|
|
- ISSN 1995-5928 - Ingesluit LitNet Akademies
|
|
Nuusbrief 1104
12/06/2026
|
Krities Afrikaans
|
LitNet: ’n Filosoof oor KI
|
 |
|
Skrywer: Annemarié van Niekerk
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624090854
Twintig jaar gelede moes Ada noodgedwonge haar grootwordplaas in die Goukou-vallei verlaat. Aan die oewer van die silwerwit getyrivier keer sy nou terug na die geheime van haar kinderjare. Terwyl Ada by haar vriendin Mel, ’n omgewingsnavorser, bly, probeer sy deur haar skryfwerk die skimme van haar verlede tem.
|  |
|
 |
Die Hompie Kedompie-dilemma van kurrikulum: ’n verkennende studie van onderwysstudente se kurrikulumbegrip
Chris-Mari Le Hanie
LitNet Akademies (Opvoedkunde)
"Ten spyte van hierdie teoretiese kompleksiteit word die begrip kurrikulum in onderwyspraktyk en onderwyseropleiding dikwels vernou tot ’n statiese beleidsdokument of ’n stel voorgeskrewe leerinhoude. Teen hierdie agtergrond ondersoek hierdie artikel hoe onderwysstudente die begrip kurrikulum konseptualiseer en hoe hul begrip deur ’n doelgerigte pedagogiese ingreep beïnvloed kan word."
|
 |
Operasie Savannah: Die "ligte mistykie" wat die apartheidstaat ekonomies geknou het
Kobus du Pisani
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
"Operasie Savannah het verreikende militêre, diplomatieke, politieke en ekonomiese gevolge vir die Republiek van Suid-Afrika (RSA) ingehou. Die internasionale gemeenskap het die apartheidstaat se skending van die volkeregtelike beginsel van nie-inmenging in ’n ander staat se huishoudelike aangeleenthede veroordeel."
|
Riglyne vir LitNet Akademies-navorsers |
 |
Skeppende KI se uitdagings en oplossings vir akademiese vaktydskrifte
Burgert A Senekal
Universiteitseminaar
"Dit is ’n uitdaging vir vaktydskrifte om KI-geskepte manuskripte te identifiseer, omdat die betroubaarheid van die tydskrif op die spel is. Dit is egter nie genoeg om op die integriteit van skrywers te vertrou of hulle te laat verklaar wanneer hulle KI-hulpmiddels ingespan het nie, want in enige stelsel waar ’n vorm van geldelike beloning aan uitsette gekoppel is, sal mense ’n kortpad na sulke uitsette vind."
|
 |
Kaapstad-marathon word Afrika se eerste Abbott World Marathon Major
Jean Oosthuizen
Voorblad
"Kenners voorspel dat die Kaapstad-marathon nie net meer internasionale elite atlete sal trek nie, maar ook duisende kwalifiserende hardlopers uit Europa, Amerika en Asië. Dit plaas druk op verblyf en vervoer, maar skep ook honderde werksgeleenthede."
|
 |
Leesimpressie: De zangvogel door Mina Etemad
Erik van den Bergh
Literatuur
"Vitale en goed geschreven reflecties over leven in Iran en in Nederland; de schrijfster vluchtte ruim dertig jaar geleden als zesjarige met haar ouders en zus uit Iran."
|
 |
Agt eeue sedert st Franciscus oorlede is en steeds relevant
Maryke Roberts
Reisgogga
"Franciscus was sy tyd ver vooruit. In ’n era van kruistogte en geweld het hy ongewapen na Damietta in Egipte gereis om met die sultan, Malik al-Kamil, te gesels om vrede te probeer bewerkstellig. Dit word steeds as een van die eerste én belangrikste gesprekke vir intergeloofdialoog gereken."
|
 |
Enigma deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
Deborah Steinmair
Resensies
"Van Rensburg het homself bewys as meester van intrige sowel as humor. Sy romans, ja selfs die misdaadfiksie, is nie ontdaan van deernis nie. Sy vertelstyl is gemaklik en die storie neem sy loop. Die karakters oortuig en die dialoog val reg op die oor."
|
 |
Swift by Melinda Ferguson: an inter-review
Janet van Eeden, Melinda Ferguson
Books and writers
"There’s something provocative when one tells the truth and lays one’s soul bare. And I guess honesty is provocative, and, like a fire horse, that kind of feeds me and inspires me. Writing Swift was not planned. It had to come out of me."
|
 |
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2026
PEN Afrikaans
PEN Afrikaans
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
|
 |
Uitnodiging: Seuns weet by Oude Leeskamer op 13 Junie
LitNet
Boeke en skrywers
In Seuns weet se verhale ontvou ’n jong, wit, gay Afrikaanse man se belewenis van sy seksualiteit, geloof, familiebande, vriendskap, skrywerskap en die maatskaplike werklikheid waarin hy hom bevind.
|
Op die redakteur se lessenaar |
 |
Is ons in ons moer in met KI?
Sidney Gilroy
Kunsmatige intelligensie | Artificial intelligence (2026)
"Dit is nodig om menslike kreatiwiteit te beloon. Dit is nodig dat Afrikaanse kreatiewe entrepreneurs beskerm word. As ons regering dit nie gaan doen nie, is dit in die hande van die skrywers, digters, sangers, akteurs en visuele kunstenaars om die oorlogdrom te slaan."
|
Veldsoirée 2026: Al die gesprekke is GRATIS |
 |
Video-uitnodiging: Veldsoirée
Menán van Heerden
LitNetKanaal op YouTube
Jy is genooi: interessante gesprekke met skrywers, akademici en kenners, bakkies, koppies, kaggels en aalwyne. Kyk hierdie kort videotoer deur Menán van Heerden van wat jy te wagte kan wees. Kom gesels, debatteer en luister saam. Kom ervaar die "veld" in "Veldsoirée". |
 |
Bespreek nou vir die Veldsoirée
Izak de Vries
Etienne van Heerden Veldsoirée
"Die gesprekke is interessant en dikwels uitdagend, maar die omgewing maak dit moontlik om te vra, te verskil en te gesels. Wat meer is, doodgewone mense sit met elke sessie langs geleerdes en bekendes. Almal luister saam, almal gesels saam. Ons eet saam en les bes vind baie interessante diskoerse ook ná die amptelike verrigtinge in die kroeg plaas."
|
Neem deel aan die ATKV-Skryfskool by die Veldsoirée |
 |
Deaccessioned: a review
Alexandra Dodd
Lifestyle and entertainment
"Deaccessioned is a pristine and feral exhibition, currently on show at Oude Leeskamer in Stellenbosch. Its curators, Lizabé Lambrechts and Nicola Deane, have dared to break through a cultural resistance to decay and become more intimate with its many strange valences as an omnipresent social and existential force."
|
 |
Backrooms en Obsession: raad vir Afrikaanse filmmakers
Leon van Nierop
Film
"Die storievoos Hollywood het ’n waterskeidingsoomblik bereik toe twee oorspronklike bobaas rolprente, wat op skoenveterbegrotings gemaak is, Obsession en Backrooms, nie alleen die suf gewoontefliekmaker-geldwolwe waardevolle lesse geleer het nie, maar ook vir Afrikaanse filmmakers, wat moet raap en skraap om genoeg geld vir ’n rolprent te kry, weer moed gee met die cliché: 'Minder kan meer wees.'"
|
 |
iPendoring Awards 2026: an interview
Naomi Meyer, Eben Keun
Interviews
"The solution starts with a strong idea. If an idea is built on a simple human truth that people recognise and understand, language becomes far less of a barrier. A strong concept creates an emotional connection first, and language simply carries it."
|
 |
Dear Athol
Paula Fourie
New writing
"Happy birthday, my love." 11 June 2026. In remembrance of Athol Fugard on what would have been his 94th birthday, Paula Fourie shares a poem with LitNet’s readers. The poem will appear in her debut poetry collection, Inked in bone, forthcoming from Granta in November 2026.
|
 |
Katalogus van huisgode
Pieter Strauss
Poësie
"Selfs die nagliggie in die kiddo
se kamer ’n wenskers van genade"
|
 |
As die wind so huil
Johan van der Merwe
Poësie
"hier in my hede
waar ek so luister
na die wind wat so huil"
|
 |
Klugspel
Sanette Scheepers
Poësie
"Ek wil jou liggaam intou
en waar ek moeg neerval
sal jy oorneem"
|
 |
Heling
Pieter Fourie
Poësie
"Maar een hand
bring weer rus,
bring weer asem"
|
 |
Rymstories: "Die Swyger"
Etienne van Heerden
Nuwe skryfwerk
"Na hierdie afgeleë dorp het hy gekom
In hom die wond van haar en hom"
Stemkunstenaar Johan Allers lees ’n reeks rymstories deur Etienne van Heerden voor. In hierdie reeks kom telkens ’n figuurstudie ter sprake.
|
Iets vir almal: LitNet se nuwe WhatsApp-kanale |

Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf. |
|