Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 923

28/10/2022


  Krities Afrikaans

LitNet: Jonk en befonk

Pasverskyn

Spreekwoorde en ander segswyses


Skrywers: Anton F Prinsloo, Leon de Stadler, Amanda de Stadler
Uitgewer: Pharos
ISBN: 9781868902194

Spreekwoorde en ander segswyses bevat 10 765 spreekwoorde en segswyses, 1 400 nuwe spreekwoorde en segswyses, en interessante inligting oor en verklarings en vertaalekwivalente vir die spreekwoorde en segswyses.

Waarmee is ons jong Afrikaanse akademici besig?

SteedsDink met LitNet Akademies: Earl Basson

Earl Basson
Akademies en skole

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel jong Afrikaanse akademici wat opgang maak, van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Earl Basson, Afrikaans-dosent in KSUT se Opvoedkunde-fakulteit, gesels oor die herstandaardisering van Afrikaans en die manier waarop Kaaps in die skoolkurrikulums opgeneem behoort te word.

Uit die argief: SteedsDink met LitNet Akademies: Johan Fourie

Johan Fourie
Akademies en skole

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel jong Afrikaanse akademici wat opgang maak, van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Eerste aan die beurt is Johan Fourie, professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, wat gesels oor die fassinerende bevindings wat die veld van ekonomiese geskiedenis oplewer.

Akademies en skole

Persiese poësie en politiek in Iran: Die denke van opperleier Ali Hosseini Khamenei

Heinrich Matthee
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Khamenei en die regime se hulde aan die klassieke Persiese digkuns en die vernuwing uit die klassieke erfenis verbind vorige en hedendaagse geslagte en faksies. Dit vorm ten minste potensieel ’n losser en diverse gemeenskap wat binne en buite die regime se reëls oop staan vir simbole, wyshede en emosionele vorming vanuit daardie erfenis."

Martin Versfeld (1909–1995) se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (1937–1972) – Deel 1

Johann Beukes
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Deel 1 van hierdie artikel bied ’n navorsingsmotivering vir en inleiding tot ’n eietydse bestekopname van Martin Versfeld se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan."

Martin Versfeld (1909–1995) se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (1937–1972) – Deel 2

Johann Beukes
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

"Hoewel hy wel enkele Middeleeuse spesialisbydraes gelewer het, oorwegend ten opsigte van Augustinus, sou tot die saaklike gevolgtrekking gekom kon word dat Versfeld se forté ten opsigte van die studie van die intellektuele Middeleeue nie gespesialiseerde navorsing was nie, maar sy belese kommentaar daarop en toegewyde onderrig daarvan."

"Sê nou maar"-skoleseminaar: Loit Sōls reageer

Loit Sōls
SA Skoleseminaar | Schools Seminar

"[E]k predict, die taal-bias gap tissin students sal greatly vinou, nie net in general, but oek in debates, tiwyl pride vi jou Moerstaal sal opskep in massive servings."

Graad 8: Wiskundevraestel (1) en memo, vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 8 en droom jy nou al van die Desembervakansie? Een van hierdie woordsomme gaan jou beslis na swembadwater laat uitsien, en hierdie gratis vraestel en memo deur Lee-Ann West gaan boonop die lafenis bied om jou met jou eksamenvoorbereiding te help.

Graad 8: Wiskundevraestel (2) en memo, vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 8 en wonder jy wat Pythagoras eendag prakties vir jou kan beteken? Dink aan beroepe soos wetenskaplike, argitek, ruimtevaarder en ingenieur! Gebruik dus Lee-Ann West se vraestel en memorandum om hierdie eksamen te slaag – én toekomstige geleenthede te ontsluit.

Graad 9: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, vierde kwartaal

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Spinnekoppe kan blykbaar selfs in die gewigloosheid van die ruimte ’n netjiese web spin. As jy hierdie vraestel deur Eugene van der Westhuizen aflaai, kan jy hiervan lees, en as jy in graad 9 is, kan jy sommer ook vir jou eksamen voorberei. Twee vlieë met een klap ...

Graad 10: Wiskundevraestel (2) en memo, derde kwartaal-hersiening

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 10 en voel jy asof jy jou kapasiteit vir die jaar bereik het as jy aan jou derde-kwartaal-Wiskundepunt dink? As jy onseker is wat hiermee bedoel word, moet jy verkieslik nie na ’n Afrikaans-handboek kyk wat jou sal inlig dat dit ’n anglisistiese stelling is nie. Hersien wel jou Wiskunde deur Lee-Ann West se vraestel gratis af te laai en seker te maak jy het jou werk onder die knie.

Verrykingswiskunde: Die p-waarde en die verskil in smaak tussen melk eerste of tweede in jou tee

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

In hierdie Wiskundeverrykingsartikel skryf Pieta van Deventer oor waarskynlikheid en oor die vraag of dit moontlik is om die verskil in jou tee te proe tussen die gevalle waar die melk vooraf in die koppie geskink is teenoor wanneer die melk agterna by die tee gevoeg is.

Indeks: notas, toetse en vraestelle

LitNet
Notas, toetse en vraestelle

Hier is al die gratis studiemateriaal vir skole wat op LitNet beskikbaar is, gelys volgens graad.

Uit LitNet se argief

Van daar na waar? ’n Oorsigtelike blik op die herstandaardiseringsdebat van Afrikaans

Earl Basson
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) (2022)

"Ek stel voor dat skoolhandboeke ’n gepaste bron is om Afrikaans te herstandaardiseer, omdat dit enersyds tekste is met erkenning van amptelike liggame soos die Departement van Basiese Onderwys en andersyds aanduidend is van die sosiopolitieke ideale van ’n samelewing."

Kaaps: deel van die standaard?

Candice Jantjies
Seminare en essays (2017)

"Met ons gebrek aan gestandaardiseerde taalnorme en -reëls, hoe kan ons akademies voortbou en Kaaps as onderrigtaal in skole implementeer? As ons kyk na die diverse en invloedryke nalatenskap van hierdie simbiotiese taalvariëteit van Afrikaans, behoort ons onsself vir ons nalatigheid teenoor Kaaps te skaam."

Kaaps en (her)standaardisering

Menán van Heerden, Ernst Kotzé
Menings (2018)

"In die ontstaansgeskiedenis van Standaardafrikaans is 'oorleg met alle gebruikers' kennelik ’n leemte wat ’n hoë prioriteit moet wees by die hantering van taalnormering vorentoe."

Herstandaardisering van Afrikaans: die tameletjie en uitdaging van opsies en besluite

Andre Gouws
Die Afrikaanse Taalraad-portaal (2019)

Die gesprek oor die herstandaardisering van Afrikaans word sedert die 1980’s al sterker gevoer. Dit is klaarblyklik nie maklik nie. Waarom lyk dit of daar nog niks formeel gebeur het nie? Gebeur dinge dalk agter die skerms? Andre Gouws het met ’n aantal kenners en belanghebbendes oor die pad vorentoe gepraat.

Afrikaans: die groter prentjie

Menán van Heerden, Ernst Kotzé, Quentin Williams, Elvis Saal
Onderhoude (2021)

Waar pas Standaardafrikaans / "akademiese" Afrikaans as gebruiksvorm vir spesifieke doeleindes in? Menán van Heerden praat met die linguiste Ernst Kotzé, Quentin Williams en Elvis Saal.

Menings

Langsame intimiteit: wat jy weet en wat jy wys

Liné Loff
Menings

"Wat my telkens verbaas het tydens die konferensie, was die weerloosheid van die sprekers en die vrygewigheid waarmee hulle hulself blootgestel het deur hulle persoonlike ervarings met akademiese inhoud te verweef en daardeur die gehoor in te lig én aan te raak."

Baqonde-meertaligheidsprojek: "Laat hulle verstaan" (en laat die tegnologie help)

Naomi Meyer
Menings

"Iemand moet van die Baqonde-projek kennis neem. Voordat daar onomkeerbare skade aan mense se tale en lewens aangerig word."

Oorsig: Dit is ’n Noord-Kaap Ding-kollokwium oor die Noord-Kaap

Marga Stander
Seminare en essays

"Dit was die tweede suksesvolle kollokwium wat aangebied is deur die Skool vir Geesteswetenskappe, Sol Plaatje Universiteit (SPU), Kimberley, in samewerking met die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK). Oor twee en ’n half dae is ’n vol program met vyf verskillende temas rakende die Noord-Kaap aangeraak, naamlik Khoi-, San- en inheemse tale en variëteite, kontemporêre sake, nalatenskap, koloniale weerstand en gemeenskapsbetrokkenheid."

Reaksie op Andrew Nash: "Kan die Akademie uitnemendheid oorleef?"

Anton van Niekerk
Universiteitseminaar | University Seminar

"Ek is ewe hartlik oortuig daarvan dat dit kaf is (sou ook ’n ander medeklinker kon gebruik!) dat die gebruik van Engels ’n voorwaarde vir uitnemendheid in die akademie is."

Cyril Ramaphosa, King Charles and Rishi Sunak – the art of imperial swagger redefined

David Willers
Opinion

"The bottom line of Ramaphosa’s state visit to King Charles and new prime minister Rishi Sunak is that adroit footwork is now required by all parties to mitigate the effects of the global polycrisis, defined by historian Adam Tooze as a situation consisting of multiple crises, the whole being more dangerous than the sum of the parts. The danger is the deep global recession now taking shape ..."

Suid-Afrika en Rusland se verhouding: die pad vorentoe

Eben Viktor
Menings

"In Suid-Afrika vier die idee van Rusland as welmenende ondersteuner in die stryd teen apartheid nog hoogty. Dit dien as motivering vir baie mense om fatsoenlik 'neutraal' te staan in hierdie oorlog, of openlike steun aan Rusland te gee."

Reguit met Robinson: Waarom steeds die raskaart?

Freek Robinson, Dirk Hermann, Jannie Rossouw
Onderhoude

"As jy nie meer goed kan doen wat jy moet nie, dan begin doen jy goed wat jy kan." Só sê die ekonoom Jannie Rossouw aan Freek Robinson oor die regering se volgehoue rasbeleid.

Andries Coetzee, akademikus met ’n voet in Afrika en die Amerikas

Bettina Wyngaard, Andries Coetzee
Onderhoude

"Vir soveel lede van die gemeenskap was dit die eerste keer in jare dat hulle kans gehad het om ’n uitgebreide gesprek in Afrikaans te voer (die meeste lede van die gemeenskap is getroud met iemand wat net Spaans praat, hulle kinders praat meestal net Spaans, ens). Die kans om weer Afrikaans te praat, neem hulle terug na hulle kinderjare 50 of 60 jaar gelede. Dit bring weer die onthou terug oor Oupa en Ouma, oor die plaas, oor koffie en beskuit om die kombuistafel."

Die burgerlike samelewing in beweging

Barend la Grange, Freek Robinson
Onderhoude

"Ons kan nie meer vir die staat wag nie, ons moet self inspring." Dit was die boodskap van Barend la Grange en Freek Robinson by die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 23 tot 25 September in Cradock plaasgevind het.

Elders gesien: Eric Nobbs (1954–2022)

Dana Snyman
Elders gesien

"Ek sien nog hoe Eric die middag daar op Nardus se grasperk in Die Adelaar verander, goeie akteur wat hy was. Hoe hy effens vooroor leun en sy arms stadig soos vlerke op en af langs sy lyf begin beweeg, hoe hy sy knieë hoog lig en opstyg."

Oekraïne: Berigte te velde

LitNet
Menings

’n Oorsig van LitNet en Voertaal se berigte oor die oorlog in Oekraïne. | An overview of LitNet’s and Voertaal’s articles on the war in Ukraine.

COVID-19: Die jongste | The latest

LitNet
Menings

COVID-19: Kry die feite | Get the facts

Boeke en skrywers

An illuminated darkness: Presentation to Jacques Coetzee

Brian Walter
Books and writers

On 9 October 2022 the Ingrid Jonker Prize was presented to Jacques Coetzee for his collection An illuminated darkness (uHlanga Press). This is the presentation read to Coetzee at the event during the annual Tuin van Digters poetry festival at the Breytenbach Centre in Wellington.

Kodachrome deur Tom Dreyer: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

"Mymeringe, die vervlietendheid van dinge, die stiltes op foto’s of dit wat transendentaal beweeg: Kodachrome is ’n bundel met ’n ryk stoffering van temas en ’n boeiende spel met al die wyses waarop ons na die wêreld om ons kyk."

Kaleidoscopic: Shaun de Waal reviews A library to flee by Etienne van Heerden

Shaun de Waal
Books and writers

"I called this novel panoramic, but it is also kaleidoscopic, so pregnant is it with fractured reflections that reconfigure themselves at each quick shake."

Cape Town launch: A library to flee by Etienne van Heerden

LitNet
Books and writers

You are invited to attend the Cape Town launch of Etienne van Heerden’s A library to flee on 9 November 2022. David Attwell will be in conversation with Van Heerden and the translator of the novel, Henrietta Rose-Innes.

’n Boek vir weer lees: ’n resensie van The errors of Dr Browne deur Mark Winkler

Bettina Wyngaard
Resensies

"Die verhaal is tegelyk tydsgebonde en tydloos. Die spanning tussen geloof en bygeloof aan die een kant, en wetenskap en logika aan die ander, soos wat dit in Browne se lewe en in die teks uitspeel, word meesterlik uitgebeeld."

Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Anke Theron
Resensies

"Dit kan beslis aanbeveel word om hierdie tipe boeke te gebruik as ’n 'skelm werktuig' om ’n brug te bou vanaf ’n kind wat lees as huiswerk en vervelig sien, na iets waarvan ’n kind sal hou om te doen."

Losweg gebaseer op ware gebeure: ’n resensie van Murasie deur Chanette Paul

Didi Potgieter
Resensies

"Soos in van Paul se ander werke speel die moontlikheid van die bonatuurlike ’n belangrike rol in Murasie, en die suggestie van die geeste van afgestorwenes wat net nie die plaas kon verlaat nie, is sterk motivering in bepaalde karakterhandeling."

Spreekwoorde en ander segswyses: ’n onderhoud met Leon en Amanda de Stadler

Naomi Meyer, Leon de Stadler, Amanda de Stadler
Skrywersonderhoude

"Hierdie boek gee daarom nie voor om in alle opsigte leksikografies verantwoordbaar te wees nie – dit wil ook ’n woordeboek wees net vir die lekkerte van Afrikaans en sy ryke geskiedenis."

Van boekwurm tot skerpskutter: ’n lesersindruk van Kate Quinn se The diamond eye

Stefaans Coetzee
Lesersindrukke

"Ek beveel The diamond eye vir lesers aan wat van historiese romans, komplotteorieë en politieke spanningsverhale hou, asook vir aanhangers van Stephen Hunter, Scott McEwen en Jack Coughlin se skerpskutterreekse."

On some women writers

Anthony Akerman
Books and writers

"But who was the mysterious MAB who, on a visit to Rhodesia, had paid 4/6 to a second-hand bookdealer in Salisbury – either The Treasure Trove or The Book Exchange, according to my informants – and 'passed it on with warm affection'?"

Persverklaring: Meer as 20 van die land se voorste skrywers braai in Klerksdorp

LitNet
Boeke en skrywers

Die Sanctuary Boekfees, Klerksdorp, is ’n familiefees. Verlede jaar het skrywers en lesers saam aan tafel gesit tydens ’n gala-aand, hierdie jaar kry lesers die geleentheid om saam met skrywers te braai na afloop van Martelize Brink se gesprek oor haar boek Oor die kole.

Press release: Madibaland@Bookbedonnerd 2–5 November 2022

LitNet
Books and writers

LitNet has received the programme of Madibaland@Bookbedonnerd from festival director Darryl David.

Persverklaring: 2023 kykNET-Rapport Boekpryse

LitNet
Boeke en skrywers

Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2023 kykNET-Rapport Boekpryse. Al die nodige inligting, sowel as die inskrywingsvorm, is hier beskikbaar.

Press release: Call for Short. Sharp. Stories

LitNet
Books and writers

We invite you to write a story of between 3 000 and 5 000 words.

Press release: The Island Prize | Call for submissions

LitNet
Books and writers

The Island Prize is a literary prize open to previously unpublished debut African novelists from across the continent to help them reach wider audiences and break into the UK publishing scene.

Op die redakteur se lessenaar

Op die redakteur se lessenaar: 22 tot 28 Oktober 2022

LitNet
Op die redakteur se lessenaar

Hier is die jongste pasgepubliseerde boeke wat op die redakteur se lessenaar beland het.

Leefstyl

Die Toyota US Woordfees: boeke, gesprekke en mense

Izak de Vries
Toyota US Woordfees

"Ek het hard probeer om soveel as moontlik in te pas in die kort tydjie en het dus gekonsentreer op boeke, skrywers en die gespreksreekse."

Die Toyota US Woordfees 2022 deur Jeremeo le Cordeur se lens

Jeremeo le Cordeur
Toyota US Woordfees

Die Toyota US Woordfees 2022 het van 10 tot 16 Oktober in Stellenbosch plaasgevind. Jeremeo le Cordeur het verskeie teaterproduksies deur sy lens vasgevang.

Persverklaring: Woordtrofees-benoemings vir 2022 | Press release: Woordtrofees Awards nominations 2022

LitNet
Toyota US Woordfees

Die benoemings vir vanjaar se Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak. | The nominations for this year’s Toyota SU Woordfees Woordtrofees Awards have been released.

The beauty queen of Leenane: theatre review

Reney Warrington
Lifestyle and entertainment

"Yet, even though the characters are wrapped in an Irish woollen blanket, they are still universal. Change the names, the sayings, and it could be set in Putsonderwater and still ring true."

Persverklaring: ATKV-Crescendo soek onontdekte musikale talent

LitNet
Musiek

Een van Suid-Afrika se oudste en bekendste musiekontwikkelingsprogramme, ATKV-Crescendo, gaan saam met Expressions Session werk om ons land se onontdekte musikale talent te ontgin en te ontwikkel.

The unlikely secret agent by die Baxter: Toneelstukke soos hierdie een is nou nóg meer toepaslik as voorheen

Maryke Roberts
Teater

"Dis 90 minute van loutere teatergenot om al hierdie bekroonde mense te sien saamspan in ’n toneelstuk, wat soms die wind uit jou seile ruk, soms aan jou hartsnare pluk en soms jou bloed laat kook." Slegs tot 29 Oktober.

Persverklaring: Grootse gospelkonsert | Press release: Majestic gospel concert

LitNet
Musiek

Minstens 22 sangers en groepe gaan vanaf 14:00 tot 20:00 besoekers met musiek en lirieke uit die boonste rakke bekoor. | At least 22 singers and groups will charm visitors with top-class music and lyrics from 14:00 to 20:00.

Press release: Terror in Tsitsikamma, Gaia brings Halloween closer to home this year

LitNet
Film

Gaia follows an injured forest ranger on a routine mission. But what starts out as a welcome rescue grows more suspicious as the son and his renegade father reveal a cultish devotion to the forest. When their cabin is attacked by a strange being, it’s clear there is a far greater threat in this unrelenting wilderness.

Persverklaring – Karoo suite 2: Karoonagte

LitNet
Musiek

Kom beleef die Karoo deur die verhale en musiek van hierdie legendes. | Internationally renowned author Deon Meyer and music legend Coenie de Villiers return to the stage after nearly three years with their homage to the Karoo.

Persverklaring: Klassieke melodieë vier Blaauwklippen se 340 jaar

LitNet
Musiek

Die oudste wynplaas in Stellenbosch gaan op 9 November hulle 340ste bestaansjaar met ’n spesiale konsert in die Blaauwklippen Katedraal vier. Blou is die tema van die klassieke melodieë en immergroen liedere wat vir hierdie landgoed met ’n ryk geskiedenis en wynmaaktradisie se verjaardagkonsert gekies is.

Jy kan twee kaartjies wen na Liefde by die dam!

LitNet
Leefstyl

LitNet, in samewerking met LK Mediabook en Liefde by die dam, gee 5 x 2 kaartjies weg na Liefde by die dam op 12 November 2022 by Meerendal in Durbanville.

Press release: Stiekyt selected for the 26th PÖFF | Tallinn Black Nights Film Festival!

LitNet
Film

Stiekyt is the story of an actor, James (played by Paul du Toit), who secretly moonlights at a failing drag club. Here he has to fight for his marriage after being caught red-handed by his wife, as well as deliver the performance of his life to avert suspicion regarding the mysterious death of a colleague.

Persverklaring: Hier is die wenners van die ATM se jongste Arabies-Afrikaanse wedstryd

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Historium Trust is verheug om die wenners van hul jongste Arabies-Afrikaanse kompetisie, waarvoor R10 000 en jaarpermitte op die spel was, aan te kondig.

Nou op Voertaal

Waarskuwing oor moontlike terroriste-aanval het Suid-Afrikaners aan die raai

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die waarskuwing het Suid-Afrikaners hot en haar laat gis op sosiale media oor die potensiële teiken van die beweerde aanval en of dit ernstig opgeneem moet word."

Johannesburg se magsbalans steeds in die weegskaal

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Regskenners waarsku egter dat haar oorwinning van korte duur kan wees as haar politieke teenstanders besluit om teen die uitspraak te appelleer."

Kaapstad se burgemeester wil keer dat Russiese oligarg voet aan wal sit

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Hill-Lewis se ongewone versoek, komende van ’n burgemeester, geskied teen die agtergrond van die Russiese inval in Oekraïne wat deur die meeste lande ter wêreld veroordeel word. Suid-Afrika se regering weier egter om Rusland se optrede te veroordeel en staan op die kantlyn."

Dis-Chem se verbod op wit aanstellings gaan in die hof draai

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Nadat Dis-Chem die omstrede memorandum teruggetrek het weens die 'swak bewoording', het hulle egter gesê hulle staan ​​by die moratorium."

AfriForum en Malema al weer haaks oor beweerde haatspraak

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die burgerregteorganisasie AfriForum en die EFF-leier, Julius Malema, is al weer haaks nadat Malema na bewering opruiende taal gebruik het tydens ’n EFF-saamtrek in die Wes-Kaap."

Festival voor het Afrikaans staat open voor samenwerking

Ingrid Glorie
Actueel

Op zaterdag 15 oktober mocht Voertaal-correspondent Ingrid Glorie bij SASNEV in Pinelands, Zuid-Afrika, de Prestatiebeurs van de Van Ewijck-Stigting in ontvangst nemen. Glorie kreeg deze eervolle onderscheiding voor haar jarenlange inspirerende rol ter bevordering van de culturele betrekkingen tussen Nederland en Zuid-Afrika.

Breytenbach-notitie #5: Naar aanleiding van een Hertzogprijs

Yves T'Sjoen
Meningen

"De overigens niet onbelangrijke anekdotiek en heisa die de Hertzogprys 2022 omgeven, vooral de stellingenoorlog die door de toespraak van S.J. Naudé aan hevigheid heeft gewonnen, zijn een symptoom van een dieperliggend gevoel van onbehagen bij actoren binnen een systeem die voor jaren, misschien zelfs decennia, de macht hadden om de eigen positie esthetica als dominant te ervaren. Schrijvers onder wie Breytenbach en Krog, maar ook vele anderen zoals Kamfer, Naudé, Phillips, Small, Venter en Winterbach (en veel andere jonge stemmen in de Afrikaanse letteren, vitaler dan ooit en zich al lang niet meer beperkend tot een witte canon), zorgen ervoor dat machtsbastions zich stilaan op drijfzand bevinden, anachronismen worden, en finaal inleveren aan macht en dominantie."

Breytenbach notities #6: Breytenbach-documenten in het archief van de Universiteit van Witwatersrand

Yves T'Sjoen
Meningen

"In het Historical Papers Research Archive van de Universiteit van die Witwatersrand (Johannesburg) worden de Alexandre Moumbaris Papers geconserveerd. In het dossier A3441 bevinden zich archivalia die Breyten Breytenbachs betrokkenheid documenteren bij de antiapartheidsbeweging in Frankrijk en meer specifiek – samen met Johnny Makhatini en Barend Schuitema, toenmalig secretaris van de Nederlandse Anti-Apartheid Beweging– bij de oprichting van het Bureau d’information sur l’Afrique Australe (BIAA)."

Ierse bier en humor in Cork

Maryke Roberts
Reizen

"As deel van die Norwegian Cruise Line se nuutste skip, die Prima, se eerste vaart van Ysland na Nederland, doen ons vir 12 uur aan by die hawestad Cork in Ierland. Ná twee dae op die oop see is dit met gemengde gevoelens dat ’n mens die eerste groen, dobberende baken in Cobh, die klein dorpie reg langs die water, by jou venster sien verbygly. Die stille, oop, kalm see en loom dae op jou balkon of langs die swembad het jou half onwillig gemaak om besige stede en verkeer te trotseer."

Nuwe skryfwerk

Blye nuus vir Yuwinn Kraukamp by Kommadagga-slypskool

Rachelle Greeff
Slypskole

Rachelle Greeff berig vanuit Somerset-Oos, waar LitNet, Huisgenoot en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool tans aan die gang is, van die uitstekende nuus wat Yuwinn Kraukamp, een van die studente, vanuit Amerika bereik het.

Stilstreeppaaie

Zebulon Kochk
Poësie

"op stippelstreeppaaie
verby gekapte klip
waar ek en jy sit"

Heelalsboodskap

Caren Kearley
Poësie

"jy was ook nie hier nie
maar voëltjies het uitgelate gesing
die dag het geboorte geskenk
aan ure wat weg kon vlieg"

skerwe van ’n gebroke sterling

Willem de Swyger
Poësie

"word
’n wyserster
’n wegwyser
’n padvinder
’n ligspoor"

Privaatheidskennisgewing

LitNet: Privaatheidskennisgewing | Privacy notice

LitNet
Als oor LitNet

LitNet wil jou as leser die versekering gee dat ons daarop ingestel is om jou persoonlike inligting wat by ons in bewaring is, te beskerm. | LitNet would like to assure you as a reader that we are committed to protecting your personal information held by us.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved