|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 960
28/07/2023
|
Krities Afrikaans
|
Die binneland in
Skrywer: Dana Snyman
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624094517
Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag. Dana reis land in, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou, en oom Bok Horn wat ’n leeu uitoorlê het. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde – en geloof. |
 |
|
 |
 |
Die vlinder en die draak
Freek Robinson, Anthoni van Nieuwkerk
Onderhoude
Ons bied binnekort die Brics-beraad aan en Cyril Ramaphosa het die ander Afrikalande genooi om dit by te woon. Maar wat van China? Gaan ons hier in Afrika tevrede moet wees met ’n Chinese leierskapstyl van geen demokrasie nie? Moet ons bereid wees om die Chinese geldeenheid te omarm?
|
 |
Migrants: fear of the "Other" changing the face of politics in Europe
David Willers
Opinion
"Apart from getting sanctions lifted – and the calculation is that the effect of the latest grain shipping blockade embargo will trigger another massive migration crisis in Europe – Putin must also be hoping that the political impact in the EU will speed up calls for an end to the war in Ukraine via a negotiated settlement."
|
 |
Is die bluelight brigades nodig?
Bettina Wyngaard
Rubrieke
"Die saak wat nou voor die howe dien, nadat agt beskermingseenheidlede drie lede van die publiek aangerand het, is nie net ’n gewone kriminele saak nie. Dis ook ’n toets van hoe ver ons howe, en die breër publiek, bereid is om verdere vergrype toe te laat."
|
 |
Die virus, die king, "Die Stem" en die sonkoning
Gert van Jaarsveld
Seminare en essays
"Die Britse kroon is 31,5 cm hoog en weeg 1,06 kg. Die raam is van goud, silwer en platinum en is verder versier met 2 868 diamante, 273 pêrels, 17 saffiere, 11 smaragde en vyf robyne. Die 317,4 karaat-Cullinan II is voor en in die middel van die fabelagtige kroon gemonteer. Die Cullinan I, of “Great Star of Africa”, is 530,2 karaat en is aan die bokant van die koninklike staf gemonteer."
|
 |
Die onvergelykbare Sinéad O'Connor
Nic Prinsloo
SêNet-briewe
"Dae later het sy gewys waarvan sy gemaak is toe sy onder die verdowende uitjouery van duisende in Madison Square Garden 'War' van Bob Marley a cappella uitgebrul het."
|
 |
Hermione se post-Pride artikel
Nic Prinsloo
SêNet-briewe
"Dan, Christene, as ek vir ’n oomblik my domineetoga mag omhang. Dis vreemd hoe, al het hy dit baie duidelik gemaak, min Christene (letterlik navolgers van Jesus) sy kernboodskap verstaan of toepas."
|
 |
Stukkies onteiende mens
Natie Engelbrecht
Elders gesien
"Haar glimlag is deur pyn en te min genade gebotox tot ’n sluier. Maar die niks skyn plek-plek reeds deur."
|
 |
Persverklaring: Paneelgesprek ter viering van Taaldag en -maand 2023
LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal
Die tema van die paneelgesprek is taalbeplanning en taalherlewing in Afrikaans. Daar is verskillende taalherlewingsprojekte aan die gang en die Afrikaanse Taalmuseum hoop om enkele van hierdie projekte, navorsing en betrokkenes te belig.
|
 |
Oekraïne: Berigte te velde
LitNet
Menings
’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.
|
 |
China se visie vir ’n nuwe wêreldorde
Fanie Herman
Seminare en essays (2022)
"China gaan ook doelgerig te werk om Amerikaanse invloed in die Asies-Pasifiese streek te beperk en die oorheersende moondheid in die streek te word." Fanie Herman van die Universiteit van die Vrystaat se Departement vir Politieke Studies en Regeerkunde bespreek die Chinese se visie vir ’n nuwe wêreldorde.
|
 |
Two meetings, two worlds
Tristen Taylor
Opinion (2022)
"Africa’s 20th-century history shows the true cost of the world’s powerful countries locked into a struggle for dominance, economic or otherwise."
|
 |
Suid-Afrika en die Internasionale Strafhof
Freek Robinson, Hennie Strydom
Onderhoude (2023)
"Suid-Afrika het reeds een maal die Internasionale Strafhof se bevele met die Omar al-Basjir-sage geïgnoreer. Gaan soortgelyke verontagsaming weer gebeur tydens ’n komende Brics-beraad? En indien wel, waarom? Wat sal die gevolge vir ons land wees as die regering hardnekkig weier om internasionale wette en protokolle na te kom? Hoe gaan dit ons ekonomie en ons status in die oë van die wêreld raak?"
|
 |
Vredestromme uit die Afrika-kontinent: futiel?
Theo Venter
Menings (2023)
"Die sinisme het grootliks gespruit uit Afrika se onervare blootstelling aan die konflik tussen Oekraïne en Rusland; en die verbasing het gespruit uit Suid-Afrika se rol as sameroeper van die Afrika-fasiliteringsgroep, terwyl Suid-Afrika se neutraliteit in die konflik as baie dubbelsinnig en beoordelend ten gunste van Rusland beskou word."
|
 |
Kruis en dwars in Kruisrivier
Maryke Roberts
Reizen
"Teen sononder gaan stap ek in die laventelveld en laat die reuk met ’n streling van my hand oor die honderde blommetjies vry. Ek pluk twee klein bossies om voor ons bed te sit, vir goeie slaap, hoewel ek vermoed Moeder Karoo sal sommer op haar eie daarvoor sorg."
|
 |
Minder as helfte van Afrika-leiers na Rusland vir beraad
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die Suid-Afrikaanse publikasie Daily Maverick berig dat sy akkreditasie om die beraad in St Petersburg te dek, kort voor sy spesialisverslaggewer, Peter Fabricius, se vertrek sonder verduideliking deur Rusland herroep is."
|
 |
Is "terminale" Zuma dalk voortvlugtig?
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Daar is steeds geen aanduiding van owerheidskant of oudpresident Jacob Zuma, wat tans in Rusland is, ooit weer die binnekant van ’n tronk in Suid-Afrika sal sien nie."
|
 |
Padongelukkefonds in wanorde en chaos
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Regsliggame soos die Black Lawyers Association en ander blameer die chaos van die Padongelukkefonds op slegte besluite wat deur die direksie geneem is."
|
 |
Blouligboelies in hof
Jean Oosthuizen
In het nieuws
"Die agt lede van die polisie se BBP-beskermingseenheid wat na die veiligheid van kabinetslede moet omsien, is dié naweek in hegtenis geneem. Hulle het hulself Sondag by die Sandton-polisiestasie oorgegee."
|
 |
Persbericht: Meer dan 50 miljoen bezoekers voor bibliotheken in 2022
Voertaal
Academisch
De recordhoeveelheid georganiseerde activiteiten en deelnemers bevestigt dat de bibliotheek steeds meer die centrale ontmoetingsplaats vormt waar voor iedereen een plek is. Activiteiten op het gebied van educatie en ontwikkeling en leesbevordering en kennismaking met literatuur worden het best bezocht.
|
 |
SteedsDink met LitNet Akademies: Willie Burger (deel 2 van 3)
Willie Burger
SteedsDink
In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie tweede video van ’n drieluik gesels Willie Burger oor sy navorsingsreis en nuwe maniere van vertel. In deel drie, wat hierna volg, vertel hy oor postmodernisme, poststrukturalisme en die werk van Karel Schoeman.
|
 |
Wat moet ons as literatore dan doen?
Dewald Koen, Willie Burger
Seminare en essays
"Is daar dan enigsins ’n nut vir wat ons as literatore doen behalwe om die 'betekenis' van gediggies vir skoolkinders te verduidelik?"
|
 |
Persverklaring: Wenner van Jan H Maraisprys 2023
LitNet
Akademies en skole
Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans word vanjaar toegeken aan Louise Viljoen van Stellenbosch.
|
 |
WoW (World of Work) Career Festival: an interview with Daniel Galloway
Naomi Meyer, Daniel Galloway
Skole
"One of the greatest catalysts of the festival is that it broadens horizons for those who might never have known that a career in logistics, or eventing, or catering, or agriculture, or finance, was even a possibility. This, in part, motivates a focus in the hearts and minds of the learners, which leads to a positive, gainfully employed work life ahead."
|
 |
Persverklaring: Die Afrikaanse Wikipedia Skryfkompetisie vir hoërskole 2023
LitNet
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Hierdie nasionale kompetisie vir hoërskoolleerders in graad 8 tot graad 12 is die eerste van sy soort vir Wikipedia wêreldwyd en met lekker groot pryse op die spel. Die eerste plek kry ’n R10 000-kontantprys, tweede plek R6 000 en derde plek R3 000!
|
 |
Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en -memo
LitNet
Notas, toetse en vraestelle
Dit voel nog soos winter, maar dis ’n nuwe kwartaal met nuwe geleenthede. Hoewel daar ’n weervoorspelling in hierdie vraestel deur Eugene van der Westhuizen is, gaan dit leerders in graad 4 nie help om te weet wat vandag se temperature is nie. Dit gaan wel help met voorbereiding vir Afrikaans Huistaal hierdie kwartaal – en die punte op die rapport soos mooiweer en warm laat lyk. Klik hier om die vraestel en memo gratis in PDF-formaat af te laai.
|
 |
Waarom skryf ek Afrikaans: Kaapse struggledigter gepubliseer
Izak de Vries
Boeke en skrywers
"Dit het hoegenaamd nie gesorg dat hy stilgebly het nie. Hy het aanhou skryf onder skuilname, en koeriers, onder wie Allan Zinn, een van die redakteurs van die bundel, het leeswerk vir hom gebring en sy skryfwerk uitgesmokkel."
|
 |
’n Ander land, steeds weer: Karel Schoeman-gedenklesing
Yves T'Sjoen
Seminare en essays
"Geschiedenisboeken zijn niet meer maar ook niet minder dan constructies, geen één-op-één weergaven van het verleden. De schrijver van historische romans gaat met het verleden aan de haal en creëert een fictioneel verhaal waarin een visie op dat verleden tot stand wordt gebracht."
|
 |
Oor biblioteke, eilande en brandweermanne
Koos Kombuis
Boeke en skrywers
Koos Kombuis hou van lekker lees. Hierdie week begin hy met Matt Haig se lekkerleesroman The midnight library. Daarna gesels hy oor Marlise Joubert se Laatnageilande en Danny Joubert se biografie, In the service of others.
|
 |
Estelle Kruger gesels met Rudi Venter oor ’n Skewe, skurwe sirkel
Estelle Kruger, Rudi Venter
Skrywersonderhoude
"Ek hou daarvan om te verras aan die einde, die leser te laat gis op die leestog soontoe. Sodoende verseker ek dat sy of hy sal aanhou lees en nie verveeld raak einde toe nie. As jy ’n jong leser gaan verveel, gaan jy daardie leser verloor."
|
 |
Om ’n boek te skryf, ’n ontdekkingsreis
Estelle Kruger
Boeke en skrywers
"Met die skryf en herskryf van my lewensverhaal het ek ontdek dat Kammawaarwêreld die perfekte kruik is waarin ek die legkaartstukke van my herinneringe aan my belewenisse oor die jare heen kan bêre en met skryf en weer skryf kan neerpen nadat ek al die stukkies geplaas het op die plekke waar hulle hoort."
|
 |
Jan FE Celliers (1865–1940)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
Jan FE Celliers se LitNet | ATKV-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Festival voor het Afrikaans 2023: ’n onderhoud met Frazer Barry
Naomi Meyer, Frazer Barry
Feeste
"Dit is ’n tweejaarlikse fees en die doel uit die staanspoor was om die rykdom van die Afrikaanse kultuur aan die Nederlandse en Vlaamse publiek oor te dra en om kreatiewe samewerking tussen die lande te stimuleer en aan te spoor."
|
 |
ATKV-Skryfskool by vanjaar se Etienne van Heerden Veldsoirée
LitNet
Etienne van Heerden Veldsoirée
Die koste om hierdie skryfskool by te woon, beloop slegs R350, en dit sluit alle kursusmateriaal in. Wat meer is, hierdie R350 gee ook aan deelnemers gratis toegang tot al die gespreksessies tydens die veldsoirée.
|
 |
Persverklaring: Die klawers dans binnekort by Klassique op Oudtshoorn
LitNet
Feeste
Van die mooiste melodieë in klavierliteratuur, virtuose stelle variasies uit die Barok, tot die tydlose skoonheid van musiek deur legendariese komponiste en unieke kombinasies. Dít alles wag van 3 tot 6 Augustus op klavierliefhebbers by dié winterfees van klassieke musiek, kuns, boeke, kos en wyn.
|
 |
Persverklaring: SA-legendes te sien in die fliekweergawe van Hans steek die Rubicon oor
LitNet
Film
Die rolverdeling van Hans steek die Rubicon oor bederf fliekgangers met die room van Suid-Afrikaanse akteurs – Pierre van Pletzen as Hans, Tobie Cronjé as Vasie, June van Merch as Baby, Sandra Prinsloo as Liesbet, en Nicola Hanekom as Matrone. Die jong akteur Juan-Pierre Moller is Esmeraldus; Danny Ross is Elvis; Diaan Lawrenson is Karla, en Ivan Abrahams is Jan Doppies.
|
 |
Press release: "Unlocking the truth" is Klipkind’s Eskom commentary
LitNet
Lifestyle and entertainment
When it became clear that Eskom’s electricity availability for the kiln in which he bakes his works is unreliable, Dirks built a clay kiln with inspection holes to regulate the very high temperature (between 1 000 and 1 200 ºC). Unfortunately, the recent heavy rains severely damaged this clay kiln.
|
 |
My moeder
CJ Saterdag
Poësie
"Ek woed my storms
in haar arms uit en sy
help my dra aan my
skaduwee al vandat
ek kan onthou"
|
 |
Tussen dagbreek en drome
Loretta Szikra
Poësie
"Op ’n vergange Namibsnag
het die wind ’n kronkellyn
tussen die duine deurgesny
en in ’n vae newellaag
agter die horison verdwyn"
|
 |
Woordskerwe
Jannie Meyer
Poësie
"Moenie worry nie bloed gee die glas kleur
en word ’n roosvenster heilig hoog gehang in ’n katedraal.
Woorde en daai stukkie papier lê nou opgeskeur,
sonder betekenis – kaal."
|
 |
De-ossifying love
Desmond Gird
New writing
"before our love ossifies
withering unrequited unfulfilled
I will steal your heart truly
once more
committing like never before"
|

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|