Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 820

09/10/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Senekal

Pasverskyn

Offers vir die vlieë


Skrywer: Fanie Viljoen
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780639601779

"Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie."

Menings

Senekal: Soms is ’n protes net ’n protes

Bettina Wyngaard
Rubrieke

"As een swart persoon onnodig deur polisietoedoen sterf, voel alle swart mense dit aan hul eie bas. Hoekom sal plaasboere anders voel? Dalk is hierdie die George Floyd van die plaasboere."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theo de Jager

Freek Robinson, Theo de Jager
Onderhoude

"Ons is ’n onlosmaaklike deel van die storie van hierdie land. Ons kan nie net geïgnoreer word nie." Freek Robinson gesels met Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) en president van die Wêreldboereorganisasie, oor plaasveiligheid, onteiening en voedselsekerheid.

Senekal: Vigilantes, speurders en die stadige aksie van regsake

Izak de Vries, Dibi Breytenbach
Skrywersonderhoude

"Op daardie stadium was die landbougemeenskap in my distrik op breekpunt. Die mense – boere en plaaswerkers – het gevoel dat daar nie ag geslaan word op hulle vrese nie, dat niemand vir hulle luister nie en dat niemand omgee of hulle aangeval word of nie."

COVID-19: Maskermoeg?

Hennie van Deventer
Menings

"Hoe reageer jy as ’n dierbare vriendin, soos haar pikante Swartlandse manier is, jou gesig in haar hande toeskulp en jou met ’n klapsoen groet? Of as ’n goeie buurman onaangekondig jou voordeurklokkie lui sonder ’n masker op die gesig?"

’n Energieke nuwe bries: Dekolonialiserende taalteorie op die 2020-ILAF-webinaar oor taal en die strafregstelsel

Frederik Rudolph van Dyk
Menings

"Wat hier van vorige meertaligheidsgesprekke verskil, is die aandrang op ’n vars beraming van Suid-Afrika se taalsituasie, asook die erkenning dat taal nie bloot erfenis is nie, maar ’n integrale deel van die groter infrastruktuur van die demokratiese staat."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met JP Landman

Freek Robinson, JP Landman
Onderhoude

Thabo Mbeki het in die laat 1980’s gewaarsku: Bevryding in Suid-Afrika sal gepaard gaan met groot korrupsie. Tans word daar heelwat gedoen om staatskapasiteit te versterk, maar die ANC moet nog sy kant bring. Dit gaan nie ’n maklike geveg wees nie. Die politiek-ekonomiese ontleder JP Landman vertel meer.

Brandfort, Winnie en die ambassadeur

Freek Robinson
Menings

"Dit het dalk my loopbaan gered."

Om mekaar in die hare te vlieg

Jason Lloyd
Rubrieke

"Ongetwyfeld herinner die 'reguit hare versus kroeshare'-issue ’n mens aan die potloodtoets – hoe dit deur die apartheidsregering gebruik – of misbruik – was om ’n persoon se ras te bepaal. Dit is reeds hierdie letsels wat nog vandag voortleef dat mense aan hul hare geken word."

Gee jy jou tiende?

Berdéhan Brand
Menings

"’n Leraar het my ’n paar jaar gelede versoek om my naam op die offergawekoevertjie te skryf vir administratiewe doeleindes."

On(ver)taalbaarheden

Yves T'Sjoen, Naòmi Morgan
NeerlandiNet

"Vraag is vervolgens hoe dergelijke woorden, waarvan de semantische inhoud niet vastligt, in een andere taal worden omgezet. Dit vergt van de vertaler creativiteit. Naòmi Morgan, die het boek van Antoine de Saint-Exupéry (Le petit prince) ook zelf heeft vertaald, ondernam een vergelijkend onderzoek."

COVID-19, die klas van 2020 en loopbaankeuses

Marietjie Warrington
Menings

"Zak Nel, ’n loopbaanvoorligter in Linden, Johannesburg sê in die 40 jaar wat hy as professionele loopbaanvoorligter praktiseer, hy nog nooit ’n enkele gebeurtenis ervaar het wat so ’n dramatiese uitwerking op jongmense se loopbaankeuses gehad het soos die COVID-19-grendelstaatimpak nie."

Aspoester se paleis, die prinses se titel en die huwelik

Izak de Vries
Menings

"In België word ’n vrou oornag amptelik ’n prinses en in Suid-Afrika wen Aspoestertjie die reg om vir haar prins se paleis te baklei. Twee onverwante stories uit twee kontinente het vandeesweek die begrip huwelik onder die loep geneem."

Boeke en skrywers

Kommadagga – hier is ons deelnemers

LitNet
Slypskole

Ontmoet die ses beginnerskrywers wat deelneem aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool wat van 12 Oktober tot 1 November 2020 op Somerset-Oos gehou word.

Johan Myburg (1957– )

Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum

“Vir poësie is digters nodig. Vir poësie is lesers nodig. Lesers wat poësie lewend wil hou.”

Skoon wasgoed: Die X-faktor van Ena Murray

Frederik de Jager
Rubrieke

"Ena het ’n manier gehad om intiem in die binneoor van die leser te praat. Asof die verteller in haar boeke ’n groot geheim met net jou, die leser, deel. Dikwels het dit ’n skindertoon aangeneem, wanneer sy van die skandalige optrede van die een of ander karakter vertel."

Slagoffer deur François Smuts: ’n resensie

Jean Meiring
Resensies

"’n Mens hoop dat die verhuisingsmanne volgende keer versigtiger sal dra en dat Smuts nóg sierpotte en erdewerke, keurborde en fyn glas het om aan te bied."

Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

"Die opstand van Poppie Nel is ’n belangrike werk, ’n seminale roman wat geskryf móés word."

Somtotaal deur Anchien Troskie – die somtotaal van ’n lewe uitgebeeld

Elbie Adendorff
Resensies

"Uiteindelik is Somtotaal die verhaal oor liefde: liefde tussen vriendinne, vakansieliefde, liefde tussen man en vrou, liefde tussen ’n ma en haar kinders, liefde vir jou instaan-ma wanneer jou ma sterf, liefde oor die kleurgrens."

Merk deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

"Merk is hoogs toeganklike leesstof. Dis trouens een van die boeiendste ervarings wat jy in ’n lang tyd sal hê."

Hans gee Herklaas horings deur Rudie van Rensburg

Maryke Roberts
Resensies

"Mag ek ook kan oudword soos Hans van Kraaienburg – sonder die safaripak en Crocs natuurlik – maar met dieselfde onblusbare lus vir die lewe; vir lekker uiteet, ’n whisky drink en nie gaan lê nie, selfs nie eers as almal om jou kla en kerm nie."

Emigreer of bly: ’n onderhoud met Stephan Joubert

Naomi Meyer, Stephan Joubert
Skrywersonderhoude

"Daarom wou ek nie voorskriftelik wees rondom ry-of-bly-keuses nie. Maar ek wou ten minste darem ook bydra daartoe dat mense hulle eie beginsels, motiewe en beweegredes goed in die oë kyk oor hoekom hulle dit wil doen, of nie wil doen nie, of hoekom hulle dit alreeds gedoen het. Eerlikheid bring gewoonlik ’n stuk nugterheid en deursigtigheid mee."

Wolk se Hannes Barnard nou ook internasionaal

Izak de Vries, Hannes Barnard
Skrywersonderhoude

Hannes Barnard se eerste roman, Halley se komeet, is pas deur ’n Amerikaanse uitgewer gekoop om dit wêreldwyd in Engels te versprei. Sy tweede roman, Wolk, maak tans opspraak.

Nuwe boeke | New releases | Penguin Random House SA

Penguin Random House South Africa
PRH/LAPA-Uitgewersportaal

Penguin Random House South Africa stel hulle Oktober-boeke bekend. | Penguin Random House South Africa presents their October releases.

Nuut by LAPA | New Books from LAPA

LAPA Uitgewers
PRH/LAPA-Uitgewersportaal

LAPA Uitgewers het pas hulle nuwe boeke van Oktober 2020 bekendgemaak.

Virtuele boekbekendstelling: Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius

LitNet
Boeke en skrywers

Jy word hartlik uitgenooi na die virtuele boekbekendstelling van Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius op 13 Oktober 2020 om 18:00.

Die taal wat ons lees

Crito
Blogs

"Ek kla nie. Dit is, soos die geval is met 99% van Meiring se resensies, suiwer vreugde om ’n resensie te lees waarin Meiring juis ons aandag spits op Francois Smith se hantering van die Afrikaanse taal."

Uitnodiging: Virtuele bywoning van die 2020-UJ-pryse vir Afrikaans

LitNet
Boeke en skrywers

Die kantoor vir Meertalige Taaldienste by die UJ nooi jou vriendelik uit om vanaf 16 Oktober 2020 na vanjaar se virtuele oorhandiging van die 2020-UJ-pryse vir Afrikaans op LitNet te kyk.

Akademies en skole

Vakgerigte geletterdheid en leesbegripstrategie-ontwikkeling

Johan Anker
LitNet Akademies (Opvoedkunde)

"Die doel van hierdie artikel is om uit te brei oor die onderskeid maar ook moontlike integrasie van en kombinasie tussen twee akademiesegeletterdheidsbenaderings wat ’n rol kan speel in die verbetering van die leesbegripagterstand van Suid-Afrikaanse leerders op skool."

Vonnisbespreking: Stakingstemmings: Oplossing en raaisels deur die Arbeidsappèlhof

Stefan van Eck
LitNet Akademies (Regte)

"Dit is duidelik dat stakingstemmings daargestel is bloot om die verhouding tussen vakbonde en hulle lede te reguleer. Dit skep geen regte en verpligtinge tussen vakbonde, werkgewers of derde partye nie."

Wiskunde met LitNet: Graad 9, faktorisering – verskil in vierkante

Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle

In hierdie video verduidelik Lee-Ann West vir graad 9-leerders van faktorisering.

Pascal se driehoek en L’Hôpital se reël

Pieta van Deventer
Notas, toetse en vraestelle

Lees Pieta van Deventer se bespreking van Pascal se driehoek en L’Hôpital se reël hier.

Onnies, kom lag saam!

LAPA Uitgewers
Skole

Kom lag saam met LAPA Uitgewers, SAOU en die AON by volgende week se webinaar. Op 14 Oktober om 16:00 gesels Maritha Snyman oor grappies, die getroue bondgenoot in die klaskamer.

Nou op Voertaal

Senekal-boere se optrede teen joernaliste veroordeel

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die hardhandige wyse waarop twee vrouejoernaliste van The Citizen die afgelope week deur van die betogende boere in Senekal hanteer is, word ten sterkste deur die Suid-Afrikaanse redakteursforum (Sanef) veroordeel."

Cyril en Cele kry skuld vir boere se frustrasie wat oorkook

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"AfriForum sê in ’n verklaring Ramaphosa het die bestaan van plaasmoorde vroeër op ’n internasionale platform ontken, terwyl Cele boere verlede maand op ’n vergadering in KwaZulu-Natal oor hul probleme uitgelok en verneder het."

Duisende stroom na Senekal uit protes teen plaasmoorde

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Chaos het buite die hof uitgebreek waar twee verdagtes vlugtig verskyn het in verband met Horner se moord. Van die betogers het die gebou bestorm en geëis dat die twee verdagtes, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, aan hulle oorgegee word. ’n Polisievoertuig is ook deur van die betogers beskadig en aan die brand gesteek."

Gemoedere loop hoog na moord op jong plaasbestuurder

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Die moord op die jong plaasbestuurder het nie net dwarsoor Suid-Afrika nie, maar selfs in Europa en Noord-Amerika opslae gemaak. Namate meer Engelse media oor die aard en omvang van plaasmoorde berig, word al ernstiger vrae gevra oor die humanitêre krisis, en die regering se hantering daarvan, sê Saai in hulle verklaring."

Vertaalhistoricus Lieven D’hulst over de tactiek van kleine talen

Ingrid Glorie
Academisch

"Professor Lieven D’hulst kan prachtig vertellen over de geschiedenis van het vertalen. Wat er vertaald wordt en hoe dat gebeurt, is niet zelden een politieke beslissing. Er vallen spannende parallellen te trekken tussen de vertaalpraktijk in Zuid-Afrika, beschreven in een artikel van Maricel Botha, en die in twee gebieden die de bijzondere belangstelling van D’hulst hebben: Vlaanderen en de Franse Caraïben."

Donald Trump, die Koning van die Wittes

Hans Pienaar
Nuusvinke

"Dinge kan nog lelik skeefloop in Amerika."

Artists as essential workers?

Mike van Graan
Nuusvinke

"Carole Karemera of Rwanda, Ecuador’s Susan Togra and Vikram Iyengar of India spoke about the general precarity of the arts in their respective contexts, and that COVID-19 conditions were simply reinforcing the fragility of a sector about which few Global South governments seem to care. And yet, it was argued that artists should be regarded as essential workers, for how else would many have stayed sane through the isolation of the pandemic were it not for online films, music, literature, comedy and television?"

Leefstyl

Nina Schumann: Om ’n lewe aan 88 klawers te wy

Wilken Calitz, Nina Schumann
Onderhoude

Nina Schumann het onlangs haar 50ste verjaarsdag gevier en is al sedert haar tweede lewensjaar besig om die wondere van musiek te ontdek. Dis die note, die eindelose maniere om musiek te vertolk, die strukture, geheime sinergie tussen gehoor en performer wat haar ná soveel jare steeds betower om daagliks ondersoek in te stel na wat verskuil is in die 88 klawers van die klavier. Wilken Calitz gesels met Nina.

Foxwoodfees: Sandra Prinsloo gee ’n stem aan Olga Kirsch en Nerina Ferreira

Melt Myburgh
Feeste

By vanjaar se Foxwoodfees is Sandra Prinsloo te sien in twee aanbiedings oor onderskeidelik Olga Kirsch, die Joodse digter wat in Afrikaans geskryf het, en Nerina Ferreira, die kleurvolle aktrise en vertaler van kinderboeke en toneelstukke.

Die KKNK en Urucu bied ’n webinaarreeks aan oor kwessies uit Stam (The tree)

LitNet
Film

Die gesprekke wat aanlyn plaasvind, sluit temas in soos: wat ons nie van geslagsgebaseerde geweld sê nie, die trauma van die versorger; en die verhouding tussen verslawing en verbondenheid.

Resensie van Ekstra medium: Dis ekstra lekker

Reney Warrington
kykNET Portaal

"'n Man wat 'n wieletjietas deur 'n verlate veld in die industriële gebied sleep, is nie 'n tipiese opening vir 'n televisiereeks nie. Dat hy boonop 'n discobal onder die arm dra, is egter die eerste wenk dat jy nou in Beer Adriaanse en Retief Scholtz se wêreld is. En die klimaat daar lyk matig, of soos hulle dit noem, Ekstra medium."

Lus vir ’n aandjie uit? Bespreek nou jou Suidoosterfees-inryteaterkaartjie

LitNet
kykNET Portaal

Die Suidoosterfees en Atlantic Studios laat die klassieke inryteater herleef. Van 4 tot 15 November 2020 word feesproduksies in ’n splinternuwe baadjie geklee, en kan groter gehore vanuit die gemak en veiligheid van hul motors na feesaanbiedings op die silwerskerm kyk.

Persverklaring: Oktober 2020 by die Bôrdienghuis

LitNet
Teater

Hier is Oktober 2020 se program by die Bôrdienghuis!

Nuwe skryfwerk

Swerm

Hans Pienaar
Poësie

"Maar as Die maskers val dan tuimel
Hulle Uit die speekselneste
wYd die hemel in"

Simpel ploegperd

Louis du Plessis
Poësie

"Vandag onthou ek: naweke
op jou saal was ék die kind
met wie jy teen Helderberg galop
teen die spoed van die suidewind"

Hillbrow

Amanda Ahave De Meillon
Poësie

"in ’n doolhof van granietgeboue
onder puin en menslike afval
skuil die doodsengel"

Saam in jou spelonk

Estelle Kruger
Poësie

"Of ons kan saam op ons rûe lê
op die bodem en
die nattigheid van die
eensame aarde
voel"

Deur die lens van ’n ander bril

Kristy-Ann Kotzé
Poësie

"Deur die lens van ’n ander bril,
lyk ek sterk en mooi –
vreesloos vir die uitdagings wat die wêreld na my kant toe gooi"

Dapper vrou

Johanette Pretorius
Poësie

"Steeds fluister Sy stem in my brose oor
koester die Lam my vodde vlees
omarm my Vader my honger, hunkerende hart"

Kuberklas Kreatief: Blommemeisiekind

Terry Terblanche Botha
Kuberklas Kreatief

Terry Terblanche Botha is sestien jaar oud en in graad tien. Hy het ’n gedig vir LitNet se Kuberklas Kreatief, die ruimte waar skoolkinders se skryfwerk gepubliseer word, geskryf.

Night in Corona City

Elana Bregin
New writing

"In the beginning, we obeyed whatever they said. Everything we heard about this unknown virus was terrifying. How unstoppable it was. How it could leap from person to person like contagious lightning. How slim the chances were of surviving it. How horrible the death that resulted. The human race had no immunity ..."

LAW FOR ALL’s Top 10: "Breath of law" by Inga Ntantala

Inga Ntantala
New writing

"In this world, each person is protected by an armour of rights, and all who infringe shall face the smite of justice for their transgression."

In memoriam

Huldeblyk: George Bizos

Johann Kriegler
In memoriam

"Daar was by my die behoefte aan afsluiting, ’n toonvaste koda aan die einde van ’n verbintenis van meer as ’n halfeeu. ’n Begrafnis bring finaliteit; die kluitklap op die kis is klinkklaar die slot. Ek kon vir George nóg op sy sterfbed nóg langs sy graf groet. Nou kon ek. Dankie."

Portale

Persvrystelling: Kan djy Afrikaans toelies in Arabies of Jawi?

LitNet
Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal

As deel van die viering van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 45ste verjaardag, loods hulle ’n gratis kompetisie waarin R10 000 op die spel is vir enigiemand wat enige kort Afrikaanse teks in Arabiese of Jawiese (Arabies soos aangepas om spesifieke Afrikaanse klanke weer te gee) skrif translitereer.



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

[email protected]

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved