|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1113
14/08/2026
|
Krities Afrikaans
|
 |
|
Skrywer: Olive Schreiner
Vertaler: Antjie Krog
Versorg en verwerk deur JM Coetzee
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798185448
Olive Schreiner se aangrypende roman From man to man het sy aanvang in 1873 gehad, maar is nooit voltooi nie. In 1926 word dit postuum deur haar eggenoot uitgegee. Dit speel af in die 1860’s en handel oor twee susters wat grootword op ’n plaas in die Groot-Karoo. Schreiner se intelligensie en belesenheid skep die indruk van ’n kontemporêre roman.
|  |
|
 |
From culpability to implication: responsibility for repair in Stellenbosch
Aslam Fataar
Opinion
"People may live in the same town and participate in the same institutions while experiencing Stellenbosch very differently. Historical repair, therefore, concerns the continuing effects of injustice on social relations, opportunities, spaces, institutions and people’s sense of belonging."
|
 |
Die LitNet Afrikaanse Skrywersberaad
LitNet
LitNet-skrywersberaad (2024–)
In 2024 is die eerste fase van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad aangebied ter viering van LitNet se kwarteeubestaan. Steeds gaan dié gesprek voort as die LitNet Afrikaanse Skrywersberaad.
|
Teken aan: Etienne van Heerden Veldsoirée 2027: 23 tot 25 Julie |
 |
Veldsoirée 2026: videoflitse
Menán van Heerden
Etienne van Heerden Veldsoirée
"Bootcamp vir die brein" heet Stefan van Zyl van die SA Akademie se beskrywing van die pas afgelope Etienne van Heerden Veldsoirée in die Oos-Kaapse Karoo. Skrywers, akademici, praktisyne en studente het van 24 tot 26 Julie in Nxuba/Cradock byeengekom om saam te debatteer, te gesels en die "veld" in "Veldsoirée" te geniet. Die Etienne van Heerden Veldsoireé 2026 is aangebied deur LitNet Akademies, ’n maatskappy sonder winsbejag. Videografie en produksie: Menán van Heerden
|
 |
Die beperkings van toestemming in die Suid-Afrikaanse inligtingsbeskermingsreg
Gretchen Jansen
LitNet Akademies (Regte)
"Die vraag word gestel of toestemming, soos gedefinieer en geoperasionaliseer in die Wet, datasubjekte in staat stel om op ’n betekenisvolle wyse beheer oor hul persoonlike inligting uit te oefen. Verder word daar ook gevra of die regulatoriese betekenis daarvan oorskat word in die lig van kognitiewe en strukturele beperkings."
|
 |
Nanotegnologie en kankerondersoek en -behandeling: Wie is navorser Tebello Nyokong?
Mercia Coetzee
Akademies en skole
"Benewens kankerondersoek en -behandeling het Nyokong die toepassings van FDT en nanotegnologie uitgebrei om ook antimikrobiese weerstand (AMW) en omgewingsbesoedeling aan te spreek." LitNet Akademies se nuwe maandelikse reeks deur Mercia Coetzee stel gegradeerde navorsers en hul navorsing van hoogstaande gehalte aan LitNet-lesers bekend. ’n Lys met Afrikaanse vakterme, in hierdie geval byvoorbeeld ftalosianiene en kwantumkol, word by elke bydrae verskaf.
|
 |
Fiela se kind, die drama: ’n skolebespreking
Cecilia Klopper
Notas, toetse en vraestelle
In die derde kwartaal moet leerders ’n literêre-navorsingstaak voltooi. Miskien is Fiela se kind, die drama vanjaar jou voorgeskrewe boek in Afrikaans Huistaal. Lees die boek en laai dan Cecilia Klopper se bespreking en analise gratis in PDF hier af om die teks onder die knie te kry!
|
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
Die etiese gebruik van KI vir akademiese skryfwerk: ’n literatuuroorsig met behulp van NotebookLM
Burgert A Senekal
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence
"Hierdie artikel gebruik KI in die vorm van Google se NotebookLM om ’n breë oorsig oor die etiese en onetiese gebruike van KI vir akademiese skryfwerk te verskaf, soos gegrond in ’n groot hoeveelheid akademiese literatuur oor die onderwerp. Die fokus val op akademiese skryfwerk wat aan vaktydskrifte voorgelê word, nie studente se werkstukke nie, alhoewel dit ook betrekking op laasgenoemde het."
|
 |
Notas oor ’n skrywer se begrafnis: "Bettina Wyngaard was ’n denneboom."
Heindrich Wyngaard
In memoriam
"Maar die wetenskap sê dennebome (Pinus) is uitheemse moeilikheidmakers wat met ’n diep wortelstelsel waterbronne uitput en ook inheemse fynbos afknou. Wanneer dit egter so netjies langs ’n hoofpad of ’n plaaspad staan, uittroon bó mensdom en motors, maak dit tog ’n besonderse indruk."
|
 |
Karel Schoeman, die kantoorwerker
DW le Roux
Boeke en skrywers
"Rakende die Taaldiensburo skryf hy op bladsy 468 dat 'daar eintlik nie genoeg werk is om die Taaldiensburo besig te hou nie' en 'beamptes [kon] maar op hul eie manier in die privaatheid van hul onderskeie kantore die tyd omkry, meesal met die deur toe; niemand het ooit ondersoek kom instel of taktlose vrae gestel nie'. Hy het hierdie situasies tot sy voordeel benut en kantoorure vir sy eie lees- en skryfwerk aangewend."
|
 |
PenAfrican: Nolan’s Odyssey and the Xhosa tradition
Mphuthumi Ntabeni
Books and writers
"Perhaps that is why reading Homer after university felt less like discovering a foreign classic than recognising a distant relative for me. I was not entering an unfamiliar world. I was returning to one I had known all along."
|
 |
Die oorkant deur Annemarié van Niekerk: ’n resensie
Deborah Steinmair
Resensies
"Dis ’n wonderbaarlike, onvolmaakte boek. Soms voel dit asof die skrywer doelbewus besluit het om sekere kwessies aan te roer en tog is daar ’n eenvoud en stilte aan die roman. In die voortreflikste oomblikke hou dit ’n spieël op vir ons gebroke samelewing en vir die mens se inherente gebrokenheid."
|
 |
Belowe my deur El Bester: ’n resensie
Louise Viljoen (JBay)
Resensies
"In hedendaagse Romanzas is die vrouekarakters gewoonlik sterk, onafhanklike vroue wat soms baie veeleisende en uitdagende beroepe beklee. Ek het dit geniet om ’n kykie in ’n paramedikus se werksdag te kry."
|
 |
Mikro (1903–1968)
Erika Terblanche
ATKV|LitNet-Skrywersalbum
"Ek glo dat ’n mens net werklike mense kan skep in ’n kunswerk as jy jou karakters werklik liefhet. Dit is dan ook ’n gewone verskynsel om my karakters innerlik so sterk en wesenlik te sien en te hoor praat dat hulle werklik bestaan."
|
 |
Persverklaring: Despatch-boekmakietie
LitNet
Boeke en skrywers
Die gaste is soos volg: Mike Bolhuis, Chris Botes, Carina Stander, Hannes Visser, Jan Vermeulen, Vincent Oliphant, Tertius Janse van Rensburg, Sandra Skinner en Stefanus Viviers.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Leesimpressie: Gids in verwondering door Abdelkader Benali
Erik van den Bergh
Literatuur
"Aansprekende combinatie van lezingen, beschouwingen en verhalen over persoonlijke ervaringen, historische achtergronden en maatschappelijke ontwikkelingen; over Marokko, multicultureel Nederland; over cultuur."
|
 |
In memoriam: Cass Abrahams en haar koserfenis
Karen Hart
In memoriam
"Hierdie vrou, wat haarself leer kook het, het saam met die beste kokke ter wêreld gekook en sy kan nie eens meer onthou hoeveel toekennings sy al gekry het nie – internasionaal en hier. Sy is ook gekies as een van honderd kokke uit die wêreld se bestes ..."
|
 |
Cass Abrahams soos sy self vertel het
Izak de Vries
In memoriam
"Meer as net ’n nuwe naam en man het hierdie huwelik vir haar gebring. Sy is aan ’n koskultuur bekendgestel wat sy geensins geken het nie."
|
 |
The trek (Die trek): ’n filmresensie
Leon van Nierop
Film
"Dié merkwaardige Afrikaanse rolprent, wat sy debuut in Suid-Afrika by die Johannesburgse Filmfees gemaak het, word beskryf as ’n Western-riller. Maar dit delf veel dieper as daardie maklike boksie waarin dit gedruk word."
|
 |
Press release: Superfan at the new Antique Theatre
LitNet
Lifestyle and entertainment
Mike van Graan’s Superfan, a solo comedy drama featuring Cape Talk’s John Maytham and inspired by the role that Springbok rugby plays in the country, will run in the new, intimate Antique Theatre and Bar in August and September 2026.
|
 |
Reënboog in die nag
Cornelius Henn
Poësie
"Hoe lank nog hierdie nag?
Hoe lank dryf die reënboog mooi en onmoontlik,
net buite my greep"
|
 |
Diana
Jeanne Henning Els
Poësie
"’n vergane
sprokie gebêre in
’n houtkis op ’n kanonwa"
|
 |
Verpletter
Ansie Nel
Poësie
"My lyf ’n ou, droë boom die takke rigied
tog, die sappe van my hart jonk, viriel
wil voel, wil droom en voluit leef."
|
 |
Die rooiblom van Kepler
Etienne Lombard
Fiksie
"Die windpompe draai stadig in die dun atmosfeer. Die koolstofvesellemme glinster in die oranje aandgloed. Drikus Richter staan by die grensdraad van Kepler-Rus en kyk uit oor die vlaktes waar niks groei nie. Nog nie."
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|