Can’t see this mail? Click here to view it online

- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies

 

Nuusbrief 795

17/04/2020


  Krities Afrikaans

LitNet: Zombietyd

Fresh off the press

Olga Kirsch – A life in poetry


Author: Egonne Roth
Publisher: Naledi
ISBN: 9781928426301

Although Olga Kirsch’s is the only Jewish voice in Afrikaans poetry, it is scarcely known among members of the South African Jewish community. After Elisabeth Eybers, Olga Kirsch was only the second woman to publish a collection of poetry in Afrikaans. The aims of this biography are to reverse this slide into obscurity and to show why her work is important not only in South Africa but also in Israel.

Kwarantynketting

Dag 21: Kwarantynketting – "Die zombiewêreld van COVID-19" deur Ena Jansen

Ena Jansen
Kwarantynketting

"Ondertussen is die Kaap se strate so goed as tjoepstil, die lugruim leeg; en dieselfde skip lê dae lank alleen in Tafelbaai. Hadedas skater oor die stad en voëls twiet-twiet-twiet onder in die tuin. Die sterre is helder en laasweek se volmaan skitterend. Soggens kan ek nie wag dat die son opkom nie."

Dag 20: Kwarantynketting – "Force majeure" deur Tertius Kapp

Tertius Kapp
Kwarantynketting

"Die fliek wat ons wou maak, gaan oor ’n infeksie wat die wêreld oorneem. 'We are about to witness the greatest reckoning of all time,' sê die een karakter op ’n punt. Ek stap uit na die groenste moeras onder die groot geelhoutboom, waar die trane vlak lê. ’n Week later vra ’n vriend of ek nie eerder iets wil skryf oor hoe ons almal die lotto wen nie."

Dag 19: Kwarantynketting – "Om anders na dinge te kyk" deur Remona Voges

Remona Voges
Kwarantynketting

"Ek vier môre vir die tweede maal my verjaarsdag in kwarantyn."

Dag 18: Kwarantynketting – "Die tyd van virtuele voortbestaan" deur Naomi Meyer

Naomi Meyer
Kwarantynketting

"Uiteindelik is siek en gesond wees – en lewe en dood – nie virtueel nie. Werklik."

Dag 17: Kwarantynketting – "Hoekie vir die (nie-) eensames" deur Cliffordene Norton

Cliffordene Norton
Kwarantynketting

"Ek is bekommerd, maar vir die eerste keer in ’n lang tyd gee ek ook my volle aandag aan wat en wie ek in my hart ronddra."

Dag 16: Kwarantynketting – "Dowwe paniek en onwerklikheid in die Eikestad Mall" deur Danie Marais

Danie Marais
Kwarantynketting

"Onder die soeklig van die virus wonder ek opnuut oor die geldigheid van die gedigte waarmee ek in die laaste twee tot drie jaar gestoei het; gedigte oor die vrese en bevoorregte magteloosheid wat voorstedelinge teister."

Dag 15: Kwarantynketting – "Koue wind" deur Ruan Kemp

Ruan Kemp
Kwarantynketting

"Party aande maak ek my denkbeeldige bure bang wanneer ek van die stoep af skree. Voel die koue wind. Party oggende maak ek my windbuks blaf, kyk hoe die duifpeste wegvlieg. Elke dag kom ’n ou tannie verby op ’n fiets met skreeuende remme. Ons noem haar Veteran; ’n verkoue gaan haar nie afskrik nie."

Kwarantynketting: Fase 2

LitNet
Kwarantynketting

Die inperking is nou verleng en LitNet rig ’n ope uitnodiging aan skrywers om aan die volgende fase van die Kwarantynketting deel te neem.

Nou op Voertaal

Swaarkry, honger en die gevaar van onrus in die tyd van korona

Heindrich Wyngaard
Nuusvinke

"'Ons gaan nie van korona doodgaan nie,' het die inwoner haar en ander in haar gemeenskap se lot bekla. 'Ons gaan doodgaan van hongerte.'"

Korona se ergste lê nog voor vir Suid-Afrika

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Diegene wat gedink het Suid-Afrika gaan die eksponensiële groei van die koronavirus wat wêreldwyd voorkom, vryspring, kan hulle gereedmaak vir ’n onaangename verrassing. Dit kan vermoedelik minstens nog vyf maande duur voordat die ergste verby is."

Samewerkingsooreenkoms met die Afrikaanse Taalraad: ’n onderhoud met Kris Van de Poel (Nederlandse Taalunie)

Menán van Heerden, Kris Van de Poel
Taalunie

Die Nederlandse Taalunie (NTU) fokus op taalbeleid in Nederland, Vlaandere, Suriname en die Nederlandse Antille. Die Afrikaanse Taalraad (ATR) in Suid-Afrika fokus op die volle diversiteit van Afrikaans. Die doel van die samewerkingsooreenkoms tussen hierdie twee organisasies is om Afrikaans en Nederlands te bevorder. Kris Van de Poel (Nederlandse Taalunie) vertel vir Menán van Heerden meer hieroor.

Die aanlynkonsertfenomeen: Musikante verruil die verhoog vir hul sitkamer

Wilken Calitz
Cultuur

"Hoe twee onsigbare kragte, ’n virus en musiek, ’n generasie tot ’n mate definieer, bly ’n raaisel. Die een isoleer en die ander een verenig. Hier is ’n kykie na hoe die musiekbedryf vir die tweede keer op sy kop gedraai is."

Trump skok Suid-Afrika en res van wêreld tydens koronakrisis

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"President Donald Trump van die VSA het hom die gramskap van feitlik die hele wêreld, onder andere ook Suid-Afrika, op die hals gehaal met sy besluit om Amerika se befondsing vir die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) te staak. Dit te midde van ’n wêreldwye gesondheidspandemie."

COVID-19 knip moontlik SAL se vlerke finaal

Jean Oosthuizen
In het nieuws

"Duisende mense kan sonder werk sit wanneer die SAL finaal sy laaste asem uitblaas. Sowat 5 000 werkers van die SAL en 800 werknemers by SA Express sal werkloos wees indien die lugrederye sluit."

LitNet Akademies

Vonnisbespreking: Deliktuele vergoeding weens verlies (“bereavement”) as gevolg van ’n sterfgeval in die familie

Johann Neethling
LitNet Akademies (Regte)

"Daar kan met redelike sekerheid voorspel word dat die howe in die toekoms te doen sal kry met gevalle waar daar wel swaar verlies en verdriet voorkom weens die dood van ’n familielid sonder dat daar regtens vir die moontlikheid van deliktuele vergoeding voorsiening gemaak word."

Menings

Donald Trump, die koronavirus se beste vriend

Hans Pienaar
Seminare en essays

"COVID-19 is niks nuuts nie – dit bevestig ’n ou waarheid: dat virusse ’n sentrale rol in die mens se evolusie en geskiedenis speel. Daar is geen nuwe normaal nie, net die menslike ekologie wat sig laat geld. Al Trump en ander wêreldleiers se pogings om die siekte te gebruik om hul mag in te grawe, gaan tevergeefs wees as hulle en hul volgelinge se narratiewe selfgesentreerd bly en die helfte van die aardbol gaan ignoreer of uitsluit."

Mediaverklaring uitgereik deur Dawie Beyers Prokureurs – Adv Johan Bruwer se regsverteenwoordigers

LitNet
Universiteitseminaar | University Seminar

"Die aangewese kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), regter Edwin Cameron, word tans in twee forums ondersoek ná klagtes van regterlike wangedrag teen hom ingedien is."

Universities as safe spaces: A student’s perspective

Jozias Mahube-Reinecke
Universiteitseminaar | University Seminar

Jozias Mahube-Reinecke provides a student’s perspective on universities as safe spaces.

Wys my jou lemoene, die Bulls Babes en ander gedagtes

Lidia Rauch
Menings

"Ek het niks teen hierdie dames se gekose loopbaan of tydverdryf nie – hulle is professionele dansers en ek glo dat dit ons reg is as vrouens om met ons lywe te maak soos ons goeddink. Wat my egter pla, is die feit dat dit die stereotipe van rugby, brandewyn, boobs en boude voed."

Kan Suid-Afrika sy uitdagings oorkom?

Jason Lloyd
Rubrieke

"Ons nuutgevonde wanhoop lê versper in ons onlangse ekonomiese mislukkings – staatskaping, korrupsie, ’n gebrek aan beplanning vir energievoorsiening, beleidsonsekerheid, die mislukking van swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie ensovoorts – wat ’n bloedbad van werkloosheid van ongeveer 37% teweeggebring het."

Kunsmatige intelligensie

Handré Brand
Seminare en essays

"Masjienleer en robotika kan tradisionele oorlogvoering soos ons dit tans verstaan, sowel as alle ander fasette van die lewe en die mensdom totaal in ’n ander dimensie plaas. Tot waar strek KI-beheer en -perke?"

Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, Fanie Pretorius
Onderhoude

Die Facebook-groep "Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon" het meer as 11 000 lede en ondersoek sedert 2012 die houdings en gebruike van Afrikaanssprekendes wat buite Suider-Afrika woon. Cliffordene Norton gesels met Fanie Pretorius wat die navorsingsprojek geloods het.

Stil Saterdag 2020: God is ’n gat om ’n gat

Cas Wepener
Menings

"Stil Saterdag van die vol graf is ’n leë dag, ’n dag van wag, ’n dag van afwesigheid."

Nou in die verlede: Die dag toe David Pratt Suid-Afrika se eerste minister geskiet het

Jako Bezuidenhout
Rubrieke

"Sestig jaar gelede, op Saterdag 9 April 1960, het die 51-jarige boer en sakeman David Beresford Pratt by die jaarlikse Randse Paasskou te Milnerpark, Johannesburg opgedaag ... Hy was daar om die sogenaamde argitek van apartheid Suid-Afrika, Hendrik Frensch Verwoerd, te skiet."

Nou in die verlede: "Mislukking is nie ’n opsie nie" – Apollo 13, 50 jaar later

Jako Bezuidenhout
Rubrieke

"Hierdie week 50 jaar gelede het NASA ’n ongekende krisis in die gesig gestaar wat van hulle ’n bykans onmoontlike taak vereis het: om drie ruimtevaarders wat in die ruimte vasgevang was, veilig na die aarde terug te bring. Hierdie week gedenk ons die Apollo 13-sending na die maan."

Boeke en skrywers

The world’s largest online literary festival

Darryl David
Books and writers

"The coronavirus has turned the world on its head. Every day, I hear echoes of Morgan Freeman’s voice from the movie Deep impact in my head. The coronavirus is indeed a deep impact moment. As an evangelist of the literary arts, I have agonised over what this moment means for us."

"Start with the determined decision to fight for your business"

Naomi Meyer, Douglas Kruger, Cliffordene Norton
Books and writers

"Start with the determined decision to fight for your business. No matter how small or trivial it may seem, it is an important block in the foundation of our civilisation. It’s your baby, your dream – don’t let it go without a fight." Naomi Meyer and Cliffordene Norton interview Douglas Kruger about his latest book.

Skrywersonderhoud: Madré Marais oor Luistervink

Remona Voges, Madré Marais
Skrywersonderhoude

"Die kortverhaal het ’n sekere intensiteit, ’n vermoë om die menslike ervaring te distilleer tot iets wat die leser met ’n skok van herkenning laat. Met dié intensiteit karring hy aan jou, en bly hy aan jou karring – selfs ná verskeie kere se herlees, selfs jare later."

LitNet Akademies-resensie-essay: Die nuwe Afrikaanse prosaboek, saamgestel deur Sonja Loots en Steward van Wyk

Charl-Pierre Naudé
Seminare en essays

"Die Afrikaanse kortverhaal kan langs die heel beste verhaalkuns ter wêreld staan."

Resensie: In Mamelodi het ek my God gevind deur Nico Smith

Pieter GR de Villiers
Resensies

"Noudat die verhoudinge tussen mense in die land in onlangse tye weer troebel geraak het en spanning dikwels akuut hoog is, is Smith se boek ’n tydige voorbeeld van die waagmoed wat nodig is om kunsmatige en destruktiewe grense tussen mense oor te steek."

Resensie: Kinders wat moor: Wie se skuld is dit? deur André le Roux

Carla van der Spuy
Resensies

"Le Roux skiet mites af en maak mense se koppe oop."

Boekresensie: Blessed by Bosasa: Inside Gavin Watson’s state capture cult deur Adriaan Basson

Frederik Rudolph van Dyk
Resensies

"Geniet hierdie boek, maar hou ’n Fisherman's Friend byderhand vir die onafwendbare naarheid wat jou gaan oorval."

Resensie: As if born to you deur Susan Newham-Blake

Maryke Roberts
Resensies

"Die boek se rou emosie het my soms magteloos gelaat oor hoe weerloos ons is; hoe ons kinderdae ons vir die res van ons lewens kan jaag; kan verhoed om geluk te vind; te vertrou en waarlik te leef."

Lesersindruk: Hammie deur Ronelda Kamfer

Zelda Mans
Lesersindrukke

"Die verhaal wat in die gedigte in Hammie vertel word, vorm as ’n geheel die beeld of metafoor. Dit gebeur omdat die verhaal op die voorgrond geplaas word. Dit skep dan die illusie dat die gedig die ervaring self is."

Review: Future-proof your child for the 2020s and beyond by Nikki Bush and Graeme Codrington

Louise Viljoen
Books and writers

"I consider it an invaluable guide to equip children with the right skill sets, attitudes and world views to enable them to identify future opportunities and thrive, no matter what tomorrow may or may not hold."

Lesersindruk: Die 17de veer deur Nanette van Rooyen

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

"Die verhaal ontknoop op ’n redelik voorspelbare manier, maar dit bly steeds ’n lekkerleesboek."

Romantiese ontspanningsfiksie bly gewildste

Carla van der Spuy
Boeke en skrywers

"Die liefde is al met elektrisiteit, ’n weerligstraal, ’n donderslag en dronkenskap vergelyk. Jy verkeer in ’n toestand waarin elke sel van jou liggaam vir romanse oorgehaal word. Om ’n liefdesverhaal te lees, het glo dieselfde uitwerking."

Persvrystelling: Psst ... Het jy ’n geheim?

LAPA Uitgewers
LAPA Uitgewersportaal

Het jy ’n geheim? ’n Sondige plesiertjie? ’n Donker fantasie? Tot einde April kan jy anoniem aan Wenkbrou bieg. Die beste biegstories word in Wenkbrou se Biegboek opgeneem.

Akademies en skole

Graad 11: Besigheidstudies – Aanbieding van sake-inligting

Suné Williams
Notas, toetse en vraestelle

Suné Williams deel haar notas oor die aanbieding en stawing van sakeverwante inligting.

Graad 10: Besigheidstudies – Nasionale Kredietwet

Suné Williams
Notas, toetse en vraestelle

"Die Nasionale Kredietwet is ingestel deur die regering om die pligte en regte van die kredietgewer (iemand of ’n onderneming wat krediet verskaf aan iemand anders of ’n ander onderneming) en die kredietaansoeker of verbruiker (in dié geval die persoon of onderneming wat die geld wil leen) uit te lig."

Graad 11 en 12: Afrikaans Huistaal (poësie) – literêre teorie in ’n neutedop

Dewald Koen
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 11 of 12 en neem jy Afrikaans Huistaal? Dewald Koen se aantekeninge is opgestel om jou as leerder in staat te stel om tuis selfstudie en hersiening te doen.

Graad 8: Ken jy die reëls van algebra?

Lee-Ann West
Notas, toetse en vraestelle

Is jy in graad 8? Ken jy die reëls van algebra? Laai ’n gratis aanbieding hier af.

Gedagtes van ’n skoolkind

Jeanne-Marie Koekemoer
Kuberklas Kreatief

Jeanne-Marie Koekemoer, ’n sestienjarige leerder van Hoërskool Stellenbosch, deel haar gedagtes oor die kunste en haar lewe in die tyd van COVID-19.

Toyota US Woordfees 2020: indrukke deur ’n skoolkind

Jeanne-Marie Koekemoer
Kuberklas Kreatief

"My naam is Jeanne-Marie Koekemoer en ek het hierdie indrukke ’n paar weke gelede, wat soos ’n ander leeftyd gelede voel, geskryf."

Leefstyl

Natuurlik is ek bang

Karen Hart
Kos en wyn

"Vir my mense maak ek skottels vir die saamwees. Ons het miskien die stories ontgroei, maar die gesels hou nie op nie en die stiltes praat ook."

Musiekonderhoud: Henry Cloete gesels met Jako Meyer

Henry Cloete, Jako Meyer
Musiek

"Mens leer ken jouself as kunstenaar, deur die rowwe tye, en deur die lekker tye."

The annual National Arts Festival goes virtual amid corona crisis

Marli van Eeden, Monica Newton
Interviews

The 2020 National Arts Festival (NAF) will go down in our history as the first ever South African virtual festival, taking place from 25 June to 5 July. Marli van Eeden chats to Monica Newton (CEO, NAF) to find out more.

Persverklaring: #TsekCorona!-videobekendstelling deur die KaapKreools Collective

LitNet
Suidoosterfees

Om Kapenaars onder korona-huisarres se gemoedere in dié uitdagende tyd te lig, het David Kramer en die KaapKreools-geselskap ’n video van "Welcome to Cape Town" gemaak. Kramer het die lirieke ’n bly-by-die-huis-boodskap gegee en ’n heupswaai-musiekvideo geskep, waarin ’n groep van Kaapstad se gewildste kunstenaars verskyn.

Nuwe skryfwerk

Marina Tsvetajeva skryf

Waldemar Gouws
Poësie

"vir maande al eet ons
nou perdevleis
ook net die goedkoopste snitte"

Derde Taalbeweging

Anton van Rensburg
Poësie

"Van land tot verre land
kom ons geslote kloosterorde
elektronies in beweging"

Elders gesien

"SA has delayed the viral onslaught, but we cannot avoid it" – Karim

Ray Hartle
Elders gesien

"The chair of the technical advisory group to government on COVID-19, Salim Abdool Karim, says the interventions introduced by the SA government have slowed the viral spread and the country has gained some time. But that is all. The virus will still hit us."



Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.

KONTAK

litnet@litnet.co.za

021 886 5169


© 2020 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved