vir die 21ste keer by die Kunstekaap-teatersentrum in Kaapstad oorhandig.

Uit die argief

US Woordfees 20 Jaar! Herinneringe aan die eerste fees

Dorothea van Zyl
Toyota US Woordfees (2019)

"Te gou breek die groot aand aan: 17 Maart 2000. Dis tyd vir die Woordfees se Nag van Passie! Die eerste nuwe fees van die nuwe millennium." Dorothea van Zyl deel haar herinneringe aan die eerste Woordfees.

Nou op Voertaal

Verken die taal-en-tegnologie-moontlikhede in Afrikaans: ’n onderhoud met Marlie Coetzee van VivA

Cliffordene Norton, Marlie Coetzee
Interviews

"Ons droom vir die toekoms is om studente te kry wat sê: 'Ek sien kans om tegnologie, sagtewareontwikkeling, webbladontwerp, grafiese kuns, grafiese uitleg, webbladontwikkeling, kommunikasie of joernalistiek te gaan swot.' Ons wil graag hê daar moet ’n volgende groot skrywer of taalkundige wees wat vir ons nuwe insigte tot Afrikaanse taalkunde gaan gee," sê Marlie Coetzee, die uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA).

Ontdek Rwanda: MBA-student Jason Beukes se reis van eerste indrukke

Cliffordene Norton, Jason Beukes
Interviews

"Reeds na die eerste dag het ek besef hoeveel merkwaardige potensiaal daar binne die akademiese gemeenskap skuil. Die besprekings en insigte wat hier gedeel was, het getoon dat ons, as Afrika-universiteite, die kennis, kundigheid en vaardighede het wat nodig is om betekenisvol by te dra tot die dialoog rondom Afrika se uitdagings en geleenthede wat universeel opgesluit lê. Ek het opnuut besef dat ons gesamentlik kan bydra om beleid te vorm, innovasie aan te dryf en verandering te beïnvloed op ’n skaal wat die vasteland kan transformeer. Die belangrikheid van strategiese vennootskappe kan natuurlik nie oorbeklemtoon word nie."

Persverklaring: Samespraak-gespreksforum aangebied deur Unisa | 11 Oktober

Voertaal
Literatuur

Julle word vriendelik uitgenooi na die Samespraak-gespreksforum op 11 Oktober 2023. Yves T'Sjoen gesels met Marius Crous (redakteur), Karen de Wet (teksadviseur), Metha-Miré van Schalkwyk, Marius Swart en Alwyn Roux oor hul bydraes in die SA Akademie-huldigingsreeks vir Marlene van Niekerk.

Invitation: Inaugural lecture by UGent South Africa Chair Marlene van Niekerk | 23 November 2023

Voertaal
Kalender

In her inaugural lecture, the acclaimed South African writer, philosopher, and professor emeritus at Stellenbosch University Marlene van Niekerk examines what kind of critical apparatus would be needed to best identify the conditions of possibility under which Afrikaans literature was produced. What kind of self-understanding could be expected from a historically privileged South African who teaches literature to foreign students?

Vuisvoos verbruikers gaan klippe kou weens duurder brandstof

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die vakbond Cosatu sê die massiewe styging in die brandstofprys is nog ’n groot slag vir die reeds sukkelende werkersklas. Cosatu sê werkers en armes kan nie meer die ekonomiese druk verduur nie."

Cele skuld Suid-Afrika ’n verskoning na woede-uitbarsting

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange het bevind dat Cele tydens hierdie uitbarsting item 10.1.1.3 saamgelees met 4.1.5 van die Kode van Etiese Gedrag en Openbaarmaking van Lede oortree het. Die Nasionale Vergadering het aanbeveel dat Cele vir Cameron verskoning moet vra."

VBS-plunderaars uiteindelik in die hof

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Byna R3 miljard van meestal arm mense uit die landelike gebiede, veral rondom die bank se hoofkwartier in Thohoyandou, Limpopo, is geplunder. Sowat 14 munisipaliteite in Limpopo, Noordwes en Gauteng het miljarde rand verloor."

Advertensiereguleerder wil niks weet van f*k*l

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"’n Maatskappy wat gepantserde voertuie adverteer, sê die bedoeling was nie om aanstoot te gee toe hulle ’n advertensiebord met ’n vulgêre woord op die N3-snelweg in die ooste van Johannesburg in die rigting van die van die OR Tambo-lughawe aangebring het nie."

Akademies en skole

Vermaak of verset? ’n Ondersoek na die sosiokulturele rol en sosiopolitieke betrokkenheid wat weerspieël word in die oorspronklike liriekweergawe en die gepaardgaande beeldmateriaal van "Dis ’n land" (1987), asook in latere herskeppings daarvan

Mathilda Smit, Ronel Foster
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Jare ná die einde van apartheid is dié lied deur jong kunstenaars aangepas en gebruik om die nuwe Suid-Afrikaanse werklikheid uit te beeld."

Karel Schoeman, Virginia Woolf en die kleure in die Ierse dagboeke: ’n vergelykende ondersoek

Mercia Coetzee
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"[V]ir skrywers en opkomende skrywers kan die Ierse dagboeke steeds as gids dien in die gebruik van lig, kleur en skadu om toneel en atmosfeer in ’n roman te skilder."

Die kuns van die onvoltooide: die verwerking van trauma in die poësie

Heilna du Plooy
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

"Natuurlik kom nie alle groei uit trauma voort nie en inderdaad lei nie alle trauma altyd tot groei nie. Die rol van die letterkunde daarin is ook beperk."

Die vokaalruimtes van Bruinafrikaanse variëteite

Daan Wissing, Andreas Baumann, Wikus Pienaar
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Die gegewe dat daar soveel bruin sprekers van Afrikaans in en om Gobabis in Namibië voorkom, en die insluiting deur Ponelis (1992) van dele van Namibië in sy hoofindeling van Noordwestelike Afrikaans, regverdig die insluiting van hierdie streek as ’n opnamegebied van ons ondersoek. Baie van die bruin mense hier identifiseer hulleself as Basters, Kleurlinge, Namas, Herero’s en Ovambo’s, wat dit ’n ryk versameling Afrikaanssprekendes maak en dit die moeite werd maak om hulle uitspraak in te sluit by en te vergelyk met dié van die Suid-Afrikaanse bruin sprekers."

Dimensies en doelwitte van Rusland se nuwe betrokkenheid in Afrika

Fanie Herman
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Een van die groot trekpleisters van Rusland se verhoudinge met Afrika is historiese solidariteit. Tydens die Sowjet-tydperk het vele leiers by vername opvoedkundige instellings in Rusland studeer; daar bestaan herinneringe van Rusland se ondersteuning in die stryd vir onafhanklikheid; en daar is ekonomiese hulp aangebied, byvoorbeeld die bou van fabrieke, damme en hospitale en die voorsiening van landbou-implemente, voertuie en wapens. Afrikalande sien Rusland ook as die mees uitgesproke kritikus van Westerse imperialisme."

SteedsDink met LitNet Akademies: Lindie Koorts (deel 1 van 2)

Lindie Koorts
SteedsDink

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie eerste video van ’n tweeluik gesels historikus en biograaf Lindie Koorts oor haar navorsingsloopbaan en nagraadse studies. In deel 2, wat hierna volg, stel sy onder andere die volgende vrae: Is die biografie die stiefkind van geskiedskrywing? Wie besluit wie is die helde binne ’n spesifieke tydsgees? Is die biografie ’n vermensliking en ’n verpersoonliking?

SteedsDink met LitNet Akademies: Lindie Koorts (deel 2 van 2)

Lindie Koorts
SteedsDink

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie tweede video stel historikus en biograaf Lindie Koorts onder andere die volgende vrae: Is die biografie die stiefkind van geskiedskrywing? Wie besluit wie is die helde binne ’n spesifieke tydsgees? Is die biografie ’n vermensliking en ’n verpersoonliking? In deel 1 van hierdie tweeluik gesels sy oor haar navorsingsloopbaan en nagraadse studies.

SPU Internasionale Taalkongres 2023

Frederick Botha
Universiteitseminaar | University Seminar

"Die heel eerste SPU Internasionale Taalkongres is van 6 tot 8 September deur die Sol Plaatje-universiteit in Kimberley aangebied. Aan die hand van die referate wat aangebied is en die gesprekke wat daardeur ontketen is, is dit duidelik dat daar verskeie deurslaggewende kwessies is wat die inheemse tale beïnvloed, waarvan die publikasie van literatuur in spesifiek gemarginaliseerde taalvariasies die grootste is. Onder leiding van Yusuf Feltman van die Universiteit van Johannesburg is daar besluit om ’n werkgroep te vorm om hierdie publikasiekwessie aan te pak."

Persverklaring: Aankondiging van SA Akademieraad 2023–2026

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Raad vir die termyn 2023 tot 2026 is by sy algemene jaarvergadering op Donderdag 28 September aangekondig. Ilse Feinauer is die nuwe voorsitter en Leopoldt van Huyssteen is die ondervoorsitter.

Uitnodiging: Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika word genooi om hul navorsing in Afrikaans in die vorm van ’n referaat of plakkaat by die simposium (23–24 November 2023) aan te bied. Die aangepaste sperdatum vir voorstelle is 20 Oktober 2023.

Persvrystelling: Konferensie in Utrecht, Nederland op 24 November 2023

LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Die Buitelandse Werksgemeenskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) nooi u uit na sy eerste konferensie op Vrydag 24 November 2023. Die tema van die konferensie is Die wêreld is ons woning (nie)? Afrikaanssprekende en Suid-Afrikaanse akademici in die "buiteland". Die konferensie vind van 11:00 tot 16:00 plaas in die vergadersaal van die Lutherse Kerk, Hamburgerstraat 11, Utrecht, Nederland.

Press release: 3rd Kaaps Symposium 2024 | Second submission date | 30 June 2024

LitNet
Akademies en skole

We invite academic presentations (posters, papers, panel discussions) and creative works and performances in a forum that aims to bring together developing and cutting-edge research and work that will benefit the science of Kaaps and support the social and academic literacy practices of Kaaps speakers, and full participation in the educational, religious, cultural, political and economic facets of our rainbow, non-racial society.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Menings

Die Nasionale Ontwikkelingsplan: Is daar hoop?

Freek Robinson, Morne Mostert
Onderhoude

’n Verdoemende verslag is onlangs aan president Ramaphosa oorhandig rakende die gebrek aan die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan. Morne Mostert is een van die lede van die komitee wat die verslag opgestel het.

"Suid-Afrika" se bewindsveranderings – vervangende regerings in ’n ontbindende orde

Koos Malan
Seminare en essays

"Vanweë die agteruitgang van die sentrale regime groei daar ’n verskeidenheid van vervangende regerings, maar terselfdertyd ook talle streke waar daar geen regering en georganiseerde reg meer is nie. Die uitwerking hiervan is dat 'Suid-Afrika' al hoe meer ’n abstraksie word, en as ’n daadwerklike staat en konstitusionele bestel algaande vervaag."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: En die Woord het onder ons kom woon – Afrikaanse aanbidding en die toekoms van die Afrikaanse wêreld

Johann Rossouw
Seminare en essays

"Dit is nie net dat God in sy vleeswording God vanaf die transendente na die immanente, vanaf dit wat anderkant die syn is na die syn toe vertaal nie, maar ook dat die vleesgeworde Woord deur die gebruik van menslike tale van meet af self as vertaler werk."

Mzansi 2023, of hoekom huil ons steeds oor ons geliefde land?

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"Kuns is veronderstel om die groot gelykmaker te wees. Hoeveel keer het ek nie self al op ’n verhoog gestaan en gesê dat kuns universele ervarings uitdra, dat dit mense empatie leer want hulle vind uit ander is presies net soos hulle nie? Hoekom dan voete sleep wanneer dit kom daarby om rassiste uit diverse spasies te boender?"

Christi van der Westhuizen oor witwees

Christi van der Westhuizen
Menings

Christi van der Westhuizen het by die afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée en by die Veldsoirée van 2022 lesings oor witwees gegee. Die video-opnames van die twee lesings verskyn hier neffens mekaar.

Hoe wys jy liefde? En hoe wil jy liefgehê word?

Adam Willemse
Menings

"Liefde is nie soos sjokoladekoek wat minder word soos ’n mens die stukke uitdeel nie."

Abassie se warme worsies

Zubayr Charles
Opinion

"There is something so intricate and special about going to a butcher, reaching the glass cabinet, glaring at the various kinds of meat, stating your order, watching the items get weighed and finally paying."

Om te doen met ’n miljoen

Jannie Gagiano
SêNet-briewe

"Met die eerste oogopslag lyk dit baie asof mense in die algemeen, maar miljoenêrs in die besonder, gek is oor Stellenbosch. Amper so gek soos ’n kleuterkind oor ’n fluit of soos ’n werfbobbejaan oor ’n boerpampoen."

Boeke en skrywers

Gebeente deur Etienne van Heerden: ’n LitNet Akademies-resensie-essay:

Willie Burger
Resensies

"Dit is van die begin af duidelik dat Van Heerden met hierdie roman terug is by die magiese realisme waarmee hy so suksesvol was in romans soos Toorberg en Die swye van Mario Salviati."

Confrontation deur Kirsty Steinberg: ’n lesersindruk (deel 2)

Estelle Kruger
Lesersindrukke

"Die skrywer het myns insiens daarin geslaag om ’n balans te skep deur die hoofkarakter (CJ, die seun) se worsteling aangaande sy seksuele oriëntasie en genderidentiteit te jukstaponeer naas sy uitdrukking van veelvlakkige kreatiwiteit en begaafdheid."

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk

Nioma Venter
Lesersindrukke

"Kammawaarwêreld daag die leser uit. Die lewe is vir geeneen van ons eenvoudig nie. Die vraag is egter hoeveel van ons die waagmoed het om so ’n eerlike opgaaf van ons lewens te maak."

Spieëlbuis deur Christa Kleynhans: ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay)
Lesersindrukke

"Kleynhans slaag in haar doel om met Spieëlbuis bewusmaking te skep vir bipolêre gemoedsversteuring."

Dinosourus, ’n docket en die dood deur Bernadette Small: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills
Lesersindrukke

"Hierdie boek wek verskillende emosies by die leser; ’n diep hartseer oor die trauma waardeur Bernadette moes gaan. Ek het selfs woede ervaar deur die skokkende realiteit van ons onbevoegde polisiemag se onvermoë en kennis om hierdie saak behoorlik te ondersoek."

BookBedonnerd: The road to elsewhere: a review

Mphuthumi Ntabeni
Books and writers

"In essence, the journey began when he chose to study Afrikaans, which, it must be admitted, was a little strange for an Indian boy in the ’80s."

Une vie heureuse

Crito
Boeke en skrywers

"Ek het simpatie met Joan Hambidge wat só ’n verdoemende resensie moet verwerk. Miskien spoor dit haar aan om te bewys dat sy ’n verhaal kan vertel sodat ons aan elke woord sal hang."

Die loutering van Manon Viljoen: ’n onderhoud met Chris Marnewick

Naomi Meyer, Chris Marnewick
Skrywersonderhoude

"Twyfel is deel van ons daaglikse bestaan, en Manon se vertwyfeling oor haar liefde vir Nantes, en syne vir haar, begin sommer dadelik in hoofstuk 1 en stap saam met haar dwarsdeur die gebeure in die boek."

Hartsmense: ’n onderhoud met Cliffordene Norton

Naomi Meyer, Cliffordene Norton
Skrywersonderhoude

"Daar is ook vir my ’n soort elitisme aan die siening van: 'Ek is ’n ernstige skrywer, ek sal nie so laag daal om myself te bemark nie.' Dit voel disrespekvol teenoor jou lesers. Dit voel asof hierdie siening dikwels sê: 'My tyd is te kosbaar om met julle te praat oor die karakters wat ons almal liefhet.' Soos jy kan agterkom, het ek sterk menings hieroor."

Fanie Olivier (1949–)

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

"Ek skryf omdat ek iets wil sê. Die bevrediging berus nie vir my in die feit dat ander mense die werk uiteindelik gaan lees nie en, om die waarheid te sê, maak dit nie vir my juis eintlik saak of my naam aan ’n werk gekoppel is of nie. Die bevrediging lê daarin om iets te maak."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2023

PEN Afrikaans
PEN Afrikaans

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Press release: The Island Prize 2023–2024 for unpublished African authors

LitNet
Books and writers

Karen Jennings: "It is through prizes like these that authors across the continent can gain the confidence to tell stories as they wish. The hope is that, with time, such stories will become appreciated across the globe, without first being labelled as an exception or a surprise."

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 30 September tot 6 Oktober 2023

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die boeke wat gedurende hierdie week op die redakteur se lessenaar beland het.

Nuwe skryfwerk

Reis

Celesté Fritze
Poësie

"Verduidelik vir die Engel ons is
mede-ingesalfdes op jou laaste reis."

’n Ma se laaste gebed

Christo Meyer
Poësie

"sou sy nie eers in haar wildste
drome kon raai
die Here het haar ma
se laaste gebed verhoor"

Lente, somer, herfs en koebaai

Loretta Szikra
Poësie

"In barokmelodieë vasgevang
word vier seisoene aangeklink
waar basklanke aan strykstokke hang
en tussen vioolkamme rinkink"

1994

Shirley Retief
Poësie

"vanuit die dorre aarde
verskyn uiteindelik
’n teken van
lewe"



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 887 0212


© 2023 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved